Dubbelmoord ruk Vrystaatse dorp

Van links is Viv Viviers, Thea du Plooy, Eric Oosthuizen en Charlotte Viviers. Die foto is in 2008 geneem. Foto: Verskaf

Van links is Eric Oosthuizen, Thea du Plooy en Viv en Charlotte Viviers. Die foto is in 2008 geneem. Foto: Verskaf

Twee bejaardes van Memel in die Vrystaat is Dinsdagaand wreed in hul huis vermoor.

Sers. Tshegofatso Maliehe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn bejaarde egpaar en nog ʼn bejaarde man wat by hulle gewoon het, is omstreeks 18:00 deur twee verdagtes in hul huis oorval.

Maliehe wou nie die name van die slagoffers bevestig nie, maar ʼn familievriend het aan Maroela Media bevestig dat dit ʼn bekende egpaar van die dorp, Viv (82) en Charlotte (78) Viviers, is. Die derde slagoffer, Eric Oosthuizen (82), is familie van die egpaar.

Volgens Maliehe het die aanvallers die drie mense se hande en voete vasgebind. Die huishulp het Woensdagoggend op die gru-toneel afgekom toe sy vir werk aangemeld het. Maliehe het gesê Viv is vir ure lank deur die aanvallers gemartel om die kluis se sleutels te gee.

Charlotte se liggaam is glo in die huis gevind, terwyl Oosthuizen se liggaam in ʼn buitekamer gevind is. Maliehe het gesê die twee oorledenes is vermoedelik verwurg, omdat daar geen sigbare beserings aan hul liggame was nie. “Daar word sover niks uit die huis vermis nie, maar die polisie is steeds besig om ondersoek in te stel,” het sy gesê.

Thea du Plooy, ʼn familievriend, het aan Maroela Media gesê Viv is dokter toe geneem ná die aanval, maar nie in die hospitaal opgeneem nie. “Hulle het hom met messe in sy bene gesteek en met plastiek op sy maag gebrand. Hy het ook erge kneusplekke opgedoen soos hulle hom op en af in die huis gesleep het,” het sy gesê. Viv is glo ná die aanval na sy kinders in Newcastle geneem, waar hy tans aansterk.

“Dit is so tragies. Oom Viv en tannie Charlotte is bekend en so geliefd op die dorp. Ek het daar grootgeword en ek ken hulle al sedert ek ʼn kind was,” het Du Plooy gesê. “Die ergste is hul huis is net twee huise van die skoolkoshuis af. Dit is ʼn groot skok vir die Memel-gemeenskap.”

Maliehe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enige persoon met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Tshidiso Salemane, by 082 466 7760 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Tragies hartseer silke goed mag nie gebeur nie

franscois ·

Ja de Klerk jy het hand om die blaas met satan geloop en alles oorgegee, ek wonder ooit of jy sien en lees wat in die mooi gewese land van ons aangaan,hoe ons ou mense doodgemaak en gemartel word, en ek is seker jy draai net jou rug op ons, maar jou dag sal ook kom!!!!!!!!!!!!

susan ·

Hoekom sal hy omgee. Hy is genoeg betaal. Geld praat hard en is vir party mense die spil waarom alles draai.

Trots Afrikaans ·

Ja nee sy dag sal kom dalk nie hier maar dalk in die anderkant….

annette duvenhage ·

Die ergste van alles is dat nog niemand in hegtenis geneem is nie….elke berig wat mens leef het dieselfe tendens…..NIEMAND IS NOG IN HEGTENIS GENEEM NIE. Belaglik!!!!!!!

Aster ·

Mense, ek het nie woorde om te beskyf die woede wat binne my kook as ek hierdie berig lees nie. Hierdie gaan nie stop nie! Ons word uitgehaal een na die ander. Ag, mag die Here net ingryp in hierdie land van ons en die oorhand hê. Ek kan dit nie meer vat nie! Nou vra ek is dit tog nie beter om te immigreer nie?

neelsie ·

Waarheen sal ons gaan?
Europa word oorspoel met “vlugtelinge” uit Afrika,
Kanada, Australie en baie ander word oorval deur Chinese.
Die gras aan die anderkant lyk altyd groener.
Byt vas-hierdie is ons land ook!

