Dubbelmoord op Vrystaat-plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Die liggame van ʼn bejaarde egpaar is Dinsdag op hul plaas in die Vanstadensrus-omgewing, tussen Zastron en Wepener, in die Vrystaat gevind.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog min en dat alle rolspelers steeds op die toneel is om die voorval te ondersoek en meer inligting te verkry.

“Al wat ons nou kan bevestig, is dat dit ʼn getroude egpaar is. Die man was 78 jaar oud en die vrou 67. Hulle was albei lede van AfriForum,” het Müller gesê.

Die egpaar is vermoedelik Dinsdag tydens die vroeë oggendure vermoor.

“Die huiswerker het vermoedelik vanoggend op die egpaar se liggame afgekom. In dié stadium weet ons die kluis is oop en leeg gevind en hul voertuig en selfone is gevat.”

Die name van die slagoffers is bekend, maar word weerhou totdat al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.

Volgens Müller is 34 mense, dié egpaar ingesluit, vanjaar reeds op plase landswyd vermoor.

Sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie is besig om ʼn verklaring saam te stel.

Lees ook: [Opvolg] Vrystaat-dubbelmoord: Bejaardes albei in kop geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

ne ·

Bid saam: Onse Vader, stop die bloed wat oor ons land vloei en beskerm elke boer en hul families, asseblief!

Ekke ·

Really, hoekom die kommentaar “al wat ons kan bevestig is dat dit ‘n getroude paar is”……die arme mense is sinneloos vermoor…. wat maak dit saak of hulle getroud was of nie… 34 plaasmoorde in 6 maande… skokkend

honourable member ·

Hierdie is nou beplande moorde op wittes en hierdie regering sal nou iets daaraan moet doen. Hulle kan nie op so manier die grond uitdeel nie…

Gr ·

Gaan kyk na die geskiedenis van Mosambiek die portugese het d-dag gekry om uit die land te wees Zim het plase gevat en boere moes ander heenkom vind. In SA het hulle besluit boere word vermoor en so sal al ons wiites uitgemoor word met ‘n regering wat niks doen nie en die buiteland wat sanksies ingestel het teen apartheid is ook stil

Alida ·

Nou moet VF+ vir CR en Cele vasvat en hulle dwing om hulle stilswye te verduidelik. Dit is nou duidelik dat hierdie moorde polities gemotiveerd is.

Siener van Melbourne ·

As oud Rhodesiër en oud Suid Afrikaner wil ek net graag sê my hart bloei vir my mense. Ek het 6 jaar terug geimmigreer want so moeilik as wat dit is om dit te erken dit gaan nie ent kry nie. Die ANC het n kultuur van haat gekweek onder sy mense, n haat wat hy voel hy nou nog moet wreek tot in lengte van dae. Dit het nou ryp geword in die volgende geslag en ook gerieflikheids halwe in n verskoning ontaard. Hulle sal aanhou selfs al is dit tot hul eie nadeel want hulle is verblind met hul agenda. Ek het nie hoop nie.

j ·

Ons moet pad vat jou lewe is meer werd as die liefde vir die land dis verby my vriend

Koos ·

Almal mag padgee behalwe Ja-stemmers. Hulle moet tot die bitter einde bly!

rln van NZ ·

Siener van Melbourne
Ek stem saam met jou ek het 10 jaar terug geimmigreer en dit het net erger geword nie beter nie. Ons pragtige land is gedoem.

BOLANDER ·

Liewe Vader, stop asb hierdie onnodige moorde. Ons vra dit in U naam asb!!!!!

Andre ·

Ons Vader het ons verstand gegee,Dis tyd dat ons dit begin gebruik.

Anoniem ·

Dit is net die Here alleen wat nou die inwoners van Suid-Afrika kan red van hierdie boosheid. ne, ek se Amen op jou gebed.

Ekke ·

Gesinne sal moet mekaar aflos met rustye in die nag veral sodat betyds alarm gemaak kan word. Die wat nie alleen woon nie.

mini ·

jy is reg,ek kan nie glo daar is nog boere wat alleen op plase bly nie… my ouers het jare lank van plaas tot plaas gewerk en in karavaan gebly, dank die Vader , hulle was veilig daai tyd… daar is so baie mense sonder werk, ek kan nie verstaan hoekom die boere nie na die wit plakkerskampe gaan nie, ek weet daar is baie sleg mense , maar dan moet mens kyk na die jong mense wat nou nie werk het nie.. se maar net, my hart bloei vir die families, ons vriend is laas jaar op ladybrand vermoor ….

Wonder ·

Kan Afriforum nie ‘n private wetsomwerp opstel, wat bepaal dat geen boedebelasting tersprake mag wees wanneer ‘n persoon vermoor word?

