Dubbel lewenslank vir Secunda-vrou se moord, verkragting

Corrienne Tesner. (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Hy het haar verkrag, 31 keer met ʼn mes gesteek en toe met bloed besmeer om sy DNS te probeer verdoesel.

Taelo Stephen Mathabathaba het hierna met Corrienne Tesner (62) se motor, skootrekenaar, klankstelsel en televisie gevlug.

Tesner was ʼn voormalige ontvangsdame by die Highveld Park High School en is in Februarie verlede jaar in haar huis in Secunda, Mpumalanga, vermoor.

Die rondgaande hooggeregshof het die 33-jarige Mathabathaba vandeesweek in Delmas ʼn dubbele lewenslange vonnis opgelê nadat hy skuldig bevind is aan huisbraak met die doel om te steel, diefstal, verkragting, moord, roof met verswarende omstandighede en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom, het Monica Nuyswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, gesê.

Mathabathaba het op 23 Februarie verlede jaar omstreeks 20:30 by Tesner se huis in Hodgsonstraat ingebreek. Sy was in daardie stadium in ʼn agterkamer en Mathabathaba het haar daar oorval.

In sy pleitverduideliking het Mathabathaba gesê hy het Tesner na ʼn slaapkamer gesleep waar hy haar verkrag het. Hy het getuig Tesner het regop gekom net toe hy op pad was om die huis te verlaat en hy het haar gegryp.

“Hy het ʼn mes uitgehaal en haar 31 keer gesteek voor sy aan haar beserings beswyk het,” het Nuyswa gesê.

Hy het haar liggaam met haar bloed besmeer in ʼn poging om van sy DNS ontslae te raak en het daarna met haar motor en huisraad gevlug.

Tesner se dogter, Anna, het ter strafverswaring getuig. Sy het haar ma as geliefd onder talle mense bestempel, asook gesê sy het ʼn mooi humorsin gehad. Anna het getuig die familie is steeds getraumatiseer deur die manier waarop Tesner doodgemaak is.

Die hof het Mathabathaba vyf jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak, lewenslange tronkstraf vir verkragting, lewenslange tronkstraf vir moord, 15 jaar vir roof en drie jaar tronkstraf vir aanranding.

Sommige van die vonnisse word uiteenlopend uitgedien, het Nuyswa gesê.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mariana ·

Hy moet nooit weer die buitekant van tronk sien nie, geen parool. Maar soos ons weet loop kriminele elke dag uit tronke.

Sarel ·

In SA of die persoon nou 1 x lewenslank of 4 Lewenslank kry hy / sy dien slegs 1 x Lewenslank uit want tydperke
Word aaneenlopend uitgedien dan Paroool.
Di.ng soos ” gedn parool” is nie van toepassing nie want
Dit druis in teen sy ” menseregte” As ek nie verkeerd is nie behou misdadigers selfs hulle Demokratiese Stemreg

FM ·

Dis bitter jammer.
Dit wat jy hier sê is waarheid.
Ek lees in die ander berig dat die Snr eampte sê dat hulle permanent uit die samelewing verwyder moet word. Sy woorde was “on rehabiliteerbaar”. By daardie kleine kind se roudiens het die waarheid plek gevind.
Dankie vir die waarheid berig Maroela Media

LiveAndLetLive ·

Verlig dat hy agter tralies is en sommer daar gaan bly.
My hart gaan uit na die arme vrou, rus in vrede en alle sterkte aan haar familie.

Elize ·

Hulle verstaan menseregte as volg: “Dit is my reg as mens om te doen wat en hoe ek wil en mag niemand my daaroor aanvat nie”. Hierdie menseregte woord het net so vloekwoord geword soos rassisme want dit word gebruik om hulle vieslike doele te bereik. Mag hy vrot in die tronk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.