‘Dubbele standaarde skep rassisme’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die Vryheidsfront Plus het Maandag gesê dit is kommerwekkend dat die strafregstelsel tans in sommige gevalle met dubbele standaarde toegepas word wat rassisme skep en bevorder.

“Deel van die strafregstelsel is die uitvoering van inhegtenisnemings deur die polisie. Indien die bekende KFC-geval, waar vyf wit beskuldigdes gearresteer is en waar daar op niemand geskiet is nie, vergelyk word met Carine Van Staden-geval waar ʼn swart beskuldigde ʼn wit vrou geskiet het, maar nie in hegtenis geneem is nie, skep dit dubbele standaarde en is dit rassisme,” het Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus gesê.

“In die KFC-geval sit van die mans nou al drie weke agter tralies weens die verpligte proses om by die hof borgtog te kry. In die Van Staden-geval was die beskuldigde nie een dag agter tralies nie en is hy sonder borgtog op vrye voet. Dit is dubbele standaarde.”

Groenewald het gesê in terme van regspraak word die beskuldigdes in die sogenaamde doodskis-saak skuldig bevind aan poging tot moord. “Dat hulle ʼn verfoeilike daad gepleeg het stem almal mee saam, maar om te bevind dat – sou hulle voortgegaan het – die slagoffer vermoor kon gewees het, laat baie vrae ontstaan. Penny Sparrow word weens haar uitspraak wat swart mense met bobbejane vergelyk – wat die Vryheidsfront Plus ook sterk veroordeel en verwerp – swaar beboet, maar Velaphi Khumalo wat sê wit mense moet uitgemoor word soos Hitler met die Jode gedoen het, word net oor die vingers getik. Dit is dubbele standaarde.”

Hy het gesê daar is baie ander voorbeelde van hierdie dubbele standaarde wat die Vryheidsfront Plus ten sterkste veroordeel. “Rassisme word gepleeg deur swart én wit en moet sterk veroordeel word in albei gevalle. Die grondwet bepaal dat almal gelyk is voor die reg, maar dit moet ook in die praktyk toegepas word,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Boerseun ·

Gevorseerde integrasie skep rassisme. Kulture meng nie, dis al oor en oor bewys maar julle hou nog aan met dit? Soos om aanhoudnd in n muur vas te loop met die hoop jy gaan n ander uitkoms geniet

JC ·

Presies Boerseun; olie en water.
En baie dankie aan Mnr Pieter Groenwald, jy’s ‘n yster en ‘n ware Afrikanerleier!

Chris Ws ·

Boerseun ,jys 100% in die kol.Vat nou maar as voorbeeld die myne.Elke etniese groep word in ‘n blok gehuisves.Na 1994 het hulle almal deurmekaar probeer huisves.Dit het chaos veroorsaak want ‘n zulu en ‘n xhosa sit nie langs dieselfde vuur nie en ander etniese groepe meng ook nie met mekaar nie..Die huisvesting is noodgedwonge terug verander na wat dit voorheen was.Nou wat nou?Dis die ‘ dat daar onenigheid onder anc lede is.En dit sal inderewigheid nooit verbeter nie.Gedwonge integrasie werk net nie en klaar.

GES ·

Ek wil hierby aansluit. Gaan lees gerus die Bybelboek Daniël. Die uitleg van die droom ivm die beeld wat deur die rots vernietig word. Of ons dit wil glo of nie, ons leef in die eindtyd naamlik die voete van yster en klei. Meeste kommentators is dit eens dat yster en klei nooit ‘n behoorlike binding kan wees nie. JC beskryf dit mooi soos water en olie.

Edward ·

Sorry oom, maar jou pleidooi in parlement gaan net op dowe ore val. die volk is gemerk en geregtigheid seevier lankal nie meer nie

Adam ·

Edward, alhoewel tragies dat dit so is, is jou opmerking korrek. Tydens apartheid is daar effektief deur ‘n minderheid teen ‘n meerderheid gediskrimineer. Vandag diskrimineer die meerderheid teen ‘n minderheid en derhalwe is dit veel meer effektief. Die situasie is bloot dat apartheid omgekeer is en dit is hoekom rasse-spanning daagliks styg en die situasie daaromtrent gaan ook nie verander nie. Dit is weliswaar goed om te sien dat daar wel politici is wie die probleem probeer aanspreek.

