Duduzane Zuma pleit onskuldig

Duduzane Zuma kom by die hof aan. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het vandag in die Randburgse landdroshof onskuldig gepleit op ʼn aanklag van strafbare manslag.

Maroela Media het vroeër berig Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het aan die begin van die hofverrigtinge gesê een klag van strafbare manslag is laat vaar nadat ’n verslag van ’n patoloog getoon het dat Nanki Mashaba, een van die oorledenes, aan natuurlike oorsake dood is.

Phumzile Dube, die ander passasier, is dood in die motorongeluk wat in Februarie 2014 naby die Grayston-afrit plaasgevind het. Zuma het met sy Porsche 911 teen die vol minibus-taxi met insittendes gebots.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. te vervolg nie, maar nadat AfriForum se private vervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer. Elias Maangwale, ondersoeker van AfriForum se private vervolgingseenheid, het Dube se familie vandag by die hof bygestaan.

Zuma is vandag deur adv. Mike Hellens (SC) verteenwoordig. Hy het by die aanvang van die saak ’n beëdigde verklaring ingedien waarin Zuma aanvoer dat hy terwyl hy op die betrokke dag op die pad gery het, ’n waterplas getref het wat hy nie gesien het nie. Dit het gereën en hy het beheer oor die voertuig verloor.

Hy voer aan dat hy ná die ongeluk verdere navorsing gedoen en ondersoek ingestel het, wat daarop gedui het dat die betrokke Porsche 911-model wat Zuma besit geneig is om in reënweer te gly. Dit word ook aan die ligte gewig en breë bande van die voertuig toegeskryf.

Hellens het artikels oor die meganiese en ander eienskappe van die voertuig ingehandig en die hof meegedeel dat Porsche-vervaardigers die probleem erken het en daarom aanpassings gemaak het aan ’n nuwe model wat vanjaar uitkom en juis aangepas is om reënweer beter te hanteer.

Nthombi Nkumalo, ’n werknemer van die SA Weerburo, was die staat se eerste getuie en het oor die weer en reën op die betrokke tyd getuig. Hy het gesê dit is nie moontlik om te sê hoeveel water daar op die hoofweg was waar die ongeluk gebeur het nie. Die naaste weerburokantoor is 3,6 km van waar die ongeluk gebeur het en dit is nie moontlik om te sê of dit oral ewe veel gereën het nie.

Jacques Cronjé, besturende motorhandelaar van Porsche Johannesburg, het ook getuig. Hy het verduidelik dat die Porsche 911 4×4 onder normale omstandighede baie stabiel en veilig is. Hy het aan die hand van ’n persoonlike ervaring met sy eie motor gesê dit is moontlik om ’n gebrek aan beheer te voel wanneer daar teen sowat 70 km/h deur water gery word. Hy het egter gesê dit is nie moontlik om te sê wat in ’n bepaalde situasie gebeur nie omdat baie faktore in ag geneem moet word. Hy het ook inligting gegee rondom die herstelwerk en dienste wat aan Zuma se motor gedoen is.

Die saak is ná middagete voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stoffie ·

laat hom loop, wie gee om? Hulle gee nie om vir ons nie .. die wet gee nie om vir ons nie . so hoekom wil julle hom nou aankla? Hy is mos agv sy geboorte ONSKULDIG soos sy pa wat NIKS oorgekom het na al die 80+ klagtes teen hom nie .. gaaaaaaaaaaap~!~ julle mors julle geld.

? leser ·

moenie meer worry as jy mense doodry nie, gee die vervaardiger en die bande, pad, omstandighede die skuld, maak net seker dat jy swart klere aan het
sorg net dat jou verdediging baie goeie verskonings aanmekaar flans

? BELAGLIK ?

Ida ·

Die Porch maatskappy maak hulself oop vir n eis teen hulle as die probleem van hierdie ongeluk van die voertuig se kant kom. As ek die familie is dagvaar ek Porsche dan. Iemand moet skuldig wees. Ongelukke gebeur nie van self nie. Verder is ons regstelsel net so korrup soos ons Parlement en dis sag gestel.. Maak my regtig naar dat n pragtige land so SA in so n gemors is.

Hennie ·

Verstaan glad nie Dudu se verweer nie. Het hy te vinnig gery in ‘n area waar jy nie mag nie of nie? Die vraag het nodig om beantwoord te word

Dries Moolman ·

Jy is reg. Ek wil my so half verbeel die aanvanklike berigte het iets van spoed genoem. Kan my nie voorstel dat klein Dudu ‘n mooi matige 60km/h met sy grend karretjie gery het nie – hy is mos immers ‘n “VIP”.

Gert van Wierdapark ·

Dis seker die swernoot se “geboorreg” om onskuldig te pleit al is hy skuldig! Ek het nou so groot skrik in Porch gevang dat ek selfs my speelgoed karretjies gaan wegsit! Miskien moes hy eerder olie ip die pad gaan gooi het en dit as (flou) verskoning gebruik het! Iemand maak natuurlik weer geld met die mooi broodjies wat in die hof help bak word. Skande!

Donderstorm ·

Kan hul nie op die trip rekenaar kyk na wat die voertuig gedoen het voor die ongeluk nie? Enjine data ens?Mens weet mos dit is zuma se seun hy sal so ligtelik moontlik afkom dit weet mens mos hoe is due ander persoon dood wat in die ongeluk betrokje was aangesien hul se die ongeluk was nie die oorsaak nie? Al wurg jy n man en hy kry n hartaanval na die tyd van die stress is jy steeds skildig aan sy dood.

Johann cb ·

Baie vreemd dat ‘n Porsche-voertuig só “vreemd optree”! Hoe vaardig is/was die bestuurder se vaardighede? Kan die Porsche handelaar dit moontlik verklaar/opklaar?

Jan ·

Ja en die 2 manne van Coligny wat altwee in die ry uitgeklim het om n dief van hul bakkie af te gooi sit lewenslank, let wel hulle het altwee in die ry uitgeklim om dit te doen, so mr zuma moes geweet het dis gevaarlik om vinnig in die reen te ry waar daar orals mense loop was hy wit sou hy van dag een af in die tronk toegesluit gewees het. Jy kan alles doen, solank jy net nie wit is nie

Mariana ·

So wat is nuut. Daar sal altyd verskonings wees vir mense soos hy. En ja die feit dat hy ‘n Zuma is en swart tel mos ook punte. So beskerm hulle mekaar mos. Eendag is eendag dan draai daai wiel ook vir hom.

Hendrik ·

Hy kan baie bly wees hy bly nie in Coligny nie. Dan was sy saak lankal onregverdig af gehandel

James ·

Hulle kan mos op sy tracker data of dngin data kyk watse spoed hy gery het. Engin se rekenaar stoor die data met impak sensors. Maar ja interresant om te sien sy beste vriende BLF was daar.

Willem van der Merwe ·

Die waarheid is dat hy te vinnig gery het sonder die nodige vernuf in reeweer en toe hy moet stop kon hy nie as gevolg van hoë spoed

Takoeza ·

Nat pad… ry stadig…. super motor….. gaan huistoe…. hulle super is 90% “performance” en traksie is heeltemal te min

Heksie ·

Mens noem dit “aquaplaning” …

En verder ek is seker hy lieg deur sy tande, klou nou aan enige gras halmpie net om nie tronk toe te gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.