DStv kondig weer tariefverhogings aan

DStv (Foto: DStv)

MultiChoice het pas die jongste tariefverhogings vir sy DStv-pakkette aankondig wat op 1 April in werking tree.

Dié aankondiging beteken televisiekykers sal vanjaar wéér dieper in hul beursies moet grawe.

Dié tariefverhogings is volgens MultiChoice van toepassing op al sy kliënte met die uitsondering van die DStv Access- en DStv EasyView-pakkette.

DStv Premium en DStv Compact-kykers sal vanjaar vir die eerste keer onderskeidelik meer as R800 en R500 vir dié televisiediens betaal. Daarbenewens sal nuwe DStv-kliënte ook vanjaar ʼn toegangsfooi van R90 betaal vir die PVR-diens in vergelyking met R85 van verlede jaar.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy het tariefverhogings so laag as moontlik probeer hou ondanks die moeilike ekonomiese klimaat. Volgens hom probeer hy jaarliks om die verhogings laer as die inflasiekoers te hou.

Kliënte kan egter in sekere aspekte verligting verwag aangesien BoxOffice-pryse nié styg nie.

Soveel gaan jy vir die onderskeie pakkette betaal:

Pakket 2017 Nuwe tarief
DStv Premium R789 R809
DStv Compact Plus R489 R509
DStv Compact R365 R385
DStv Family R235 R249
DStv Access R99 R99
DStv EasyView R29 R29
DStv Select R235 R249
M-Net Analogue R389 R409

Ander verhogings:

Toegangsgeld
Toegangsgeld R85 R90
BoxOffice-verhuring R35 R35

Vir meer inligting besoek MultiChoice se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Emma ·

Ummmm. I don’t think so… Koebaai dan maar hoor. Myne end Januarie af gesit!! Hulle het nou meer kompitisie met uncapped wifi access en TV Box.

Eddie ·

Dis tyd dat die Verbruikersraad ingryp en DSTV dwing vir ‘n private keuse van kanale vir verbruikers en nie dit waarvoor jy gedwing word nie

lvh ·

Stem 100% saam. Ons kyk nie tshwanetv nie en ook nie bollywood. Ht ook nie daarvoor gevra nie. Ons beluister ook nie die musiekkanale nie waNt ons ht n radio. Ek wil self n keuse kan maak en daarvolgens betaal!!!!!!

Jacques Venter ·

Kanseleer jou kontrak en gaan kyk rugby saam met jou pelle in die pub.

Probleem is net jou vrou wat boer se vrou wil sien

Katvis ·

Nee wat, DStv is ou nuus, selfde oor en oor en oor en oor en oor en…….nie eers die sport maak my opgewonde nie.

M A ·

Maar die pakket vir die armste mense (wat ek ook het) teen R29 per maand word vir die 2de agtereenvolgende jaar nie verhoog nie. Hulle het my n sms gestuur.

JHJ R ·

En daar is niks nuuts nie. Alles is klaar betaal, kyk wees van ou stories, 3de herhaling.

Carina ·

Dit gee my nou net nog meer rede om maar liewer daarvan ontslae te raak. Is klaar besig om sisteem in plek te stel sodat ons liewer stream wat ons wil, sonder al die klomp herhalings van DSTV. Dis nou daylight robbery!!!

Anneke ·

Kry eerder internet en netflix of showmax. Baie beter kwaliteit programme. Ons het nog nooit dstv gehad ni.

SjN ·

As hulle sommer self besluit oor die verhoging kan ek seker besluit watter kanale ek wil kyk en slegs daarvoor betaal,

Koos1 ·

Ek stem saam, dit is baie geld, maar ek het so 2 weke terug met my gesin van 2 volwassenes en 2 kinders gaan uiteet. Die rekening was R800.00 sonder enige sterk drank of voor en na geregte. DSTV is my “entertainment” en daarom voer ek my keuse uit om dit te betaal. Daar is ook ander opsies waar jy internet betaal en dan DSTV gratis kry.
Dit bly uitsluitlik jou keuse.

