Duisende bid saam met Angus Buchan vir reën in Kaapstad

Duisende mense by die samekoms. Foto: Via Angus Buchan / Facebook

Die evangelis Angus Buchan het Saterdag ʼn kragtige boodskap gelewer tydens sy It’s Time-biddag in Kaapstad waar duisende mense saamgekom het om vir onder meer reën te bid.

Buchan het net voor 12:00 met ʼn helikopter by die Swartklip-sportterrein in Mitchells Plain aangekom.

“Ek wil nie tyd mors nie, want dit is ʼn baie belangrike historiese oomblik dié. God het vir my ʼn boodskap gegee: Mitchells Plain gaan die blom van Kaapstad wees en mense sal van oorsee af kom om te sien wat God in Mitchells Plain gedoen het. Dit is die begin van die herlewing,” het Buchan aan die skare gesê.

“Die Afrika-kontinent is een van lig en sal die laaste staande wees as Jesus kom. Ek wil die mense van Mitchells Plain vertel dat die kettingreaksie van slagoffer wees verby is.”

Angus Buchan. Foto: Via Angus Buchan / Facebook

Hy het gesê mense moenie net kritiek teenoor die regering lewer oor die stand van sake nie. “Die probleem is juis binne die kerk, aangesien kerke te trots en arrogant is.”

Verskeie beweerde bendelede het op die verhoog geklim waar Buchan vir hulle gebid het. Hy het byna aan elkeen van hulle ʼn kledingstuk wat hy gedra het as geskenk gegee en vir elkeen ʼn spesiale boodskap oorgedra.

“God het wonderlike dinge vandag hier gedoen. Ons is verheug dat die pastoor hierheen gekom het en vir die boodskap wat hy oorgedra het,” het een van die toeskouers gesê. “Dit is wat ons nodig gehad en voor gewag het. En toe die pastoor begin praat het, het dit begin reën … dit is hoe goed God is.”

Mangosuthu Buthelezi, Inkatha Freedom-partyleier, asook hoofregter Mogoeng Mogoeng het ook die geleentheid bygewoon.

“Ek sien God se hand hier waar ek vandag is. Ek bid altyd en het nooit genoeg wysheid tensy dit van God kom nie. Op 1 Julie 2001 het ek my lewe aan God oorgegee en geweet my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie,” het Mogoeng gesê.

"The revival has come to Mitchells Plain, the flower of Cape Town”.Angus has given away his shirt, hat, Bible and boots to four different gang leaders and hugged them. He said: “Jesus came for sinners like you and me”.

Posted by Angus Buchan on Saturday, March 24, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

jaco ·

Ek HOU hierdie berig vir die dag wat Mogoeng Mogoeng uitspraak lewer dat plaasonteienings sonder vergoeding heeltemal grondwetlik is en geen menseregte skend nie.
Ek wonder ook wat soek Buthelezi by die biddag. Toe hy minister van binnelandse sake was is pornografie in SA gewettig. En dis dan nou juis die een ding waarteen die organiseerders van die biddag is.

Jurie Vermeulen ·

Hoekom nou skielik bid vir reën. Dit nie nou nodig die winter op hande en dit is dan die tyd vir reën. Hoekom nie gebid in middel van die somer toe die reën op sy nodigste was vir die boere nie. Nee ons wag tot reenseisoen ophande is.

Henry ·

Jurie, praat jy nou van die reënseisoen wat die laaste paar nie reën opgelewer het nie?

snoefie ·

want in die somer was die kanse vir reën baie minder as nou Jurie. ou Angus hou van n sure thing. alle eer aan God.

hendrik ·

Ek sal glo dat Mongoeng sy lewe aan God gegee het maar dan moet hy ook regverdig wees omtrent regsuitsprake spesifiek die doodskis geval.

Cherokee ·

Wat maak jou so glo? Jy mag reg wees en dit mag ook publisiteitssoekery wees. Ek hoop jou raaiskoot is reg.

Jurie Vermeulen ·

Henry hoekom nou met aanvang van winter wat die reenseisoen veronderstel is om te wees. Hoekom het hy nie met die aanvang van somer gebid vir die nodige reën nie, dit was toe die boere dit die nodigste gehad het. Hy niks beter as die doom en petrol profete nie daar het ook n god met hulle gepraat. Sal jou sê hoekom met aanvang van reënseisoen, dan kan hy nog n regmerkie maak op sy suksesstokie.

