DStv: Jy kies dalk binnekort self

Argieffoto

Argieffoto

DStv ondersoek die moontlikheid dat intekenare binnekort self die kanale kan kies waarvoor hulle wil betaal.

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net, het in ʼn onderhoud met Bruce Whitfield van The Money Show, gesê die maatskappy ontvang al hoe meer versoeke van die publiek om self te kan kies watter kanale hulle wil hê.

Intekenare is nie tevrede met die verskillende pakkette wat DStv tans beskikbaar stel nie.

Volgens Phahle het diensverskaffers soos Netflix en Amazon en die internet die hele televisiebedryf ontwrig en gebruikers het nou baie meer opsies om van te kies. “Betaalkanale moet baie hard werk om aan die voorpunt te bly, omdat gebruikers soveel keuses het,” het sy gesê.

Phahle het verduidelik dat diensverskaffers soos Netflix, waar gebruikers presies kan kies waarna hy of sy wil kyk, die publiek as individue beskou en só kan hanteer. “Hulle kan presies uit jou programkeuses jou voorkeure aflei en jou dan in kennis stel wanneer ʼn nuwe program beskikbaar is waarvan jy moontlik sal hou. DStv wil mense ook meer as individue hanteer,” het sy verduidelik.

Volgens haar het DStv se Explora met sy “Catch Up”-funksie baie gedoen vir intekenare wat nie ʼn lineêre programskedule wil volg nie. “Die onus berus op M-Net om aan intekenare te verskaf wat hulle tevrede sal stel.”

Op ʼn vraag wanneer DStv intekenare gaan toelaat om self ʼn pakket van kanale saam te stel, het sy bevestig die maatskappy stel ondersoek in. “Die uitdaging is egter om te bepaal of mense nie dalk meer gaan betaal vir drie kanale as wat hulle tans vir 100 kanale betaal nie,” het sy verduidelik. “Maar as mense wil betaal vir dit waarna hulle wil kyk, dan is dit ons verantwoordelikheid om te probeer kyk hoe ons aan dié behoefte kan voldoen.”

Phahle het bygevoeg advertensies is steeds belangrik, maar dat die maatskappy nie dieselfde geld sal verdien indien daar nie meer advertensiebreuke is nie. “Dit is ʼn probleem waarmee betaalkanale wêreldwyd worstel. Wêreldwyd moet ons die wiel herontwerp.”

Luister na die volledige onderhoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Bertus ·

Dit sal wonderlik wees. Ek stem 100% saam. Sal eerste wees om te kies

HoogTyd ·

Hulle is in die moeilikheid. Mense het dit al lankal voorgestel, maar noudat hulle in die moeilikheid is, oorweeg hulle dit, maar darem….

Jan maak n Plan ·

Dit sal wonderlik wees om te kan kies watter kanale op jou kassie mag wees MAAR glo my verseker dat “die wet van Transvaal” hier sal geld. Ons sal verseker geknyp word.

Chnel ·

Ja verseker gaan jy vir 5 of 10 gunsteling kanale nie veel minder as vir die hele spul saam betaal nie.

Stefaan ·

En al meer programme verdwyn van die lug af. Die beter programme word ook te laat uitgesaai.

Kaspaas ·

Dit sal great wees want kanale soos 201 subsidieer die Africa Magic kanale. Ek sal betaal vir wat ek wil kyk. DSTV kan dan wegdoen met die kanale wat nie geld maak. Maar kyk 201 gaan 70% van jou huidige premuim paket kos. Dit is hulle grootste geld maker

Jan Els ·

Hulle gaan die prys van SS1 so hoog maak dat jy nog steeds sokker en africa magic gaan subsidieer.

