Dubbel-oorwinning vir Comrades-vrouewenner

Caroline Wostmann hardloop oor die wenstreep. Foto: Twitter

Caroline Wostmann hardloop oor die wenstreep. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaner Caroline Wostmann het Sondag as wenner van die Comrades-vrouewedloop uit die stryd getree.

Wostmann is ook hierdie jaar se Two Oceans-marathon-kampioen en het Sondag die eerste Suid-Afrikaner geword om die Comrades-vrouewedloop te wen sedert Rae Bisschoff in 1998 daarin geslaag het.

Wostmann het soos blits die wedloop voltooi in ʼn tyd van 6:12:20, ongeveer drie minute langer as Elena Nurgalieva se rekordtyd van 2006. Die tweedeplek het ook aan ʼn plaaslike atleet gegaan – Charne Bosman het net meer as 20 minute ná Wostmann oor die wenstreep gehardloop.

“Dit is ʼn onbeskryflike gevoel; dit is net ongelooflik,” het Wostmann ná die wedloop gesê voordat sy haar eersteplek aan ʼn spanmaat opgedra het wat onlangs met kanker gediagnoseer is.

“Daar was ʼn bietjie druk. Two Oceans was amper ʼn ongeluk, maar Comrades was die een wat ek so graag wou wen.” Sy het bygevoeg haar lyf het die laaste 20 km gesukkel, maar deur geestelike krag en taktiese stap teen sommige bulte uit, was sy in staat om die wedloop te oorheers.

“Ek dink enigiemand wat die einde van hierdie wedloop haal moet ongelooflike geesteskrag hê,” het sy gesê. Sy het gesê sy sal beslis volgende jaar terug wees. “Ek begin nou eers.”

Sport24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

WONDERLIK – baie geluk. Wys jou weer eens – waae ‘n wil is, is ‘n weg!!!

Peet Schabort ·

Veels geluk aan Caroline Wöstmann en ‘n klomp KREDIETE aan die dosent in rekeningkunde. Met jou glimlag deurentyd het jy lag-lag gewen.
Maroela, daar is ‘n umlaut op haar van se ‘o’ as ek dit reg het.

Peet Schabort ·

Vir een of ander rede het my kommentaar gesneuwel?
Dus: Geluk Caroline.
En: Haar van se spelling is “Wöstmann” wat ‘n verskil maak aan die uitspreek daarvan.

Eliza-beth ·

Was SO trots toe die Suid Afrikaners vir ‘n slaggie wen! PUIK!

Sandra ·

Baie geluk Carolne. Dit wil gedoen wees. Om so goed te doen na die Two Oceans is ongelooflik. Voel net baie omgekrap dat die roete langer was as die vir die rekord. As dit dieselfde distansie was sou sy die rekord gebreek het en ‘n ekstra R1,500 000-00 gewen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.