Netso ·

SLAAN JY DIE SPYKER OP DIE KOP!! STAAT MAAK MILJARDE UIT “PLAASMOORDELENDE” 10uit10

Koos ·

As dit ‘n private wetsontwerp is hoe gaan dit landwyd geld? Ai…

Ekke ·

Daars ‘n duidelike patroon. Ou mense word altwee gemoor, of in meeste gevalle. Die jonger boere word die man koelbloedig vermoor, want die vrou en kinders kannie alleen aangaan op die plaas nie!!!!!!!!!!

Boerseun ·

Can the real Agri-SA and there members please stand up, please stand up. Hou op om in ontkenning lewe

Gert ·

Cyril moet tot verantwoording gedwing word…hy en sy trawante! Passief, stilsit EN petisies bring ons nêrens nie. Begin met die huigelaars en vyand binne blanke geledere. Hul is net so aandadig tot wat in SA gebeur.

Hond halsband ·

Kan iemand asseblief so gou moontlik ‘n halsband ontwikkel wat die eienaar per sms of oproep in kennis stel as die hond vergiftig of aangeval is, dit gaan baie mense se lewens red.

Nettie ·

@Hond halsband – die beste is: leer jou honde om nooit kos te aanvaar van enige vreemdeling of enige iets op te tel en te eet wat rondlê nie. Sodoende voorkom jy dat hulle gif optel.

Tweedens, mens kan nêrens meer bly sonder ‘n huisalarm, paniekknoppie en gewapende reaksiediens nie – nie in ‘n stad, dorp, op ‘n plaas, kleinhoewe of plot nie. Mense moet leer om paraat te wees, om altyd die slegste nóú te verwag en om ‘wakker’ te wees vir goed wat op kwaad dui (ek sê altyd: vertrou op jou voorgevoel – as iets nie reg lyk nie, ís dit waarskynlik nie reg nie).

Jy hoef jouself nie te bewapen met ‘n swaar kaliber vuurwapen nie (dit is deesdae meer gevaarlik om ‘n vuurwapen te hê as om níé een te hê nie). Kry pepersproei en ‘n skokstok – en weet hoe om dit reg te gebruik. Installeer ordentlike diefwering en ekstra veiligheidshekke in jou huis – jy moet iets soos ‘n veiligheidsarea binne-in jou huis skep waar jy kan skuil as gevaar dreig terwyl jy hulp ontbied. En hou een of twee klein honde in die huis aan – die beste waarskuwingsmiddel ooit.

Ekwilibrium ·

Ek weet nie of ek moet lag of huil nie; wanneer my en my geliefdes se beurt kom moet ons dit maar seker net gedweë aanvaar en hoop die pyn en angs hou nie te lank aan nie. Wouter Basson, waarom was jou wonderkonkoksie nooit wyd versprei nie…

Deel van die statistiek ·

Ons familie is tans besig om die trauma te probeer verwerk van ‘n dubbel moord waar beide my tannie en haar man vermoor is, en dit was nie in Suid-Afrika nie.
Die vrae wat ons as familie het is onoplosbaar en dit maak dinge net erger. Ek myself skrik soms in die nag wakker en al waaraan ek kan dink is wat my mensies wou verduur en deurmaak, en hoe dit vir hulle moes voel. Beide van hulle ook reeds oor 60. Die seer sal seker een of ander tyd beter raak, maar die vrae sal nooit geantwoord kan word nie.
Vrede en Liefde is daar lankal nie meer in Afrika nie.

Peet J ·

Die skrif is lankal aan die muur, verkoop of verhuur jou plaas of kleinhoewe en gaan bly in die naaste dorp bly ook weg van ‘n stad. Skandelik dat bejaarde persone op sulke onmenslike maniere aan hulle einde moet kom gesien in die lig daarvan dat dit als deur die onnosele besluit, van ‘n bysiende persoon, geneem is .

Plase ·

Ons moet gaan vir selfbeskikking, dis al hoe ons gaan oorleef.

Nettie ·

@Joshua & Plase – SELFBESKIKKING GAAN NIE WERK NIE, nie nou nie, nooit nie.

Hoekom sal die swart ANC regering die blanke ras toelaat om êrens ‘n stukkie grond te bekom, wat ‘n ‘n blanke Afrikaner-soewereine staat omskep kan word? Waar wil julle hierdie blanke Afrikaner-soewereine staat skep?

En asseblief, moet tog nie sê “Orania” nie. Dis ‘n doodgebore idee. Aldus die ANC regering leef ons mos in ‘n ‘demokratiese’ land waar daar geen aanslag gemaak word op blanke voedselvoorsieners se lewens, om op die ou einde die grond in die hande te kry nie.

