Dubbele tragedie ná voorval by motorwassery

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Belinda Louw, die vrou van Pretoria wat op 13 Augustus by ʼn motorwassery in Gezina raakgery is, het in die hospitaal gesterf.

Kapt. Coba Britz, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Dit het oor die naweek gebeur. Ek kan nie bevestig presies wanneer sy dood is nie, maar die ondersoekbeampte in die saak is tans by die regsgeneeskundige laboratoriums,” het Britz gesê.

Die saak van roekelose en nalatige bestuur wat kort ná die voorval geopen is, is intussen na ʼn saak van strafbare manslag verander. Niemand is nog in hegtenis geneem of formeel aangekla nie.

Maroela Media het vroeër berig Louw (35) was hoogswanger toe sy in die waggedeelte van die motorwassery by ʼn Sasol-vulstasie op die hoek van Johan Heyns- en Ben Swartstraat deur ʼn Toyota Fortuner getref is. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas en het haar ongebore baba verloor. Sy was 38 weke swanger.

Sasol het later aan Maroela Media gesê die motorwasser wat die motor ten tyde van die voorval bestuur het, het nie die mandaat gehad om met kliënte se voertuie te ry sonder vooraf magtiging nie en het teen die eienaar se beleid opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Tina du Toit ·

Dit is hartseer verby. Hoe kom mens oor jou baba se dood en nou nog jou geliefde? Mag God hierdie mense baie krag gee. Sterkte aan die familie en haar geliefdes. R.I.V

martien ·

Ek is so verskriklik jammer vir die familie. Dit is n ongelooflike hartseer verhaal. Rus in vrede vroutjie met jou kindjie in jou arms in die Hemel.

Theresa ·

Innige simpatie aan die man en al die familie en vriende. ‘n Hartseer tragedie om te verwerk. Dit is nie manslag nie. Dis 2x moord. Onbeplan, maar wel moord.

Hannelie ·

Ek stem saam jou Theresa dit is dubbele MOORD. Hoop geregtigheid geskied op einde van die dag. Baie sterkte aan haar man en familie wat hierdie dubbele tragedie moet verwerk.

Lewendi ·

Dis wel nie beplan nie, maar die drywer het duidelik daai voertuig gery SONDER mandaat van die eienaar of toestemming van die eienaar van die kaswas.

m ·

Hierdie is n verskriklike tragedie wat gebeur het. Mens het net nie woorde nie. Baie sterkte aan die familie.

Denise ·

Dit is baie hartseer vir my was dit erg toe die vroutjie haar baba verloor het en nou dit ai hoe wreed baie sterkte aan haar man en familie!!!!

Susan ·

Baie baie sterkte aan die familie. Sy en haar ongebore kindjie is verenig.

Sam ·

Ek werk al amper vir 10 jaar in die motor bedryf en die feit dat daar gese word hy het teen die eienaar se belied opgetree en nie magtiging gehad om die voertuig te bestuur is nonsens. Wens die polisie wil dieper kyk en sien hoe lank hy al die voertuie rond ry, praat met die personeel en hulle sal jou se dat die eienaar weet van elke liewe een wat die karre ry sonder magtiging. Die eienaar is net so skuldig, maar gooi gou genoeg hulle personeel onder die bus. Ons wat in die motor bedryf werk weet julle as eienaars laat dit toe want julle is nie lus vir ‘n klient se ‘moan’ as hy/sy wag vir hulle kar nie.

Sterkte aan die familie, wat n groot verloor is die nie. Julle is in my gebede.

MM ·

Sam ek is ook in die motorhandel en ja jy slaan die spyker op die kop.
Dit is baie tragies wat gebeur het baie sterkte aan die familie.

Alta ·

Ek stem nogals saam met jo as eienaar van n besigheid moet jy hands on wees van wat daar aanga so rerig dis n belaglike verskoning

sharkie ·

Baie tragies, ek hoop daar sal teen die persoon wat die voertuig bestuur het verdere stappe geneem word en dat hy inhegtenis geneem word.