Debs ·

Ek het deesdae nie meer woorde nie, ek is spraakloos vir ‘n paar dae oor moorde verkragtings en dit veral VERAL op ons ouer mensies, hulle is die wat werk gegee het vir plaaswerkers ….. ek bid net die Here sal iets dergliks aan hierdie land van ons kan doen wat klaar die hoogte moord en misdaad syfers in die wereld het . Maar ongelukkig lees die siek mense, die barbarre, die skuldiges, die skollies, die inbrekers, die verkragters en so kan ek aangaan…. hulle lees ongelukkig nie koerante nie….. die land het so wreed en mal geword gaan daar ooit weer veiligheid in die land wees…. ek twyfel baie sterk.
Sterkte en al my simpatie vir al die slagoffers. Ons kan net bid en nooit moed opgee nie.

Theresa ·

Daagliks moor dit nou in ons land. Daarom is die statistiek wat gegee word nie reg nie. Dit sal weersin in die Eerste Wêrelddele wek as hul die waarheid sien wat hier aangaan in ‘n land wat ‘n goeie toekoms kon gehad het.

irene ·

Wonder wie hits hulle aan. ARME oumense. Wat gaan gebeur as ons wit mense so begin moor. Hoeveel moordenaars van hulle loop nog rond

joe ·

Daar is n woord wat mens nie mag gebruik vir die sluipers van die nag . Daai groep moet deur almal van alle kleure uitgeken word en oorhandig word aan die gereg .Dit is al hoop saamstaan deur almal want misdaad het geen kleur nie

vermeende ·

Joe ek dink jy dagdroom, gaan breek gerus die statestieke op en kyk watter deel van die nasioenale misdaat word deur blankes gepleeg en ek kan jou waarborg die getal wat jy gaan kry sal nie die demografie weerspieel nie.
Armoede is ook geen verskoning nie want 25% van ons volk is al behoeftig, volgens my.
Jy is reg, misdaat raak almal van wit 5ot swart maar dit is waar die stop. Blank bly die teiken groep vir swart, ho3kom lyk dit op die oogaf of Indiers nie vermoor word vir hullu rykdom nie. Ek meen maar net, hulle het seker ook bejaarde mense??
Oorhandag aan die gereg???? Watter gereg? Zuma het oor die 700 klagtes teen hom en hy loop vry.
Skuld die ontvanger geld en kyk wat gebeur met jou, Malema het miljoene geskuld, het hy ooit die binnekant van n sel gesien. Ek kan baie voorbeelde noem.
Nee, maak vrede daar mee, jy is blank en die teiken groep en nie net vir die misdadiger nie maar die regering se visier is ook op jou.

Riekie ·

Oorgee aan die gereg Joe? Hoeveel van die “gereg” self is nie ook skuldige aan hierdie goed nie?

Aster ·

Ja, en moenie die Kommando vergeet nie. Ek dink hulle het nog beter werk gedoen as die huidige polisie. Jy kan nie eers meer vandag se polisie vertrou nie!

Tanya Koekemoer ·

Oom Eric is my oupa se broer. My familie is geruk! Hoe maak ek my kinders in n land groot waar oumense gemartel en vermoor word? My hart bloei vir die families betrokke. God slaap nie. Sterkte en liefde vir amal wat geafekteer word hier deur.

Charl Coetzee ·

Ek sit met ‘n traan op my wang en Siener se boek op my skoot. Dankbaar vir God se genade en dankbaar vir ons buurtwag.

jenna ·

Die slagoffers is “vir ure lank gemartel” maar daar is geen sigbare beserings nie?

Genis ·

As ek die woorde huishulp of tuinier in ‘n moordberig lees, rys my hare dadelik.

miemie conradie ·

Charlotte Vogel (nooiensvan) het saam met my skool gegaan in Bethlehem.. Viv het baie by ons gekuier ib Donnybrook Kzn en Eric ook hy was tegnikus in die poskantoor daar…Dierbare mense. Sal hul altyd onthou

jacques ·

Dis baie erg om sulke goed oor ou mense te lees.
Asb mense kan iets nie gebeur dat die land weer beter raak nie,n mens kan nie jou kind so grootmaak in n demon land nie.Meskien moet ons vir ons n land gaan maak waarvan ISIS nou wegvlug.Die Syrians bly mos nou in Duitsland so die grond gaan nou leeg.Ons bou hom sommer vinnig weer op.

jacques ·

Die Rainbow nasion storie werk nie en sal nooit werk nie.Kyk maar net na Europe se rainbow nou.

Flippie ·

As die president van SA sing “Bring my masjiengeweer, ons gaan hulle skiet, ons gaan hulle slaan. Hulle sal bang wees, hulle sal weg hardloop”. Dan moet daar mos patriotte wees wat die woorde van die eerste burger van SA term harte neem.

Henri ·

JJ Ek steun jou voorstel ek het gister gese 100 vir elkeen , maar myne is verwyder. Joune is dus meer aanvaarbaar. So ons volstaan by 10.

