Du Toit het in die eindrondte van die 400 m in die T37-kategorie eerste oor die wenstreep genael.
Die 23-jarige atleet het met ʼn tyd van 51.13 sekondes met nóg ʼn gouemedalje weggestap. Hy het verlede naweek ook goud in die 100 m gewen.
Tydens die 400 m Vrydag was Venezuela se Omar Monterola in die tweede plek met ʼn tyd van 52.93 sekondes.
Du Toit het na afloop van die wedloop sy afrigter, Suzanne Ferreira, bedank en gesê om twee gouemedaljes op so jong ouderdom te wen het sy wildste drome oortref. “Ek en my familie is deur ʼn paar moeilike maande die afgelope tyd, maar hopelik het ek my land trots gemaak,” het hy gesê.
Du Toit se gouemedalje is die sesde gouemedalje vir Span SA en die land se 14de medalje by die Paralimpiese Spele.
Bly op hoogte van al die aksie van Span SA by die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
BAIE BAIE BAIE GELUK ,
Snaaks dat daar nie ook vir hom ‘n ophef gemaak word deur die minister nie. Dalk het ek dit gemis. Kry hy ‘n fiets of iets?
Charl jy is n STER!!!baie geluk??
Paralimpiese atlete doen BAIE beter as die “gewone” atlete maar daar word geen ophef daarvan gemaak? Is so trots op die atlete. Hul is regtig so Groot insperasie!
Jy het ons trots gemaak moenie eens daaroor twyfel nie. Baie geluk aan jou jou span afrigter enbjou ouers