Duduzane se aansoek om ontslag geweier

Duduzane Zuma en sy regsverteenwoordiger, adv. Mike Hellens SC, in die Randburg-landdroshof. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Randburg-landdroshof het Vrydag Duduzane Zuma se aansoek om ontslag teen die aanklag van strafbare manslag teen hom, van die hand gewys.

Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur in verband met ʼn ongeluk op 1 Februarie 2014 waarin Phumzile Dube dood is nadat Duduzane se luukse Porsche 911 met die minibus-taxi gebots het waarin sy gery het.

Adv. Mike Hellens (SC), Zuma se regsverteenwoordiger, het vroeër die week die aansoek om ontslag gebring en aangevoer dat die staat in gebreke gebly het om die klagte van strafbare manslag en nalatigheid te bewys. Volgens hom het die staat nie getuies of getuienis om op staat te maak om sy saak te bewys nie.

In sy aansoek om ontslag het hy gesê omdat die staat se saak swak is en daar nie gronde vir skuldigbevinding is nie, mag Duduzane nie opgeroep word om self te getuig nie. So ’n besluit sal volgens hom ongrondwetlik wees en ruimte skep dat Duduzane homself in die proses inkrimineer. “Die staat het niks en ons gaan nêrens met die saak nie,” het Hellens aangevoer.

Noudat die aansoek van die hand gewys is, sal die verhoor teen Zuma voortgaan.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ann ·

Hy gaan weereens wegkom sonder enige straf. Goed geleer by PA hoe om die regstelsel te misbruik.

PR ·

Witmense is sleg, maar prokureur en advokaat is wit, seker beste en duurste. Dudu z ry luukse Porche, veroorsaak dood van 2 persone in taxi. Alles dui op strafbare manslag. Ongelukkig in die regspraktyk werk advokate en prokureurs vir hul geld en sal alles doen om die skuldige los te kry, gewete speel geen rol nie.
Weer die vraag wat ek sommer beantwoord. As wit persoon die Porche bestuur het sou daar massas swart betogings by die landdroshof gewees het en aangedring het dat reg geskied.

Gollie ·

Die witman “worry “nie dis die geld wat praat.Gewete of te nie hy sal eendag daar voor sien.

Andreas ·

Ann, ek sien hy kyk so om na jou, ek dink hy het jou gehoor.

Cherokee ·

Ann, in bykans elke enkele berig waarin swartes van een of ander misdryf aangekla word, is daar onophoudelik dieselfde rympie van ‘hy gaan niks oorkom nie’. Ek, wat glo in ‘n geesteswêreld, wat weet dat daar meer dimensies bestaan as dit wat ons ken, wonder of julle nie dalk op ‘n manier krag voorsien aan julle wens dat ‘daar niks van gaan kom nie’.
Miskien moet ons, ons wense in ‘n ander rigting stuur ten einde positiewe reaksie te verwag.

Cherokee ·

Ek sou graag opinies wou uitlok met betrekking tot wat ek hierbo (ure gelede) gesê het. Of mag ek aanvaar dat almal met my saamstem? Dat ons nie meer gaan hoor ‘hy gaan niks oorkom’ of ‘daar gaan niks van kom nie’? Ek glo werklik ons moet positief ingestel wees.

Dell ·

Ag mag daar van hom ‘n voorbeeld gemaak word, om die vertroue in ons howe te herstel.

Lana ·

Cherokee, jy is 100% reg!!
Met die regte ingesteldheid en positiewe energie het mens reeds die helfte gewen.

Joe ·

Vra ek ook! Hul het self nie eens confidence in die belaglike BEE system nie. Gebruik ALTYD n blanke man.

Nettie ·

Omgekeerde rassisme. Sien, die Afrikane skree “rassisme” en “Apartheid” oral waar hul kom en in alles wat hul doen. Maar as hulle “parp” of tekort ly, dan is die witman baie goed om nader te hark om die kaiings uit die vuur te krap vir hulle.

ne ·

Sien is glo. Hy sal wegkom soder straf. Maar daar is nog staatskaping wat voorlê. Dan sal hy seker saam met jz weer onskuldig pleit.

Why? ·

Aai, wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom die aanklag van die ander persoon wat ook dood is agv. Dudu se toedoen, weg gelaat is. Daardie persoon is ook dood agv. van Dudu se optrede. Maar dit tel nie, hoekom? Gerrie Nel, help asb.
Ek verstaan nie.

Dries du Toit ·

Hoe op dese aarde kan jy jouself inkrimineer as jy dan onskuldig is.???

Paaries ·

Dit kos geld om iemand te verhoor. Los tog nou die die hele skyn verhoor sodat ons belasting betalers nie hoef te betaal vir die onskuldigbevinding nie. Wie probeer hulle in elkgeval flous?

Tanya ·

Ja nee kyk ek het allez hoor gelees nou se ek niks nie totsien ZA hello ?????

Michael ·

Laat ek julle nou se As jy besigheid met die ANC wil doen moet jy kurupt wees of geen deals vir jou. Nou as jy besigheid met die Zumas wil doen moet jy Super kurupt wees . Waar in de ewigheid sal hulle gebruik maak van n wit man se dienste met hulle BEE beleid. So hierdie Prokureurs laat my nou baie aan Gavin Watson dink (KURUPT)

JJ ·

Snaaks hoe al hierde BEE voorstanders en Black Lawyers ens nooit gebruik maak van dit nie, maar tog altyd n blanke as regsverteenwoordige gebruik.

Ben ·

Die probleem is dat die “Wit” man omkoop baar is veral prokureurs en advokate. Geld praat harder as eerlikheid. Meeste van die “Wit” man dien vir Mammon. As jy vir Mammon dien sal jou vyande jou oorkom en regeer. JJ het ‘n interessante punt daar beet.

Willie ·

Advokaat en prokureer is maar nes n tweedehandse kar verkoopsman…

Ouma ·

Advokate en prokureurs werk met feite op die tafel. As die ondersoeke nie behoorlik gedoen is tydens die ongeluk nie, is dit on/gelukkig waarmee hulle moet werk. Ons is almal bewus van die swak ondersoekwerk in ons land deur die SAP Dan is daar ongelukkig diegene wat ook omgekoop kan word. (Beslis nie almal in die SAP is hieraan skuldig nie). As gevolg van tegniese punte in ‘n hofsaak, het baie skuldiges al nét voor die tronkdeur omgedraai.

Bietjie baie ·

Julle ken die storie van “Die ryk man en Lazarus”.
Die ryk man kan skotvry wegstap omdat sy geld mense kan koop.
Maar daar is n laaste ‘Hekkie’ wat vir hom voorlê. Gaan hy daardeur gelaat word. ?? Dis baie moeilik vir n kameel om deur die oog van naald te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.