DStv verwyder 3 gewilde kanale

DStv (Foto verskaf)

DStv het bevestig dat drie gewilde kanale einde vandeesmaand nie meer beskikbaar sal wees nie.

Die History-, Crime + Investigation- en Lifetime-kanale sal teen die einde van die dag op 31 Oktober nie meer op DStv beskikbaar wees nie. Volgens Nthabiseng Motsei, ʼn woordvoerder vir DStv, het bevestig die kontrak met die verskaffer van dié kanale verstryk op 1 November.

“Dit is deel van ons volgehoue pogings om ons inhoudskedule vars te hou en om die reeks kanale wat aangebied word, te optimaliseer. Kykers sal egter kan voortgaan om ’n paar van hul gunstelinge soos die Housewives-franchise te geniet aangesien dit reeds op 1Magic beskikbaar is.”

Volgens Motsei sal DStv binnekort twee nuwe kanale bekend stel. “Die eerste is ’n gevestigde globale handelsmerk en die ander ’n nuwe innoverende handelsmerk.

“Albei kanale sal opwindende nuwe titels en genres meebring wat kykers regtig sal kan geniet, waaronder topgehalte dokumentêre, geskiedenis- en feitelike realiteitsprogramme.”

DStv gaan ook voort om sy aansienlike belegging in plaaslike reekse en inhoud te vergroot, aangesien dit volgens hom groot aftrek by kykers kry en tot kykerbetrokkenheid lei.

“Ons hersien voortdurend die opset van ons inhoud en kanaalkeuses om ons vermaakaanbod aan ons klante te verbeter, en ook om te verseker dat klante steeds goeie waarde kry. Hierdie proses sluit deurlopende skakeling met verskillende inhoudsvennote in om te verseker dat ons meer boeiende inhoudaanbiedinge vir klante kan bied.”

(Argieffoto: kykNET)

Maroela Media het vroeër berig talle kykNET-kykers is die josie in omdat die prys van die goedkoopste DStv-pakket waarop dié Afrikaanse kanaal voortaan beskikbaar gaan wees, bykans verdubbel.

DStv doen ná 29 Oktober weg met sy Select-pakkette. Dit het toegang tot kykNET ingesluit en het intekenare R265 per maand gekos.

Die Compact Plus-pakket sal voortaan die goedkoopste opsie vir kykNET-kykers wees, maar die prys daarvan is R519 per maand – héélwat meer as wat intekenare vantevore betaal het.

Compact Plus is die tweede duurste opsie vir intekenare, met net die Premium-pakket wat kykers meer uit die sak jaag. kykNET is nét op dié twee platforms beskikbaar.

Voormalige Select-intekenare word outomaties na die Family-pakket gemigreer. Intekening beloop steeds R265 per maand. Op dié pakket het intekenare toegang tot kykNET & kie en kykNET NOU (maar nie tot kykNET nie).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

152 Kommentare

Carmi ·

Ons kyk nie daai housewives sneet nie en ook noks op daai magic kanaal nie !!! Ons het mestal History en Discovery gekyk , ag nee wat mens gaan maar Dstv moet kanseleer

Reinhardt ·

Hoekom betaal julle vir programme wat n mens oor die geskiedenis en omgewing leer? Alles is gratis beskikbaar op die internet, YouTube dit net.

Stuiwer ·

Carmi, die huidige History channel op DSTV is nou nie juis ‘n History chanel nie. Daar kom darem ‘n plaasvervanger lyk dit my. Ek sal nou nie sover gaan om DSTV agv dit te kanselleer nie. Jy kan baie van dieselfde programme wat jy nou kyk op YouTube ook kry.

Meraai ·

Ek kyk graag daardie kanale. Gee nie om oor daai snert van Housewives nie. Seker tyd vir kansellasie. Crime channel is uitstekend. Waarom dit kanselleer?

Ruaan ·

Carmi kry vir jou n android box installeer mobdro en jy kan history en crime and investigation vir goedkoper kyk. Al wat jy nodig het is wifi.

Leon ·

Reinhardt en Stuiwer almal kan nie internet bekostig om die programme op youtube ens te kyk nie.

Trots Afrikaans ·

Ek verstaan nie. Is daar nog Afrikaners wat DSTV het?

