MultiChoice het pas die jongste tariefverhogings vir sy DStv-pakkette aankondig wat op 1 April in werking tree.
Dié aankondiging beteken televisiekykers sal vanjaar wéér dieper in hul beursies moet grawe.
Dié tariefverhogings is volgens MultiChoice van toepassing op al sy kliënte met die uitsondering van die DStv Access- en DStv EasyView-pakkette.
DStv Premium en DStv Compact-kykers sal vanjaar vir die eerste keer onderskeidelik meer as R800 en R500 vir dié televisiediens betaal. Daarbenewens sal nuwe DStv-kliënte ook vanjaar ʼn toegangsfooi van R90 betaal vir die PVR-diens in vergelyking met R85 van verlede jaar.
Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy het tariefverhogings so laag as moontlik probeer hou ondanks die moeilike ekonomiese klimaat. Volgens hom probeer hy jaarliks om die verhogings laer as die inflasiekoers te hou.
Kliënte kan egter in sekere aspekte verligting verwag aangesien BoxOffice-pryse nié styg nie.
Soveel gaan jy vir die onderskeie pakkette betaal:
Pakket | 2017 | Nuwe tarief |
DStv Premium | R789 | R809 |
DStv Compact Plus | R489 | R509 |
DStv Compact | R365 | R385 |
DStv Family | R235 | R249 |
DStv Access | R99 | R99 |
DStv EasyView | R29 | R29 |
DStv Select | R235 | R249 |
M-Net Analogue | R389 | R409 |
Ander verhogings:
Toegangsgeld | ||
Toegangsgeld | R85 | R90 |
BoxOffice-verhuring | R35 | R35 |
Vir meer inligting besoek MultiChoice se webwerf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
43 Kommentare
Belaglik en dit vir al die gemors wat ons kyk!
Ummmm. I don’t think so… Koebaai dan maar hoor. Myne end Januarie af gesit!! Hulle het nou meer kompitisie met uncapped wifi access en TV Box.
Dis tyd dat die Verbruikersraad ingryp en DSTV dwing vir ‘n private keuse van kanale vir verbruikers en nie dit waarvoor jy gedwing word nie
lekker as jy n monopolie het. Kan maak soos jy wil.
Kanseleer jou kontrak en gaan kyk rugby saam met jou pelle in die pub.
Probleem is net jou vrou wat boer se vrou wil sien