DStv kos binnekort meer

dstv-02

Argieffoto.

MultiChoice het Vrydag aangekondig die pryse van sy DStv-pakkette gaan in April verder verhoog word.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy het tot dusver daarin geslaag om die “intekengeld laag te hou, ondanks die moeilike ekonomiese klimaat”.

Volgens dié verklaring gaan alle stygings in DStv-pakkette laer as die inflasiekoers wees.

MultiChoice het gesê hy het tot dusver elke jaar probeer om die prysstygings minimaal te hou.

Kykers sal van April R789 vir die DStv Premium-pakket moet opdok. Die Extra-pakket sal R489 kos, DStv Compact sal R365 kos en DStv Family R235.

Die DStv Access- en DStv EasyView-pakkette bly vanjaar onveranderd op onderskeidelik R99 en R29 per maand.

BoxOffice-pryse en die dekodeerder-versekering styg ook nie.

Vir meer inligting besoek MultiChoice se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

John ·

Shoemax en Netflix hier kom ons, word nou maar net die beter opsie.

Heibrie Wolmarans ·

DSTV glad nie die geld werd wat hulle vra nie!!!

Rika Muller ·

Ek het my DSTV gekanselleer in 2014, het toe begin om series te download en kyk al vanaf 2015 ShowMax en nou Netflix ook, definitief die moeitewerd.

kemp ·

Ek het netflix gehaat tot hulle ons begin blok het heeltemal as ‘n US gebruiker. Like nie die suid afrika netflix nie. maar ek gebruik nou kodi en stream dit met n rasberry PI en hel ons is nie spyt nie. Geen herhalings nie en ek stream live ook discovery en klomp sport kanale ens. Kodi kos niks en al wat jy nodig het is ‘n internet connection van 4 meg en jy is gesort.
DTV herhaal alles te veel en die advertensies maak mens mal. betaal nie vir gemors nie

JP ·

Ditsem Kemp, dieselfde hier. Baie programme is in HD en is beskikbaar lank voor dit hier land. Ek hou ook daarvan om te kan kies wat ek wil kyk, wanneer ek dit wil kyk en van waar ek dit wil kyk. Ek verkies nogal die Exodus repository. Dit werk ook lekker aangesien ek dit op my TV, pc, tablet of foon kan kyk. Ek sal almal aan moenie om eerder daardie roete te gaan. Dit is nou werklike on-demand TV!

dries ·

Maak dit vir die pensionarisse bietjie meer duidelik asb, want ek dink die meeste kykers is pensionarisse.

Kitty v Heerden ·

Ek stem,,,ek kan nie verstaan,,,hoe meer mense n
produk gebruik,,,,,hoe laer is die kostes,,,,,,dis n rip off,,,,,,

A ·

Ek het DSTV laas jaar gekanselleer. Ek het gedink dit gaan ‘n groot aanpassing wees, maar eerlikwaar is ek baie dankbaar dat ons niks mis nie. Ons het inteendeel baie meer tyd en ons as gesin gesels weer met mekaar.

Mossie ·

Wonner of ons nog steeds 90% herhalings en 10 % nuwe goed gaan kyk

Ryno ·

Hulle wil te veel spandeer aan hulle gebou in Randburg. Ek gan ook kanseleer as dit so aan gaan. Dis net supersport wat my hou om hulle te gebruik

foxi ·

Nee wat……ons kanselleer dan eerder. Betaal in elk geval vir advertensies op advertensies!!
Programme word oor en oor uitgesaai…..genade tog…..as jy eenkeer n fliek gesien het…wil jy tog nie dieselfde fliek oor en oor kyk nie! Kom by MultiChoice! Julle maak miljoene op advertensies!!!!!!

Hettie ·

Totsdiens DSTV!! Klaar afgesny. Welkom Netflix, YouTube, ens! Ons geniet elke oomblik!

foxi ·

Nee wat……ons kanselleer dan eerder. Betaal in elk geval net vir advertensies op advertensies!!
Programme word oor en oor uitgesaai…..genade tog…..as jy eenkeer n fliek gesien het…wil jy tog nie dieselfde program oor en oor kyk nie! Kom by MultiChoice! Julle maak miljoene op advertensies!!!!!!