Lambert Fick ·

DSTV gaan lekker lank wag vir my volgende betaaling.

Lee ·

Good grief!!! En ons gaan nogsteeds dieselfde moet betaal per maand nadat daar al heelwat kanale weggevat is. Tyd om DSTV te groet. In elk geval elke damn dag net repeats van ou programme. Gaan maar eerder die boksie roete met Netflix en als

Devil ·

Nog beter wag net vir Disney+ wat binnekort uitkom met ESPN vir rugby….

Bertie ·

DSTv was nog altyd net ‘n “repeat” knoppie. Hoekom betaal mense so graag daarvoor? Is die lewe andersins so vervelig?

Daan ·

Ek het nie meer simpatie vir dstv betalers nie. Julle hou daarvan om uit gebuit te word.Ek kyk al die live rugby games nogsteeds… daar is ander maniere om dit te doen as net dstv. En die ander manier is ook BAIE goedkoper.

Melanie ·

Ek het nog nooit dstv gehad nie. Wanneer ek sulke berigte lees is ek dan eers bly dat daar ‘n krediet saldo in my bankrekening is.

Sarel ·

Hulle wou seker nie kommissie betaal.nie. Al die ” gemors” kanale wasrvoir jy betaal.maar nie gebruik nie steeds beskikbaar
Wat het geword van jou eie kanale kies

Claudia ·

Lee, kannie glo daar is nog van julle wat dstv het nie!???? Kanseleer dit????????

Penellope Jones ·

Hoekom die History-kanaal? Immers is die insiggewend, interessant en opbouend. . . .

SDR ·

Tyd vir DapperMedia om die gaping te vul. DapperMedia gaan nog groot word….

Sean ·

Julle moes lankal oor gegaan het Netflix toe Wifi kos R600 Netflix kos R99 en sluit Youtube in Beste ding wat ek ooit kon doen

KP ·

So gaan DSTV alle gewilde kanale wat deur die minderheid gekyk word kanselleer en vervang met kanale wat deur die meerderheid gekyk word, wat nie betaal nie… Naspers is mos nie meer in beheer nie, so gaan DSTV dieselde pad loop as alle SOEś in hierdie land!

Viss ·

DSTV gaan verseker nog baie meer donkerder raak as wat nou die geval is. Goeie kanale word stop gesit om plek te maak vir SA gemors programme.

Riaan ·

Waar trek jy nou vir Steve in die prentjie in? Artikel gaan oor dstv.

Tienie ·

Ek het net mooi 24 uur gelede myne ook gekanselleer.

Hulle is besig om DIESELFDE pad te loop as SABC….

Regs! ·

TV is die medium wat die “establishment” gebruik om jou te laat kyk wat hulle wil hê jy moet sien! Sit die eenoog monster af en jy sal baie duideliker kan sien wat werklik in die lewe aangaan.

Meisiemens ·

Ek kan nie verstaan dat DSTV nog ondersteun word nie?
Alle sokker kanale is op die goedkoospte pakette beskikbaar. Vir rugby moet jy premium tariewe betaal. Alle kanale is beskikbaar, Behalwe AFRIKAANS.
Hoekom ondersteun julle enigsins die blatante diskriminasie??

Jannes Louw ·

Na die rugby wereldbeker kanselleer ek ook myne na 43 jaar.

Mark ·

Die witman het die finansiele mag en die swartman die politieke mag. Wil jy geld of politiek praat.

Stuiwer ·

Meisiemens, ek dink nie al die sokkerkanale is op die goedkoper kanale beskikbaar nie. Is die Engelse Premier Liga en Europese wedstryde alles op die goedkoper kanale te sien? Ek twyfel sterk. Nie almal is so gepla oor rugby nie. In my huis is tennis dié sport en DSTV dek baie daarvan. DSTV is ‘n gemaklike one-stop shop en as jy dit kan bekostig, waarom dit nie hê nie.

Martie Botha ·

Ag nee dan kanselleer ons maar die DSTV. Dis die gewildste kanale wat hulle nou gaan afhaal. Nee wat – koebaai DSTV

Stuiwer ·

sad faces, ek is ook omgekrap oor die crime channel, maar ek dink daar is nog een of twee opsies (ek dink daar is een net voor of net na die crime channel) wat mens nog sal kan kyk, maar dis nie naastenby so goed nie. Dis nou nie juis goeie nuus nie, maar ek sal darem nou nie soos baie van die mense aandui, my DSTV daaroor kanselleer nie. Myne is maar hoofsaaklik daar vir die sport.

