ʼn Video van die sangpaar volg onderaan die berig.
Willie en Natasha Joubert, ʼn bekende sangpaar van Gauteng, het Vrydagoggend die trotse ouers van ʼn tweeling geword.
Willie het Vrydag ʼn foto van sy vrou en die nuwe toevoegings tot hul gesin, ʼn seuntjie Luan, en dogtertjie Chloe, op sy Facebook-blad gedeel. In die foto straal die egpaar van geluk en Willie skryf by die foto: “Dit sê alles”.
Willie het aan Maroela Media gesê dit gaan baie goed met Natasha en die tweetjies en almal is gesond. “Daar was geen komplikasies nie, ons is oorstelp van vreugde en baie geseënd.”
Willie het vroeg Vrydagoggend op Facebook geskryf: “Vandag is die groot dag… Ek lê al vroeg wakker en praat met die Here wat hulle aan ons toe vertou, wat hulle perfek gevorm het vir 37 weke. Ek is so dankbaar, opgewonde om hulle saggies te verwelkom in ons wêreld.”
Hy skryf Lizay, die egpaar se eersteling wat amper drie jaar oud is, verstaan als so goed en “kry nou ʼn boetie en sussie by Jesus”, in haar eie kinderlike woorde. Hy het bygevoeg dat hy wens Menanteau en Nastassje, sy ouer seun en dogter uit ʼn vorige huwelik wat in die Kaap bly, was by hulle om dit ook te kon beleef.
Baie geluk julle twee. Julle is sommer dubbled geseën. Geniet hulle en sterkte met die pajamadril.
Baie baie geluk mamma + pappa Joubert. Dit is n rykdom wat mens met die grootste genoegdoening vul. Mag julle altyd net die grootste vreugde uit hulle groot maak put. God met julle****