Dudu Myeni ‘was magtig’, hoor Zondo-kommissie

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad en hoof van die Jacob Zuma-stigting, is R300 000 per maand deur Bosasa betaal aangesien sy “magtig en baie na aan” oudpres. Jacob Zuma was, het Angelo Agrizzi, gewese bedryfshoof van Bosasa, Maandag getuig.

ʼn Ontwerpershandsak van Louis Vuitton is gekoop en volgeprop met die R300 000 kontant wat vir die stigting bestem was. Die kontantoorhandigings het telkemale in die Sheraton-hotel en op die Bosasa-perseel gebeur, het Agrizzi in Johannesburg voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.

“Enkele kere was daar kontantbetalings…. Ek was bloot teenwoordig toe dit gebeur het. [Bosasa se uitvoerende hoof Gavin] Watson het die geld een keer oorhandig; ander kere was dit Trevor Mathenjwa [ʼn uitvoerende beampte van Bosasa]. Myeni was na aan die president en kon transaksies beïnvloed; sy was baie magtig,” het hy voor die kommissie getuig.

Myeni het die stigting gevra om bystand te verleen by geleenthede soos Zuma se verjaardagvierings. Myeni het ook veiligheidsopgraderings aan haar woning versoek, het Agrizzi gesê.

My vrou het voorgestel ons koop vir haar ʼn Louis Vuitton-handsak.

“Watson wou weet hoe ons Myeni kon beïndruk. My vrou het voorgestel ons koop vir haar ʼn Louis Vuitton-handsak. Watson het gesê hy hoop Myeni gee Zuma die geld, soos dit bedoel was.

“Sy was ingenome met die handsak. Sy het vir Watson gesê sy was in die wolke en verheug. ʼn Ruk later toe ek haar gesien het, het sy my persoonlik daarvoor bedank.”

Bosasa het volgens sy berekenings meer as R3,5 miljoen aan geleenthede vir die Jacob Zuma-stigting bestee, het Agrizzi gesê.

Hy het ʼn dankiesêbrief voorgelees wat Myeni onderteken het en waarin sy Bosasa bedank het dat hulle een van Zuma se verjaardagpartytjies gereël het.

Op dié vergadering het Watson vir Zuma R300 000 kontant gegee.

Agrizzi het gesê mettertyd het Watson begin wonder of Zuma regtig die kontant by Myeni gekry het. Hy het dit oorweeg om dit self af te lewer. Watson en nog ʼn Bosasa-beampte, Johannes Gumede, het ʼn vergadering met Zuma belê waar die kontantbetalings bespreek is. Op dié vergadering het Watson vir Zuma R300 000 kontant gegee.

“Watson wou seker maak Dudu vat nie die geld wat vir Zuma en die stigting bestem was nie,” het Agrizzi getuig. “Watson het hom gevra of hy die geld ontvang het en hy het ja gesê.”

Toe die Valke begin ondersoek instel na beweerde korrupsie by Bosasa, is Watson en Gumede na Nkandla, Zuma se woning in KwaZulu-Natal, waar die ondersoek bespreek is. Agrizzi het gesê Zuma het die twee besoekers vertel hy sal die Valk bel.

“Ek dink hy het sy woord gestand gedoen, want die Valke het Gumede later genader en ʼn ontmoeting met hom versoek.”

Intussen het ʼn merkbaar ontstoke Agrizzi uitgevaar teen berigte in die naweekpers dat hy sy paleisagtige woning in Johannesburg in die mark gesit het en van plan is om die land te verlaat en na Italië te verhuis.

Sunday Times het berig Agrizzi se huis is te koop, maar het dié bewering vinnig teruggetrek nadat navrae aan Agrizzi gestuur is rakende die verkoop van sy woning.

Agrizzi het aan die Zondo-kommissie gesê die berig is ongegrond en dat geen verslaggewer hom ooit om kommentaar genader het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Ja nee – Dudu was n wakker SAL voorste sitter wat onaantasbaar was en TE hoog gevlieg het op die belastingbetaler se onkoste. SAL se bedel-kultuur weens vermorsing ens het geblom in haar tyd en sy het gemaak wat sy wou. n Aparte ondersoek/kommissie is nodig om daai duur ampstermyn tot die been oop te vlek, plus haar rol in die Zuma (ont) Stigting!

Gert van Wierdapark ·

Hoor jul die magtige dreuning van SAL wie wiele al in klaas vakie se tyd afgekom/geruk is met ” geldige” te stigte besluite!