HAB ·

Ek stem 100% saam jou meisiemens.
Stuiwer, jy is net gelukkig dat hulle jou tennis uitsaai, geen motorsport, geen rugby geen cricket. Nee daarvoor moet ons R900 per maand betaal.

Santjie ·

NEEEEE!!! CI is DIE kanaal wat ek kyk….. dit lyk my ons gaan nou maar weer oor naweke DVD’s uitneem. Ek kyk ook nie die “housewife” goed nie – ek gaan ook nie nog steeds voortgaan om premium prys te betaal om nuwe kanale te kry waar ek nie die taal kan verstaan nie

Ella ·

JA en die nuwe kanale se “contents” gaan iets wees waarin die minderheid(!!) in SA nie mee identifiseer of in belangstel soos “Driving in Heels” en sepies met bedenklike inhoud.
Ons soort TV programme raak yl en dun gesaai en heruitsending van stokoud reekse en opnanes.

Sanet ·

Ag weet julle wat, dit maak die besluit om DSTV te kanselleer net nog soveel makliker!

Martin ·

Wel DSTV soek nou geld om vir die rugby te betaal. Na meer as 25 jaar gaan en dstv groet.

Dis wat ons kyk. Snaaks dat hulle nie eers n studie doen oor hoe voel die mense. Nee wat hulle is mos groter as die mense wat vir DSTV betaal.

Dries Moolman ·

Ek voel baie jammer vir die arme call centre operateurs by DSTV/Multichoice. Hulle grootbase maak die heeltyd sinnelose en belaglike besluite en ‘herstrukturerings’ aan pakkette, en dan moet die arme mense die kykers se woede en beledigings verduur wanneer hulle inbel om te kla oor die swak diens.

Swanie ·

Ek het ook gekanselleer na 16jaar oor en oor die selfde kyk liewers na my geld oor en oor

Stan ·

Sal fantasties wees as Maroela met ‘n Internasionale TV internet kanaal kan begin :@)

sweis ·

Hoeveel mense het nog Dstv,na al die aanslae op my taal en kultuur sou ek soos n veraaier gevoel het as ek nog n intekenaar was.

Tienie ·

Sweis. As jy sien vir wie die Tafel Gedek word sal jy weet hoekom DStv nog bestaan….

Anni S ·

Het DSTV seker al meer as ‘n jaar terug gegroet. Dis net herhalings van herhalings van herhalings, en alles wat die moeite werd is om na te kyk, word stelselmatig van die lug afgehaal.
My geld is goed genoeg, maar nie my taal, kultuur of velkleur nie.

Tatta Hasie, ons mis jou glad nie!

Dries ·

Stem saam jou ek gee my dstv geld nou vir n kinder te huis hulle wardeer dit tenminste

Nuuskierig ·

Al die comments is nog als dreigend En Steve is nie eers betrokke nie ????????????????

Danie van Rensburg ·

Neem Historie weg,dan is DSTV by ons ook historie

Stuiwer ·

Danie, die History kaneel se inhoud is al lankal nie meer tipiese geskiedenis nie. Gaan kyk dit liewer op YouTube.

Showahed ·

DSTV wil geld spaar sodat hulle meer op Afrika kan spandeer… kyk maar net wie trek voordeel uit DSTV… al hulle entrepeneurs inisiatiewe..

Judge Dredd ·

Is al meer as ‘n jaar op OVD en Netflix en mis DSTV glad – ek kyk my rugby by die naaste sport bar.
Die Afrikaans oorgeklanke sepie “Die Vreemdeling” is beter as enige sepie wat DSTV uitsaai.

aj ·

Breek weg uit die gevangeskap van die kassie! … waar alles ‘virtueel’ is.

Herontdek liewer jou familie en vriende en knap jou tuin en sekuriteit op. Dis eg!