Kenpachi ·

Vir R780/maand kan jy ‘n lekker rowwe internet pakket en Netflix kry. As jy wil Rugby kyk kan jy by die Spur loop sit en kyk.

Jack Russl ·

So jy betaal R780 vir jou rowwe internet pakket. As jy rugby wil kyk gaan sit jy by Spur. Die Spur trippie gaan jou baie meer kos as wat jy gaan spaar deur nie by jou huis te kyk nie. Jy gaan seker nie vir 2 ure ‘n naweek by spur sit en niks eet of drink nie. Ja, ek weet jy sou by die huis ook iets eet en drink, maar dit is gelukkig nie so duur soos by Spur nie.

Ek stem saam dat hulle pryse belaglik geword het, maar indien jy wil sport kyk is jy so te se gedwing op dstv te kry.

As ‘n mens so na die kommentare kyk moes dstv al doodgeloop het, want elke jaar die tyd is daar honderde wat hulle dstv wil kanseleer. As daardie honderde dit gedoen het, sou dstv mos al bankrot gewees het

Jaco ·

Nee wat so ek ook maar eerder kanseleer dit raak nou belagluk

Genieve ·

DSTV word net meer en elke 2de uur speel dieselfde programme of verskillend kanale.Hoekoem dan so duur betaal yoh..dis erg verby..sal maar na n minder pakket moet gaan van sowaar ons word regtig ingekry.

Hannelie ·

Net jammer hul laat ons nie per kanaal betaal nie….dan sal hulle sien hul is nie juis die moeite werd nie. Want hel die herhalings op die kanale is nou al van om siek te word. En as jy die advertensies afhaal is sommige van die flieks eintlik kort. Hulle gaan baie kliente verloor.

Kobus Steyn ·

Ek is n pensionaris en met ons ekonomie verhoog my pensioen nie. Maar DSTV sal sorg dat hulle wel hulle topbestuur se lekker bonusse kan betaal.
En ek stem saam dat daar te veel herhalings is. EN WAT HET DAN GEWORD VAN DAAI STORIE DAT VAN dat JY PER KANAAL KAN BETAAL. Daar is 700 kanale maar kyk slegs 10 op die meeste.
Laastens kry ek by verskillende instansies penionaris afslag maar nie by MNET nie …. hoekom want dan gaan hulle te veel verloor omrede daar so dommes soos ek is wat maar stilbly en maar betaal.
Meskien moet ons ook n veldtog begin … Fees must fall …

Leonie ·

Daar is so baie herhalings ek weet nie eers hoekom adverteer hulle nog die explora nie want jy kan die herhalings elke dag kyk. Nee kyk ek weet nie of dit nog ‘n opsie gaan wees met daai mal pryse wat hulle nou wil vra as hulle net herhalings 99% van die tyd wys nie.

Eddie ·

As mens regtig gaan kyk hoeveel kanale jy kyk per Maand is dit sekerlik net 10 persent, so jy betaal vir 90 persent wat mens gladnie kyk nie. Kom Mnet ons wil per kanaal betaal.

H... ·

Glad nie die geld werd nie.
Films word oor en oor herhaal en dan is dit ook nou toeka se goed wat ons al sif gekyk het jare terug.
“Soaps” word ook oor en oor herhaal van seisoen een tot waar ookal ‘n mens weet nie meer wanneer wys wat nie.
#DSTVmustFall <—- ok daai is net 'n grappie… NOT… ;-)

Driaan ·

Mense dis baie eenvoudig – betaal of laat sny die ding af. Niemand is onder dwang om DSTV uit te neem nie. Wanneer iemand wel besluit om te te kanselleer moet asb net nie dan kla oor die kwaliteit van die SAUK se programme nie. Alles word duurder, waarom elke jaar so bohaai maak oor DSTV se tariewe? Rerig waar, die lewe is vol keuses – maak die keuse wat vir jou goed is en leef dan met gevolge van jou besluit.

posduif ·

Met AL die klagtes gaan dstv nogsteeds op ……. hulle worry nie oor ons wat moet betaal nie. Dis net herhalings op herhalings . Ou goed oor en oor wys. Hulle luister nie na die kliente nie

yolandeh1978 ·

DSTV gekanselleer, gebruik KODI, dis regtig die moeite werd en baie beter as DSTV, gaan loer gerus julle sal nie spyt wees nie.

