Duisende betoog vir #ZumaMustFall

Die optog in Kaapstad. Foto: Chantall Presence/ANA

Die optog in Kaapstad. Foto: Chantall Presence/ANA

Duisende mense het Woensdag op Vryheidsdag onder meer in Johannesburg en Kaapstad bymekaargekom en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

ʼn Paar honderd mense het in Kaapstad op die hoek van Keizersgracht en Chapelstraat bymekaargekom en deur die strate begin stap. Die optoggangers het geëis dat Zuma “die regte ding doen en bedank”.

Die #ZumaMustFall-beweging het deur middel van sosiale media ook optogte in Johannesburg en so ver as Groblersdal in Limpopo gereël. “Suid-Afrika, ons het een gemeenskaplike vyand en dit is nie mekaar nie. Ons velkleur of die kleur van ons politieke alliansie is nie ons vyand nie. Ons het een rede om te verenig en dit is ons vryheid,” het die organiseerders van die byeenkomste gesê.

Verteenwoordigers van talle politieke partye, insluitend die ACDP en Cope, het ook aan die Kaapse optog deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiger ·

Ek moet saam stem: ons land het een gemeenskaplike vyand=ZUMA!Hy vernietig alles.

GES ·

Zuma is te dikvellig om so ‘n stap te neem. Hy sal eerder toesien dat die land in rommelstatus verval. Hy kan ook nie bedank want die gereg soek hom ook vir al die wandade wat hy gepleeg het. Dit is ‘n “catch 22” situasie.

Varkie ·

Hulle moet maar betoog tot hul blou is, hy gaan nerens heen nie en wag maar net tot dit oor waai, nie meer veel wat hulle kan doen om hom weg te kry nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.