Leef weer die ‘ regte’ lewe!

nannie ·

Nie alle vriende en familie is eg nie., dit is hoekom ek by my woonstel bly. Bly in woonstel sonder n tuin of sekuriteit.

jeanette visser ·

Ons oorweeg dit nou al paar maande om DSTV te laat gaan maar nou is ek 100% seker dis wat gedoen moet word. Mens betaal in elk geval net om al die ou goed oor en oor tot vervelens toe te kyk. So jy betaal maar net verniet. Nee wat tata DSTV

Pensioenaris ·

Nee wat, nou sal ons pensioenarisse wat nog KykNet kon bekostig dit ook maar moet kanselleer want in die ander gemors wat aan ons opgedis word het ons geen erg nie. Ons sepies is dan nou maar daarmee heen want ons kan net eenvoudig nie die duurder een bekostig nie. Dan het ons ook seker nie nodig om nog enige tv-lisensie te betaal nie? Koebaai dus DStV…

Eve ·

Aggeneeee…..Verwyder eerder Judge Judy!!! Dis al wat my ouers van die oggend tot aand kyk en maak my mal! Ha ha……

Reinhardt ·

Kyk mense nog DSTV? Dis 2019, kry internet en stroom alles.

Stuiwer ·

Reinhardt, as jy alles stroom, moet jy pal voor die TV sit. Met DSTV kan ek nog programme opneem en later daarna kyk. Stroming het sy voordele, maar dis lekker om albei opsies te hê.

Reinhardt ·

Wel natuurlik moet jy voor die TV sit terwyl dit gestroom word… ek neem aan dis wanneer jy die program wil kyk ook? Wat is die verskil tussen iets aflaai/opneem en dit later kyk, en om dit net eenvoudig nou dadelik te kyk? Selfde aantal data word gebruik, net op verskillende tye. As jy enigiets meer as ‘n 4mb lyn het gaan jy nie buffer nie, so ek verstaan nie wat die probleem is nie.

Daan ·

Hoe doen jy Netflix sonder om dstv te
betaal. As jy stroom kan jy nuus ook kyk? Verduidelik asb vir my ek is maar dom met dit.

Ema ·

Het Dstv n ondersoek geloods of is dit alweer een mens wie se kop te groot is. Wie wil bored housewife’s kyk? Ek hou van Crime en discovery ek is seker baie van ons kyk nie magic whatever nie

Chantel ·

Het my DSTV ook gekanseleer. Oor en oor dieselfde ding en dit is net nie meer geld gewys die moeite werd nie.

Open View baie beter keuse.

Compensation ·

Betaal meer vir minder. Gaaaaap. #Notinmyname# notwithmymoney#

JV ·

Ek is op Select 2, ek kan nie en gaan nie Compact Plus vat nie. dit Einde Oktober is myne gekanselleer.

Carina ·

Ek kan nie wag dat fibre in ons area geinstalleer word nie. Dit sou Desember al klaar gewees het. Tot dan moet ek maar vasbyt met die DSTV gemors, wat anders moet mens dan nou kyk? TV is my vakansie, ek het nooit vakansie nie. So dis al ontspanning wat daar is.

DSTV vry ·

@Carina – Ek is al vanaf 2010 DSTV vry, en ‘Stream’ reeds van 2010 af.. het begin op ‘n 4 mb ADSL lyn en ons kon piekfyn stream. My punt is jy het verseker nie fiber nodig nie om oor te skakel na Netflix/YouTube/Hulu nie, koper werk net so goed! Go for it.

Se maar net ·

Ons het seker al 5 jaar terug ons dstv gekanseleer en was nog nie 1 dag spyt nie. Het amper R1000 per maand ekstra in ons sak. Ons lees en luister radio en as ons ‘n fliek of n reeks wil kyk dan kyk ons netflieks wat ons nie n fraksie van die geld kos nie

Heidi ·

Byna n jaar sonder DStv en raai wat?? MIS DIT GLAD NIE! Spaar R1000 per maand, kyk op YouTube en Netflix. GROOT GELD MORS! KANSELLEER AS JY HET.

Sandy ·

Ek weet nie wie DSTV probeer flous met hulle “kanale en inhoud vars hou” storie nie. Seker mense wat nie DSTV het nie. Die van ons wat dit wel het, weet dat alles maar alles herhaal word. Naweke is die ergste. So as jy nie die voordeel van wifi het vir Netflix nie, dan is jy geskroef.

