Dubbelmoord in Marlothpark: ‘Dit is verskriklik’

Die dubbelmoord in Marlothpark in Mpumalanga ook in ander wêrelddele opslae gemaak. So het die Nederlandse koerant De Telegraaf daaroor berig. (Skermgreep: De Telegraaf)

Die dubbelmoord op twee inwoners van Marlothpark, naby Komatipoort in Mpumalanga, het nie net skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur nie, maar ook internasionaal hoofopskrifte gehaal.

“Dit is verskriklik,” het die Nederlandse koerant De Telegraaf die afgelope naweek berig oor die voorval waarin Koen Collier (53), ʼn Belgiese burger, en Alberta van der Meer (74), ʼn Nederlander, gesterf het.

Edda Seifert (80), ʼn Belgiese burger, en haar dogter, Edda van den Berg (53), het die aanval oorleef. Van den Berg en Collier was getroud.

Maroela Media het vroeër berig die groep is Woensdagmiddag in hul vakansiehuis in Marlothpark deur ʼn groep mans oorval. Marlothpark is digby die Mosambiekse grens.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffers is vasgebind en lappe is in hul monde gedruk. Collier en Van der Meer het versmoor.

Die Nederlandse koerant De Telegraaf het die moorde as “verskriklik” bestempel. (Skermskoot: De Telegraaf)

Volgens Hlathi het die aanvallers daarna net met enkele items gevlug.

Hulle is steeds op vrye voet.

De Telegraaf skryf die twee het ʼn “wrede dood in gewelddadige Suid-Afrika gesterf” en dat dit verskriklik is dat Collier se vier kinders hul pa op dié wyse verloor het.

Collier en sy vrou is die eienaars van die Catembe Gallery Hotel in Maputo. Hy het volgens berigte verskeie ander ondernemings in Mosambiek besit. Verskeie mense het op die hotel se Facebook-blad hul medelye met die betrokke families betuig.

Club of Mozambique het intussen berig die voorval het die Laeveld geruk.

  • Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die aanval in Marlothpark om sers. Vusi Moses Thobela te bel by 082 449 0242.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Anoniem ·

Welkom in Suid Afrika.

Ek kan nie verstaan wat mense besiel om hier te wil kom en vakansie hou nie. Lees hulle nie berigte in die media nie?

KO ·

Anoniem, dit is tragies maar sommige mense in ons eie SA weet nie eens wat hier aangaan.
Hulle slaap nog.

Se maar net ·

Welkom in Suid Afrika, dit is die realiteit wat ons almal elke dag mee saamleef en wat toegesmeer word deur ons regering in die buiteland as leuns. Baie jammer vir die mense wat hulle familie verloor het op so wrede manier

theo ·

hierdie moet die wereld se media bereik. Niks sal verander wat betref moord, taxi’s wat nie die reëls gehoorsaam nie, korrupte ANC staats amptenare, diewe, rowers ens. na die wereld beker oorwining. Jammer vir die families wat geliefdes verloor het. Die SAP sal ook dieselfde bly.

Woedend ·

En dit is hoe ons eens pragtige Suid Afrika uit gebeeld word, GEWELDADIGE SUID AFRIKA. My innige simpatie aan die families

lizzi ·

Dit het regtig ondaard in ‘n dag tot dag stryd om te oorleef in hierdie land – wat ‘n skande!

jakes ·

Kannie verstaan dat buitelanders nog nie agv die moordstatistiek kan agterkom dat moord n stokperdjie en n tydverdryf geword het in SA. Hier is jou lewe nie n sent werd nie.

marous ·

En dit vir enkele items . As die nederlandse media skokkend wil oordra kan hulle gerus vir Afriforum die leer aanvra met die grafiese besonderhede van wat werklik hier aangaan .

Feite ·

RIP. Die ongenaakbare feite waarvan Suid Afrikaners en die buiteland nie vanaf kan wegskram nie, is dat in SA is die situasie reeds vir n geruime tyd van so n aard dat die een se dood die ander een se brood is. Die wat “het”, word letterlik geteiken en gejag deur die wat nie “het” nie!