Lennox ·

Stem saam.Het van die begin af gesê dit is te goed om waar te wees. Die berig meld dat hul eers ondersoek moet instel of drie kanale nie meer as honderd gaan kos nie. Duh????

zoom zoom ·

Dit id goeie nuus want kan mie sien hoekom ek vir kanaleoet betaal wat ek nooit gaan kyk nie en daar is baie gemors op dstv

jo jo ·

Dstv het te veel gemors op. Dit is net reg dat ons self moet kan kies watter kanale ons wil kyk. Hoop dit word vinnig m werklilheid

Louis Prinsloo ·

Ja Jo, ek kyk al meer youtube, kies wat wil kyk en youtube stel voor waarin ek belang sal stel.
Dis nou nie films nie, kan nie sien wat en wanneer video’s beskikbaar gaan wees nie; tog is eie keuse wat wil kyk of los. Die mense wat by my huur, luister meer musiek as DSTV kyk; tog het hul dstv om snags te kyk. Punt is- baie repeats en DSTV verloor kliënte

Grietjie ·

Ek gaan nou nie my asem ophou vir dit nie. Hulle kry verdomp seer omdat ons Netflix & Showmax het…meer en meer mense is dik vir dis duisende herhalings en al die ewige kook programme. Natuurlik moet ons ook sekere kanale kruis subsidueer…te verstane…maar die premie om eintlik net Mnet & Premier te kan kyk is gruwelik…as jy nou nie sport kyk nie…sal bly wees as dit so raak…maar dit klink vir my te goed om waar te wees…

Paul ·

Ek stem Grietjie! Dit maak nie saak waar jy klik nie, Travel, History, Food, iewers is iemand besig om kos in sy of haar mond te stop of iemand maak nog ‘n kombinasie van slaai. GAAP. En die advertensie wat die program adverteer waarna jy op daardie oomblik kyk, maak my siek – hoekom gluur almal met gevoude arms na die kamera deesdae?

Jaco van Zyl ·

Okei dis reeds 9 keer duurder as wat streaming services vra… so obviously sal die nuutste offerings altyd hoër premies hê maar 9x?!… Kom aan! Die statement dat mense vir 3 kanale moontlik meer as die premium pakket betaal as hul bereid is om te betaal sê vir my DSTV verstaan nie wat die eintlike probleem is nie en/of wil dit nie oplos nie

Louis Prinsloo ·

Jaco en stem 100%! Hkm duurder vra vir selfgekiesde kanale, wat verseker minder gaan wees as al die kanale saam? Taboe met dit! Hou pryse selfde of verminder vir self gekiesde kanale se prys drasties minder

Erna ·

Ek sal ook baie bly wees om die kanale te kies wat ek wil he, maar ons sal maar moet sien wat n mens gaan betaal

Janine ·

My tv is al twee keer gesteel die afgelope 6 maande, ek het nie versekering. Toe lees ek maar bybel en luister christelike dienste op youtube, en ek wil dstv nie eers meer verniet kyk nie. Dis ‘n verfoeiike afgod. Ek skrik my nou dood as ek sien watter gemors mense ure aaneen sit en kyk,

Alien ·

Hoe lekker lag ek nou! Ons was ook deur “onvoorsiene” omstandighede vir meer as 6 maande sonder ‘n TV. Uiteindelik vervang, reg gemaak vir lekker aand voor die TV. Toe nie, ons het NIKS gemis, alles al gesien, vir so uur lank deur die kanale gegaan en toe maar DVD’s gaan uitneem. Dstv af laat sit, Netflix, Showmax en Youtube is bais beter, kos minder en elke persoon in die huis kyk wat hulle wil, wanneer hulle wil.

Zelda ·

Dit sal goed wees. Ek hoop ook hulle haal die 100000000 herhalings af wat elke maand oor en oor wys. Want daar is niks nuuts om te sien as dit by flieks kom nie. Hulle het tot nuwe kanale en daar is die herhakings net so erg. Ek sal se 1 kanaal vir flieks ouer as 10jr. 1 kanaal vir flieks van 5 – 10jr terug en 1 vir 1 -5 jr terug. En hy wors net 2 keer herhaal. Nie hele maand oor en oor nie. Ons betaal tog ons gelde hoekom nie iets ordentelik kyk nie

Marietjie ·

Ek stem, ek wil al skree as ek die TV aansit en van die goed het 3maande terug ook gewys. Ek kry die idee hulle het ‘n 3maande herhaal program. Ek het dit al sterk oorweeg om Showmax te kry en internet om te kyk wat ek wil kyk.