En nou? ·

Laat ek raai… een van die dae gaan daar net een kanaal op DSTV wees – Super Diski

Vintcent ·

As SAkaners net kan besef dat mens nie jou geld spandeer op ‘n swak produk nie. Ons is daagliks bereid om hardverdiende geld op minderwaardige kwaliteit en diens te blaas. Dink net…jou geld voer die vet katte.

Gerrit ·

DSTV is lankal nie meer ‘n opsie nie…nes SABC. Hul ook duidelik besig met ‘n anti-Afrikaanse agenda en pro-swart propaganda.

Deon Botha ·

6 jaar terug gekanselleer. Beste min of meer R70000 wat ek gespaar het. Dink aan die hard verdiende R12000 wat jy mors vir die gemors wat hulle opdus!

Stuiwer ·

Deon, ek hoop jy het daardie geld in ‘n spaarrekening inbetaal, anders het jy dit ongelukkig nie gespaar nie. Geld verdwyn baie maklik weer in ander gaatjies in.

snoekie ·

Nee wat gaan gekanseleer,
is elkgeval moeg vir “snakes on a plane” en “anaconda”

Boxer ·

Dries Moolman. Ek kry hulle regtig nie jammer nie want meeste van hulle ( nie almal nie) weet nie hoe om hulle werk daar te doen nie en weet ook meeste van die tyd nie wat aan gaan nie. Het nou die dag geskakel oor ‘n paaiement van my op Price Lock wat hoog was toe word daar vir my vertel dis ekstra koste om die “play pause”knoppie te gebruik.

Roleen ·

Ek stem saam die call centre se mense is pateties. My pakket is reeds afgesit en nou wil hul my dwing om op duurder pakket te gaan want hulle het my geld maar weet nie hoe om dit terug te betaal nie. Die beste wat ek nog gehoor het op die telefoon nadat al die nodige knoppies gedruk is om iewers uit te kom se die stem vir my “IF YOU PAY ZERO RAND NOW I WILL SWITCH YOU TV BACK ON WITHIN 10 MINUTES. Na ek my histeries gelag het skakel ek weer call centre en vra ewe ernstig hoe kan ek ZERO Rand betaal om my tv aan te kry, toe antw die persoon “You can make a eft payment” I rest my case

Jips!!! ·

Het lankal nie meer dstv nie. Het daai geld gevat en vir my uncap internet gekry en raai wat. Ek kan sport “stream” want dit is nie meer beperk tot supersport 1 nie. Plus ek laai movies af soos ek wil en kan meer kyk as wat dstv aanbied vir om en by dieselfde prys. DSTV kan loop vlieg!!

Marisa ·

Die vraag is al vantevore gevra maar geen antwoord. Hoekom kan die publiek nie betaal vir wat hulle wil kyk nie? R1 000 dan kyk jy dalk 3 kanale. Dis absurd.

gatiep ·

Hehe hulle gaan nou die geld van die wat hulle dstv skottels vir braairoosters gebruik verhaal van die lot wat oorgebly het.Nogal goeie nuus vir my,kry internet en gebruik tv op pc man.Of betaal meer en maak jou vyand ryk.

Wielspore ·

DSTV is huidiglik in beheer van die digitale Sateliet TV en is besig om sy mark aandeel te verloor agv ander digitale platforms wat beskikbaar is deur die internet. Afrikaanse Kykers hou van afrikaanse programme wat KykNet uitsaai en het nog al die jare getrou betaal vir die voordeel. Omdat DSTV se mark aandeel en inkomste gekrimp het is die plan om die afrikaanse kykers meer te laat betaal deur KykNet na ‘n duurder opsie te skuif. Hierdie is nie volhoudbaar vir DSTV en kom neer op ‘n SAL lewens boei. Ons Internet is nog net nie betroubaar genoeg om DSTV te kanselleer maar die tyd kom nader.

June ·

Ons het vir die afgelope paar jare net die Select pakket, vir Kyknet, maw hulle forseer ons nou om dubbeld te betaal as ons Kyknet wil he. Hulle kan gaan doppies blaas.

Penellope Jones ·

Ek moet nou eerlik se ek het geen idee wat die “Housewife-franchise” is waarvan ons hier bo lees nie.

Fanie ·

Ek het my DSTV al amper ‘n jaar gelede gekanseleer. Moet bieg ek mis die rugby baie! Maar die kool is nie die sous werd nie. Ek hoop die einde van DSTV is baie naby! Kan MM nie dalk ‘n Afrikaanse kanaal begin nie? Dog net?