Pietet ·

Ons almal is gelyk. Dit glo ek opreg. Party is net meer gelyk as ander.

Daan Erasmus ·

En die DA is doodstil. En Mmusi Maimane is doodstil. Kom ons gee die DA kans om te reageer.

Johan ·

Die DA wil nie die kans waag om swart kiesers te ver loor nie. Sal uiteindelik maar nog n swart party word.

Knikkebollen ·

Korreksie: ek wou se die die DA petisie storie ontken die onderliggende rassehaat, nie ‘skep’ dit nie..

Ben ·

Baie dankie Pieter vir jou bydrae om die waarheid aan die groot klok te hang Ons weet die meeste sit en slaap en die ander gee nie om nie maar ten minste het jy op gekom vir jou mense en daarvoor is ons dankbaar Dit is stukke beter as die DA wat niks vir die Afrikaner voel nie

Jacques Venter ·

Die DA het alle Suid Afrikaners se belange op die hart. Hulle vat die ANC gereeld hof toe

Leahim ·

Die VF+ is te klein om n opposisie te wees wat n verskil kan maak maar in n koalisieregering ooreenkoms kan die van ons wat langer wat om gebreinspoel te word ook n stem hê Mnr Groenewald is nie bang om regte probleme op die naam te noem nie,endaarom is die probleem geïdentifiseer en met aanhoudende druk kan dit opgelos word.

Jacques Venter ·

Hallo Leahim
In die parlement word die meeste besluite eers in komitees bespreek voordat dit ter tafel gelê word.

Met slegs 3 of 4 lede in parlement kan dieVF op uiters beperkte komitees dien, en het derhalwe min inspraak

Loeis ·

Wel, as julle nou vir VF+ stem, dan los ons daardie probleempie op!

Cornelius du Rand ·

Bravo. Die man het die “balls” om die waarheid te uiter. Hy sit nie met sy hande gevou soos die DA en Afriforum nie. Julle kritiseer hom terwyl hy die enigste een is wat die waarheid sê.

Karel ·

Ja, die VF+ is te klein om opposisie te wees, maar as al die onderdrukte blankes vir hulle stem sal hulle definitief die nodige “klap” hé om ‘n daadwerklike impak op die politieke terein te maak.

JC ·

Dit baie waar wat jy se Karel, daarin le ons Afrikaners se verborge krag, indien die blankes net wil wakker skrik en die DA los, kan die VF Plus ‘n klein, maar betekenisvolle stem kry.

Johan ·

Ek stem soos vanoggend daar staan n trok in die middel van die pad ons geagte JMPD staan daar let well staan daar so sleg soos 10 doen niks nie sit en vrek in die bakkie

Redz ·

Dit is die reine waarheid!!! Ek het al lankal so gesê…maar ja….wie gaan luister?

Peet J ·

Dr. Groenewald wat het nou geword van die Akkoord vir Afrikanerselfbeskikking wat op 23 April 1994 deur gen Viljoen leier van die VF plus, mnr. Thabo Mbeki en mnr. Roelf Meyer, asook twee getuies onderteken is en later ook toegestaan is.

Boerseun ·

So wonder ek ook… Dit word gerieflikheidshalwe onder die mat gevee.

Oom Piet ·

Die wat wat so beskuldigings gooi oor rassisme moet net onthou die wiel draai en as die skoen aan die ander voet is sal dinge swaar gaan vir hulle.

Hans Richardt ·

Dink mense, Adjunk minister was nie in aanhouding vir aanranding nie. Mev Mugabe het diplomatieke immuniteit vir Aanranding.
Rassisme is nou duidelik in SA. Spur en Kentucky was Groot in media as Wit RASSISME.
Die media speel groot rol in hierdie verskynsel.

Boerseun ·

Hans jy is reg – ons ‘eie’ Afrikaanse media is eerste om ons onder die trok in te gooi!

