Duduzane terug in die hof

Duduzane Zuma (in die grys baadjie) langs sy pa, Jacob Zuma, in die hof. Foto: Lindi Masinga/ANA

Die saak teen voormalige pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, is Donderdag in die Randburg-landdroshof uitgestel om die verdediging geleentheid te gee om al die dokumentasie in die saak te bestudeer.

Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê die dokumentasie is eers verlede week aan die verdediging verskaf. Zuma se regspan het aan landdros Heide Barnard gesê hulle sal op 26 Oktober gereed wees om voort te gaan.

Duduzane staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag en ʼn bykomende aanklag van nalatige bestuur. Jacob Zuma het langs sy seun gesit tydens die vlugtige hofverrigtinge.

Phumzile Dube is in Februarie 2014 dood toe Duduzane se Porsche gebots het met die taxi waarin sy ʼn insittende was. Nog ʼn passasier, Nanki Jeanette Mashaba‚ wat in die ongeluk beseer is, is ʼn paar weke later oorlede.

Die saak is Donderdag tot Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Dis tyd dat die regter sy voet neersit… genoeg uitstel…

Afrikaanse Knaap ·

As mens ‘n volwassene is kan jou pa jou nie help met die gereg nie. Hy kan verseker vir jou ‘n tender of 70 organiseer om ‘n Porche te koop wat jy geensins verdien nie, maar hy kan nie die feit dat jy 2 mense se dood veroorsaak het weg vee nie. My dank aan AfriForum wat staan vir gelykheid voor die gereg.

Naja Nivea ·

Waar is die ANC Vrouelige dan ter ondersteuning dat geregtigheid geskied? Dit is mos twee dames wat vermoor is?

Afrikaanse Knaap ·

Ek kon myself nie ‘n beter vraag gevra het nie.

netso ·

Hoekom is hy nie toegesluit nie ? Wat moet 4 jaar vat om nog tyd te mors? Dis weer dubbel-standarde grap man!

leser ·

jip, nou het hy baie tyd om voete in die wind te slaan en verdwyn
26 oktober 2018 is nog vêr en hy kan baie vêrder wees, paspoort of nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.