Duiker sterf kort ná duiksessie

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Skubaduiker is Vrydagmiddag dood aan ʼn hartaanval kort nadat hy na die oppervlak van die water teruggekeer het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 12:25 na die toneel by Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse Suidkus ontbied. Volgens getuies het die duiker ná ʼn duiksessie na die oppervlak gekom en oomblikke later tekens van ʼn hartaanval getoon.

“Ander duikers het mond-tot-mond-asemhaling toegepas terwyl die boot terug na die strand gejaag het. By hul aankoms het paramedici die lewensondersteuningspogings oorgeneem,” sê Herbst.

“Ondanks hul pogings om die man se lewe te red, is hy op die toneel dood verklaar.”

Ander relevante owerhede was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.