Dubbele tragedie tref hoërskool

Die koshuis by Hoërskool Stella. Foto: Via http://www.stellaskool.co.za

ʼn Koshuismoeder het Saterdagoggend op die liggame van twee tienermeisies van Hoërskool Stella in Stella in Noordwes afgekom.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die twee vriendinne, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud en in graad 11, was veronderstel om vandag netbal te speel.

“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en een meisie naby haar kamer aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die ander meisie se liggaam is in die badkamer aangetref,” het Funani gesê.

Die polisie is ontbied en twee geregtelike doodondersoeke word gedoen.

“Ons weet in dié stadium nie wat kon gebeur het nie. Daar is geen briewe nagelaat nie. Die polisie het reeds met die meisies se ouers gepraat en hulle kon ook nie meer lig op die voorval werp nie.”

Funani het gesê daar kan slegs met verdere ondersoek vasgestel word of daar dalk moontlik vuilspel vermoed word.

Die meisies se name kan nog nie bekend gemaak word totdat al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is nie.

Mev. Laetitia Beukes, die skool se hoof, wou geen kommentaar lewer nie.

Lees ook: Skokwending ná dubbele tragedie by hoërskool

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Veronica ·

Ouers is en kennis gestel, maar die name kan nie beked gemaak word nie? Ek verstaan dit nie, maar dit bly tragies! Jong lewens wat so in n oog knip verby is!! Vertroosting word ouers toe gebid!

Elzanri ·

Sal jy daarvan hou as jou kind of vriendin se name bekend gemaak word????

Nenna ·

Ek kan jou verseker die ouers is in kennis gestel. Die bewoording was dalk nie presies nie. Ek weet want dit is my skoonsus se familie- ek ken hulle. ??

Anoniem ·

Dis ‘n uiters sensitiewe saak en jy gooi ‘n “hissy fit” oor name? Liewe land, jy kan mos nie aanspraak maak op inligting van só ‘n aard nie! Dit kan nie so moeilik wees om te verstaan dat dit sekerlik op ‘n later stadium bekend gemaak sal word nie?

snoefie ·

selfdood deur ophang, gaan my verstand te bowe. daar is makliker maniere. soek maar daardie touebaie mooi deur vir seld dns en vingerafdrukke.

Se net ·

Die kinders ervaar vreeslike.druk om.in Elke area te presteer. Dan word is druk van.vriendskappe en veehoudings wat by kom. Dit.Is.belangrik.dat ons as ouers bewus is van wat in.ons kinders se lewe aangaan. Baie.keer.word hulle.soos grootmense behandel, wat hulle nog.nie.is.nie all dink die kinders anders.

Bok ·

Di is nie maklik om nie te verstaan en eie afleidings te maak.
Het julle al ‘n tiender tot volwasene gelei?????
Onthou karakter en rebelsheid as ook kontak met ouers speel ‘n belangrike rol in tiender se oorgang tot volwasenheid.
Daar is nie ‘n handleiding om tienner tot volwasenheid te lei nie.
Sterkte met die ouers, familie en vriende se verwerking van die tragedie!!!!!

Essa ·

Ouers is nie ‘n kind se enigste naasbestaandes nie Veronica. Hierdie ouers het nou die moeilike taak om die groter familie in te lig – moontlik selfs sibbes in die buiteland ens. Sterkte vir hulle toegewens vir die moeilike tyd wat wag.

Slegte nuus ·

Ongelooflik hartseer. Net ter info oor die bekendmaking van n oorledene se naam. Sodra die oorledene se ouers, of direkte familie soos n broer of suster, van die dood inkennis gestel is, mag die oorledene se maam bekend gemaak word.

Slegte nuus ·

Ongelooflik hartseer. Net ter info oor die bekendmaking van n oorledene se naam. Sodra die oorledene se ouers, of direkte familie soos n broer of suster, van die dood inkennis gestel is, mag die oorledene se maam bekend gemaak word.

Slegte nuus ·

Ongelooflik hartseer. Net ter info oor die bekendmaking van n oorledene se naam. Sodra die oorledene se ouers, of direkte familie soos n broer of suster, van die dood inkennis gestel is, mag die oorledene se maam bekend gemaak word.

Baie sterkte ·

Sterke aan die ouers. Dis verskriklik. Onderwysers,skool maats, sport, akedemie, en en ens, sit netso baie druk op kinders,nie net die wereld daar buite nie.

Nadia ·

Dalk omdat daar ander familie lede is wat dit nog nie weet nie.

Afm ·

Ek het sopas van ‘n goei bron verneem dat die meisies vermoor is.

Driekie ·

So vermoed.. . dis verskriklik. Dit laat n mens wonder oor die veiligheidsmaatreels by koshuise…. Word toegang beheer? Is daar veiligheidshekke? N Alarm? N Wag?N Koshuismoeder is sekerlik nie opgelei of opgewasse om 24/7 verantwoordelik te wees vir die veiligheid van 30–60 kinders nie…..

SNEL ·

As hierdie moord is, soos AFM sê, dan is geen kind daar veilig nie, want dan loop daai siek siel daar rond tussen hulle. So hartseer, my hart gaan uit na die ouers. Soveel vrae, maak nie saak selfmoord of moord nie. Baie sterkte aan almal geraak hierdeur.

Gerda ·

Ek het nou op fb die twee meisies gesien dis verskriklik. My innige meegevoel aan hul familie em vriende.

Morne Nieuwoudt ·

Regtig AFM! So ek neem aan jy en jou betroubare informant is nou oppad na die polisie toe?

Nattie ·

Ek Kan nie Glo party mense Wil bekgevegte Hou nie. Regtig???? Daar is kinders
Dood…

Lindie ·

Dit is bevestig dat dit moord was en dat n 19 jarige seun in hegtenis geneem is.

Buks ·

Dit is uiters hartseer en swak dat mense so tekere gaan oor 2 jong mense se lewens.
Julle wat so graag name soek is regtig n klomp onsensitiewe mense. Ek weet hoe dit voel. Ons het ons kind 2 jaar terug verloor.
Daai ouers gaan deur hel en julle soek skinder nuus. Gaan op julle knie en bid vir hierdie ouers. Hulle gaan deur hel.

RS ·

Ai Buks, jou kommentaar ruk aan my hart. Dit is so bitter waar. Ek bid vir almal wat daardie twee kinders geken het. Veral hulle ouers. Ek weet werklik nie hoe kom mens deur só n pyn nie. Ek dink ook aan julle Buks. Elke keer word julle weer herinner aan julle eie seer.

VanAfrika ·

Dit is so skokkend en hartseer, dis my vrees elke dag dat my twee seuns veilig moet bly. Mens sal dink In SA moet jy heeltyd paraat wees waar jou kinders is en dat hulle veilig is. Maar met die tweetjies, in die koshuis waar hulle veronderstel was om veilig te wees, word hulle vermoor. Nooit sou enige iemand kon dink dat die meisies hier vermoor sou word nie.

Hanlie ·

Uiters tragies! Sterkte aan hierdie kinders se families. Julle wat net op soek is na sensasie is siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.