DStv maak sekere kanale, inhoud gratis beskikbaar

(Argieffoto: DStv)

DStv het talle kanale en ander inhoud gratis beskikbaar gemaak aan nie-kliënte asook aan intekenare op sy goedkoper pakkette.

Volgens DStv is dié besluit geneem om te verseker dat alle burgers toegang het tot akkurate inligting rakende Covid-19. “Al wat hul hoef te doen is om die DStv Now App af te laai ten einde gratis, uitgebreide dekking te hê op ’n wye verskeidenheid nuuskanale.”

DStv Now is bereikbaar van ʼn slimfoon, tablet, slim TV of skootrekenaar. Die kanale wat gratis besigtig gekyk kan word, is BBC World News; CNN; Sky News; eNCA; SABC News; Newzroom Afrika en Euronews.

Daarbenewens is People’s Weather; SuperSport Play; PBS Kids; Channel O en TBN ook beskikbaar. Die ander gratis inhoud sluit episodes in van sommige van Suid-Afrika se gewildste sepies, waaronder Igazi, The River, Isibaya, Binnelanders, Suidooster en Die ware naarheid.

Intussen is vyf kanale beskikbaar gemaak vir intekenare van al DStv se pakkette. Dit sluit in Africanews (kanaal 417), CNN (kanaal 401), Da Vinci (kanaal 318), Nickelodeon (kanaal 305) en SuperSport 7 (kanaal 207).

DStv gaan ook meer flieks op sy stromingsdiens Box Office laai wat teen ʼn afslagprys gehuur kan word. Daar sal nou 40 nuwe flieks beskikbaar wees teen R25 per fliek vir DStv se Premium-, Extra- en Compact-intekenare.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.</em

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
DieKriek

Te laat! Ek het letterlik jare laas TV gekyk en beurtkrag het my decoder gebreek. Ek gaan beslis nie my duur data gebruik om op my foon TV te kyk nie. Armer mense het dieselfde probleem, so…

Jeff

Eers was dit Afrika lande soos Nigeria wat ń prys verlaaging gesien het. Nou is dit sekere kanale verniet. Maar ek wat betaal vir premium betaal nog steeds ten duurste. Ek wil n boikot aksie begin en ontslae raak van REPPIE REPEAT DSTV

koos10

Nee DSTV, julle maak nou net soos die regering. Dis gratis vir die mense wat dit kry, maar iemand betaal daarvoor, en in die geval is dit julle intekenare. Dankie, nog iets wat ek by my lysie kan voeg van hoe ek betaal vir ander.

Chris

Ag regtig, is dit so. Wat my erg grief in die land is, dink die mense ons almal is dom/agterlik/onnosel of wat. Wat bied DStv nou eintlik verniet aan. Hoeveel mense kyk werkilik na die kanale wat “gratis” aangebied word. Gaan my verstand te bowe.

Chris

Noem dit die Corona kanale. Almal weet dit is daar maar niemand wil dit sien/kyk nie.