LB S ·

Regte Koos : Dit is wat jy vir ‘n ete betaal in ‘n ordentlike restaurant.
Ek stem, ander Koos. Dit is elkeen se keuse, nie almal van ons kan of wil “uncapped” internet hê nie met duurder ADSL lyne, ens. om dit vinnig genoeg te hê vir “streaming” nie. Almal is ook nie so tegnologie-bewus nie. Ek self kan dit bv oorweeg, maar my liewe ou man sal nie eers weet hoe om die spul aan die gang te kry nie. Ons betaal dus maar die fooi.
Maar ek moet saamstem met ander dat mens ten minste ‘n keuse moet hê waarvoor jy betaal. Ongelukkig is my gunsteling programme almal op die Premium pakket.

sons ·

Dit gaan binnekort gebeur dat dat MultiChoice nie meer kykers sal hê wat DSTV gaan gebruik nie, want ek dink hulle is buitensporig te duur en dit om dieselfde goed oor en oor te wys en boonop ‘n klomp snert is ook. Ek weet al van baie mense wat hulle DSTV gekansileer het hieroor. En glo my dit gaan ek ook doen binnekort. Dan wil ek sien hoe MultiChoice sal aangaan sonder kykers. Dis pateties!!!!

C ·

Ek kan nie glo daar is nog mense wat dstv het nie. Kry wifi met vol internet toegang en siedaar, baie beter en intresanter programme en movies om na te kyk.

LB S ·

En hoeveel kos jou internet en toebehore wat jy nodig het om so TV te kyk?

ne ·

Hoekom soveel betaal? Al wat jy sien is advertensies wat duisende keer herhaal word sowel programme. Hoekom kan jy nie net betaal vir die kanale wat jy wel kyk nie? Kan iemand nie voorspraak maak nie????? ASSEBLIEF!!!!!

Magda ·

Hulle is net soos Eskom. Elke jaar bly die verhogings ingestel word maar hulle diens verander nie want deesdae is dar net meer herhalings. it lyk vir my asof hulle nie geld het om nuwe series aan te koop nie. Dan maar weer van voor af die hele storie begin vir ingeval iemand nog nie daardie episodes gesien het nie. En betaal jy nie een maand nie dan sit hulle sommer af. Wat van die mense wat slegs van hulle staat pensioene moet leef en net ‘n klein pensioen kry. Ek dink dan moet hulle voor hulle eie deur vee en beter diens lewer.

Jon ·

Seker om op te maak dat Supersport die rugby verniet aan die SAUK gee. Belaglik, as jy ruggas wil kyk, betaal soos die res van ons. en julle wat so moan, wees bly ons is nie op PPV nie. ONs dstv is een van die beteres in die wereld, glo my. As dit te duur is, sny dit af, EASY. Hou net op met moan.

Andre ·

SAUK verniet rugby regte is net vir radiostasies. As jou verbeelding nie meer funksioneer nie en jy moet die rugby he, kry dan DSTV en as jy iets vergeet kan jy jou geheue verfris met al die herhalings. R9708 per jaar en nog my tyd is te duur vir my. Daarom het ek nie DSTV of ‘n TV nie. Moenie net kla en aan hou betaal nie, neem jou besluit en gaan aan met jou lewe.

christi ·

Pateties! Dis slegte nuus. Ek vra net, as jy prys verhoog, wat kry ek in ruil daarvoor? NIKS. Dan het ons nog beperkte kykgenot opk! Skaam julle, DSTV!!!

Rikag ·

Myne al 2 jaar terug afgesit nog nooit spyt gewees nie. Kyk my rugby by Sport Club waaraan ek behoort en ander TV Serius wat ek volg kyk ek op my Laptop. Daar is soveel websites wat jy al hierdie kan sien.

Martie ·

Ons het die pricelock plan maar alles word oor en oor gewys elke verdompde dag daar is niks nuut nie ons is lekker gevang vir n sukker.Ons sien ook hulle wys goed van programme 2006 tyd hulle moet bykom ons trek al 2018 wie wil nou nog sover in die verlede lewe

Jan Devenish ·

Al ñ jaar sonder DSTV en glad nie spyt. Betaal R799 vir uncapped wifi en ek het ñ android tv boks. Geen herhaling want jy kyk wat jy wil en dan nog youtube en als. En ons kyk goed bog voor dit op DSTV opkom. DSTV is soooooo outyds.