Boerseun ·

Met so houding sal dit nie werk. Bly maar in die bed en los ons wat daarna streef

TLC ·

EK kan nie meer dit lees nie maar ek moet want ek moet weet wat gaan aan Dit breek my in stukke Is daar nie iemand wat iet kan ontwerp soos n armband of necklace met n knoppie in wat kan alarm maak as dit besig is om te gebuer nie Ek weet nie hoe nie Mense ons boere se bloed vloei oor afrika En ons moet onself help want die regering gaan nie Oom en Tannie RIV wat die lewe het jul en al ons wit mense n wreede steep getrek

Marita ·

Tyd vir nog n swart maandag! Sommer elke slag as daar n moord is

Boereraat ·

Is dit wettig vir n groep boere om hulle plase saam te poel en ‘n eie nuwe land form waarin hulle veilig is en waarheen ons kan trek?

JAN ·

MALEMA HET GISTER MOS WEER GEPRAAT ……EN CR DOEN NIKS , MAAR HY STUUR MEEGEVOEL EN JAMMERTE OOR DIE JOOD WAT MAAR NET DOOD IS …OUDERDOM

amanda ·

Dring aan om n klagskrif aan Ramaposa te oorhandig met FOTOS van die slagoffers en die weeskinders se gesiggies ook! DWING hom deur die opdaag van 2 miljoen witmense op sy voorstoep! Doen iets praat praat praat help niks!!!

Sarel ·

For evil to persist is for goodmen to do nonthing. Dit sal nooit ophou nie

Naomi ·

Nee TLC die lewe het ons nie n streep getrek nie,ons het self n lat gesny vir ons eie gatte.
As die kerke ophou om net uit die nuwe testament te preek en meer uit die ou testament sal mense sien dit wat nou in SA aangaan is n spieëlbeeld. Die ou testament tel mos nie meer agv die wette, AL WET WAT WEL NOG TEL EN STRENG NA GEVOLG WORD, IS DIE WET VD TIENDES……….. Die Nuwe testament het baie beloftes waar die ou testament baie waarskuwings en riglyne het. Dit wil mense nie hoor nie, mense wil net die beloftes in oes, dit werk nie so nie. Lees Deut 28, Seëninge en Vervloekinge(ou vertaling). :15 MAAR AS JULLE NIE LUISTER….. Vanaf vers 15 word so te sê woord vir woord beskryf wat
tans in SA aangaan. Gaan lees dit gerus(ek weet nie hoe dit in die nuwe vertaling gestel word nie) Almal gee raad en sê staan saam, wees paraat bla bla bla. Niemand sê ooit “die volk moet hul bekeer van hul verkeerde weë en terug keer na hul God” 2 Kronieke 7:15. Om Hom net in nood te soek…..dit werk nie so. As jy gaan kyk na bloedrivier en die verhaal van Gideon (Rigters 7) dan sien mens groot getalle is nie nodig vir n oorwinning oor die vyand nie. God het nie getalle nodig nie. Hy tel nie Sy kinders nie, Hy weeg hulle.

Johanné ·

Maar net weer nóg ‘n paar gesinne wat sonder ‘n dak oor hulle kop gaan wees, honger gaan moet slaap, en werkloos gaan wees, omdat die plaaseienaar nie meer leef nie. So skep hulle hul eie armoede en dood.

Haas ·

Ek het in daardie omgewing groot geword, ken seker tien teen 1 die mense en hulle kinders. Dis om van siek te word, en die mense wat weermag opleiding gehad het raak nou aan die “senior” kant. Ons kan nie meer so lekker beweeg nie

Naomi ·

In aansluiting by my vorige skrywe oor Deut 28. Net etlike gedeeltes van die verse in Deuteromium 28. Gaan lees ALMAL, die HELE
hoofstuk.
:19 Vervloek sal jy wees by jou ingang en
vervloek sal jy wees by jou uitgang
:20 vanweë die boosheid van jou handelinge,
dat jy My verlaat het…….
:24 Die Here sal die reën van jou land poeier en
stof maak……..
:31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal
daarvan nie eet nie………
:33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal n
volk eet wat jy nie ken nie…….
:45 En hierdie vloeke sal oor jou kom en jou
agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is.
:49 Die Here sal teen jou n nasie bring………n nasie
wie se taal jy nie verstaan nie…….
:50 n nasie hard van aangesig, wat n grysaard nie
ontsien en vir n seun geen genade het nie.
:62 En julle sal met min mense oorbly…..
:66 En jou lewe sal voor jou aan n draad hang, en
jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie
seker wees nie.
Bekend ?

Doom ·

Esegiël 7 is meer akkuraat. Dis so akkuraat jou bloed sal stol.

Petro Benade ·

Naomi al wat ek kan se op jou boodskap is dat tien teen een is al die ou boere oor hulle sewentigs en hulle vrouens kerkgaande diep gelowige mense so waar kom hulle dan in die prentjie.

