Dudu Myeni tot misdadige direkteur verklaar

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. (Foto: ANA)

Dudu Myeni, die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), is Woensdag deur die Gautengse hooggeregshof in Pretoria tot lewenslange misdadige direkteur verklaar. Dit volg na sy dié lugredery tot op die rand van rampspoed gebring het.

Myeni mag na drie jaar aansoek doen om die beslissing ter syde te laat stel indien sy kan bewys dat sy gerehabiliteer is van haar wangedrag.

Dié uitspraak deur regter Ronel Tolmay volg na ʼn hofaansoek wat die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) al in Maart 2017 teen Myeni gebring het om haar tot misdadige direkteur te laat verklaar. Volgens Outa het die SAL onder Myeni se voorsitterskap nagenoeg R16 miljard verloor.

Maroela Media het vroeër berig Myeni het glo ook ʼn ooreenkoms tussen die lugredery en Emirates in 2015 gesink wat dié sukkelende lugredery glo miljoene in die sak kon gebring het.

Regter Tolmay het versoek dat die uitspraak en die getuienis in hierdie aangeleentheid na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys word vir die oorweging daarvan en om vas te stel of ’n ondersoek na moontlike kriminele optrede moet volg.

Myeni is ook beveel om Outa en Saapa se regskoste op ’n prokureur- en kliëntskaal te betaal, insluitend die koste van drie advokate.

Stefanie Fick, hoofregsbeampte van Outa, sê hulle is tevrede met die uitspraak.

“Toe ons drie jaar gelede met dié saak begin het, het ons geweet dit gaan tydrowend en duur wees, maar elke minuut en elke rand wat bestee is, was die moeite werd. Ons het geglo dat dit belangrik is om mense soos Myeni tot verantwoording te roep, in teenstelling met die feit dat hulle jaar na jaar met dade van wangedrag wegkom. Stel jou voor wat kon gedoen word met die eindelose hoeveelhede belasting wat in haar ampstermyn verloor is om armoede te verlig en demokrasie te bevorder,” sê Fick.

Fick sê hulle was vasbeslote om die saak deur te sien, ten spyte van Myeni se regspan wat vier tussentydse aansoeke tydens die saak gebring het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die hofuitspraak verwelkom en doen ’n beroep op die NVG om hierdie saak dringend op te neem om te verseker dat Myeni tot verantwoording geroep word.

Die DA meen Myeni het ’n groot rol gespeel om die SAL op sy knieë te bring, wat tot die daaropvolgende bankrotskap gelei het.

“Myeni was duidelik onbevoeg en is nie geskik om enige direkteursposisie te beklee nie,” sê Alf Lees, DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor).

Lees sê Myeni is destyds by die SAL weg sonder om enige aanspreeklikheid te aanvaar ten spyte van die magdom aantygings teen haar.

“Ons is bly dat hierdie hofbevel verseker dat Myeni nooit weer by enige staatsentiteit of openbare onderneming as direkteur aangestel sal word nie,” sê Lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Martie Smartie ·

Nou hoop ek Outa gaan voort met n reuse siviele eis teen haar en klagtes itv die PFMA ook. En waarom sloer die NVG so met die klagtes teen haar wat tydens die Zondo kommissie blootgele is??

BoerSonderRoer ·

Nou prah jy. Hulle moet dit onwettig maak dat ‘n staatsamptenaar se direkte familie met die staat mag besigheid doen.

Stefan ·

Maar haar kleur en konneksies is seker van so’n aard dat met aan sekerheid grensende waarskynlikheid aanvaar kan word dat niks met haar gaan gebeur nie.

Piet Pompies ·

In ons dae was dit brekend as diefstal en bedrog en het jy in ‘n tronk gaan sit

Jan ·

Wel. Wat word van die geld wat gemors is. Wat word van die mense wat nou hul werke verloor. Kan die A N C nie sien hulle kan nie regeer nie

Johan ·

Sy was Zuma en kaders se unieke voorbeeld van hoofdogter van die ANC. Wat sê die spulletjie nou ?

Okmardom ·

Verstaan die ANC nie. Die brille is nou mode. Jou stilleerder kerf dit net daar volgens jou rok/kopdoek/tentdrapering was jou behofte of styl pas.

Fedup ·

Another one bites the dust.
For 3 years at least.
Let’s see what she can cook up before then.

Kobus2 ·

Alles goed en wel, maar wat van die idiote wat in die eerste plek besluit het sy moet die pos kry? Deler so goed soos die steler. Die blinde lei die blinde! SA is die internasionale sirkus!

OW ·

As ons maar net ‘n internasionale sirkus kon wees,dan was ons ten minste georganiseerd gewees.Ek het nog geen ongeorganiseerde sirkus gesien nie.

Snowball ·

Een van VELE KADERS wat “duidelik onbevoeg en nie geskik is om enige direkteursposisie te beklee nie” maar sy sal seker nou ‘n hoogsbetalende, sagte joppie êrens in die cANCer losslaan.

Jack ·

Soos byvoorbeeld hoof van ekonomiese beleid in Luthuli Huis?

MakersMark ·

Uitstekend, kopdoek 2 het as SAA voorsitter so ingemeng in die operasionele sy van die besigheid om haarself en haar vrinne te bevoordeel. Boontjie kry sy loontjie mag die skepper van chaos nooit weer op enige raad in enige kapasiteit dien nie. Haar eintlike niche is om vir u’Baba te troos teen die wereld se wrede aanvalle op sy vlekkelose persona.

Nie Verbaas ·

Is dit nou waar dit eindig of gaan sy verder aangekla word? Hierdie persoon het eiehandig n reuse las op ons as belasting betalers gesit en die totale ondergang van SAL veroorsaak.