Marlo ·

En wat is soooo wonderlik aan die klere wat hy dra.. Wat gaan dit vir die mense doen… Angus.. Gee asb ook datums waarop god vir jou gese het hierdie voorspellings gaan waar word… Ongelukkig maak die God wat ek in glo nie wilde voorspellings sonder om presies te se wanneer dit gaan waar word nie… Ons wag in spanning om jou voorspellings te sien realiseer… Anders is jy maar net NOG n valse profeet…

Adri ·

Daar is niks wonderliks aan sy klere nie. Oom Angus het bloot gedeel met ander wat nie het nie. Hy het God se liefde bewys. Wat bewys jy? Weet nie in watter god jy glo nie, maar die God van die Bybel sê geensins presies wanneer wat sal gebeur nie.

Mariaan ·

Om vir mense klere te gee wat jy gedra het, lyk vir my asof daar gedink word dat die Here se mag in klere opgesluit le. Kyk n bietjie na die derde gebod omie, jy misbruik die naam van die Here. God word nie deur mense gemanipuleer nie, al daag daar duisende op.

Arno ·

Dalk nét wat die bendeleiers nodig gehad het…miskien fisies, maar veral geestelik. Dalk is hulle harte vanaand geseënd en gelukkig in die Here, veel meer as wat sommige van ons met ons sarkasme kan sê.

Frank ·

As Angus dan so magtig is, hoekom tot nou wag. Dit kan mos in Desember gereen het, waar is di vrou wat hy in Desember uit die dood opgewek het? Word wakker

Ina ·

Nee, Frank, Angus is nie magtig nie. Die God wat hy dien, is wel die almagtige God van hemel en aarde. Dit gaan nie in die minste oor Angus nie. Dit gaan oor die wil en die eer van die God van hemel en aarde. Angus is slegs Sy gehoorsame dienskneg. Daarom sal ek aanbeveel dat jy jou giftige tong beheer, want jy praat nie teen Buchan nie, maar teen die werk van God, Skepper van die ganse heelal.

God is magtig ·

Dit is nie Angus wat magtig is nie, maar God wat almagtig is. God se tyd is nie ons tyd nie… Sy volk moes 40 jaar wag vir die land van melk en heuning, Jesus se koms en redding het nie direk na die Tuin van Eden plaasgevind nie.

Frikkie Brits ·

En so gaan die doemprofete, veroordelaars en negatiewes onder, sonder kennis.

Fourie ·

Alle eer aan God Drie-enig. En ‘n EVANGELIS soos oom Angus. Dis net hartseer dat so baie ongelowiges en sg. gelowiges wat nie naastenby die Woord ken nie, hulle uitspreek teen sulke saamtrekke. En van oom Angus praat as ‘n profeet, wat hyself nie op aanspraak maak nie en al hoeveel kere gesê het. Geesvervulde evangeliste lei derduisende mense na Jesus regoor die wêreld. Nie deur hulle as persone nie maar deur die Gees wat deur hulle werk. Dalk is dit tyd dat doemprofete en veroordelaars ‘n slag hulle dstv op kanale 341 tot 344 sit, bid vir insig en wysheid en daarna kyk in stede van snert flieks wat geweld instigeer. Insig om te onderskei, want daar tree ook sg. profete op wat mense met Doom spuit. Raak eerder deel van die godsdiens herlewing regoor die aarde.

Christene ·

Ek stem saam Fourie. Hoekom jaloers wees op Angus. Hy, tenminste volg die opdrag van God, “Gaan dan heen en verkondig My Woord” Elke kritikus, wat doen julle om God se Woord uit te dra? Onthou daar gaan ‘n dag kom wat julle sal moet antwoord.

LV ·

Hy se kerke is te trots en arrogant,ek het nog nooit van n ander predikant wat met n helikopter by n byeenkoms opdaag nie,hierdie ou se val gaan groot wees!

Hannatjie ·

Hoor net hoe grom die duiwel … hy wil nie dat daar goeie dinge moet gebeur nie!

Rina Kotze ·

Hannatjie, Ek stem! Ek was daar!
Ou sekelstert is beslis nie gelukkig met gister nie!
Al die wat so teen Oom Angus en sulke geleenthede praat?, Is Jou lewe perfek? Is jy gered?
dit was nie net Vir fisiese reen nie, maar ook Vir geestelik reen en genesing!
Alle Eer aan ons God Drie-eenheid!
Gister het Wonderwerke gebeur!
Begin van Groot dinge!

Pine ·

Hannatjie; Goeie insig, want…. Jy slaan die spyker op sy kop.

Stephan Venter ·

Manne

Dit lê swaar op my hart om ernstig te bid vir ons land en ons mense in Suid Afrika

Ek lees vroeër in die week Matheus 13 die baie bekende gedeelte van die saad wat op verskillende plekke val langs die pad , tussen die dorings , tussen die klippe en in die vrugbare grond.