De Villiers ·

Weereens die herhaling van die kommuniste stelsel waarmee Suid Afrika regeer word, en mooi verwoord word in die voorgeskrewe boek, Animal Farm, deur George Orwell, en wat die ANC in skole verban het: “All animals are equal, but some animals are more equal than others.”

Danie van Zyl ·

Edward se dankie dat Mnr Mulder die leiding neem om dit te opper. Hy staan omtrent man alleen in hierdie verset. Ek hoop ons almal begin saamstaan en in die openbaar wys dat ons onderdruk word deur geweld en regstellende aksie en dat die staat eintlik ons vyhand geword het. Ek het my lidmaatskap by die DA gekanseleer en by die VVPlus aangesluit sodat ons iemand soos hy meer onderhandelings krag kan gee.

Chrisjan ·

Ek glo nie die anc besef dat die kruitvat wat HULLE geskep het met hul omgekeerde appartheid beleid en dubbelle standaarde se lont is reeds aangesteek nie.Dis ‘n kwessie van tyd . . . . .

John ·

Hierdie probleem gaan erger word… Dit is ‘n verlore stryd. Mense in magsposisies wat nie daar hoort nie raak sadisties. Die beste is om nou uiters versigtig te wees en nie te oorreageer nie want dit is waarop gehoop word om met groot aksie te begin teen die glo eensydig-rassistiese wittes.

Jacques Venter ·

Hallo John
Absolute waar woorde. Ek hoop regtig mense hoor wat jy sê.

LP ·

Ek stem 100% saam met Mnr Pieter Groenewald, ons regstelsel is baie rassisties. Wanneer die witte iets doen of sê word daar drasties opgetree maar die swarte kan sê en doen net wat hy wil en kom skotvry. Mnr Groenewald, ek steun jou standpunt 100% en is so dankbaar om te sien daar is n man wat opstaan vir wat reg en verkeerd is. Ons regstelsel wat veronderstel is om regverdig te moet handel is tans die grootste probleem waar die meeste rassisme gepleeg word so ook ons gereg naamlik ons SAP diens in die hele Suid Afrika. Daar bestaan nie meer in vandag se tyd reg en geregtigheid by die gereg nie, dit gaan absoluut net oor kleur en ras!!! Hoe moet ons n toekoms bou en vooruitgang as ons veronderstel is om EEN nasie te wees en die gereg tref onderskeid?? daarom sal dinge in SA nooit regkom nie want alles gaan oor jou ras!!!

kallie ·

Die verdedigings prokureur het “n belanrike feit uit die oog verloor. Sou een van die verdagtes nie 6 maande na die voorval die video op You Tube geplaas het nie,sou niemand geweet het nie. Dus mense ,hulle aanvanklike intensie was nie om die man dood te maak nie maar net die skrik op die lyf te jaag. Daai ou het so min beserings opgedoen as wat die man op die maan bly.

whippet ·

as dit so n pynlike vernefering was, hoekom het victor en sy gepynigde mama nie dadelik polisie toe gegaan nie? noudat hulle mooi gese was om heeltyd in die hof te tjank is elke hofverskyning n tranedal en madame le magistraat suig daai valse trane soos n spons op. ek wonder hoeveel van wat in die hof gese was het sy ingeneem. haar aandag is op die wenende massa agter die bedkuldigdes.

Vannessa ·

Dankie mnr Groenewalt vir die moed om dit te opper en op die naam te noem vir wat dit is. Ander Afrikaner organisasies kan gerus hierdie voorbeeld volg.

Willie ·

Mr Groenewalt dankie dat jy opstaan en praat maar dit sal op dowe ore val. Miskien is dit tyd dat 1. wit mense hulle belasting terughou en kyk hoe lank sal hulle doof bly 2. Mense hulle vleis , groente en vrugte by die Boer direk koop wat BTW uitsluit. 3. Hulle die resep kry on hul eie skoonmaam middels te koop. 4. Hul eie krag opwek (die boer is al die jare so vindingryk hul het alreeds dinge in plek. As ons al die dinge in plek het sal geen geld na die staatskoffers en vet Zupta en trawante handjies toe gaan nie!!!

Staan saam ·

Hoekom doen ons boere nie n “UDI” nie? dis al wat ons gaan uithaal uit die gemors.
“Unilateral declaration of independance”. Verklaar die noordkaap en karoo plase n onafhanklike republiek.

