Dubbel lewenslank vir man wat stiefdogter verkrag

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 28-jarige man van die Oos-Kaap is Vrydag in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy stiefdogter.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die man sy stiefdogter ʼn paar jaar lank herhaaldelik verkrag. Sy was tussen die ouderdom van agt en 12 ten tyde van die verkragtings.

“In 2014, toe die meisie 12 jaar oud was, het sy swanger geraak en aan ʼn seun geboorte gegee. Ná haar ma se dood het sy by familie in Oos-Londen gaan woon. Sy het in 2019 haar tannie van die verkragtings vertel. Hulle het die saak by die polisie aangemeld. Haar seun was toe al vyf jaar oud,” het Naidu vertel.

Die polisie-eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) in Kariega, Oos-Kaap, het die saak begin ondersoek. AO Sonwabo Teko, een van die ondersoekers van die eenheid, het in Oktober verlede jaar die man in hegtenis geneem.

Die man is Woensdag skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting en Vrydag gevonnis.

Brig. Thandiswa Kupiso, die waarnemende polisiekommissaris in die Nelson Mandelabaai-distrik, het die ondersoek- en vervolgingspan gelukgewens dat hulle verseker het dat die man lank tronk toe gestuur word.

“Seksuele geweld skend nie net menseregte nie, maar laat ook diep sielkundige en emosionele letsels by die slagoffers. Dit is baie ontstellend as die slagoffers nog boonop die oortreders vertrou het. Verkragting is ʼn misdaad wat hoofsaaklik agter geslote deure plaasvind en buite die openbare oog, daarom versoek die polisie slagoffers om onmiddellik sulke vernederende dade aan te meld sodat oortreders in hegtenis geneem en geregtigheid vir die slagoffers verkry word,” het Kupiso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Watse geweldige trauma het daai klein meisie deurgegaan… ‘n Volwasse vrou vrees selfs die geboorteproses, hoeveel temeer so ‘n dogtertjie…. Dis ‘n gruwel, ek is bly die oortrede is so swaar gestraf..

Peach ·

Behalwe die trauma waardeur sy is, gaan sy dit weer moet herleef wanneer die kind begin vrae vra rondom sy pa en, sy hom die waarheid moet vertel.

Swerwer ·

Nee, nooit. Hoe kan ‘n “mens” /man so iets aanvang. Hy moet vergoed uit die samelewing verwyder word.
Die arme dogterjie se lewe is verwoes, en op haar ouderdom om geboorte te skenk aan ‘n baba, moet verskriklik wees. Dit nadat sy veronderstel was om liefde en respek te kry het die ………………… haar lewe verwoes!!!!!!!!!!!

Sarel ·

Twee keer by Lewenslsnk is on SA ‘n grap..Hy sal nie eers
Een uitdien. Na 10jr Parool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.