Sê maar net ·

Hmmmm, wonder net hoe lank Agrizzi nog gaan leef … Skat hy het ‘n paar nuwe vyande…

Anton X ·

Ek is al so gatvol vir lees oor kommissies van ondersoek. Daar kom dadels van. So waarom nog moeite doen om te berig daaroor.
Ek het eers graag op P(tr)aag gelees, maar vandat mense soos “sussie se vissie” se vuil taal die oorhand gekry het, is ek klaar met hulle.
Ek geniet Maroela, maar ai tog, mens moet net op eiers loop as jy kommentaar lewer of dit word nie geplaas nie. Kry tog net ‘n lewe. Kyk bietjie die kommentaar op Sowetan. Hulle vloek om ‘n matroos te laat bloos. En die argumente vloei.
Dis my laaste kommentaar op Maroela. Of julle dit plaas of nie, dit maak nie saak nie. Maar om te probeer oorleef deur altyd oor sensitief te wees, nee wat. Dis ons probleem. Ons bekke is stil gemaak. Met ander woorde, net soos P(tr)aag , sal julle seker ook mettertyd jul gat sien. Mens kan nie lou warm wees nie. Gaan lees maar in Openbaring. Jy moet standpunt inneem.
Groete

Karolis ·

Anton X, ek stem volkome met jou saam want ek ondervind dieselfde teenstand van sekere verslaggewers of moderators.

marco polo ·

Jip, selfde ervaring hier. Die politieke gedienstigheid maak my soms siek.

Daan Erasmus ·

Maroela Media het ‘n span wat dink hulle is joernaliste, maar is in der waarheid ‘n sensuur raad.

Nita ·

Afgryslik hoe daar met die belastingbetalers se swaarverdiende geld gemors is. Nou brand en toi-toi die agtergeblewenes omdat hulle nie ontvang het wat belowe is nie. Weer moet die belastingbetaler opdok om alles wat afgebreek is, weer te laat opbou.

PJC ·

Ek dink heelwat mense sal daarvan hou as Dudu op ń manier vas gevat word alhoewel dit nog op die oomblik lyk asof niks met haar gaan gebeur. Op die oomblik is haar smoel nog baie groot maar hopelik klap iemand dit nog op ń manier toe want sy hoort eintlik agter tralies.

Snowflake ·

Het al dit gese….. mag die Here ons genadig wees .. n pragtige land wie se leiers land en mens al op ons knie het waar alles uitmekaar val… so magsbehep en geldgierig dat land en mens geen punte tel nie…. gaan oor hulle… die kurruptes… wat n SKANDE!!! GEEN TROTS!!! Berigte soos die maak hulle net meer arrogant!!!! Gaan dit ooit na n punt toe beweeg???

Johan H. ·

Enigste andwoord as daar nog iets re redde is,,,tronk toe met die hele lot. Anders,belasting boikot!

jakes ·

Dudu was volgens berigte baie naby aan Zuma, in welke opsig? Was daar gunste betrokke? Asb, as sy die baas van SAL was, dan sou ek maklik Donald Trump se adjunk kon wees. Wat n skande,

Daan Erasmus ·

Maroela Media het ‘n span wat dink hulle is joernaliste, maar is in der waarheid ‘n sensuur raad. Groete

Alida ·

Ek donk daar is nou genoeg bewyse om die spul skelms vas te trap en tronk toe te stuur.

Hasie ·

Ek wonder of die Guptas en Watson mekaar ken. Lyk of hulle in kompetisie was, of was hulle dalk in vennotskap. Moes seker moeilik vir ou Zumpie gewees het om beide te kon help. Zumpie moet baie ryk wees, want Watson en die Guptas betaal en dan het hy nog sy salaris gekry, en al die toelaes vir sy 100 vroue. Jy sou kon geboer het met die man.

Ander Gert ·

Volgens Beeld se plakkate vanoggend noem Dudu nou vir Agrizzi ‘n “rassis”. If all else fails, play the race card!

Dit klink of Agrizzi van baie onreelmatighede weet wat onder sy bestuur gebeur het.

charmaine ·

Hoekom is die mense nog in hulle hoe stoele? hoekom nie hulle laat gaan sonder salaris tot hulle skuldig bevind word nie nou sit hulle daar en trek salaris en gee nou seker baie vining BOSASA geld uit?

christa ·

Daan ek stem saam met jou. Hulle plaas net wat hulle dink is reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.