Anna ·

Dit is belaglik dat ons net meer en meer moet betaal maar die kanale word net eenvoudig minder gemaak, nou sal ons pensioenarisse ook maar moet kanselleer, swak diens

Louise van Jaarsveld ·

Kyk nie daardie snert van housewife ens nie, crime ens gekyk, so dis nou weg, ek is ook weg, Tata Dstv!!!

koos ·

Nog erger is die feit dat hulle tot die 2de van die maand wag om die aankondiging te doen, want sien nou het hulle reeds die debietorders gekry. Gaan bank toe en skryf daai geld terug. As 100000 intekenare dit doen gaan hulle die slag voel!

Cora ·

Dankie tog ons is al ñ 2jr sonder dstv!!
Ons kon nooit 1 vd pakette vat nie want my man kyk slegs sport (en net oor naweke) en ek kyk weer net crime & history…geen pakket het daai opsie v daai spesifieke kanale saam gehad nie. Dit was vir ons op die einde vd dag dus belaglik om amper R1000pm te betaal vir slegs 3 kanale!!
(Ons kyk natuurlik geen sepies, reekse, realiteit of flieks nie!)
Ons mis dstv na al hdie maande steeds GLADNIE GLADNIE GLADNIE. Ons gesels nou meer met mekaar, braai & eet ook meer gereeld uit.
Beslis die moeite werd!
Beste besluit ooit.

Ek Vra. ·

Kan iemand asb vir my n kosteberaming gee van wat hulle betaal per maand wat ook internet data insluit.

Lindie ·

Ek vra- ons internet kos R575 per maand Dan is die data onbeperk. Netflix kos my R139 maandeliks.

Judge Dredd ·

Telkom 80GB data – R499
Netflix – R99
OVHD – verniet – (dekodeerder eenmalig aankoop bedrag van R499, en maak gebruik van DSTV skottel)

My maandelikse Totaal – R598

Sulet ·

Ag nee… Ek love History channel. Daar het ek onder andere geleer van Abandoned Engeneering and the King who tricked Hitler.

leon ·

Nou begin DSTV my kanale wat ek kyk af tehaal,ek het n premium paket en nou begin hulle ook aan Kyknet pakette te raak,dus gaan ek maar eerder netflex se kant toe beweeg,betaal R1100 n maand vir wat??die movies wat hulle bly uitsaai het al van hulle akteurs verloor

Robert ·

Nee wat, as ek so na almal luister , geniet ek my dstv terdee. Neem op wat ek wil, kyk wat ek wil, fast forward , pause, rewind soos ek wil, kyk binnelanders en kyk kyknet elke aand, het nog nie ń rugby game gemis nie en pas nog ń paar biere in tussen deur, crime kanaal kyk ek nie , te veel geweld , maak eerder kos…..

Judge Dredd ·

…….maak maar gereed om nog meer te betaal – nadat nog ‘n paar duisend mense DSTV vaarwel roep – sal jy maar die res meer moet subsidieer.

Sons ·

Wat n deurmekaar spul!!! DSTV het laaaaankal agteruit gegaan.

Fielies ·

Daar is een kanaal wat hulle NOOIT sal verwyder nie en dis KykNET.

Ema ·

Fielies se wie???????????? Dis Afrikaans en dit is die mense wat hulle wil bykom. Ek het regtig geen hoop vir die land nie. Die minderheid moet begin al die tale leer as hulle wil TV kyk. Nee dankie nie vir my nie

Jorg ·

Was laaste 20 jaar ‘n klient van hulle, toe begin die sports vroeg September. Hulle laai nie die aftrekorder nie en blik my sein. Na vele oproepe probeer hulle my die skuld gee, ek het kwansuis die aftrekorder se datum verander….maar niemand kan vir my die detail gee nie. Uiteindelik erken hulle dis “die stelesel wat verander het”…Huh!? Twee keer in September afgesny, twee keer R50 heraansluiting moes betaal…”don’t worry sir we will credit you”. Grappie, pas gekyk op hulle selfdiens web blad, wys steeds die Augustus staat, so ek verwag om enige dag weer afgesny te word. Netflix en vesel hier kom ons! Terloops kyk hoeveel duisende (nie ‘n tikfout nie!) klagtes daar op Hello peter is oor dieselfde probleme.