Hannelie ·

Ek hoop regtig hul hou by dit wat hul sê want om bykans R900 te betaal en jy kyk net 6 kanale….is verregaande

JJ ·

Ek het my dstv 3 jaar gelede gekanselleer juis vir die rede dat jy moet betaal vir kanale wat nie gekyk word nie. Ek is nou baie “ryker” en het gewoond geraak daaraan.

ZORO ·

Ek hoop dit word n werklikheid ons moeg vir al die TWAK wat op ons afgedwing word .Dit sal ons meer vryheid gee om te kyk Wat ons wil . Ek mag verkeerd wees maar ek twyfel ek dink DSTV is bekommerd vir kwaliteit mededinge nou is hulle besig om gat te kryp

Wally ·

Ag nee wat ek is maar baie tevrede met my openview tv want hulle wys baie oulike movies wat in almal se smaak val en hulle het ook 18 kanale ek kan verniet en vir ewig tv kyk sonder om n maandelikse fooi te betaal. Ek het lankal my dstv gekanseleer.

Freud ·

Waarvoor ek al hoe lank baklei.
Gee maar die advertensies. Ek het vrede daarmee want ek kan verstaan hoekom. Ten minste gaan ek tien kanale kies wat ONS wil kyk en nie geforseer word om vir snert te betaal nie.

Lofties ·

Hoor hoor! Afhangende van die kostes sal ons weer ons sin laat aansluit!

Jax ·

Sal 1ste in die ry staan, lankal gesê ons moet kan kies wat ons wil kyk en die pakket daarvolgens uitwerk, dan kry ons waarde vir ons geld… Hoop net die re-runs word ook uitgesort dan

Rina Bam ·

Selfde hier, het my Dstv 6 maande terug laat afsit,betaal vir gemors kanale wat ons as gesin glad nie eers wil kyk nie!!

Thessa ·

Ek wonder of dit n verskil gaan maak omdat die selfde ding n duisend maal gewys word. Wonder party keer of n mens fit nog ooit moet he

Louise ·

Fantasties, my skoonmoeder 83 wil graag sport kanaal en kyknet na kyk. Die res is nie vir haar van belang nie. Hoop regtig dit realiseer.

VJG ·

Met DSTV waar meeste kanale se programme tenminste 2 keer per dag (soms 3 keer per dag) herhaal word verkies ek eerder Netflix en Amazon… nie net omdat ek 1 KEER kan kies wat ek wil kyk nie maar omdat DSTV se kliente diens so uiters pateties is!!!! Ek is nie oortuig hierdie “nuwe” opsie gaan hulle bas red nie!

latie ·

dankie tog dis allankal gevra daarvoor maar nooit gedoen en skieklik nou eers mense sal nie betaal vir gemors nie hul het eie keuse waar hul wil kyk dis reg ………..

Jan Els ·

DSTV gaan nog steeds SS1 se prys laai sodat jy sokker subsidieer. Hulle bied dan die sokker en mzansi kanale lekker goedkoop aan en ons betaal daarvoor. Ek het lankal nie meer DSTV nie en ek was nog nie een dag spyt nie. Alle sport, tv reekse en rolprente is op die internet.