SjN ·

Tragiese gebeurtenis, stuur dienuusberig die wereld in dat hul kan sien wat gebeur in die nuwe SA.

Alice ·

Hoekom is almal so behep dat ons die buiteland moet betrek? Hoeveel van julle wat altyd so na buitelandse mediadekking soek het al vrywillig gaan help in ander buitelandse lande waar mense werklik elke dag deur oorlog geteister word. Die buiteland gaan niks doen nie…ons sal self ons land moet regruk

Penellope Jones ·

Enigiemand, enige plek, enige tyd, om enigiets te doen en enigiets te vat.

Andrew ·

Ek was onder die indruk dat, na Saterdag se wen, al ons probleme opgelos is want SA is, volgens on president, die beste land in die wereld.

Tragies wat hier gebeur het, maar het die rowers nie gehoor ons is nou united nie?

HPV ·

Lande soos Nederland, New Zealand, UK en ander was van die regerings met die meeste lawaai en sanksies teen die vorige regering, het geen probleem gehad toe die land sonder waarborge aan die ANC oorhandig is nie, het geen probleem met 19000 moorde per jaar hier nie. Hoeveel keer het hulle al beswaar aangeteken die afgelope 25 jaar?
Dit is goed om die misdaad syfers internasionaal te bemark veral aan die regerings wat in werklikheid medeverantwoordelik is wat die afgelope 25 jaar hier gebeur. Mens spaar ook sodoende indirek lewens deur mense te waarsku hoe gevaarlik dit hier is. Doen so voort.

Swerwer ·

@Theo. Jy is so reg Theo..dan is daar waaragtig mense wat se sport versoen ons na Sa en dinge gaan nou beter word met hierdie mooi WWE trofee . Ag asseblief party Suid Afrikaners glo nog in storieboek verhale…NIKS GAAN VERANDER na Sa nie.

Dirk ·

En hulle sal op vrye voet bly,ons polisie is te treurig om hulle te vang..

Derick ·

SA is no1 op die rugby veld in die wereld.
SA is no 1 op die misdaad gebied in die wereld.

BESTE ·

JA DIT KAN ONS GOED DOEN, ONS KAN RUGBY SPEEL EN ONS KAN MOORDE PLEEG, EN WETSTOEPASSING MENSE KAN GELD BYMEKAAR MAAK MET BRIBES!

Braam Maree ·

Ek wonder hoekom die Hollanders so ontstel is oor die moorde hulle het in die verlede alles in hulle vermoë gedoen om die situasie te skep. Nou wil hulle huil.

Grond ·

Welkom in Springbokland! Hier is Bokkoors, so n paar wreedaardige moorde haal nie die nuus nie!

Werner ·

DS kon dit nie beter gestel het nie en nou is dit verskriklik omdat dit Nederlanders is as dit ons was was dit niks

Kaaskoppie ·

Ag nee wat. Wees positief. Ons stuur sommer nog meer geld vir Kaapstad se taxis.

chrisp ·

Dankie DS ek se presies dieselfde al vir jare.

Ondersteun geen spansport in RSA nie wel individuele sporte.

Kaascopy ·

Ag nee wat. Kom ons wees positief. Ons stuur sommer nog geld vir Kaapstad se township vervoer.

Wynand ·

Bring DOODSTRAF terug. Vir enige ryp en moord skuldigbevinding sommer vir grootskaalse bedrog ook. Dit geld vir wit,swart en pienk. Maar sal seker nooit gebeur nie want die persone wat die wet moet terug bring mag dalk self die galg of val byl proe

CheesyHead ·

Ag nee wat. Kom ons stuur sommer nog baie geld hier vanuit Nederland vir Kaapstad se informele vervoer.

