Duarte ontken Agrizzi se bewerings van omkopery

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte (Foto: Bhekikhaya Mabaso/Africa News Agency/ANA)

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag gesê daar is geen basis in bewerings deur die voormalige uitvoerende bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, dat die maatskappy die ANC se topleierskap omgekoop het nie.

“Ek is nie bewus van enigiets wat mnr. Agrizzi sê nie, en dit moet gevolglik ondersoek word. Dit is waarom ek versoek het om hom te kruisondervra. Dit gaan oor die integriteit van mense en dit is verkeerd dat mense sommer net tydens ʼn kommissie van ondersoek iets sê sonder om dit te staaf,” het sy aan verslaggewers in die Wes-Kaap gesê.

Duarte het bygevoeg Agrizzi kon nie sy bewerings staaf dat die ANC se sogenaamde topses tot R12 miljoen van Bosasa ontvang het nie, toe die hoof van die ondersoek, regter Raymond Zondo, hom versoek het om dit te doen. “Die rede hoekom hy dit nie kon doen nie, is omdat daar geen feite is nie. Mnr. Agrizzi het die volle reg om na die Zondo-kommissie toe te gaan en ons het die volle reg om soontoe te gaan en hom te ondervra. Ons sal dit doen.”

Agrizzi se getuienis hoe Bosasa, nou bekend as African Global Operations, invloed uitgeoefen het om winsgewende staatstenders te bekom, is al maande lank hoofopskrifte in die nuus.

Hy het Vrydag gesê die geld wat aan die ANC gegee is, was nie bedoel vir individue nie, maar vir die party. Tydens sy getuienis Donderdag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping het hy gesê hy is bewus van miljoene rand wat ʼn paar jaar gelede aan die ANC se topses geskenk is. “Ek weet van groot skenkings in ʼn stadium van tussen R10 miljoen en R12 miljoen.”

Hy het gesê daar sal ʼn papierspoor wees omdat die geld uit Bosasa se rekening onttrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Alida ·

Rerig wie gaan dit erken? Agrizzi weet sy lewe is gevaar en hy baat niks deur te lieg nie.

Dries du Toit ·

Is daar enige mens in SA wat hierdie vrou se integriteit betwyfel. Nooit nie!!!! Sy is die eerbaarheid van self. Maak haar die President. Sy sal Eskom se probleme ook in n japtrap oplos

Abe ·

Dries du Toit,
Wanneer n mens kommentaar lewer, soos jy nou hier, en mens gebruik ironie of sarkasme (se die teenoorgestelde van wat jy bedoel) moet mens onthou ironie en sarkasme word deur n groot deel van SA se bevolking nie verstaan nie. Dit is iets wat vreemd is aan die inheemse tale.

Stephanus ·

Dit is een ding van die ANC kaders, ontken alles heftig en weet van niks.

willie ·

foeitog asof sy dit nou sou erken indien sy weet dit is die waarheid! die onskuld vanself!

Jerry ·

Revolusionere taktiek is om alles te ontken en aanhou te ontken, self al vind n hof jou skuldig.

Gert J ·

Net soos CR ontken het oor die R500,000 SA lag vir die ANC wanneer hulle so uitgevang word.

fred ·

hier is die nuwe ANC slogan:”ek is hiervan nie bewus nie” VIVA…VIVA……is hulle nou sooooo onnosel of lieg hulle…of altwee? dit word nou belaglik,een groot sirkus is dit..

John ·

Dit is sterk te betwyfel of die ANC ooit beplan het om ‘n eerbare regering in hierdie land tot stand te bring of nog sou wou met die sg manifesto vol wilde ‘bevrydingsplanne’ steeds in die hand wat nie eintlik ooreenstem met ons landswette nie… Om die waarheid na te jaag staan bv nie daarin opgeskryf nie. Dalk moes die prokureurtjies wat ons land sommer so afgeteken het eers die fynskrif gelees het… maar met die duur maar Dom Champagne in hul kristalbal-glase was die brille te vol soet wasem…

Waarheid ·

Korrup korrup.
Die hele spul.Hoekom is ek nie verras nie.
Ramapaddapot ook en dit is waarom hy nie van hulle kan ontslae raak nie .Hulle weet te veel van sy korrupsie en kan praat as hy hulle laat loop.Hulle is almal kop in een mus.
Korrup tot op die been.

Pop ·

Die ANC gee nie n vlenter om of ons hulle glo of nie. Die massas sal aanhou vir hulle stem, eers as hulle nie meer kos en water en krag het sal hulle dalk, en net dalk, besluit om anders te stem. Sal helaas te laat wees

Brutus ·

Wonder dan wat het geword van die 12 miljoen rand – o dis seker dan gelykop verdeel tussen die paashaas en die tandmuis.Eish!

J ·

Dink dit is baie makliker om die wat nie korrup is uit ANC te haal, hoef nie te soek nie, want daar is nie

pieter ·

Ja,natuurlik sal hulle alles ontken,by hulle leier Zuma geleer.Sy leuse is “Wasnt me”.

Dereck Le Roux ·

Daar is twee dinge wat hierdie “evil genious” onder die soeklig plaas. Een. Wie sal korrupsie erken? Twee. Van watter integriteit praat sy van?

SjN ·

Ramaphara gaan dus sy seun vergesel na die oranje pak brigade soos deur hom belowe, sien is glo

Akademi Buktu ·

Natuurlik is sy bewusteloos van enigiets wat nie pas. Sy het immers aan die voete van die meester, Jacob Zuma geleer.

Sarel ·

Soos ek lees se Agrizi die ondersoek behoort maklik gedoen te kan word aangesien daar n duidelike papierspoor moet bestaan. Dus moet die Valke net behoorlik ondersoek doen. Hy het nie gese hy het die bewyse nie maar wel die wete dat die voorval plaasgevind het. So min weet die ANC of so moedswillig is hulle .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.