Corma ·

Ondersteun ASSEBLIEF die noodfonds wat Afriforum gestig het vir slagoffers van plaasaanvalle, dis al hoe ons hierdie arme mense kan bystaan!!

Lieb ·

Kyk na wonder en hond halsband se voorstelle hierbo asseblief.

John ·

Pythagoras het tussen 580-500 vC geleef, Archimedes van 287-212 vC en die eerste biblioteek is deur die Romeine in 250 vC gevestig. Copernicus is in 1473 gebore en kunstenaars soos Da Vinci en Michaelangelo lewer in die 16de eeu fantastiese kunswerke en Newton leef vanaf 1642 met die vestiging van die Kaap in 1652. En wat het in SA aangegaan voor ‘ou sleg’ Jan se skippies hier anker gegooi het. Sweet blow all…
Maar nou word fantome van destydse antieke SA-stede en plase en grootse opstalle deur glo nasate van ware Afrokane opgetower teen die yl blou horison van die verbeel-dings by mense wat begeer wat aan ander behoort. Kan dit ‘n geseende afloop bewerk vir diesulkes wat dmv bloedvergieting hul drome wil verwesenlik? Zuma was reg toe hy gese het die Afrikaners het ‘n Verbond. Ons moet net ons kant van daai ooreenkoms nakom. Die Vader het ‘n goeie geheue.

Dries ·

Ek dink dit is tyd dat ons ons eiendom en mense met alles binne ons vermoee moet beskerm. Ons kan nie meer deel wees van hierdie bestel nie.

Skeiding ·

Ons moet skei en gou ook. VF+ se manifes vir selfregering moet nou bes-reek word.

Engela de Klerk ·

Ek is BAIE dankbaar ons is weg uit Suid-Afrika en my raad, pak op en verlaat die land. Dit gaan NIE beter word nie en die boere veral, word een vir een uitgehaal. Ek verpes die woorde “Rus in vrede”, “Innige simpatie” – maak my mal!

Gatvol ·

Lekker lag hulle nou…….kan one nie ASB iewers vlugteling status kry nie Agriforum ASB……….. iewers ……iewers ……ASB iewers …..????

Pans ·

Ek wens boere wil hulle grond beskikbaar stel waarheen ons kan vlug en n nuwe toekoms daar bou.

Peet J ·

@Naomi, ek kan nie anders as om jou te bedank vir jou kommentaar nie. My geloof bestaan alleenlik uit die Eerste Testament meer en deel uit die vyf boeke van Moses, wat die Almagtige God aan die mens wat Hy geskape het, voorgeskryf het.

Ruan ·

Siener sê daar gaan n burgeroorlog in Suid-Afrika uitbreek, maar hy is al lank aan die gang. Die sinnelose slagting van ons boere wat een vir een doodgemaak word is maar net n vorm van guerilla-oorlogvoering. Rig asseblief julle oë en hande na ons Hemelse Vader, want Hy alleen is magtig genoeg om ons uit die verknorsing te help. Amen

Marie ·

Dit is die begin van die einde. Plaasmoorde word net al meer en daar word net gepraat en gepraat. Ek kan niks doen nie, maar iemand sal moet se genoeg is genoeg, anders is dit al die boere en alle blankes se voorland. Hulle is besig om die blankes te elimineer, en dit is hulle plan om van ons ontslae te raak. HERE GEE ASSEBLIEF VIR ONS N LEIER WAT ONS UIT DIE GEMORS KAN LEI. ONS MOET NET HANDE VAT EN SAAMSTAAN. AMEN.

maryann ·

Naomi dit is waar en dit beteken vir die hele land se inwoners aan diegene wat nie verstaan wat Naomi vir jul uithaal in die Bybel nie. Ons is almal rug teen die muur gou om te oordeel maar kyk ons op boontoe Waar sal my hulp vandaan kom- oud en jonk wit en swart – ryk of arm God het ons gemaak en ons moet terugdraai na Hom, gaan sommer nou op jou kniee en bid – God sal ons nie los nie maar almal moet bid – Dink aan Redgebed van Steve Hofmeyer.

Corma ·

Ons het lankal nie meer die antwoorde vir die geweld, misdaad en moorde in ons land nie!! Laat ons aanhou bid dat die Here ons met liefde en nie haat, sal vul!! Laat ons aanhou goed doen en liefhê en alles in God se hande laat!! Hy is almagtig, Hy hou die heelal in Sy hande , alleen by Hom is ons veilig!! Vir die wat Hom liefhet en op Hom vertrou, vir hulle sal alles ten goede meewerk!! Ontspan, ons dien ‘n groot God, laat alles in Sy hande en vertrou Hom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.