
Riaan van Aswegen, mede-eienaar van Arbeidsvreugde-sentrum in Gqeberha (Foto: Arbeidsvreugde/Facebook)
Die polisie in Gqeberha in die Oos-Kaap is op die spoor van drie verdagtes wat met ’n dubbelmoord by ʼn sorgsentrum vir verswakte persone in Blouwaterbaai verbind word.
Riaan van Aswegen (53), mede-eienaar van die Arbeidsvreugde-sentrum in Riverside-rylaan en ook ʼn afgetrede polisieman, en ’n 55-jarige inwoner is tydens die rooftog doodgeskiet. Die inwoner se naam is nog nie bekendgemaak nie omdat sy naasbestaandes nog van sy dood in kennis gestel moet word.
Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die aanvallers Vrydag omstreeks 03:00 die sitkamervenster oopgedwing en só toegang tot die sentrum verkry.
“Die verdagtes het na die mans- en vroue-afdeling van die sentrum beweeg. ’n Inwoner is in die kop geskiet toe hy by sy kamer uitgestap het. Hy is op die toneel dood,” sê Naidu.
“Riaan van Aswegen, mede-eienaar van die sentrum, het skote gehoor en by sy kamer uitgekom. Hy is in die gang in die kop geskiet.”
Vier selfone, juweliersware van vroue-inwoners en twee TV’s is gebuit.“Die verdagtes het deur ’n skuifdeur gevlug.”
Die polisie ondersoek twee sake van moord en huisroof.
“Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan kapt. Monde Sithole by 082 457 2812 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.”
Van Aswegen was voor sy aftrede by die Algoa Park-polisiestasie werksaam.
Mense het hom in huldeblyke op sosiale media beskryf as ’n “vriendelike man wat altyd tyd gehad het om ’n geselsie aan te knoop”.
Van Aswegen was ook ʼn ywerige hengelaar en ʼn lid van die Port Elizabeth-diepseehengelklub.
So gaan dit.In die land kan jy op enige dag sterf.Daar is geen waarborge nie.Ons bly in ‘n oorlog zone en as jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is betaal jy met jou lewe.
Jack – ek is altyd bang as die familie by ‘n retsurant gaan eet. Hulle kom in en begin selfone juwele en geld vat, en amper altyd waaneer hulle die plek verlaat dan word ‘n paar skote getrek.
Innige simpatie
Wat het Rampies nou te sê?Is informele geboue nou belangriker as verswakte persone?Was hy nie gister in PE nie?
Rampie sal nie iets oor die MOORDE se nie glo nie die was imigrante nie
Hoekom is die poliesie daar om sulke dinge te verhoed nie . Dit is mos hulle werk om ons veilig te hou in die land
Die kameras was nie daar nie – anders was cele eerste daar!
Sagte teiken …. wat ‘n lafaard. Ek hoop van harte hulle vang die skurk, sluit hom toe en gooi die sleutel weg.
Sagte teikens…. wat ‘n lafaard was die persoon nie. Ek hoop van harte hulle van die persoon en sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Onsinige moord vir TV’ s en Selfoone, wat word van ons Land?
Elke liewe dag lees ons nou van mense wat vermoor word. Wanneer gaan dit stop. Innige meegevoel aan die families van hierdie 2 mense. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra.
As jy nie ‘n ordentlike beskrywing wil gee nie mag ons weet of dit ten minste ‘n mens was wat die moorde gepleeg het.
‘n Mens sal nie so wreed wees nie. Dit moet ‘n subspesie van die mens wees.
Nee wat, Ramaphosa sal geen kommentaar lewer nie, want dit is blankes wat vermoor is…..
Dis skreiend, wat se soort mens doen sulke dinge.