Haan ·

Meneer U bied nou n bakgat oplossing! Bitterlik bly om te sien U wil nie soos elke jan rap Kaap toe tjaila nie, maar dat U besef dat ons in bogenoemde streke n demografiese gewig sal kan hê! Die loutering moet ongelukkig nog voortduur vir n ruk maar mettertyd sal ons domastrante klomp Afrikaners van ons verskille en geskille kan vergeet… En my maaat, DAN gaan ons (weer) n vors wees waarmee daar gereken moet word!

Ron ·

Die tendens is dat Rassisme toeneem en nie afneem na 94 nie. Dis buite beheer . . .
My raad is :
Die wat selfberheersing kan toepas moet ten alle tye waaksaam wees en situasies vermy
Weet dat jy afgeneem gaan word, dis n FEIT
En hou jou mond!

Elize ·

Dankie vir diegene wat nog opstaan vir ons, maar helaas gaan dit ons absoluut niks in die sak bring nie. Ons is nie die uitverkore bevolkingsgroep nie, ons is in die absolute minderheid saam met die Indiers en Kleurlinge (wie nog minder as ons is). Ons moet maar begin vrede maak dat niks meer vir ons in die guns gaan tel nie, ons word al hoe verder op die agterspeen ingeskuif. My man kry baie swaar want hy wil nog leef soos dinge was drie/twee geslagte voorheen, maar jy kry nie eens meer saamstaan onder jou eie mense nie, daar is die wat hulle siele uitverkoop vir ‘n pot lensiesop net om die guns te bekom van die bemagtigingsgroep. Wat hulle vergeet is, dat as hulle begin moor gaan hulle daardie “joiner” eerste aanvat? Hulle sal niemand spaar nie.

Haan ·

Sjoe niggie maar jýs fatalisties… A-nee-a kom nou dis nie so erg nie. Ons voorouers is al deur veel meer

pieter cronje ·

hoekom is daar nie n munisipale ombudsman in mpumalanga nie ?

Dirk ·

Mooi Vryheids front. Is sooooo waar. Ek kanseleer sommer DA en join julle. Dit skep alemuntige tasisme en gee almal die idee dat wit SAL GESTRAF WORD.ander sal moord kan weg kom. Totaal verkeerd

Oom Klasie ·

Eers as alles vernietig is sal ons opstaan en SA lei. So skryf Siener. Ons sal die wa deur die drif trek – sonder hulp van verraaiers ens….. So ons tyd kom nog – laat hulle mekaar nou maar eers klaar aan die kraag gryp – dit gaan tot ‘n einde kom .(baie moet nog tussen-in gebeur). Hy het ook geskryf ons kan nie saam met die geel slang in die parlement sit nie. Dit sal nooit werk nie – so ons moet nog wag totdat dit ook uitmekaar val.

Winston ·

Wat Mnr Groenewald aanhaal, is oral aan die orde van die dag. En dit is so dat dit rassisme bevorder. Dankie dat iemand dit uitwys en aanspreek. Hy verdien meer steun as wat hy kry!

Tiger ·

Al wat ek wil se is die DA is die anc se kleinboet.Hulle gee NIKS om vir die blankes nie.Inteendeel,hulle is VIR als wat die anc voor staan.En ja die DA IS ‘n swart party.

Jacques Venter ·

Tiger
Jy is reg. Die DA doen niks vir die land nie. Dit is die VF+ wat telkens die ANC hof toe sleep. Dis die VF+ wat optogte reel. Dis die VF+ wat die Bell Potinger saak gewen het.

VIVA VF+ VIVA

Retha ·

As jy wit is is dit rassisme, as jy nie wit is nie, is dit benadeling van regte. Dit sal nooit verander nie.

Johan ·

MNR GROENWALD vir PRESIDENT – wie stem – hy lyk my is die enigste wat baklei om ons kultuur en land te red wat rassisme aan betref – MNR U is n YSTER vir ons en waardeer U GUTS om die korupte anc en die gemors van eff aan te vat oor ander dinge ook MY stem was en sal bly by U party

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.