Wouter ·

Dit gaan nogsteeds baie duur wees. Het myne laas maand afgesit. Totdat politiek en inmengery uit ons sport is stel ek nie belang nie. Het nou rus en vrede oor naweke en kan meer kwaliteit tyd saam my gesin deurbring.

ian fourie ·

Wonderlik…!!!
Hoog tyd.Hoe gouer hoe beter.Ons wag in spanning.

zelda ·

Sjoe, dit sal wonderlik wees! Hopelik pas hulle die pryse ook daarvolgens aan. Alles raak so duur. Sukkel soms om kop bo water te hou.

cd ·

Soolaank ek net has das , wili wali, pienokiou en haaidie kan kuik. hul kan mar s1 weg vat want dit lat my pa vieslik vloek.

Fielies ·

Mosterd na die maal.
DSTV is lankal in dryfsand en uitkoms kans lyk maar skraal met hulle strategie. Ek het jare terug my dstv kanselleer juis omdat ek moes betaal vir al die ander kanale terwyl ek eintlik net in drie belangstel maar klagtes het op dowe ore geval. Was nog nooit spyt nie, spaar baie R’e en dit het die wereld van Netflix & Showmax ens vir my oopgemaak so ek se eintlik dankie vir dstv se onbuigbare strategie.

Charmaine ·

Stem saam. Ook my DSTV gekanselleer lankal. Dis snaaks hoe dit altyd net ‘n sekere groep mense is wat die tipe van houding kan inneem en volhou. Dan kry al die ander draadsitters die voordeel van maatskappye se benoude spronge om hul balansstaat beter te laat lyk.

Anti DSTV ·

DSTV kon al lankal nie meer diens lewer nie. Ons het briewe geskryf en al ‘n paar jaar terug versoek dat hulle die moontlikheid na sal kan kyk vir self geselekteerde programme. Dit was van die hand gewys. Nou begin die sak knyp omdat baie mense weens die duur kyk kanaal bedank en offer hul duur supersport 1 kanaal op en beweeg weg na meer internet programme wat goedkoper en geriefliker is. Op die keuse van Supersport 1 opsie gaan die kanaal inelkgeval so duur kos dat hulle nogsteeds min mense gaan hê wat hierdie program gaan kies weens sy duur onderhoud koste. Mense stel nie belang in die meerderheid aan die sokker kanale nie. Julle plan gaan weer nie werk nie, hou jou supersport 1 kanaal laag en julle het baie meer kliente en so sal julle vorentoe beweeg. Skrik wakker!!!!!julle begin darm.

Ahooy ·

Kla al die mense wat DSTV kan bekostig??? Kyk maar die klomp snert en herhaling op herhaling wat aan julle opgedis word. Dis tog nog ONDER n duisend rand n maand.

Pieter ·

DSTV is pateties. Ons hier in Namibie kan nie eens meer die krieket kyk nie. Kanaal 202 is sommer net eenvoudig stopgesit en weggeneem sonder ENIGE kennisgewing. Nee wat, ek is klaar met hulle heruitsendings en programme uit die verre verlede. Daar is tans reeks wat draai wat my kinders wie nou ook al jong volwassenes is, nie eens ken nie.
Ek het reeds my subskripsie gekanselleer.

PENSIONARIS ·

IS PENSIONARIS PAKKETTE BEPERK TOT AFTREE OORDE ALLEEN?

Ben ·

Ek het al so geneul oor pensioentariewe (wat nie bestaan nie) want hulle is vrek bang jou familie kom kyk by jou huis. Hulle voel niks vir ou mense nie!

Piet Pompies ·

Gister middag kyk ons kleinkind op Kyknet, gedurende ‘n advertensie breuk word die slagting van renosters gewys met foto’s van oop wonde, nie baie smaakvol vir kleuter gehoor.
Terug na die onderwerp, ja DSTV is in die moeilikheid en kyker getalle daal agv goedkoper dienste. Die rede van keuses vir kanale is ‘n rook skerm om kliente te lok en of te behou, ons self is op die punt om alternatiewe dienste te gebruik agv die koste van DSTV.

