Duarte vergader met nuuskanaal, redakteursforum ná uitbarsting

Die verslaggewer Samkele Maseko. (Foto Twitter via @samkelemaseko)

Die nuuskanaal eNCA het Woensdag met Jessie Duarte, adjunk-sekretraris-generaal van die ANC, en ander partyafgevaardigdes vergader nadat Duarte die kanaal se verslaggewer Samkele Maseko tydens ʼn nuuskonferensie oor die kole gehaal het.

Duarte het teen hom uitgevaar nadat Maseko gevra het of die party se verkiesingslys voldoen aan die Grond- en verkiesingswet. “Jy is net ʼn verslaggewer, soos ek net ʼn burger is. Niks meer nie, niks minder nie,” het Duarte onder meer aan Maseko gesê.

Sy het ook gesê Maseko verbeel hom hy is die “meester van die media”.

eNCA se hoofredakteur, Jeremy Maggs, het gesê die kanaal staan by Maseko. “Ons verwerp enige bewering dat die kanaal ʼn agenda teen me. Duarte of die ANC het, óf dat die verslaggewer haar geboelie het,” het Maggs gesê.

“In dié taai politieke voorverkiesingsklimaat behou ons die reg voor om as ʼn onafhanklike media-instelling alle politieke verteenwoordigers van alle partye enige vrae te vra wat ons beskou as in die openbare belang. Ons sal aanhou om dit te doen,” het Maggs gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het vroeër gesê hy is besorg oor die verbale aanval op Maseko en dat hy die vergadering tussen die betrokke partye verwelkom.

Sanef het gesê terwyl dit Duarte vry staan om ʼn klagte by die persombudsman of die Uitsaaiklagtekommissie aanhangig te maak oor ʼn nuusberig of optrede van ʼn verslaggewer, sy nié die reg het om vrae voor te skryf nie.

Duarte het Maseko onder meer daarvan beskuldig dat hy arrogant en ʼn boelie is.

“Duarte het wel die reg om nié ʼn vraag te beantwoord wat aan haar gestel word nie. Terwyl die verhouding tussen verslaggewers en politici gewoonlik gespanne is, is dit altyd belangrik dat albei partye professioneel en respekvol optree,” het Sanef gesê.

Sanef het verder gesê hy is bekommerd oor Duarte se uitlating dat Maseko geen reg het om ʼn mediavryheid te verdedig waarvoor hy nie geveg het nie. “Vryheid van spraak is die hoeksteen van Suid-Afrika se demokrasie en ons het almal ʼn verantwoordelikheid om die Grondwet te beskerm, ook diegene wat nie deel van die vryheidstryd was nie,” het Sanef gesê.

Sosiale media het veral gegons ná die onderonsie. Die DA het Duarte se “verbale en persoonlike” aanval in ʼn twiet veroordeel en gesê dié weersinwekkende optrede het geen plek in ʼn grondwetlik demokratiese land nie.

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het ook getwiet dat die ANC glo joernaliste in die land geniet ʼn vryheid waarvoor hulle nie geveg het nie.

Eusebius Mckaiser, politieke ontleder en aanbieder, het getwiet dat demokrasie Duarte nog altyd geweldig geïrriteer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Irma ·

Benoude katte maak benoude spronge. Duarte het nou mooi gewys hoe benoud hulle is oor alles wat op die lappe kom. Sy het waarskynlik ook ‘n paar geraamtes id kas.

Judge Dredd ·

Ons het ‘n demokrasie.
Ons het ‘n grondwet.

Ons het NIE ‘n demokrasie wat die grondwet beskerm.

Andreas ·

Judge, FW het na 1992 se referendum gesê, dit eintlik van die dakke af geskree … ‘Ek het ‘n mandaad, ek het ‘n mandaad’, dan hou hy die papier waarop die uitslag is in die lug.

Neels ·

Ai maar die antie is opgewerk, sy was seker bang die verslaggewer vra haar van Aggrisi se bewering van donasies aan di top 6 . Sy is mos een van die ses. Blykbaar volgens haar redenasie is dit net die a en c wat vryheid van spraak mag he. Kry haar so jammer want skuldgevoelens jaag haar

Paaries ·

Democrazy in aksie. Ja nee Jessie Duarte se sin vir demokrasie is gladnie ontwikkel nie. Om nou gal af te gaan op ‘n joernalis gaan heeltemal teen die beginsels van demokrasie in. Leuenaars en diewe hou nie van ongemaklike vrae nie.

