Duduzane Zuma in enkelboeie in hof

Duduzane Zuma. Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma, voormalige pres. Jacob Zuma se seun, het Maandag in enkelboeie by die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn.

Zuma het vlugtig verskyn op aanklag van korrupsie. Hy is borgtog van R100 000 toegestaan en die saak is tot 24 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die staat het nie die verdediging se aansoek om borgtog teengestaan nie.

Zuma, wat reeds maande uit die land is, word daarvan beskuldig dat hy glo destyds vir Mcebisi Jonas, toe minister van finansies, omkoopgeld van R600 miljoen aangebied het.

Die staat voer aan dat Zuma en sy sakevennote, die Gupta-broers, ʼn plan beraam het om Jonas te oortuig om opdragte van hulle uit te voer deur vir hom omkoopgeld aan te bied.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het verlede week na Suid-Afrika gereis om Saterdag sy broer, Vusi Nhlakanipho, se begrafnis by te woon nadat Vusi op 1 Julie aan lupus in die Milpark-hospitaal dood is. Vusi is verlede naweek in die West Park-begraafplaas begrawe.

Zuma is Donderdag vlugtig met sy aankoms op die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park deur die Valke aangehou.

Hy moes Maandag sy paspoort oorhandig as deel van sy borgtogvoorwaardes.

Ajay en Atul Gupta is maande gelede landuit en het nog nie weer teruggekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Danie ·

Ek dink nie dit is nodig om te sê oud president Jacob nie. Ek dink nie daar is enige president, sover in elk geval, wat meer skade aan Suid-Afrika aangerig het as hy nie. Hy sal altyd daarvoor onthou word.

Sover is hy in elk geval die ergste. Maar ons sal maar moet sien hoe vinnig hy deur sy opvolger onttroon word.

Annabel ·

Ek stem nie heeltemal met jou saam nie, ek weet darem nie of hy die HEEL meeste skade aangerig het nie. Alhoewel ek dink dat enige iemand met ‘n bietjie gesonde verstand nie sal kan ontken dat hy vreeslike skade aangerig het in sy tyd as president nie, moet ons witmense ophou om te ontken dat die gevolge van apartheid baie langer as 24 jaar nog sal voortduur. Baie van wat nou aan die gang is in hierdie land is as gevolg van jare se onderdrukking en 24 jaar is werklik ‘n druppel in die emmer. Dit is darem regtig te maklik om nou alle blaam te plaas op die ANC vir alles wat al ooit in die land skeefgeloop het en dit is ook te maklik om te sê ‘kom oor dit, dit is al 24 jaar’. Ek is bevrees dat daar nie ‘n eenvoudige oplossing is nie, maar dit is darem te maklik om alles op Jacob Zuma te blameer wat in hierdie land verkeerd is, maak nie saak hoe baie hy verkeerd gedoen het nie.

Natan ·

Zuma en die ANC se skade is enorm, erger as apartheid. Dit is ‘n fabel om te dink dat die ANC teen apartheid geveg het. Dit was net die gemeenskaplike sondebok. Die visier was op die land se rykdom. Al die ANC se steunbasisse kripeer van die armoede en na 24-jaar het daar in hul steunbasisse nie veel ekonomies gebeur nie, net al die tradisionele leiers kry salarisse en voertuie, eintlik omkoopgeld. So bly die ANC aan bewind, plunder verder en maak almal armer in ‘n misdadige, kommunistiese bestel.

Wel wel ·

Annabel, met afsonderlikke ontwikkeling
was daar NIKS verkeerd nie. Die voor 1994 regering se bedoeling was om elke volk en nasie die reg te gee om hulle eie heil uit te werk en hulle eie selfbeskikking te bepaal die tuislande het maandeliks miljoene rand waarvoor hulle nie n finger veroer het nie ontvang. (Ek wonder wat daarvan geword het?) Met die koms van die 1994 anc regering was dit n vloek woord en is dit apartheid genoem. Die vraag is, hoekom kon die sogenaamde tuisland leiers nie hulle volke tot selfbeskikking ly nie? Werk dit vir jouself uit. Nee ek is jammer, maar ek stem nie met jou saam nie.

Cherokee ·

Ek hou van wat jy sê, Wel, wel. En ek hou van die manier waarop jy dit sê. Net een regstelling, hulle ly tòg hul volke tot selfbeskikking. Dit is waarom daar soveel boikotte is. Hulle was veronderstel om hul volke daarheen te lei.

Paul ·

En die Koning van die Zulu’s met sy dreigement oor afstigting, om eie volkstaat te stig, het die gedagtes darem so klomp jaar teruggevat, daar in die 60’s. Wel hy het gedreig om die hele KwaZulu-Natal af te stig, so daar sou blanks en Indiers ook in die land wees.

Paul ·

Annabel, jy raai, jy praat sommer uit die vuis en op gevoel af, wat die mense wil hoor, sonder konkrete bewyse. Jy vergeet van swart onderwys waarin die ou regering belê het, en vele meer. Ek kom uit daardie era . As jy daardie wat jy sê kan staaf met voorbeelde en met statistiek, dan sal ek jou glo.

wraggies ·

Watse verdere ondersoek kan nodig wees, staat/NVG al twee jaar besig met die saak, hoekom is dinge altyd so lank uitgestel.

Zumie ·

Vir my staan die volgende uit soos ‘n seer duim…
Toe Zuma in beheer is word sy seun nie vervolg deur die NVG nie …
Hy verloor sy pos en met behulp van druk van oa Afriforum in die volgende era word hy vervolg..
Wat se dit van die vervolgingsgesag…….”his Master’s voice” …. of hoe…

Grassie ·

Die wiel van geregtigheid draai stadig maar hy draai seker.

Eish ·

Hoog tyd!
Wat het hom oortuig om terug te keer?
Die klagte van strafbare manslag wag ook.
Dan, staatskaping!

Sy broer ·

Hy wou/ moes sy broer se begrafnis by woon. Want so Zupta party kan mens nie mis nie, al land jy in die tronk daarna.

tamboti ·

Voetboeie! Komaan dit is verregaande, vir korupsie of bedrog. Dit gaan net die meriete van die saak benadeel, daar is vele moordenaars, rowers en verkragter wat nie in voetboeie hof toe geneem word nie.
Dit was net publieke vertoon.

volla ·

Stem saam, ek wou al lankal die opmerking maak. Lyk my enige aangehoudende ongeag gevaarlik of nie word deesdae geboei. Vicky Momberg was ook geboei. Dis twak, lyk meer soos intimidasie deur die polisie of om die persoon verder te verneder.

Jerry ·

Die arrestasie, verskyning, uitstel en borgtog was vooraf beplan en gereel. Ek hoop regtig nie dat die owerhede besig is om Suid Afrikaners n rat voor die oe te draai met toneelspel nie.

Eish ·

Weereens, glad nie vergesog nie, inteendeel heel waarskynlik.

Gestremde ·

Het nie geweet of ek moes lag of huil nie. Hoe kan die man borg kry as hy ‘n voortvlugtende was en saam met die Guptas uit die land verdwyn het? Wow en vir R 600 miljoen se bedrog ‘n R100 000 boete. Misdaad betaal definitief in SA. Die land verdien ROMMELSTATUS en hoop die afgraderings volg ooreenstemmend.

Theresa ·

Slaan mens dronk waarom die saak uitgestel word.
Bewyse mos klaar verkry!
Ja wat die voetboeie is seker bietjie oordadig. Maar hoe weet ons wat nie daar is nie?

What a joke! ·

Sodat dit hul genoeg tyd gee om nog loopholes op te soek…

Anoniem ·

Wat is die kans dat hy op 24 Januarie 2019 by die hof sal opdaag?

Ek is bly sy paspoort is ingeneem. Hoop hy moet elke uur by die polisiestasie aanmeld as deel van sy borgvoorwaardes. Ek het bitter min vertroue dat hy in die land gaan bly.

Ek stem ·

Ek stem 100% met jou saam, ‘n man wat sulke dinge doen, koop maklik ‘n paspoort, ek hoop regtig hy moet soos elke dag aanmeld en alle lughawens word verwittig. Dit is verregaande net 100 000.00, hierdie Zumguptatjie, speel groot geld. As hy nie vir broers se begrafnis gekom het nie, het SA nou nog op hom gewag.

zoom zoom ·

Anoniem. Met ‘n goeie vriend van die Zuptas en Guptas weereens in beheer van binnelandsesake sal ek nie verbaas wees as so ‘n passella paspoort iewerste gaan uitpop. En met skapie wat in beheer is van die NVG gaan dinge nog jare gerek word.

Ai ·

@Eish .
Duduzane was in SA vir sy broer Vusi se begrafnis, toe hy aangekeer is- lees ek.
Volgens die Politieke ontleder Piet Croukamp (Beeld 9 Julie) gaan daar weinig van kom van die korrupsie-klag teen hom.Bladsy 2 verwys.

Eish ·

Baie dankie, dan het ons die antwoord.
Dit is geleë in die klagte wat niks van gaan kom nie en nie die begrafnis nie.
Gedink dis te goed om waar te wees.

Vermeendes ·

Hierdie is maat net deel van daai magspel tussen die ANC en Zuma, hou die spasie dop, hierdie saak sal voor die verkiesing prominent in die nuus wees sodat die ANC die maksimum voordeel kan trek uit Zuma se korrupsie wat hulle toe gelaat het.
Hierdie saak en grond onteiening gaan vir die ANC die verkiesing op n goue skinkbord gee.

Johan H. ·

Hulle sal sloer so lank moontlik, Hy sal nooiet die binnekant van n sel sien nie,,, Verkiessing moet eers verby anders maak hulle dalk n paar kwaad,en verloor stemme… Lagwekkend man,, maar die is darm n tree in die regte reigting..

Jan ·

Hy gaan nie n paspoort benodig sy tipe gaan uit die land gevlieg word , sonder dat n haan daarna kraai….
.hou mooi dop as ons hoor is weg

Francois Joubert ·

MM. Pravin Gordan was die minister van finansies en Jonas die adjunk. Die omkoop doel was om Jonas die minister te maak en tesame met 600 miljoen moes hy dan die Guptas help.

Joshua ·

Shaun Abrahams sal Dudezane los kry soos hy sy pappie ook gaan loskry-hierdie is n in-oefening vir pappa Jacob se hofsaak.

Adam ·

Hoop net Waterkloof lughawe word beter opgpas as met die Guptas troue

Natan ·

Zuma en die ANC se skade is enorm, erger as apartheid. Dit is ‘n fabel om te dink dat die ANC teen apartheid geveg het. Dit was net die gemeenskaplike sondebok. Die visier was op die land se rykdom. Al die ANC se steunbasisse kripeer van die armoede en na 24-jaar het daar in hul steunbasisse nie veel ekonomies gebeur nie, net al die tradisionele leiers kry salarisse en voertuie, eintlik omkoopgeld. So bly die ANC aan bewind, plunder verder en maak almal armer in ‘n misdadige, kommunistiese bestel.

Blondie ·

Hy is mos nie in die “finger-pointing busness” nie. Hopelik sal hy nou baie meer as net een keer dink ook sy dade…… “it just crossed my mind”

Koos de Meyer. ·

Miskien is Annabel ook ANC daarom wil sy nie erken dat hulle al ons munisipaleteite bankrot gemaak het nie. Van dat hulle oorgeneem het het hulle ons land in die afgrond in. Al die moorde, verkragtings, anargie is seker ook apartheid se skuld. Party mense loop met oog klappe op. En wat die vorige een betref. Die swakstes wat ons nog ge had het. Hy het hom self verryk en so korrup ten koste van ons.

Afrikaanse Knaap ·

Daai familie gaan nie gou vrede he nie.
Die Bybel verlang ons moet altyd vrede soek.

Elle ·

@Adam.
Ek wonder juis hoekom daar so baie aktiwiteit is bo/ by Waterkloof-lughawe vanmiddag.
Meer as gewoonlik…

Koos de Meyer. ·

Vicki Momberg was in voet boeie net omdat sy daardie goue woord gesê het. Hy is betrokke by staatskaping, bedrog en korrupsie so laat hy maar vir hom kry met voet boeie en al. Aartjie na sy vaatjie.

Koos de Meyer. ·

Vicki Momberg was in voet boeie net omdat sy daardie goue woord gesê het. Hy is betrokke by staatskaping, bedrog en korrupsie so laat hy maar vir hom kry met voet boeie en al. Aartjie na sy vaartjie.

Paul ·

Jy praat van voetboeie, dis ook soos ek dit ook het. Maar toe ek die opskrif van Maroela hier bo die eerste keer lees, en daar staan “enkelboeie”, toe is my kop se effe agter, want ek sien toe ‘n enkele boei waarmeer hy in toom gehou word. Wel as mens nou tegnies wil wees, dan word sy voete nie geboei nie, ook nie sy enkels nie, so wat sal die regte terme dan wees; dalk onderbeenboeie?

Die Skim ·

Die voet boeie is n grap – slegs aan gehoudendes word in voet boeie by n hof aangebring

John Samuel ·

Maar Natuurlik sal die staat nie borgtog teenstaan nie – hy is dan een van die anc-gabbas!!

Sy paspoort ingehandig – ek wed geld dat teen 24 Januarie is Duduzane laaankal terug in sy Dubai wooneenheid.

LHS ·

Hy sal op alle aanklagtes onskuldig bewys word wat dan volkome steun sal verleen om die groot skuldige ook onskuldig te laat uitloop. Alles mooi beplan en uitgewerk. Met die kamstige oordrewe aansit van boeie om dit soooo eg en erstig te laat lyk het hulle die hele komplot uitgewys. Hoe stupid dink hierdie mense is ons as gewone publiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.