Takkie Takuuza ·

Naspers, julle kan dir maar druk. Vir jare en jare het julle die blanke uitgebyt en ten duurste laat betaal, daai selfde blanke wat julle van die begin af op julle voete gebring het. Raai wat daai blanke kyk klaar Netflix en ander goed, hoekom sal hy weer wil terug gaan?

Nici ·

Wat my heeltemal gedaan maak is die miljoene herhalings…oor en oor en oor …elke maand nuwe geld vir horing oue herhalings. Die kanale wat ek kyk is hoogstens 8, ek betaal vir sowat 60 en uit die 8 is dit oor en oor dieselfde ding. Ek wag maar om te sien wat spring uit die DStv hoed maar ek hou nie asem op nie. Erens is daar weer ñ catch en ek vermoed die eerste catch gaan by die explora lê, as jy nog die gewone decoder het gaan jy nie eens ñ keuse hê nie…. kom ons kyk wat spring uit.

Gys ·

Die probleem is nog steeds daar dat al kies jy jou eie kanale als nogsteeds herhalend herhaal word. DSTV is nou genoodsaak om die besluit te neem om nie kykers te verloor nie. Dit is goedkoper om NET-Flieks te kyk as DSTV.

Henda ·

Ek het al jare terug my DSTV gekansselleer en internet gekry, nou het ek nie genoeg tyd omtrent om alles te kyk wat ek graag wil kyk nie. Dan is daar nog Showmax ook, absoluut ‘n plesier om te kan kyk wat jy wil wanneer jy wil. Sal nooit ooit weer DSTV aansit al gee hulle dit vir my verniet.

Lorraine ·

Ek voel hul moet dalk pensioenaris tarief ook verskaf. My moeder is tagtig en mal oor haar sport en moet die volle premie per maand betaal.

Pessimis ·

Dit is ‘n wonderlike idee, maar ek dink daar is ‘n motief hieragter, ek glo sekere kanale gaan weer duurder as ander wees, want lankal terug is gese dat die “armes” dit ook moet kan bekostig so ek het ‘n idee dat sekere gewilde kanale baie duur gaan wees, en die ‘algemene’ kanale wat deur die massas gekyk word weer spotgoedkoop, met ander woorde ons gaan dit ast ware sponsor.

Frans ·

Stem saam DSTV is nie meer n opsie nie en al kies jy jou eie kanale gaan dit nog steeds duur wees en nogsteeds gaan alles herhaal word. Ek self sukkel al 6 maande met DSTV om elke maand die dubbel subskripsie wat ek betaal regtestel. Nou verstaan ek hoekom.

gatiep ·

Selfde gemors oor en oor dis genoeg om n mens te kan siek maak.
Internet kyk is baie beter

Anti ·

dit sal cooooool wees wag al baaaaie lank vir die besluit jipeeee

E.K. - ek sê net! ·

Interessant wat mense NIE wil sien volgens kommentare. Party haat kookprogramme en ons is mal daaroor veral Masterchef Australië. Ander hoe nie van die en ander weer nie van daardie. Daar is genoeg vir my om uit te kies en al word baie dinge herhaal is ek bly want ids nie altyd op Catchup dus kan ek dit met herhaling kyk. Ek sit ook nie heeldag en heelaand op tv so vir my pas baie van die herhalings. Soms neem mens een program op, kyk na iets anders en terselfdertyd wys iets anders wat dalk nie op catchup verskyn so dan is herhalings goed vir my. Mens is mos maar selektief. Sal maar sien hoe werk hierdie storie uit – as dit wel gaan gebeur.

Pieter ·

Wat van ‘n opname onder “ons” om ‘n pare pakkette saam te stel met “aanvaarbare” inhoud dan kan mens miskien beter as groep druk uitoefen. Wie sal so iets kan doen?

m ·

Sien baie uit daarna dan hoef ons nie al hierdie sportkanale en gemors kanale te he nie….

neelsie ·

Mijoene verslaafdes staar doelloos na die een-oog monster.
Dink terug of jou lewe verryk is na n dag se t v kyk?
Baie,baie min sinvolle kykstof.
Spandeer die tyd beter ,die lewe is te kort om te sit en staar.

Koos1 ·

Ek vermoed dat dit na so iets kan lyk:
Betaal R759 (Premuim pakket) dan kry jy die volgende:
1. Een keuse van ‘n sport kanaal
2. Een keuse van ‘n leefstyl kanaal
3. Twee keuses van fliek kanale
4. Een keuse van ‘n kos kanaal
5. Drie keuses van nuus kanale.
As ‘n ekstra bonus sal hulle dan vir jou al die bestaande kanale wat jy nie gekies het nie, gratis gee!
Nou het jy mos gekies, nie waar nie!

CAROL ·

KOOS – HAHAHAHA BAIE WAAR. HENDA EK STEM SAAM DIE INTERNET IS DIE BESTE. EN JY KAN DIE FLIEK STOP WANNEER JY WIL KOFFIE GAAN MAAK – EN DAN VERDER KYK

Henk ·

Multichoice, wat het van julle leuens geword dat julle die Lucifer gemors summier van die lug afhaal? En nou sit ons al met ‘n tweede seisoen van die gemors?

Griet ·

Ons het DSTV aan die einde van verlede jaar afgeskakel en Netflix gekry. Gedurende Julie gaan span ons bietjie uit oord waar DSTV deel vorm van die fasiliteite van die oord. Die eerste aand al kom ons agter: in byna nege maande het ons NIKS gemis nie. Hier en daar is ‘n nuwe program, maar feitlik alles is dalk ‘n seisoen of wat verder. Met Netflix het ons dit in elke geval al alles gesien, en dit SONDER advertensies. Na die opgradering van ons Internet datalyn plus die maandelikse subskripsie van Netflix, betaal ons steeds minder as die maandelikse DSTV fooi.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het die vol pakket en elke af en toe kry ek kennisgewings ek gaan nou NOG MEER kanale kan gebruik, net om uit te vind dis skop skiet en doodmaak volgens sommiges se tradisies en dan is dit ook gewoonlik in tale wat ek nie ken nie of die Engels met ‘n aksent wat ek OOK nie kan verstaan nie. Ons sal ander plan moet maak .

Kobus Steyn ·

Ek stoei die afgelope paar jaar met hulle. Ek is n pensionaris en behoort aan Mnet sedert die ontstaan. Kan glo nie pensionaris afslag gee nie omrede die stelsel nie daarvoor voorsiening maak nie en omrede hulle ditnie kan beheer nie. Dit is die grootste lot twak wat ek nog ooit gehoor het. Jy moet in n geregistreerde aftreeoord bly. Ek wil beweer hierdie is n sopstorie want die moment as dit gebeur gaan hulle te veel inkomste verloor.

Johanvz ·

Kyk maar na die antwoord wat Multichoice vir jare al gee hoekom hulle kanale in groepe (“buckets”) moet sit omdat hulle kwansuis gedwing word om dit so te aanvaar omdat dit so aan hulle aangebied word (van waar hulle dit aankoop) en hulle “niks daaraan kan doen nie”. Wat het van daardie redenasie geword? Is dit omdat die skoen druk? Daarom moet nuwe besigheidsplanne gemaak word wat hulle geldelik sal pas en min te doen met om jou te oorweeg met al die mooi woorde wat nou gespreek word. Dit gaan oor besigheidsoorlewing of, as dit goed gaan, hoeveel kan “ons” ons sakke volmaak totdat omstandighede ons “dwing” om sake in heroorweging te bring?
Sal ons gesprekke op hierdie media of enige ander, saak maak? Want wie (wat saak maak) lees alles dit wat ons “tussen ons” hier gesels? Beskou dit maar net as lekker gesels en kuier “tussen ons” en volstaan daarby.

