Duduzane Zuma dán in hof oor noodlottige ongeluk

Duduzane Zuma. Foto: Twitter

Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, verskyn later vandeesmaand in die Randburg-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

Phindi Mjondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig Zuma moet op 12 Julie in die hof verskyn.

Die NVG het in April bekend gemaak dat hy Zuma jr. vir strafbare manslag gaan vervolg. Dit kom nadat die NVG aanvanklik besluit het om Zuma nié in verband met ’n noodlottige motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng te vervolg nie.

Zuma het met sy Porsche teen ʼn minibustaxi gebots. Phumzile Dube (30) is dood en nog twee mense, ʼn 72-jarige vrou en die taxibestuurder, is kritiek in dié ongeluk beseer. Die geregtelike ondersoek wat daarna plaasgevind het, het bevind Zuma was nalatig en dat hy vir strafbare manslag vervolg kan word. Die NVG het egter daarna besluit om hom nie te vervolg nie.

AfriForum het egter in Oktober 2017 aangekondig dat adv. Gerrie Nel en sy eenheid Zuma privaat wil vervolg. Die eenheid het namens die Dube-familie ʼn skrywe aan die NVG gerig om aansoek te doen vir ʼn nolle prosequi-sertifikaat sodat private vervolging gedoen kon word, waarna die NVG besluit het om Zuma wel te vervolg.

Kallie Kriel, Gerrie Nel en lede van Dube se familie. Foto: Maroela Media

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër die NVG se besluit om Zuma wel te vervolg as ʼn oorwinning vir Nel se private vervolgingseenheid beskryf.

“Die druk was op die NVG en dit lyk of hulle besluit het dit sal eier op die gesig wees as hulle nie hul werk doen nie, daarom het hulle besluit om Duduzane eerder self te vervolg.”

Kriel reken die groot vraag is of die NVG wel vir Zuma sou vervolg het as Nel en AfriForum se eenheid vir private vervolgings nie daar was nie. “Ek dink die antwoord is doodeenvoudig nee.”

Hy sê die verloop van Zuma se saak is ʼn bewys waarom daar ruimte vir private vervolging geskep moet word. “Selfs in gevalle waar private vervolging dan nie plaasvind nie, plaas dit druk op die NVG om hul werk te doen.”

Die besluit om Zuma wel te vervolg is volgens Kriel ook ’n oorwinning vir die Dube-familie, wat nou uiteindelik ná meer as vier jaar sal kan sien dat geregtigheid geskied. Kriel het die Dube-familie geloof vir hul bereidwilligheid om aan te dring dat vervolging plaasvind en het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die familie in dié saak by te staan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Ek was onder die indruk hy het die land verlaat.
Dankbaar dat hy opgehaal het vir die konsert.

Thinus Oosthuizen ·

Die NVG maak egter seker dat Zuma beskerm word en maak n onwettige gratifikasie aan Zuma itv Art. 2 tot 8 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie Wet 12 van 2004 nadat hulle, die NVG, ingemeng het met die Regsproses waar hulle medepligtige geword het, Art 21 van genoemde Wet

wraggies ·

Sooooo, as Afriforum nie vir ‘n private vervolging aansoek gedoen het nie sou die NVG dit goed gedink om nie klein Zuma te vervolg nie, wat sê dit vir ‘n mens behalwe dat hulle korrup en onder die invloed van politici is. Lyk my hierdie druk en manier van dinge doen begin vrugte afwerp, goed gedaan.

Judge Dredd ·

Probleem is nou gaan die NVG die swakste moontlike staats aanklaer kry om die saak te verloor.

JM ·

Net omdat sy van Zuma is wou hulle hom nie vervolg nie, nou sal geregtigheid seë vier. Dankie Gerrie

Antoinette ·

Met ‘n Porche nogal. Watse werk doen hy? Die meeste werkende jongmense wat ek ken is gelukkig met ‘n Golf en Tazz of enige ouerige model voertuig totdat hulle beter kan bekostig.

Chris du preez ·

Die NVG gaan al hierdie sake wat hulle nou op vervolging besluit het insluitende chief Zuma sn seker maak hulle verloor dit. Dan is die vervolging gedoen en Abrahams se vriende kom skotvry.

Johan ·

Chris, ja is waarskynlik en ongelukkig reg.

Die NVG het hulself mos al in die verlede as totaal “selektief” onbevoeg bewys.

Maar laat ek nou iets verkeerds doen. Dan is die NVG weer ‘n bewys van professionalisme !!

Anoniem ·

Hoe kan seker gemaak word dat die NVG hul werk ordentlik doen? Dit help mos nie die aanklaer doen halfhartige werk, en die knaap kom skotvry daravan af nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.