DStv-pryse styg ‘minimaal’

(Argieffoto: DStv)

Minder goeie nuus vir DStv-intekenare is dat MultiChoice se prysverhogings, wat op Saterdag 1 April in werking tree, nié ʼn Gekkedag-grap is nie.

Kykers sal R40 meer vir die DStv Premium-pakket moet opdok. Compact Plus word met R30 per maand duurder (5,5%-verhoging), Compact met R20 duurder (4,7%-verhoging), Family met R10 duurder (3,2%-verhoging) en Acces met R9 duurder (7,5%-verhoging).

Toegangsfooie vir bykomende dienste soos DStv Catch Up en PVR word ook met R5 per maand verhoog (4,5%-verhoging), terwyl stromingsdiens-pakkette, wat onder meer DStv EasyView en BoxOffice insluit, se pryse onveranderd bly.

Die ADD Movies-byvoeging se prys het die afgelope jaar met 20% gedaal, dit is R20 per maand minder, en daar sal in 2023 nie ʼn prysverhoging vir dié diens wees nie.

Volgens BussinessTech het MultiChoice in ʼn verklaring gesê dat die gemiddelde styging van 4,3% heelwat laer as die geprojekteerde verbruikersprysindeks vir 2023 is.

“Ons verstaan dat gebruikers ná die pandemie steeds onder druk is, en die voortslepende beurtkrag maak dit nie makliker nie.”

“Hierdie nominale prysverhogings help DStv om te verseker dat Suid-Afrikaners op enige tyd en plek die beste waarde en ongeëwenaarde toegang tot topgehalte vermaak kan geniet, teen die bekostigbaarste prys.”

So lyk DStv se pryse vir 2023:

Pakket20222023
DStv PremiumR839R879
DStv Compact PlusR549R579
DStv CompactR429R449
DStv FamilyR309R319
DStv AccessR120R129
DStv EasyViewR29R29

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek respekteer julle keuses maar hoop en glo dstv verhoog sy pryse kwartaalliks met 20%

Republikein in die Wes Kaap ·

DStv se tyd is verby. Gee hulle nog twee jaar.

Leonard ·

Gelukkig is ék ARM genoeg , MAAR oop-kop om NIÉ DSTV te gebruik mààr INTERNET gebruik om ALLES te kan sien!

Leonard ·

Het destyds persoonlik met President Donald Trump gesels in ENGELS op ONENATION Platform, DEKADE GELEDE

Vinny ·

Ja en meer en meer moet mens ou gemors oor en oor kyk maar aanhou betaal om police academy, friends en big bang vir die 100ste keer oor te kyk.

Nie Verbaas ·

Moenie vergeet van ons “national hero” Kolisi advertensie nie.

Riaan ·

Nee dankie – As ek na iets wil luister wat die hele tyd herhaal kan ek gratis vir my skoonma gaan kuier.

Nettie ·

hahahahahahahaha.

By haar kry jy waarskynlik nog koek of ‘n stukkie lekker melktert ook daarby!

Vonny ·

Ons het nog Dstv, sodat ons afrikaanse programme en sport te kan kyk.
Gee ons asb n ander voorstel?

Nettie ·

Ja, die internet stromingsdienste het nie so baie Afrikaanse programme nie (wel sommige flieks). Maar sodra mens dit OPHOU kyk, besef jy hoe ERG die propagande in AL die Afrikaanse programme is. Ek mis nie Kyknet, die sepies, nuus of enige so iets nie. Ek luister Youtube video’s van onafhanklike Afrikaanse voorsieners vir aktualiteit en nuus, verniet!

Wildemien ·

My ervaring dieselfde, Nettie. Was vir my ‘n sware gedagte om nie meer Kyknet te kon kyk nie, maar ek kan onomwonde sê dat ek dit glad nie mis nie.

My siening ·

Kwaliteit en herhalings van absolute swak gehalte! Kyknet se kort stories is skokend swak en die res blaai jy stasie na stasie en niks nuut of interessant nie. MAAR PRYSE GAAN OP EN ONS DOEN NIKS DAAROOR NIE!

Wildemien ·

Jy kan iets doen. Kanseleer. Waarom wil jy jouself so sit en frustreer.

Nettie ·

Nee wat. Jy kan verskeie dienste stroom met beter inhoud, minder propaganda en vir ‘n kwart of minder van die prys. Hoekom sal mens nog DSTV wil hê?

Piet 6 ·

Dit is bog dat dit minimaal is. Minder nuwe programme, meer herhalings, meer advertensies. As dit alles in ag geneem word, is die verhoging tussen 40% en 50%.

Vonkprop ·

Pryse gaan op en kwaliteit gaan af. Die wêreld se nuwe besigheidsmodel

Elene ·

KYKNET val in geen van die goedkoper pakkette nie. Vir al die ander “taal”groepe is daar goedkoper opsies. Dit is uiters swak van DSTV om die Afrikaanse populasie so uit te buit. Gee vir ons ook goedkoper opsies….

Manie ·

Die beste oplossing is om ‘n bedrag aan elke kanaal te koppel, dan kan ek kies en betaal vir dit wat ek wil kyk. Ek stel nie belang in al die gemors nie. Dit word reeds oorsee gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.