John ·

…. Moeilike ekonomiese klimaat? Miljarde rol in met ou programme en Engelse advertensies oor en oor tussen Afrikaanse programme. Hoe swakker die Afrikaanse ou programme hoe meer sien ons dit. Kinderprogramme begin, loop en spring weer terug na vorige hoofstukke, verwissel van tye en eindig sommer stomp. Swak…. swak….

Belinda ·

Uncapped data, YouTube, Netflix en Showmax… baaaaaaaaie beter as ou vervelige DStv. Daar is lankal nie meer n toekoms vir DStv nie !

V ·

Myne Sept laajaar afgesit. tv box gekoop.en glad ni spyt nie. ekt meer.nuwe goed gekyk in die maande as die 19 jaar by dstv as klient. en dt kos my net my internet n maand sonder verhogings…..

Johann Brits ·

Kan ek my explora en PVR en xtra view gebruik op enige ander pakket as Premium?

Leon ·

Ek wil graag net vra? Hoe verskil die d stv se pryse van ons sin tot ander lande in Afrika? Is dit op paar?
Ekt myne lankal afgesny teveel advertensies en oor en oor die selfde!

Wim ·

Leon as ek reg kan onthou Zimbabwe 39 doller per maand dit werk so plus minus R454.35 uit per maand. Soos met selfoon data in ander Afrika lande vat dstv en selfoon maatskappye ons weer vir n popo.

WJ ·

Die flieks kan jy in elk geval nie kyk nie as gevolg van die blatante godslastering

Sarie ·

Elke jaar word die tariewe verhoog maar elke dag raak die standaarde van die progrmme wat aan ons gebied word al hoe swakker. Lyk my MultiChoice koop nie meer nuwe programme aan nie, maar gaan diep al die horinghoue programme uit die aslik uit en saai dit oor en oor uit. Indien daar nog nuwes aangekoop word is die standaard so pateties dat dit regtig nie meer die moeite werd is nie, hulle kop al die ander vervaardigers se asblik programme aan. Hulle kan gerus ook iets aan kykNET gedoen. Die standaard van die kanaal is darem wragtig pateties. As daar nou ‘n plek is waar ons taal verkrag word, dan is dit op kykNET. Asseblief ons waardeer jul poging om vir ons ;n Afrikaanse kanaal te gee, maar maak dit baie groot asseblief die moeite werd. MultiChoice sal sy sokkies moet optrek, ek weet van geweldig baie mense wat daagliks hul subskripsies kanselleer. Gee weer vir ons die standaard wat MultiChoice was toe dit begin het, dit is waarvoor ons ingeteken het, nie vir die gemors wat nou opgedis word nie!

Pieter ·

Koos Bekker en kie maak seker daar is’n monopolie, dus geen werklike kompetisie. Die keuse van kanale word nie aangebied nie, want hul maak meer geld met die pakette.

MdP ·

Mmmmmm, OVHD se eenmalige R399-00 betaling is maar die beste! Ons het DSTV Premium al laasjaar gekanselleer, gebruik nou net OVHD via die DSTV skottel. Nie genoeg tyd om al die programme te kyk nie, dus is OVHD genoegsaam.

Sonja Armstrong ·

Al wat my afsit is al die herhalings. Is daar nog herhalings wat die supskripsie so opjaag. Kry bietjie ander programme wat waarde vir ons kykers bied!!!

Fanie janse van rensburg ·

Oorweeg om dstv af te skakel, al die movies wat gewys word is herhalings dan praat ek nie eers van die ander kanale. Sal verkies om eie kanale te kies. Nou dat rugby seisoen begin sien jy dieselfde wedstryde vir n Hele week oor Tot nuwe wedstryde die volgende week gespeel word, dit geld vir die ander sport kanale ook. Gee eerder vir my pay per view opsie vir sport.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.