Duduzane Zuma weer in hof

Oudpres. Jacob Zuma se seun Duduzane buite die hof in Randburg. Foto: ANA

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, verskyn weer Dinsdag in die Randburg-landdroshof in verband met ʼn noodlottige ongeluk.

Zuma jr. staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag en ʼn klag van roekelose en nalatige bestuur.

Zuma jr. word aangekla in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014. Hy het met sy Porsche teen die minibustaxi gebots.

Phumzile Dube is in die botsing dood. Nog ʼn passasier, Nanki Jeanette Mashaba‚ wat in die ongeluk beseer is, is ʼn paar weke later oorlede.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma jr. te vervolg nie.

In die geregtelike ondersoek wat daarna plaasgevind het, is bevind Zuma jr. was nalatig en kan vir strafbare manslag vervolg word.

AfriForum se privaat vervolgingseenheid het aansoek gedoen om Zuma jr. privaat te vervolg waarna die NVG sy aanvanklike besluit omgekeer het.

Oudpres. Zuma was tydens sy seun se vorige verskynings ook in die hof teenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

..

Is enige persoon met politieke invloed vir moord of korrupsie al tronk toe in die afgelope 25 jaar….?

.
.

Hasie ·

Wonder op watter gronde gaan die saak nou weer uitgestel word.

Trol ·

Sluit toe. Gooi die sleutel weg. Het hy nie ook met getuies ingemeng nie?

jakes ·

Ek het van n baie betroubare bron verneem dat n baie sterk prima faki saak teen Zuma Jnr gebring gaan word. Hoop maar dit realiseer.

Cherokee ·

Ek wonder hoeveel verskil indien enige dit teweeg bring dat die nie privaat vervolging sal wees maar NVG. Daar behoort nie verskil te wees nie want beslis sal AfriForum die verloop daarvan dophou.

lh ·

Natuurlik kan hy nie vervolg word nie, sy Porche is dan beskadig. . . .
laat my so dink aan – die satan sorg vir sy disippels!

jessica ·

Why go back to court to waste more time and money!!!

THIS IS MURDER, PUT HIM BEHIND BARS, HE KILLED SOMEONE!!!!!!

Michael ·

2014 en nog steeds ploeter hulle voort by 2034 sal daar nog steeds niks wees nie .Maar kyk hoe vinnig het die Penny & Vicky sake gegaan. Kyk hoe lyk hy by die hof. of hy by soccer wedstryd by woon.

Gert van Wierdapark ·

Kyk hoe word die swerkater opgehemel op die foto. Kan Maroela Media asb. uitvind of die padmoordenaar nog oor n geldige bestuurslisensie beskik!? Indien wel, dat hul ook daaraan aandag gee in die hofsaak.

Daan Erasmus ·

9:30. Die Staat het een van die klagtes terug getrek. Die begin van die einde.

? leser ·

burgermeester van newcastle bly in aanhouding vir moord maar die swerkater loop vry rond en mors net ons belasting geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.