Johann ·

As die kwaliteit van die programme verbeter en minder programme herhaal oor en oor is dit ‘n ander storie, maar huidiglik is die standaard swakker as ‘n 4de wêreld standaard, dankie maar nee dankie

Carlo ·

Dis net jammer dat n mens nie die sport kanale by Ander verskaffers kan kry nie. Anders het ek al lank al. Hullle gelos

Pietser ·

Die rugby en krieket kykers hou die premier pakket aan die gang. Ek het nie DSTV nie en stel ook nie belang nie. Vir mense wat nie belangstel in sport nie maar tog baie tv kyk, is die “family” pakket redelik billik na my mening.

Rian ·

Mense, hou op dreig om te kanselleer, doen dit net! Ek het nog nooit DSTV gehad nie maar wel nog die ou Mnet decoder van toentertyd. Ek kyk my Rugby op CNN kanaal en my krieket op SABS 3. Ek het ook HDMI, Movies en Movies Extra (ook maar klomp herhalings, maar betaal niks daarvoor nie).

fanie ·

Hoekom kan daar nie pakkete wees wat jy self kan kies nie?
want al wat deesdae op is ,is herhalings en advertesies.
Ag nee DSTV kom by dit raak nou belaglik.

Hennie ·

Ja nee wat, gaan ook maar kanselleer en net my internet opgradeer! Hulle raak nou gans te duur!

RINA ·

Pasop vir die woord GEPEUPEL, Bittereinder want ons is pensonarisse met min geld maar het verseker nog ons trots. Ons het nie fondse vir duur tv programme nie maar is mense. Jesus maak nie nie onderskeid tussen ryk en arm nie. Jy val goeie mense onnodig aan. Mens kan arm wees maar verseker nie gepeupel wees nie. Dink asseblief voor jy praat.

Bittereinder ·

Jammer as ek jou te na gekom het, ek het egter na n heel ander groep verwys. Die woord wat ek wou gebruik, sou my egter more voorbladnuus in die New York times gemaak het. Jammer. Om jou gerus te stel ek is ook n penioenaris en het dieselfde paket.

Reinhard ·

Het al meer as n jaar nie DSTV. As n mens internet het is Roku om jou decoder te vervang+Netflix+Playon+Plex+Getflix net R200 p/m.Geen herhalings. Die verandering kos wel n paar rand om te begin maar is die moete en geld werd.

J ·

Stem ek het my Dstv al in 2006 Gesny. Kyk glad nie tv nie geniet my y tube en aan lyn flieks. Sauk kanale stel ook geensins belang nie. Ek kan ook nie dink daar is ? Wat heeldag na sport kan kyk nie. Ek het n lewe baie beters om te doen as om sport te kyk.

Manie ·

DStv diskrimineer teen die deel van die bevolking wat rugby en krieket kyk. Al die goedkoper kanale het die sokker kanale in en net die duurste pakket rugby en krieket. Wees bedag hoe hulle so stil stil die Afrikaner die meeste laat betaal. Vir daardie rede het ek my DStv laasjaar gekanselleer. Ek weet dit is nie net Afrikaners wat rugby en krieket kyk maar dit is die meerderheid

Kaspaas ·

Hoekom is daar nie prys verhogings vir die laagste twee pakette nie. Tipies die premier pakette moet die kleiner subsidieer. Stem saam met ander opmerkings gaan defnitief Netflix navors en n skuif maak

HugoD ·

Ek bly in Amerika an firmas soos DSTV bestaan nie meer nie, jy kry a AppleTV, en kyk net wat jy wil, my koste is $6.00 per maand, kyk al die rugby, flieks, nuus net wat jy wil. Dis om 3 minute se werk se geld, nee wat DSTV is waansinnig.

Sampie ·

As jy weer n nuwe TV moet koop. Vra en maak seker die TV het n ingeboude “digital receiver” Jy kry Hd Etv en Etv movies wat meeste van die tyd heel kykbaar is en nou en dan baie cool. Tussen SABC 3, Etv en Etv movies sal jy iets kry om te kyk as jy na werk by die huis kom in die aand. As jy die nuutste series of movies moet of wil kyk kry net basic internet en stream.