Vanaand toe ons by die kerk bid oor die hele grondkwessie toe besef ek net die volgende , om by vrugbare grond uit te kom moet jy lekker diep ploeg. Die grondkwessie ploeg diep in ons harte en met die vrugbare grond nou oop en gereed kan God se saad lekker ontkiem hier in Suid Afrika
Manne dis tyd om manne en vriende en kollegas en familie saam te sleep kerk toe, selgroep toe, Manne van die woord toe, ja na enige plek waar God se saad gesaai kan raak in daardie oop ploegvore gelos deur die grond en ras kwessies in Suid Afrika. Paastyd is immers die tyd wat ons Jesus se opstanding en oorwinning vier , net dalk is jy die persoon wat jy nou aan dink se enigste kans om ons God te ontmoet.

Ek vra julle bid saam en hou op om te dink oor wie jy moet nooi en sleep hulle net saam.

Jesus wil elke hart verower. Die ploegvore lê diep en vrugbaar met die moontlikheid van Jesus se verlossing.

Doen dit net …..

Wouter ·

Manne?! Angus se Godsdiens wat net manne insluit.. Ai tog!!

Lizette Uys ·

Stephan Venter, ek hoor jou hart en ek sê amen daarop. Die vyand kom juis vir ons MANNE. Die man is deur God self as Priester en hoof van sy gesin aangestel. As d vyand d man kan knak, knak d gesin. Mag ons mans opstaan en d mans word wat God jul geskape het om te wees. En mag ons as vroue jul warriors word wat op ons kniee veg vir ons mans in hierdie geestelike oorlog.

Sjoe geniepsig ·

Sjoe jul geniepsig, ten minste staan Angus op en doen iets. Oor die klere, dit gaan beslis as simbool van hul bekering onthou wees.

Chelle ·

My volkie,moenie so oordeel nie. Jul kla heeltyd oor slegte nuus.
Jul kla daars geen goeie nuus deesdae.
Wees dankbaar vir dit wat jul op die betrokke MM -berig gelees het.
Wees dankbaar dat wit , swart en bruin, oud en jonk, geleerdes en ongeskooldes kon hande vat by die byeenkoms. Sê dankie HERE dat bendelede en bendeleiers Angus en ander prominente leiers kon ontmoet.
Life changing vir almal! Prys die HERE!

Wysneus ·

Klink my die oom maak nogal goed geld met sy predikasies as hy kan bekostig om met ‘n helikopter ingevlieg te word.

Chop chop ·

ONTHOU DIT IS TAX FREE. KEN OOK SO NUWE PROFEET OP DIE WES KUS, GELD IS KONING.

WitBlits ·

Wysneus – dit word geborg deur weldoeners en dalk moet jy jou neus uit ander se sake uithou!

Paulus ·

Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy ‘n groepie gelowiges gekry vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord.

“Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe. “Die doop van Johannes,” antwoord hulle.

Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.”

Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop.

Anthae van Zijl ·

At asb. Sy klere vir hulle gegee ???? Niemand word op die stage toe gelaat maar oooooo wee die vreeslike gang member hulle kan opklim lol lol wonder heoveel geld is hulle betaal vir daai act want dit maak nie sens nie ??? En almal vat handoeke en seep saam want angus het so gese en toe stort hulle droog. Hy is die profeet wat God nie gestuur het nie.

André ·

Andreas is in Griekeland aan ‘n X-vormige kruis gekruisig. Nadat hy deur sewe soldate met ‘n sweep gegesel is, het hulle sy liggaam aan die kruis gebind om sy lyding te verleng. Sy volgelinge het gesê dat hy die volgende woorde geuiter het toe hy na die kluis gelei is: “Ek het lank verlang en uitgesien na hierdie vreugdevolle oomblik. Die kruis was geheilig deur die liggaam van Christus wat daaraan gehang het.” Hy het twee dae lank vir sy folteraars gepreek voordat hy gesterf het.

Eina ·

Mense hou op klippe gooi en wees dankbaar. Hoekom Angus oordeel dis God se taak?

Paulus ·

Angus, mag ons op aarde nooit nooit fit vir onsself toe eien en ons klere skeur vir ons eie welbehae nie, maar op ons knieë gaan tot God Die Vader:

O Heer my God as ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…
Refrein:
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U, hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer U grote Naam!
Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, U kind.
Refrein
U maak ons deel van al U grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut U eiendom.

Jy het jou vandag in Jesus se skoene geplaas, spreekwoordelik die brode gebreek en die visse uitgedeel.

Yankee ·

” Toe begind dit te reen” