Duduzane Zuma: ‘Ek is as gesig van korrupsie beskou’

Duduzane Zuma. Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency(ANA)

Die seun van oudpres. Jacob Zuma het aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy is as die “gesig van korrupsie” beskou en is in ʼn politieke storm vasgevang.

Duduzane Zuma het Dinsdag tydens sy tweede dag van getuienis voor die kommissie gesê hy is onregverdig uitgebeeld en kry nou die eerste keer die geleentheid om sy weergawe te gee van bewerings van korrupsie wat hom al jare lank volg.

“Ek word beskou as ʼn misdadiger, as die gesig van korrupsie, hierdie persoon wat die land van biljoene geplunder het – en dit is nie die geval nie. Ek wil net graag aan die publiek sê dat ek nie korrup is nie, geen geld vat nie, nooit het en nooit sal nie; dit is nie ék nie,” het Zuma gesê.

Volgens hom is hy ongelukkig in ʼn politieke storm vasgevang. Die 35-jarige Zuma is ʼn sakevennoot van die Gupta-familie wat glo kontrakte van miljarde rande by verskeie staatsentiteite gekry het danksy hul verhouding met Zuma en sy pa. Die kontrakte is toegeken terwyl Jacob Zuma president was.

Die Gupta-familie word daarvan beskuldig dat hulle plaaslike en internasionale maatskappye gebruik het om winste na die buiteland te verskuif, omkoopgeld betaal het en ʼn skaduregering in Suid-Afrika bedryf het.

Die Guptas was glo so invloedryk dat hulle nie net vooraf van nuwe ministeriële aanstellings geweet het nie, maar glo vir Jacob Zuma gesê het wie om aan te stel.

Duduzane Zuma is die geleentheid gegee om voor die kommissie te getuig nadat hy by talle beweerde korrupte aktiwiteite betrek is. Hy voer egter aan die beweegrede dat hy korrup is, word deur die media gedryf.

“Ek is nie korrup nie. Ek het geen geld van enigiemand gevat nie en sal ook nooit nie.”

Die getuienisleier, adv. Philip Mokoena, het Zuma vroeër uitgevra oor ʼn vergadering in Oktober 2015. Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, beweer hy is deur Zuma na die Guptas se herehuis in Saxonwold geneem en omkoopgeld aangebied om die pos van minister van finansies te aanvaar.

Volgens Jonas was daar egter sekere voorwaardes soos dat hy druk moet plaas vir die bespoediging van ʼn kernkragooreenkoms. Daar is glo aan hom gesê dat Nhlanhla Nene afgedank sal word. Nene is toe in Desember 2015 die trekpas gegee en deur Des van Rooyen vervang. Van Rooyen is egter dae later deur Pravin Gordhan vervang.

Duduzane Zuma en Jonas se weergawes van die gebeure verskil egter wesenlik. Die enigste konsekwente faktor is dat albei bevestig het die vergadering het wel plaasgevind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Anoniem ·

Nou kan jy meer. Die ou sit nou en lieg sonder om te bloos. Askuus hy kan nie bloos

Johan ·

Die Guptas se bedrywighede is deurspek met korrupsie en oneerlikheid. Zuma’tjie is sekerlik misbruik as tussenganger maar hy moes besliste voordeel getrek het.

Jerry ·

Terwyl korporatiewe instellings veldtogte loods om mense te oortuig dat hulle positief moet wees oor gebeure in SA en nie emigreer nie, reken ek dat dit dan nou ook vir Duduzane insluit. Ek voel dus baie jammer vir hom dat hy valslik deur Jonas en die NVG van staatskaping korrupsie beskuldig is. Ek hoop Duduzane maak sommer baie geld uit die staat (belastingbetaler) uit vir die onregmatige vervolging en naambeswaddering wat hy moes verduur. Die feit dat hy nie in SA, maar in Dubai in weelde leef is maar bloot toevallig en bewys eintlik dat hy geteiken word en n slagoffer van die ware korruptes is, die NVG wat hom wil vervolg. “NPA must fall”, “Duduzane for president”!

Etienne A ·

Kry homself nou baie jammer. Suiker kan nie in sy mond smelt nie.