Judith van Limpopo ·

Het 21 jr mnet daarna DSTV gehad. Gekanselleer Febr 2016. Nie ñ dag spyt nie. Wifi aangeskaf. Ek “stream” wat EK WIL kyk en dit kos meer as die helfte minder maandeliks. Geen heruitsendings wat my irriteer nie. En my sitkamer bly nou skoon. Meer familietyd.

Kiewiet ·

Ek kan nie Dstv kanselleer nie, want wat dan van al die wonderlike Afrikaanse programme? Kwela, Bravo, Verslag, Megaboere, die uitstekende drama reekse, en talle ander? Kan mens alles van Kyknet dan ook stream? Ook die drama reekse en sepies? Ja, hulle is baie aspris om Kyknet slegs op die duurste pakket te hê. Maar ek kan nie sonder Afrikaanse programme klaarkom nie.

Peanut ·

TATA DSTV vinnige ADSL lyn wat ek in elk geval moet he vir my werk gaan nou ook ingespan word vir ander doeleindes ook. O ja en hou maar julle her uitsendings

Voorlaaier ·

R 9468 per jaar vir DSTV?????…….Wish me luck as you wave me koebaaai !!…cheerijou here i go on my way!!!!!!

Johanna Botha ·

Ek wil net weet as mens dstv verlaat kan mens nog kyknet kyk want ek geniet dit nogal ?

Sê maar net ·

DSTV verlede jaar al gekanselleer. Uncapped internet gekry, kyk series, flieks en sport op die internet. Daar is tekenprente vir my seun om na te kyk. En is glad nie spyt nie. Kan kyk wat ons wil wanneer ons wil. En dis die lekkerste van alles. Vir skooltake het ons internet, so die bekommernis om inligting vir die take in die hande te kry is ook iets van die verlede. En ja is by Telkom, en dis goedkoper as DSTV

Gys ·

Met almal wat al gekanseleer het kry hulle nie genoeg inkomste nie. Seker daarom dat hulle die pryse moet verhoog.Het myne al 2 jaar terug gekanseleer en glad nie spyt nie. Uncapped internet , NETFLIX is baie goedkoper.

SARIE VAN HEERDEN ·

Toe DStv AFRIKAANS IS GROOT adverteer het hul gese die mense het gepraat en hul het GELUISTER. Dis waarom ons nou herhalings van 2012, 2013, 2014 en 2015 kry. Nou het ek na menige kommentaar gelees en ek SIEN DStv kykers PRAAT weer maar dis bog dat daar na ons geluister word. Laat ons betaal volgens die kanale waarin ons belangstel en kyk. Ek is Afrikaans en Engels magtig maar hier is eindelose programme in ‘n taal wat ek nie begryp of die mense se kultuur verstaan nie.

Kliendup ·

R789.00 dit is n maand se vleis.Nee wat DSTV gaan nie my pens vol maak nie,dit is net n ekstra in die lewe.En die sport watse sport? Daar is nie meer so iets soos sport in ons land nie match fix en chokers.

Karel ·

Ek het kanale waar spesifiek 3D films gewys word en het my home cinema set( BOSE) laat upscale van HD na 4K UHD en dis 8 keer skerper beeld dan gewone HD en ek kan films opneem waar advertensies outomaties uit gefilter word.
Televisie is van die merk Harmon Kardon.

Amanda ·

Ons het November 2015 DSTV gekanselleer. Desember 2016 tydens ons vakansie het die vakansie huis DSTV gebied,,,, Ek was geskok om te sien dat daar geen nuwe / of interessante uitsendings was nie.

Anna-Marie Evans ·

Tyd dat ons slegs per kanaal betaal en sonder onderduimse verskille in kanaalpryse. Elke kanaal moet dieselfde prys kos, sodat ons die maandelikse koste self kan bepaal en sodanig beheer. Ons het nie nodig dat hulle vir ons pakkette saamstel nie, elkeen het mos sy eie keuses.

Kobus Steyn ·

Ek hoop net iemand daar by DSTV lees ook al hierdie klsgtes en doen iets daar omtrent. Sal ookgraag hulle komentaar wil hoor. Ek jammer ek het vergeet daar is seker maar min wat afrikaans magtig is en daarom al ons klagtes net ignoreer. DIE MINDERHEID

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.