Dit sal nie die oorledene en haar kind terugbring nie, maar dit sal berusting bring vir die feit dat daar nie weer so ‘n geval plaasvind en NIKS word daaraan gedoen nie.

Sterkte aan Corne en die familie die Hoër hand sal julle vertroos in jul tyd van hartseer.

Ruby ·

Liewe hemel, ek het nie woorde nie!

Dis so tragies, baie sterkte aan Belinda se geliefdes.

Louisa Krügel Pieters ·

Dit is so hartseer!! Sterkte aan die familie……

Ronelle ·

Dis bje tragies die dubbele moord,sterkte aan die geliefdes wat agterbly,daar moet gekyk word na die eienaar en werker,altwee skuldig nie net een nie,ons bid die familie net sterkte en krag toe

Willie ·

Mens kry sommer trane in jou oe. Dis baie hartseer.. Baie sterkte aan die man en die familie. Mag God julle dra in die hartseer tyd.

Joann ·

Ai hartseer. Sterkte aan naasbestaandes. Ek weet ek gaan nou gestenig word,maar sy is die hartseer gespaar om te hoor haar baba is oorlede. Nou is hul veilig bymekaar.

Melissa ·

Ek dink as dit ek was wat my baba verloor het, ek nie sou wou aangaan nie. Ek sou die heeltyd gewonder het “wat as” en altyd gewonder het oor my baba’tjie. Innige meegevoel vir die familie(s) se dubbele verlies. Ek glo Belinda & haar baba is nou op ‘n beter plek. x

charmaine ·

Slaan ek nou hoendervleis uit en kan nie die traan keer nie. Dit is baie erg, sjoe die arme man. Hoe kom jy oor so iets.

Wilmien ·

Hoe tragies…..sooo hartseer. Sterkte aan die arme man en familie

m ·

Hoop die karwas eienaars leer n les uit hierdie tragedie. Sit maar eerder met die klient wat moan as wat jy iemand se dood op jou gewete het. Mense hou daarvan om oor alles te moan in die lewe………………….Die duiwel was baie lustig daai dag en kyk nou hoe het dit geeindig.

nas ·

Waar staan daar dat die eienaar nie na n gemoan wil luister nie? Julle lees oningeligte mense se kommentaar en maak dan julle eie afleidings!

Lieb ·

Dit maak nie saak of die person met of sonder die eienaar se toesteming die voertuig bestuur het nie.Die WET is duidelik as die werker nie die kar gesteel het nie bly dit die eienaar se verantwoordelikheid om toe te sien dat die voertuie nie deur ongemagtigde persone bestuur word nie PUNT.
Kla die eienaar aan sodat hy/sy kan bewys waste maatreels is in plek om so iets te verhoed.

Marietjie ·

My hart is so seer vir die pappa en eggenoot wat agter bly. Sterkte in hierdie moeilike tyd.

Theresa B ·

Dis vreeslik hartseer. Ek is so jammer vir hierdie 2 mense en hulle familie. Dalk is dit beter dat sy nou saam met haar baba is wat sy so graag wou gehad het.
Die (onwettige)bestuurder moet nou van moord aangekla word. NIE strafbare manslag nie. Daar is 2 mense wat hulle lewe verloor het. Sterkte aan Cornè.

Marianne ·

Rus in vrede Belinda…. Jy en jou babatjie sal vir altyd oor Corner en Jul families waak.
My hart gaan uit Na jou Corne – jou lewe is onbeskryflik onherroeplik verander.
Mag God Jou dra, mag jy die mooi in jou lewe weer sien en weet Belinda was tot die dood baie lief vir jou en Jul babatjie.
DIS NIE MANSLAG NIE – DIS MOORD – DIS TWEE MOORDE!!!!
Mag die bestuurder baie swaar gestraf word en sy lisensie terug getrek word, as hy ooit een gehad het.

Rina Kotze ·

Ek stem saam, dit is dubbele Moord,

Sterkte Corne, ek stem saam met Marianne.
ek weet dit sal hulle nie terugbring nie, dis net ‘n troos.