Nelia van Zyl ·

Duime op vir die joernalis! Duarte het’n arrogansie en onaantasbaarheid wat iemand wat in diens vd publiek staan, nie betaam nie. Beantwoord net die vrae en doen dit eerlik en met die nodige respek.

UsofA ·

Nou beledig jy my president Mr.Trump. Beste leier wat die wereld en USA nóg gesien het.

Buite Stander ·

Jammer UsofA, kom ek probeer weer: Sy lyk my vir my so baie na Trump se hoenderhen, sy lyk vir my so baie …..

Andreas ·

Genadige vader B/S hoeveel keer wil jy Trump nog beledig, gun die haan tog sy eie mishoop sonder dat die hen inmeng.

John ·

Watter rol speel hierdie glo Portugese dame in die ANC? Is sy die groot planmaker en raadgewer? Sy is aan die toppunt van die party-hièrargie maar haar naam word glo verbind met mense wat ons reeds groot skade berokken het. Wil sy nou glo sy is onaantasbaar en bo alle reèls en goeie maniere?

Andreas ·

Ek het nou vir lank gesoek of ek die video kan kry van die begin van die nuuskonferensie af waarin Me Duarte die verslaggewer uitgetrap het. Die doel was om die skakel hier te plaas sodat elkeen self daarna kon luister, heel van die begin af, om te hoor hoe hy die vrae gevra het. Maar nee, slegs die gedeelte vandat sy die verslaggewer begin uittrap is op die internet beskikbaar.

Nou vra ek waarom word nuus so gemanipuleer? Waarom word die hele nuuskonferensie nie op die internet geplaas nie? Mens lees net berigte van mense wat reageer en vertel hulle het wel na die nuuskonferensie geluister en dan gee hulle hul weergawe van wat hulle gehoor het.

Kan iemand help?

flooi ·

ANN 7 is nie meer hier om Anc propoganda te verkondig nie, en nou word Enca se joernalis beskuldig dat hulle DA georienteerd is. Staan bankvas agter die joernalis, hy doen net sy werk.

Riaan ·

Stress is ‘ n lelike ding veral vir mense wat vir baie lank gedink het hulle is ” untouchable” en as die rede vir stress aan jou deur klop, nog meer so.
Daar is nie een van die CancER top 300 wat heeltemal skoon is nie. Ons moet hulle nou druk en druk en druk dat meer en meer en meer geraamtes uitkom. Well done Maseko!!!

Trol ·

Berg van n molshoop. Sy het doodbedaard gesit en die woordw geuiter wat amsy voor gesê was om “UIT TE BARS.”

Trol ·

Berg van n molshoop. Sy het doodbedaard gesit en die woordw geuiter wat sy voor gesê was om “UIT TE BARS.”

Tom ·

Jy herhaal jouself en maak nog steeds nie sin nie.
In elk geval julle dink net dit is ‘n berg van ‘n molshoop as anc of eff hulle swak gedra?

jaco ·

ek sou haar uitbarsting verstaan as dit teenoor n wit joernalis was, maar in dié is die joernalis swart. baie vreemd. dis mos rassisme.

Gert van Wierdapark ·

Selfs die destydse tawwe Jesse James van VSA sou die hasepad gekies het na me. Jessie Duarte se “kopwas” episode. Maar nou ja…… die stress van die stand van die demo-crazy, die ver-kiesing en die “Ace” in die pak wat ak hie meer in ‘n “Joker” verander, laat hul merk. He-ge-he!

alwyn burger ·

Die ou “antie” se senuwees is besig on te vou. Haar domein is besig om krake te ontwikkel !?

Henry ·

‘n benoude kat maak ‘n benoude sprong. As jy ‘n klip in die bos gooi moet jy verwag dat iets sal uit spring. En as jy ‘n kwaai hond aan sy ore op tel moet jy hom iewers neer sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.