Duisende baat al by Shoprite se beginner-tuinkissies

John Bokale, een van die gemeenskapslede wat ‘n tuinkissie van Shoprite ontvang het (Foto: Shoprite webtuiste)

As deel van die Shoprite-groep se volgehoue pogings om groter voedselsekerheid te waarborg, het dié kleinhandelaar beginner-tuinkissies aan 300 huishoudings in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap gegee.

Onder die kleinhandelaar se Grow Your Own-inisiatief kan inwoners wat naby voedseltuine woon wat deur Shoprite ondersteun word, dié tuinkissies kry. Hierdie kissies sluit die toerusting en instruksies in wat nodig is om hul eie voedseltuine by die huis te begin.

Elke stel bevat genoeg saailinge, saad en kunsmis om genoeg vars produkte vir ʼn gesin van vier vir minstens ʼn jaar te kweek.

Tot dusver het Shoprite meer as 4 000 tuinkissies aan Suid-Afrikaners landwyd versprei, tot voordeel van meer as 16 000 mense.

Volgens Sanjeev Raghubir, hoof van volhoubaarheid en maatskaplike belegging by die Shoprite-groep, is dié kleinhandelaar daartoe verbind om veerkragtigheid te bou in die gemeenskappe waar hulle sake doen.

“Voedseltuine verseker dat kwesbare gemeenskappe meer aanpasbaar is. Dit is een van die vele inisiatiewe wat ons ingestel het om voedselsekerheid landwyd te help verbeter,” sê Raghubir.

Die Act For Change-program fokus hoofsaaklik op hongerverligting en voedselsekerheid. Die kleinhandelaar word deur meer as 230 voedseltuine ondersteun wat meer as 4,5 miljoen m² beslaan en ʼn direkte impak op 61 064 beginnerondernemings het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Barry ·

Dalk moet Shoprite net hulle supliers betaal voor hulle geld spandeer aan so iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.