Louis C Prinsloo ·

Johanvz ek lees altyd kommentaar tot laaste van media wat saam gesels opsies het. Nie net vir gesels redes nie, maar om te sien wat verbeter kan word. Ek het al van laerskool jare gepraat van selfkies opsies tussen vriende en sommige volwasses, basies net toe ek oplet dstv kom sterker na vore; maar het steeds verbetering gekort. Van dat ek internet het, wat my bloot stel aan die wêreld se vermaaklikheid; is DSTV tans nog laaste keuse van vermaak.
Die sal ‘n goeie opsie wees indien pryse drasties verlaag, vir mense sonder internet gebruik vermoë daarby gesê

Mari B ·

Ons het DSTV met X-straview 5 maande terug afgesit. Die kinders het gemor vir so 2 weke, maar nou lees hulle boeke. As ons die internet aansit kyk hulle iets waarvan hulle hou. Ons neem DVD’s uit en gaan hulle gaan slaap skielik tussen 8 en 9 in die aand. My seun se punte het met 15% op gegaan van een kwartaal na die volgende. Nee wat. DSTV kan maar hulle kanale hou….. Behalwe miskien SS1 en CNN, dit mis ek.

Niccy ·

Wouter, ek sien ook met my dogter hul wat nie Dstv het nie, die verskil wat dit in hul kind se opvoeding maak. Hul het baie kwaliteit tyd met haar, sy lees goed, redeneer sommer baie en ken soveel liedjies uit haar kop uit omdat hul saam na musiek luister. Die ander kleinkinders wil net voor die kassie lê, want ma en pa doen dit!!

Theuns ·

Dstv werk lankal nie meer vir die Afrikaner en Witmense nie vir die volgende redes:
Oorspronklik het ons net die SABC kanale gehad. Daarna het Dstv gekom en dit so nou die prima TV stasie wees. Maar in beide gevale(SABC en Dstv) is programme so afgewater met programme wat vir die meerderheid(Swart Mense) aangekoop is, kos programme en her uitsendings dat dit nie meer die moeite werd is om te kyk nie!Slinks het Dstv nuwe stelsels bekend gestel wat nog duurder as die R844 .00 per maand om kwansuis beter programme aan die kykers te bied. Dit is net so klomp gemors en jy betaal daarvoor en subsidieer TV vir die meerderheid. Hulle wil ons geld he maar vertrap ons Afrikaners net waar hulle kan. Eintlik moet ons hulle totaal boikot en ons eie TV stig. Dit sal lekker scadenfreugde wees! Kyk hoe spartel hulle hulle self dood! Ek luister liewer RADIO PTA!

Louis Prinsloo ·

Theuns gaan kyk asb na internet opsies en doen navrae vir Afrikaner Tv programme, die omlagse gestigde satelied tv se naam het ek vergeet; tog is dit vir Afrikaners en ‘n sataliet stelsel vir Afrikaners wêreldwyd wat daarna wil kyk.

Peter ·

Indien ‘n vrye keuse ‘n werklikheid word, sal dit goed wees. Ek het MultiChoice al lankal daaroor genader, maar dit was asof ek met ‘n klip praat.
As ek 10 uit die 100 kanmale kan kies – en dit teen 10% van ‘n volle paket kan kry – is dit mos regverdig.
Ek sal selfs 20% (R200) daarvoor betaal, maar dan wil ek slegs my keuse van 10 kanale sien.
* Ek is gelukkig nie verslaaf aan sepies en flieks nie. Ek kyk SLEGS nuus, opvoedkundige programme, en ander dokumentêre programme.
Om maar net die belangrikste te noem (daar is sowat 10 ander kanale wat ek ook by my paket sou byvoeg), hier is my keuse:
1. Suid-Afrikaanse nuus.
2. CNN.
3. BBC World News.
4. SkyNews.
5. Russia Today.
6. BVNTV (Beste Van Nederland).
7. History.
8. National Geographic.
9. Animal Planet.
10. ED.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.