Ken ·

Vir almal wat vra “wanneer gaan dit stop?”, dit gaan nie. Dit gaan net vererger. Die ANC het totale beheer verloor en elke boer, ou mens en ander stedelike inwoners jonk en oud is potensiele slagoffers…. Dis nou om seker te maak jys so veilig moontlik en jy kan jouself verdedig asook jou familie. Siek omstandighede geskep deur ‘n siek regering.

gatvol ·

Ons wit mense raak nou gatvol want NIKS word gedoen om ons mense te beskerm nie! Die polisie kan niemand vertrou nie ! Ou mensies kan nie hulleself beskerm nie.

Piet ·

Maroela, waarom plaas julle nie my kommentaar nie, is julle deel van die kabaal?!?!

Piet ·

Maroela, waarom plaas julle nie my kommentaar nie, is julle deel van die kabaal?!?!
My kommentaar aan Irene was nie geplaas nie! Waarom nie??

Gusatav muller ·

Hoekom is dit ni op tv nuus ni.maar al di betogings haal dit

Gusatav muller ·

Hoekom is dit ni op tv nuus ni.maar al di betogings haal dit

Sputnik ·

Aster, jy moet voor jy emigreer net die verskil tussen emigreer en immigreer vasstel, anders beland jy maar weer hier – hie-hie.

Aster ·

O jinne Sputnik hoe lag ek nou vir myself! Dankie vir die regstelling. Ja nee ek praat definitief van emigreer ;)…UIT hierdie donker land uit.

oud-memeliet ·

Dit was vir my ‘n groot skok toe ek vandag die nuus meegedeel is. Ek het voor hulle groot geword en dis vir my hartseer dat twee geliefde mense, juis so iets moet oorkom.

SNEL ·

Sulke weerlose oumensies. Mens se hart breek in stukke as mens dit lees. Dis so hartseer dat iemand so n wonderlike hoë ouderdom bereik en dan nog gesond is en self kan kom en gaan en dan word hul lewens so vieslik kortgeknip. Baie sterkte aan vriende en familie van die mensies.

SNEL ·

Ek wou nog sê; baie sterkte oom Viv, want die spanning gedurende so iets dink ek is verskriklike. Jammer ook vir oom se verlies van geliefdes en baie sterkte, hoop oom herstel vinnig van al die wonde en letsels.

JJ ·

Tyd om te begin om die taal van die onderdrukker te begin praat. Vir elke EEN van ons….TIEN van julle. Voor die voet. Dan sal jy sien hoe vinnig kom hierdie gemors tot ‘n einde…

Johannes Meintjes ·

Diep meegevoel. Is die nasionale buurtwag, plaaswag, GPF, AfriForum en Boere-ordes se burgerlike beskermingstelsel en GOS in SA nog nie effektief op dreef nie? Waarom vier ongeregtigheid, boosdoeners en misdaad toenemend hooggety? Hoe lank voordat praat en verdeelthede omgeskakel word in rentmeesterskap, fokus en effektiewe optrede?

Piet ·

Wanneer sekere waarhede kwytgeraak word sal Maroela dit nooit plaas nie. My kommentaar aan Irene was nie geplaas gisteraand nie. Waarom is julle deel van die Khazar kabaal?

jacques ·

Piet ek het dit ook agtergekom hulle is deel van die kabaal.Iemand probeer die Afri in die donker hou wat regtig aangaan.

Flippie ·

Daar is van ons wat weet wat aan die gang is, maar sodra hierdie inligting in die HSM (hoofstroom media) geopenbaar word, word dit van die res van die lesers weerhou deur kommentaar te verbied. Ek dink die media beledig die gewone lesser deur hulle inteligensie en onderskeidingsvermoë te wantrou.

Elizabeth ·

Voeg ook asb. onder punt 5 by – diegene wat nie kan spel nie, want waaragtig as jy twee keer in jou kommentaar misdaad met ‘n ‘t’ spel – en dis bo en behalwe al die ander spelfoute, behoort jy jou skoolgeld terug te vra.

Piet ·

Goeiedag Milan

Ek het nou gaan lees oor julle “redaksionele beleid”. Presies wat was verkeerd daarmee? Was dit omdat ek die Juice wat die wereld regeer by naam genoem het. Dis mos nie Godslasterlik vir ons nie. Maar dit klink my wanneer mens die Satansmagte by naam noen is dit die nuwe laster.

