Duisend dakloos ná storm in KZN

Argieffoto (Foto: HubertRams, Pixabay)

Argieffoto (Foto: HubertRams, Pixabay)

Meer as ʼn duisend persone is dakloos gelaat ná swaar reën en ʼn sterk wind Roosboom naby Ladysmith in KwaZulu-Natal getref het.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het Saterdag gesê rampbestuurspanne is na die toneel ontbied om verligting en ondersteuning te bied aan die betrokke gesinne wat Vrydagaand deurgeloop het.

“Dakke is van honderde huise afgeruk en ʼn paar elektrisiteitspale en bome is ontwortel,” het Nomusa Dube-Ncube, LUR vir die departement, gesê. “Rampbestuurbeamptes ondersoek tans die omvang van die skade.”

Dube-Ncube het gemeenskappe gemaan om ekstra versigtig te wees, aangesien soortgelyke storms hierdie tyd van die jaar algemeen is en nog storms verwag word.

“As die plaaslike regering doen ons ʼn beroep op gemeenskappe om bedag te wees op soortgelyke storms, aangesien dit kenmerkend is van ons provinsie in die somerseisoen. Aardverwarming veroorsaak ook onvoorspelbare weerpatrone en ons provinsie bly ʼn hoërisikogebied,” het sy gesê.

Talle persone is na gesondheidsorgfasiliteite geneem om behandeling te ontvang vir beserings, maar geen sterftes is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

“Aardverwarming veroorsaak ook onvoorspelbare weerpatrone en ons provinsie bly ʼn hoërisikogebied,” het sy gesê.”
Is hierdie nou gekoloniseerde of gedekoloniseerde wetenskapliks insigte?

Annemarie ·

Dis nou nes jy daar sê Leon…? Wanneer dit hul pas is dit in orde om gekoloniseerde inligting tot hul beskikking te hê…. Andersins moet alkes gedekoloniseer tot terug onder die bome!!! Shamepies…hulle is lyk my ook maar meestal verward!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.