Duisende belastingbetalers by SAID-kantore verwag

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gesê hy sal oor die volgende twee naweke sy werksure verleng om die groot aantal belastingbetalers te help wat kort voor die sperdatum hul belastingopgawes wil indien.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê SAID-kantore oor die hele land sal op 14 en 21 November van 08:00 tot 13:00 oop wees. “Die doel is om belastingbetalers met hul belastingopgawes te help en daarom sal slegs kwessies wat met belastingopgawes te doen het in hierdie tyd hanteer word,” het Memela gesê.

Hy het gesê ongeveer 24 000 belastingbetalers dien tans elke dag hul opgawes in, maar daar word verwag dat hierdie getal sal vermeerder in aanloop tot die sperdatum van 27 November vir die indiening van belastingopgawes. Meer as 3,56 miljoen belastingbetalers het tot dusver hul opgawes ingedien.

Memela het ʼn beroep op belastingbetalers gedoen wat nog nie hul opgawes ingedien het nie om dit so gou moontlik af te handel. Vir ʼn volledige lys van SAID-takke kan belastingbetalers die webwerf besoek of die SAID-kontaksentrum by 0800 007 277 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JoeV ·

Klink soos onder 10% van die land se populasie wat belasbare inkomste verdien. Seker BAIE meer as 20 jaar gelede in ag genome die 85 miljoen werks geleenthede wat die anc die laaste 20 jaar sou geskep het net voor al die werk na China uitgevoer is. Maak sin.

ANTI-SARS DIENS ·

As SARS dalk hulle diens en opleiding opskerp op die call centres en sorg dat hulle beamptes beter opgelei is en meer bedagsaam is met die publiek en belasting konsultante sal meer mense dalk hulle vorms optyd indien. Hulle “turnaround time” van 21 werksdae is glad nie van toepassing nie en word net onnodig uitgerek. My turnaround time het nou sommer al 120 werksdae geword, ek sien NOOIT enige iemand wat met n glimlag by SARS se sentrums uit stap nie.

alice pretorius ·

Ek was laas week by SARS in Randburg en het die beste diens gekry. Die parkering was ‘n droom, die gebou was skoon, personeel professioneel – MAAR totdat ek twee keer daarna die call centre moes kontak. Glad nie goeie diens nie, ongeskikte ongeduldigde mense met ‘n houding

Piet Pompies ·

Gebruik SARS eFiling, het my en my vrou se opgawes binne 10 minute ingevul (elk) en die “calculation” en “submission” se resultate is onmiddelik. Vergeet van toustaan….

Paul ·

As pensionaris wag ek ook al 3 maande vir my terugbetaling. Ek wil net n waarskuwing aan lesers rig dat ek n paar weke gelede n boodskap per epos ontvang het van “Sars efiling” dat hulle n X bedrag aan my gaan uitbetaal en ek moet my Bank besonderhede vir hul gee. Die berig het baie profesioneel gelyk en al die banke se ikone was op die berig geplaas. n Mens kon net op die ikoon van bank druk om dit te aktiviveer. My belasting konsultant het my dadelik laat weet dat dit vals is en iemand probeer jou bank besonderhede onderskep om sodoende Sars se uitbetaling in die hande te te kry. Ek het die epos dadelik uitgevee.

Dee ·

Paul, soort van verkeerd om die epos dadelik uit te vee. Ek het een van hulle, diè keer met ‘n Belgiese adres, 2 dae gelede gerapporteer. Hoe op aarde jy dit wat ek nou gaan beskryf met ‘n mobiele foon doen sal jy elders moet uitvind (ek doen nie epos of mobiele fone nie) maar as jy jou epos op rekenaar kry is die pad om te loop as volg:
1. Kry jou Internet Voorsiener (ISP) se ‘abuse’ adres en stoor dit. (belangrik!)
2. Kry alternatiewelik ook jou bank se sekuriteits-eposadres en stoor dit.
3. Maak die ‘spam’-epos oop en kliek regterknoppie op ‘properties’.
4. Spoeg en plak (copy & save) àl die inligting onder properties en stuur dit per epos aan jou iSP en sommer aan jou bank se sekuriteit ook.
5. Merk dit as ‘spam’ en blok die afsender.

Jy hoef geen verduideliking saam te stuur alhoewel jy kan ‘spam’ skryf in die onderwerpslyn.
As jy dit uitvee weet die afsender nie eens daarvan want hulle stuur hope uit. Genoemde mense sal dit opvolg indien jy dit aanstuur.

DB ·

Wens hul was so gretig om te help dat mense nie vermoor word nie.

Johannes Meintjes ·

… en die ander 49,5 miljoen in die land? (Daar is ontleders wat meen dat daar tot soveel as 80 miljoen op ‘n slag in SA kan wees.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.