Dubbelgoud vir SA se Charl du Toit

Argieffoto van Charl du Toit tydens die 20ste Statebondspele

Argieffoto van Charl du Toit tydens die 20ste Statebondspele

Die Suid-Afrikaanse atleet Charl du Toit het Vrydag die land se eerste dubbelmedaljewenner by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië geword.

Du Toit het in die eindrondte van die 400 m in die T37-kategorie eerste oor die wenstreep genael.

Die 23-jarige atleet het met ʼn tyd van 51.13 sekondes met nóg ʼn gouemedalje weggestap. Hy het verlede naweek ook goud in die 100 m gewen.

Tydens die 400 m Vrydag was Venezuela se Omar Monterola in die tweede plek met ʼn tyd van 52.93 sekondes.

Du Toit het na afloop van die wedloop sy afrigter, Suzanne Ferreira, bedank en gesê om twee gouemedaljes op so jong ouderdom te wen het sy wildste drome oortref. “Ek en my familie is deur ʼn paar moeilike maande die afgelope tyd, maar hopelik het ek my land trots gemaak,” het hy gesê.

Du Toit se gouemedalje is die sesde gouemedalje vir Span SA en die land se 14de medalje by die Paralimpiese Spele.

Bly op hoogte van al die aksie van Span SA by die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KarooKlong ·

Snaaks dat daar nie ook vir hom ‘n ophef gemaak word deur die minister nie. Dalk het ek dit gemis. Kry hy ‘n fiets of iets?

Louise E. ·

Paralimpiese atlete doen BAIE beter as die “gewone” atlete maar daar word geen ophef daarvan gemaak? Is so trots op die atlete. Hul is regtig so Groot insperasie!

Ansie ·

Jy het ons trots gemaak moenie eens daaroor twyfel nie. Baie geluk aan jou jou span afrigter enbjou ouers

Marianne ·

What a boytjie!!!!!!
Hartlik geluk Charl.
Ons deel die hele familie, sy vriende en span se vreugde.

M ·

What a boytjie!!!!!!
Hello man dis nou trots – vir jou , jou familie, jou Afrigter en jou span.
Well done!!!!!

Sarie ·

Ek was behoorlik aangedaan toe ek Charl se reaksie nèt na afloop vd naelloop sien… Ek het gewens èk kon hom ‘n drukkie gee! Dit was FANTASTIES!!! BAIE GELUK CHARL, ek is bàie trots op jou…. Geluk ook aan jou ouers & afrigter… Dis ‘n wonderlike beloning vir àl die toewyding & harde werk. Mag jý, ons vir nog baie jare op die sportveld verteenwoordig,..

Elize ·

Charl – fantasties!!!! Ons is trots op jou! Baie baie geluk.

Absoluut ·

Charl is ‘n pragtige nederige seun wat net alles gee, geen fieterjasies. Absoluut Louise hul werk so hard, buiten moeg word en ooreiste spiere soos gewone atlete het hul ook die gebrek wat pla en in ag geneem word. Hul is supersterre, ek is in Rio en werklik iets om te beleef. Die kompetisie is straf en selfs hier is atlete wat fisies sterker is, ‘n buetjie minder gestrem, maar ons atlete staan nie terug nie! Selfs Rynhardt het moedig ondanks n baie seer knie deurgedruk tot laaste gooi! Hilton, Dyan, Andrea, Tyron, Ntando en so kan ek aangaan, absolute hero’s. Charl geniet die 2 Goue medaljes, jy verdien dit uit en uit.

Delene ·

Ek is so dankbaar en waardeer julle. Ons normale mense, en nou praat ek van myself, aanvaar normaliteit as vanselfsprekend. Julle het uithou vermoë en wil iets bereik. Baie geluk dis awesome. Tonne Jesus liefde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.