Samantha ·

Ek dink dis sommer twak. Ek betaal nie R900 ‘n maand om n klomp huis vrouens met te veel geld geen klas dop te hou nie. Ek het en geniet nogsteeds die history channel sowel as crime channel. Hoe moet n mens anders maak om goeie tv kanale te kyk?

hercu ·

in die afgelope 26 jaar kon die ANC niks regdoen nie en het die land in kompos status in “gewerk” en so ook DSTV, want kyk wie is die CEO, ene Motsei

NIC ·

Ek het gister my dstv gekanseleer en wat my verbaas het is dat die persoon aan die ander kant deeglik bewus is dat die afrikaans sprekendes benadeel word . Bye Bye dstv

Pieter Prinsloo ·

Ek het DSTV na 3 jaar pro rata aangesit vir n week. Wereldbeker jy weet, maar ek kan stream ook. Toe ek so deur die kanale flip, sien ek hoekom ek gekansellleer het. Net n klomp strooi wat lankal op YouTube beskikbaar is. Netflix het nuwer movies. Al waarmee ons bietjie sukkel is Afrikaanse programme, en dis nie R1000 werd nie. Die wit olifant sterf nou. Totsiens!

Frikkels ·

Hulle kyk nie sonder om te betaal nie. Hulle betaal net baie min omdat die pakette so saamgestel word dat minderheidsgroepe en veral die afrikaans sprekende mense uitgesonder word om ten duurste te betaal vir programme wat hulle belangstelling prikkel en in afrikaans aangebied word. Aag hierdie politiek wat by alles ingesleep word maak mens siek! Die hele situasie in ons land maak mens siek!

klag potse ·

Ekt net 1st kwart van al die posts gelees. Lyk nie of mense eers weet van FTA (free to air) sateliet stasies nie.

Willie ·

So hulle maak die kanale om te kyk minder, maar die prys gaan 10 teen 1 op gaan?
Wie is die sotte in beheer van DSTV?

Willie ·

DSTV is ook seker die enigste uitsaaiers ter wereld wat nie ESPN uitsaai nie.

Keelvol ·

Dstv gaan onder, en goed so.
Na Steve, het ongeveer 20,000 gekanseleer.

Plattelander ·

Dis jammer oor die History kanaal. Ek lees al die kommentaar en raad oor netflix, ens. Mense vergeet dat ouens op plase en klein dorpies nie so gelukkig is om betroubare internet te kry nie. Ek het beslis nie DSTV vir flieks nie. Ons kyk reekse, dokumentere en hokkie. Ek ondersteun graag ons Afrikaanse akteurs en geniet Binnelanders, GMR en die dramareekse. Vir elkeen wat kanselleer, beteken dit dat minder geld na Kyknet gaan. Ek sê soms dankie vir herhalings as ek iewers ‘n episode gemis het. As Netflix of enige ander stromingsdiens vir my kan bied wat ek kyk en ons goedkoop uncapped int kan kry sal ek ook dalk kanselleer. Tot dan betaal ek maar my premium pakket. Ek het nog elke aand iets om na te kyk.

Reinhardt ·

Netflix kos R100pm, DSTV Premium kos R950 dink ek. Dit los jou met R850pm om goeie internet te kry. Ek verstaan op plase gaan jy nou nie fiber he nie, maar dienste soos Rain sal orals beskikbaar wees.

Verontwaardigde kykNET-kyker ·

Ek treur behoorlik oor kykNET wat so blatant geskuif word na ’n duurder opsie en verlore gaan vir soveel hoofsaaklik (ouer) (onder andere) Afrikaanse kykers vir wie dit ’n groot deel van die vreugde in hul lewens uitmaak. Dis ’n harde en genadelose besigheidsbesluit om dstv se geldkoffers te vul, en laat ’n bitter smaak in die mond. Amper soos om afgepers te word. Baie amper …

Liamari ·

Hulle weet dat ‘n groot getal van hul intekenare Afrikaans is en Kyknet geniet. Dus deur die planne te verhoog, maak hulle meer geld.

