Duisende batterye uit selfoontorings gesteel

Argieffoto

Die selfoondiensverskaffer MTN het Woensdag bekend gemaak dat soveel as 13 450 batterye verlede jaar uit sy selfoontorings reg oor die land gesteel is. Altesaam 2 000 voorvalle is tussen Januarie en Desember aangemeld. Sowat 112 voorvalle van batterydiefstal en ʼn totaal van 703 gesteelde batterye is reeds vanjaar aangemeld.

Johannesburg, Pretoria, Germiston, Vereeniging, Soweto en Ruimsig in Gauteng sowel as plekke in provinsies soos Noordwes, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het in Januarie die meeste onder batterydiefstal deurgeloop.

Daar is ook ʼn skerp toename in kabeldiefstal by selfoontorings en 109 voorvalle van kabeldiefstal is verlede maand aangemeld. Toerusting soos kragopwekkers, lugverkoelingstelsels, veiligheidsinfrastruktuur en omheining word ook sedert verlede jaar beskadig of gesteel.

Ernest Paul, die algemene bestuurder van netwerkbedrywighede by MTN, het gesê die hoë syfer van battery- en kabeldiefstal, sowel as die aanhoudende beskadiging van toerusting en infrastruktuur by selfoontorings, is kommerwekkend. “Hoewel van die batterye al vervang is, sit ons steeds met miljoene rande se skade,” sê Paul.

Volgens ondersoeke word die meeste van die gesteelde batterye na buurlande gesmokkel. “Sekuriteit en beheer moet opgeskerp word by die land se grense, sowel as by die selfoontorings,” meen Yusuf Abramjee, ʼn anti-misdaadaktivis.

Abramjee het gesê dié jongste syfers wat deur MTN beskikbaar gestel is, toon dat misdaadsindikate bereid is om al hoe meer te waag ten opsigte van sabotasie en plundering, en om só munt te slaan uit die situasie. Hy het die polisie versoek om dringend by dié diefstalle in te gryp.

Paul sê ondanks addisionele veiligheidsmaatreëls wat by selfoontorings getref is, word dit steeds deur misdadigers geteiken. “Ons het baie geld in tegnologie belê om dié diefstalle te bekamp,” sê hy.

Paul het almal bedank wat inligting oor dié misdaadsindikate verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie ·

Misdaad is loshande die grootste virus wat Suid-Afrika onder lede het. Solank dit ander mense se probleem is gaan dit net erger word.

Hansie slim ·

ANC…dis hoe julle die mense geleer het in die verlede!!!
Kry vir julle!!!
Dan kla hulle oor swak selfoon diens??? Wat verwag jy as soveel torings gestroop is??
Net jammer privaat maatskappye moet vir die gelag betaal!!!

Jacobus ·

Die batterye kos ‘n fortuin. Ons sukkel om soortgelyke batterye te kry vir omsetters.
Die ironie was dat Suid Australië, toe hulle ‘n “black out” gehad het – die wind te sterk vir windlaaiers en te min son vir son panele moes hulle huiwerig erken dat hulle torings meesal nie battery rugsteun gehad het nie. Kom ons glimlag maar as ons dink ons torings het rugsteun.

Hugh ·

This is why mobile internet becomes so slow during the rolling blackouts, because half of the cell towers goes off without battery backup

Gypsygirl ·

Alternatiewe krag tydens beurtkrag is nie vir almal bekombaar, sou dit aanGEKOOP moet word nie. Of dit nou ‘n kragopwekker (petrol is duur!!), son panele, of bystand batterye is. Hier is mense wat al die antwoorde het –
1. 2de verband ( wat as jy nie ‘n verband het nie?
2. Leen geld (yeah right), soos die ekomomie nou is – is vrees om jou werk te verloor of jou besigheid se deure moet sluit ‘n realiteit!!!!!!
3. Ens ens – vra maar die ‘know it alls’

Dus SAL daar diefstal wees, hoe anders.?Beurtkrag is die oorsaak dat mense drasties optree – desperate times calls for desperate measures

Ek praat nie diefstal goed nie, inteendeel!!!
Net Gatvol…

Jan ·

Mtn en vodacom is mos maar anti wit en anti afrikaner maatskappye waaroor kry julle nou skielik vir hulle jammer…

Mieke ·

Dankie anc.!As julle nie so sleg vir julle eie mense gesorg het nie was daar baie minder diefstal in hierdie land. Met ‘n baie groot persentasie mense werkloos, is dit die direkte resultaat daarvan diefstal. Ek keur diefstal en geweld glad nie goed nie en ek weet ons sien armoede anders maar vir hulle lei dit dadelik na “vat van ander wat nie aan jou behoort nie. “ Dit skyn maar ‘n inherente lewensopvatting tussen hulle te wees. Waar gaan dit eindig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.