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Ons as Maroela Media en jy as leser kan onder andere van laster aangekla word indien bewerings, sonder dat dit op enige feite gebaseer is, op die webwerf gepubliseer word en as feite voorgehou word. Ons bepalings en voorwaardes is met groot oorleg opgestel en in samewerking met regspersone wat ons bygestaan het om seker te maak dat ons op só manier onsself en ons lesers kan beskerm.

Ons behou ook die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat, ons insiens, nie onderhewig is aan die bepalings van ons redaksionele beleid nie, eensydig te verwyder.

Groetnis
Suné van Heerden
Inhoudsredakteur en sosialemediabestuurder: Maroela Media

Narike ·

Maroela? Hoekom geen kommentaar op Piet se versoek nie???? Is dit dalk hoekom geagte zuma die media wil monitor? Om vryheid van spraak te keer? Hulle het dit SELF ge-implimenteer!!!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Narike

Dankie, ons het intussen Piet geantwoord op sy vraag.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

emma ·

Almal wat gedurig praat van ” ons moet begin saamstaan”…verduidelik vir my HOE wil julle dit doen?

piesang ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG WAT IS SO MOEILIK DAARAAN??????????????????????????????????????????

connie ·

Ja daar is n leier vir ons wat bereid is om op te staan vir ons en saam ons MSVS

pop ·

De Klerk kan nie omdraai en se hy het nie geweet die dinge gaan nie gebeur nie. Hier langsaan in Zimbabwe het hy mos gesien hoe werk dinge. Het hy wraggies gedink dit sal nie hier gebeur nie. Maar hy kon seker nie voorsien dat ons nie gaan stilsit en niks doen nie. Ek sien n groot oorlog en baie bloedvergieting

Peet J ·

Tragies en baie jammer dat bejaarde persone wat nog iets vir die land beteken en wat sekerlik hulself nie kon verdedig nie op so ‘n onmenslike wyse vermoor moes word.
Volgens die kommentaar is ek oortuig daarvan dat almal bereid is om die kriminele situasie wat ons in hierdie burgerstaat beleef uit die weg te ruim ek het die manifes van Front Nasionaal gelees en dit pas my soos ‘n handskoen sekerlik as dit realiseer sal dit weer ‘n plesier wees om hier te bly.

Kurt Nel ·

Elke keer as daar iemand vemoor word( en dis meer as een per dag) en mense bekommer hul oor spelfoute kan ek behoorlik die blouapie stuipe kry!
Word wakker mense en bekommer liewer oor die Volksmoord wat om julle aangaan!

Volgende keer is dit dalkJY!

Renier ·

Ons land is lankal in n stadium van Mousetoengnisme(jammer vir spel en die woord maar verwys na terrorisme wat na platteland uitbrei) en de klerk is daarteen gewaarsku al destyds.

Piet Pompies ·

My hart gaan uit na die ou mense wat dood is en die wat seergekry het, so ook hulle familie en vriende. Niemand verdien dit.

SKOKKEND ALWEER NOGSTEEDS.. ·

Mense hoekom vat jul dit daar, hoeveel blanke martel moorde nog? Wanneer is genoeg genoeg?????
DRASTIESE Blanke massa sametrekkings en optredes met massa blootstelling om teen die regering op te staan wat die gemors rassehaat aanhits en goedkeer..Maak seker die buite wereld hoor van die afskuwelikke nuus, dit is net te siene in uiters beperkte media soos Maroela nuus hier in die buiteland,kry permissie en laat hul die martel moorde resultate en gebeure daar sien . Sekerlik tog kan Afriforum en solidariteit Steve’s en die Bridges iets organiseer en soveel keer soos nodig tot n verskil gemaak is maar om so een vir een so stille vermoor te word is uiters ONAANVAARBAAR belaglik!!!???
Dit sal nie help as die blanke Suid Afrikaner nie gaan optree vir homself nie ” want dit gebeur mos nie met my nie houding, dit is amptelik n uitwissing van die blanke sy kultuur en geloof in Suid Afrika..
Staan op staan op vader Jakob die tyd is min!!

piet ·

Hierdie is uiters skokkend en barbaars (hoeveel keer het ons dit nie al gese nie!!!)!!!!! My hart gaan uit aan die mense wat met die nagevolge van hierdie uiterse gewetenlose, perwerse, barbaarse kriminele moet saamleef!!!!!

Genis ·

Piet, Arthur Koestler het lankal gebieg dat sy Khazar teorie ‘n versinsel was en dat die Sioniste hom betaal het om dié propaganda van stapel te stuur. Jy gooi dus puur verniet ‘n vloermoer omdat die “waarheid” kwansuis verdoesel word. Jy stel jouself net in die verleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.