Duikers maak ‘skokontdekking’ in dam

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga stel ondersoek in na die ontdekking van twee liggame in ʼn voertuig in die Unicor-dam in Evander vroeër vandag.

Brig. Leonard Hlathi sê polisieduikers was besig met opleiding by die dam toe hulle dié “skokontdekking” gemaak het. Hlathi sê polisieduikers van Secunda, asook duikers van die Delta 1-reddingsduikers het ʼn VW Citi Golf op die bodem van die dam opgemerk met twee liggame daarin.

“Die duikers kon daarin slaag om die voertuig uit die water te bring en by nadere ondersoek is daar vasgestel dat die motor aan Siyabonga Nkabi behoort. Nkabi is op 4 Julie saam met Precious Mtsweni as vermis aangemeld nadat die twee vir die laaste keer lewend saam gesien is,” het Hlathi gesê.

“In dié stadium kan die polisie nie bevestig of die liggame wel dié van die twee vermiste persone is nie as gevolg van die toestand waarin die liggame gevind is. Verdere ondersoek sal wel die identiteit van die slagoffers vasstel.”

Hlathi sê Nkabi en Mtsweni se naasbestaandes is wel ingelig omtrent die ontdekking, maar ʼn verdere ondersoek “sal die bepalende faktor wees”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos wk ·

Wat gaan aan in daai omgewing van Secunda en Evander….eich

Michael Bouwer ·

Ek twyfel sterk of die water van n’ dam direk na n dorp gaan.

pieta ·

Jy sal verbaas wees (of nie) as jy weet waar alle water wat jy drink al was. Go figure

Secunda inwoner ·

Nee Hanno gelukkig nie. Unicor is n plaasdam en ontspannings oord tussen Secunda en Evander. Gewild vir visvang. Sterkte vir die familie

Dankbaar ·

Dankie Maroela Media vir ‘n puik en kostelose nuusblad. Doen so voort!

Piet Pille ·

Stem heelhartig saam met Dankbaar. Ek is ‘n pensioenaris en Maroela is my enigste nuusinligting van formaat. EN DIT NOGAL GRATIS.

wolla ·

Genade as jy internet toegang het, is daar soveel nuusblaaie beskikbaar. Maroela is wel Afrikaans maar ek lees verskeie nuusblaaie vir balans want elke nuusblad huldig maar en bevorder sy eie sienings en doelstellings.

Sê ook ma net ·

Wonder hoe voel die mense nou wat die babers gaar maak wat hulle daar vang… Hulle het juis net laas naweek ‘n lekker grote gevang

pieta ·

Ek verkoop Baber Shoeshi wat ek maak van die Babers wat ek daar vang….enige iemand lus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.