JohanR ·

Ek is bly dat die buiteland begin sien wat hier aangaan. Waaneer die toeriste opdroog gaan dit maar baie droewig hier gaan. Moet begin aan die buiteland uitsaai “Come to South Africa, and have every chance of dying most violently”!

JDeer ·

En nogsteeds is daar lande wat dink SA is nie gevaarlik nie… Maak oop julle oe en bly hier weg.

Scalla ·

Die president verkondig die leuens in die buiteland as hul vry na beleggings, wys hul die waarheid.

hercu ·

aaaag wat help dit ‘n swart rugby kaptein het ‘n beker omhoog gehou met sy sge positiewe woorde!!

intussen gaan die moorde net daagliks voort soos om pap te eet vir ontbyt!!

toerisme in SA is skerp aan die daling en die cANCer regering sit gemaklik met tientalle, ten duurste lyfwagte!!

die volgende Moody’s status is ‘n gemaklike kompos hoop!!

Lalie ·

Oorsese toeriste moet hiervan kennis neem. In die Nuwe SA is Niemand veilig nie.

Annoniem ·

Ons kom nou van Japan af. So jammer om al die slegte nuus te lees. Wens die land kan by Japan leer. Sal moet besluit neem.

Piet left the Building ·

Jy moes al lankal ‘n besluit geneem het.

Susan ·

United se voet !
Oorsese lande het genoeg ponde & dollars in die anc ingeprop om dit ‘n demokratiese land te maak & nou is Suid Afrika ‘n land van moord en crime. Niks verstom ons meer van hierdie sikkende skip nie

Dries du Toit ·

Na die Springbok sege is ons United. Vanoggend het Amore Bekker opgewonde gese dat sy kan voel hoe het die hele land verbeter. Die verkeer is rustig ,niemand skel nie. Almal is united en gelukkig. Sport vermag meer as politiek. Terwyl sy hierdie gedagtes oor die hele SA uiter is daar iewers n paar boervroue wat hulle eggenote se bloed van die mure afwas

Dolf ·

Ek stem saam Dries. Bekker se mening wys hoe oppervlakkig sommige mense se denke is. Dis waarom die land in sy maai is.

Pieter Greeff ·

Laat ons dit maar nou erken mense dat sport nie n land Kan verenig. Mense moet mekaar respekteer. Ons Kan Baie leer by Japanese . 30 Jaar gelede het ons waardes en beginsels ervaar. Alles by die agterdeur uit. Lyfstraf en godsdiens in skole was afgeskaf. So nou pluk ons die vrugte. Die wereld se oe is besig om oop te gaan. Hopelik

Michelle ·

Oor die afgelope paar jaar is daar ‘n paar wrede moorde op die plek gepleeg. Dit is nie van mense wat nie wil leer of luister nie, dit is dat ons nie meer in ons eie land veilig is nie. Die regering doen niks nie, die Weermag pas nie die grens op nie hul is hopeloos en die polisie is nog erger as dit kom by misdaad bekamp. Meerderheid is so besig met korrupsie dat nie een omgee wat hier aangaan nie. Buitelandse stroom onwettige oor die grense en kom pleeg moord hul soek nie werk nie, hoekom moet hy.

Attie. ·

Marlothpark het in die jare 80 die modernste watersuiweringsaanleg gehad en dit was n Eerste wereld vakansieplek teenaan die `krugerwildtuin. Ek het daar eendag ‘n blanke amptenaar raakgeloop wat kom ondersoek instel het omdat daar ‘n 2% waterverlies was. Vandag is jou lewe nie daar veilig nie. Daar wil ek nie gaan vakansie hou nie. Die eienaars sal moet saamstaan en ‘n buurtwag stig en elke eienaar sal moet ‘n heffing betaal om dit te finansieer. Stel ‘n paar wakker blanke jongmanne aan vir die doel. Dan eers sal ek weer daar wil kom,

Meraai ·

ja dit is verskriklik, elke dag se moorde is verskriklik…. ons sal moet begin cowboy en crooks “speel”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.