PH ·

Die persoon wat haar aangestel het, behoort dieselfde vonns te kry

Stofdonkie ·

Die regstelsel het weereens die land gefaal. Hoe is dit dat ‘n sakie soos die 3 jaar vat om afgehandel te word? SAL sou moontlik nog staan as die regstelsel effektief was. Alle prokureurs, advokate, regters, landrosse en enige ander persone in die regstelsel veroorsaak meer skade as wat hulle besef deur hulle gesloer met sake. Ons mag seker nie sê hulle is skelm nie, want dis al sake wat hulle wel vinnig sal afhandel. Daar is geen maar geen respek vir die reg nie.

JohanR ·

Rerig. Gee die saak vir Gerrie Nel en AfriForum, en laat hulle haar in die hof tot by Tant Sannie in die Kalahari ry! By die NVG sal dit nog in 2025 op Shamila Batohi se lessenaar le!

Gerhard ·

Ja ne, Shamila was darem baie vinnig in haar vervolging van Hansie Cronje destyds…ek wonder hoekom ? Het velkleur daarmee te doen ?

Kiewiet ·

16 Mijaard verloor? Aikona, gaan krap maar so n bietjie rond julle sal baie “versteekte geld” iewers kry. Ek wil dit waag om te se, dat daar bitter min, sogenaamde politici is, wie se hande skoon is. Daar is te min verantwoord baarheid in die regering om hulle te glo.

Kanjynoumeer ·

Ek het sommer spontaan begin hande klap en skree. Dankie Outa dat julle geregtigheid laat sëevier het. Doen so voort.

Frank ·

Vir ‘n volle drie jaar………. Maar nee, korrupsie is mos ‘n Westerse konsep!!!

Lizanda ·

Lekker!!!! Sy is een van vele, ek dink kopdoeke en die kleur………rooi.

Namib ·

So nou is daar vir haar twee opsies. Of ministerskap of aanstelling as ‘n ambassadeur in die buiteland.

Scalla ·

Ek is nou nie n regter nie, maar om bloot na die foto te kyk sou ek ook tot die gevolgtrekking gekom het en dit sou nie 3 jaar geduur het nie.

Chris ·

Nou wat nou? Wat gaan met haar gebeur.? Waarvoor gaan sy aanspreeklik gehou word. Haar straf sal seker wees sy mag nie roomys by die volgende paartie kry nie. Futiele oefening , tyd en geld mors om ‘n regstelse op die persoon af te dwing.

mattk ·

…. en volgende week word sy as ‘n raadgewer in die parlement of as minister aangestel.

Johan ·

Maar JacobRegop is mos nie meer daar om haar aan te stel nie?….

Riaan ·

Mnr Lees, wag net tot Sisulu haar aanstel, dan praat ons weer.

Karlahari ·

En die antie is ook op Centlec wat krag voorsiening vir Bloemfontein area hanteer se raad.
Hoe dit gebeur het sal net hulle weet.
Kry sy nou n golden hand shake?

Koos ·

Sy moet tronk toe vir al die miljarde wat onder haar weg is.In die regte lewe word dit witboortlie misdaad genoem en word jy toegesluit.Haar kleur skakering is egter van so ‘n aard dit sal nooit gebeur nie.

Emily ·

Jammer om te se, Maar alles waaraan hulle raak verander in teespoed. Kyk waar sit ons vandag. Sonder werk en word soos kinders en kriminele behandel.
Daar gaan niks van kom nie, Hulle mag doen, dink en se net wat hulle wil.

Marisa W ·

Vir net 3 jaar – die mense wat hulle werke en inkomste verloor het haal nooit weer in nie – die verbod moet lewenslank wees – wat het geword van tronkstraf vir diewe?

BoerSonderRoer ·

Wikipedia sê sy het ‘n onderwys en administrasie graad.

En dan die “money shot”, politieke party: ANC.

Jy moet net aan die regte sigaret in daai party suig en jy beheer die eens magtige SAL, van ontwerpers van die Boeing 747 se enjin tot as verbrand deur die ANC.

Kerneels ·

Ek hoop die NVG besluit om haar nie te vervolg nie, sodat Die Bulhond (Gerrie Nel) sy tande in daai sagte boudvleise van haar kan inslaan. Mag hy byt tot op die been, sommer die been ook middeldeur byt.

Magda ·

Hoop hulle neem dit verder om al of die meeste van daai geld en die wat saam met haar betrokke was en dalk nog is te vervolg. Die straf is NIE genoeg nie omdat sy na 3 jaar weer aansoek tot appel kan bring. Nou waarom is dit lewenslank genoem. Na 15 jaar sal dit dalk meer regverdig geklink het. Sy verdien om in die tronk gestop te word en die sleutel weg te gooi. .

Pieter J ·

Dudu is nie bekommerd oor die regter se uitspraak nie want die ANC het al klaar besluit sy sal gerehabiliteer wees na drie jaar en intussen sal hulle wel op ń manier vir haar sorg.

Jr ·

Moenie te bly wees nie Suid Afrika. DUDU MYENI coming to a PARLIAMENT AS A MINISTER NEAR YOU. COURTESY of the FELLOW’S SOCIETY OF CORRUPTORS OF THE CANCER PARTY. APPOINTED BY THE LINDIWE SISULU OR PHOEZA MANINGI DHLAMINI OR EVEN MRS KOPDOEK. UNITY IN CRIME MAKES YOU STRONGER

Boerkind ·

Is einlik maar hoe die ANC ook beoordeel moet word…. hoeveel skade het hulle die land net nie in ‘n kort tydperk berokken nie??

Sarel ·

Hoeoom.word niks gedoen om.die fondse watvsy wanbestee het te verhaal nie. Konfiskeer alle bates en die wat verantwoordelik was vir haar aanstelling moet ook aan diecpen ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.