Waarheid ·

Kry vir jou !
Jy sal verewig die gesig van korrupsie wees want dit is waar!!

bertie ·

Duduzane Jy het jouself paar keer weerspreek tydens die kruisondervraging; jy is net soos jou pa. Skelm gebore en dan LIEG jy nog. Hoe vlak vat jy ons? ek hoop hulle sluit jou ook toe.

Neels ·

Hy lieg nie vertel net die waarheid deur sy oe gesien . Selfverryking en korrupsie is n westerse begrip komende van sy Dad. Ou Duds daai label is daar en jy gaan nie maklik onder dit uitkom nie. Miskien sal jy deur een van twee maniere te volg nl; se koebaai na Dubai of gaan ondergronds met n groot seremonie

Heksie ·

Genoeg tyd gehad om jou liegstories agtermekaar te kry, aardjie na sy vaarjie

emily ·

JA JA JA En die ander is ook nie korrup nie, dis hoekom alles in die land vlot verloop.
Nee wat vir sommiges is dit nie n probleem om onder eed te lieg nie.
Dis net jammer julle kom weg met Alles.

Ha ha ha ·

Groot grap is hy en sy pappie is te slim vir die hele regering en al sy onbevoegde instellings, polisie, kuikensquad (Hawks) en NVG ingesluit.

PJ ·

En het die kuikensquad nie gekke van hulleself gemaak toe hulle met groot fanfare ( hoor die woord gereeld gebruik word in Afr Anglisisme) die guptas se motors gaan haal het net om hulle n paar weke later terug te vat wat n GRAP!!!! Lag myself n papie he he he

MV ·

Dudu, jy lieg nes jou Pa. Julle lieg onder eed sonder om ‘n oog te knik. SIES VIR JULLE!!! Julle dag sal nog kom, eendag op ‘n reen dag wanneer die perde horings kry. Jou nar.

Genieve ·

Deur hulle soort mense is ons land in armoede..like father like son en dan kom hulle niks oor nie.

Swapie ·

Onskuldig? Pappa se seuntjie en Guptas se slaaf! Verraai sy eie mense vir geld.

Robert ·

As jy regtig bekommerd was oor jou naam dan sou jy alles in jou vermoe gedoen het om die OB te nader om jou saak te stel selfs al moes jy van oorsee tydelik terugkom, maar dis mos altyd ander mense se skuld en dan is jou regs span nogal tevrede daarmee, lekker geld gemaak uit jou.

WESKUS NOOI ·

Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op, sê die spreekwoord!

Kyk net wie is jou vriende, boet!!!

Michael P ·

Nou toe nou het hy dan enige iets anders verwag.op sy voorkop staan groot geskryf KURUPSIE.

Tilla ·

Hy het seker nog nooit gehoor van Aardjie na sy vaartjie. of follow the leader

LS ·

Ek moet sê die man se getuienis is waaragtig so geloofwaardig dat dit kop en skouers uitstaan bo enige van die ander getuienisse wat tot dusver voor die kommissie verskyn het…..na 170 dae die enigste een wat met die waarheid uitkom……..Viva….Viva in die land van heuning en gestroop!!

K P ·

Die zondo kommissie maak vir my geen sin. Jy kan lieg voor hulle soveel as jy wil en niemand ondervra jou of dit die waarheid is. Wat n klug

remondo ·

altyd onskuldig ………………………………………………………….

hannes dumas ·

Hanekom het sy pa hof toe gevat vir naamskending. Hoekom het hy nie vir Jonas hof toe gevat nie. Sy storie sal nie in n hof geglo word nie. Hierdie keer is dit nie manslag nie

Swannie ·

Hierdie Zondo (sonde-haha) kommissie sal NOOIT klaarkry met hul werk nie, gegewe die tyd wat Duduzane gegun word om net twak te gorrel die heeltyd.

Waarom word hy nie stilgemaak en onder kruisverhoor geneem nie ?

Ag sorry, ek het vergeet, hoe langer die kommissie aanhou hoe meer salaris verdien die personeel. Ai, dat ek nou so vergeetagtig kan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.