Judge Dredd ·

….as so 10000 Dstv vaarwel roep as gevolg hierdie besluit dan is daar maar nie eintlik ‘n ekstra wins nie -> wat beteken Dstv sal premium pakket verder moet verhoog -> wat beteken nog meer mense gaan Dstv verlaat…

Magda ·

Het lankal myne gekanselleer – Het n BlackBox – met Cinema / Cyberflix / Shnowmax en alles wat jy op DSTV gekry het is daarop – Showmax het aomtrend all Afrikaanse flieks – stunnign om te kyk. Dankei BlackBox (klein swart boksie) maar dubbel en dwars sy R1500.00 werd. (once-off)

Wim Kotze ·

Ja en Showmax in die selfde stal as dstv, Die einste kaders wat die boere wil bykom

Leon ·

En die arme skape loop nog steeds blindelings agter Multichoice aan. Hulle is so gebreinspoel dat hulle sal aanhou uithaal en betaal en Multichoice lag al die pad banktoe vir die dom intekenaars.
Die intekenaars moenie kla nie. Hulle het nie genoeg breinkrag om te sien wat gebeur en dan hulle dekodeerders te vat en stukkend te slaan op die koppe van Multichoice nie.

Vissie ·

Ons het so paar maande terug DSTV gestop Oor hulle sensorskap van Steve. Ek is net spyt oor een ding: DAT ONS DIT NIE AL JARE GELEDE GEDOEN HET NIE! Teen R200 per maand het ons Netflix en Amazon Prime wat ‘n miljoen keer meer en beter inhoud het, wat jy kan sien wanneer jy wil sonder advertensies. Al wat jy nodig het is ‘n Apple TV wat so R2000 kos. Kyknet se inhoud is op Showmax beskikbaar vir R99 per maand vir die wat daarna wil kyk.

Gideon Griebenow ·

Hier’s ‘n YouTube kanaal met iets trots Suid-Afrikaans en opvoedkundig (Engelse en Afrikaanse videos) om te kyk totdat jul ander opsies oorweeg het:
http://www.youtube.com/c/RecOgMission
(Of soek vir “re cog mission” op YouTube).

Susna ·

My DSTV al 4 jaar gelede gekanseleer, stream nou net die Sport kanaal wat ek op uitgemis het, en dit werk vir my. Ek wil net graag hierdie met julle deel, ek vertel net verlede week vir my gewese huishulp wat kom inloer het. Ek vertel vir haar wat my suster in PE nou onlangs ontdek het. Sy gee haar huishulp n geleentheid dorp toe, nadat sy R20 by my suster leen, op pad sy vra toe of sy net vir haar by n sekere plek sal stilhou terwyl sy net gou in hardloop om “pre- paid” krag te koop. Met haar terugkoms is my suster nuuskierig om te sien hoeveel eenhede sy vir R20 gekry het….110 eenhede. Wow, my suster dink dit is n winskopie en gee haar ook R20 en haar kaart om vir haar ook te gaan kry, daar word vergelykings gemaak, my suster kry net 9 eenhede. Nog voordat ek my storie klaar kon vertel was daar alreeds n glimlag op “my Martha” se gesig. Ja, erken sy, ons weet julle witmense betaal baie meer as ons. Die DSTV storie werk op dieselfde prinsiep as ek so na die aankondiging kyk. DSTV kykers gaan maar moet opdok vir die meerderheid.

Piet Le Roux ·

Ek voel jammer vir mense wat nie goedkoop hoëspoed data het want hulle moet hulle nuus en vermaak van DSTV kry, die res van ons nie. Dis ‘n feit dat tegnologiese verandering satelliet en gewone tv gaan doodmaak, maar DSTV doen hulle bes on dit te bespoedig : die vorige paar jaar het hulle meer as 200 duisend intekenare verloor en toe begewe hulle, hulle in die Steve fiasko en nou moet jy te duurste betaal vir Kyk Net….ek weet hulle gee nie baie om vir hulle Afrikaanse kykers maar dit is nog steeds baie dom optrede vir ‘n sukkelende maatskappy!

Willemien ·

Nee wat. DSTV is nou op en verby. Vir pensionarisse meer so met beperkte fondse. Probeer “kies jou pakket” en bepaal liewer op wat die klient wil hè.

Masonita ·

My man se probleem is die rugby….. Kan net alles kyk as jy di grootste Dstv paket het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.