Sterkte en Simpatie aan Corne en albei families. My gebede is met julle.

joey btha ·

dit is baie baie hartseer, en my hart gaan uit na almal wat naby in hulle harte was met hulle

Ek wonder ·

Het die eienaar van die motor dit oorgegee aan die helper sonder die medewete van die wassery eienaar? Ek bestuur en beheer dan gewoonlik self my motor by motor wasserye. Is hierdie maar net ‘ n baie slegte ongeluk waaraan meer as een persoon se onverskilligheid skuld dra. Wie gooi die eerste klip? Wie was nog nooit onverskillig nie en het gelukkig daarmee weggekom? Ek dink nie iemand kon hierdie tragedie voorsien nie. Ek voel jammer vir almal betrokke want hulle gaan vir altyd die las en skuldgevoelens hieroor dra. Dit is so jammer, maar ongelukke gebeur!

Gen ·

Ek stem. Groot hartseer vir die familie en vriende wat die verlies aan 2 lewens ly. Die persoon/persone wat onverantwoordelik opgetree het, moet n leeftyd met die las saamloop. Om te dink dat die betrokke persoon dalk ook maar net werk toe gegaan het om n dagloon te verdien vir sy gesin. En nou sit hy met n gewetenswroeging wat waarskynlik swaar op sy hart druk. Mag al die partye in die saak rus en vergifnis vind. Dit kan nie maklik wees nie.

Karin De Koker ·

My innige meegevoel aan haar geliefdes mag God julle styfvashou en vertroos the in vrede

Rina Kotze ·

Dit is so, so onnodig en baie hartseer.
‘n Dubbele tragedie.
Sterkte aan haar Vriend en pa van die baba, en aan albei families.
Ek kan my dit nie indink, hoe mens deur so iets kom nie. Mag die Heer julle almal dra hierdeur.

Leon ·

Baie tragiese gebeure! Innige simpatie met almal wat hierdiepyn beleef.
Te midde van al die hartseer en pyn van so ‘n verlies, mag ons hoop dat vele andere ‘n les hieruit kan en sal leer.

Candice ·

Jis dis so hartseer, so so hartseer. Al wat ek kan se is baie sterkte aan haar verloofte en die familie my hart huil vir julle.

Caja ·

Nee Nee Nee!!!!! Dis so onnodig en so bitter hartseer!
Sterkte aan die familie. xxx

Liddie Styger ·

Dis verskriklik! Dis onnodig!! Maar dis onbepland. Dis nie doelbewus nie. Ongelukkige sameloop van omstandighede met niemand wat baat nie. So hartseer!!

Doug Shrimpton ·

My very sincere condolences to Family and Friends. RIP. I am lost for words, even saying very sincere condolences isn’t enough. It wont bring anyone back but it is manslaughter by two!
No one arrested. WTF?

Petro ·

Volgens wet is dit nie moord nie…dit is manslag..want hy nie beplan om hulle dood te maak nie. Dit was nalatigheid en ‘n tragiese ongeluk.
Sterkte aan die familie..dit moet verskriklik wees om deur so iets te gaan. Mag God julle vertrooster wees ?

anneli ·

dis hartseer vreeslik hartseer. ek weet dit sal niemand terug bring nie, maar Corne ek hoop jy dagvaar Sasol vulstasie oor wat gebeur het.

Bekommerd ·

Ek het al menigmale gesien en gewonder hoekom voertuig-eienaars hul sleutels oorgee by karwasserye en nie vra wie die motor later terugskuif nie. Motorwasserye het wat ek in Bloemfontein gesien het, vra nie aan motoreienaars of hulle wel die voertuie mag skuif nie. Almal is te gemaklik met hierdie reëling. Is dit diens? Regtig ek het dit nog altyd as risiko gesien omdat daar nie eens gedink dat indien die motor gestamp word dat hul versekering nie sal betaal nie. Of verstaan ek motorversekering verkeerd? Ongelukke wat plek soek om te gebeur, dis is regtig ‘n baie slegte hartseer einde vir hierdie gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.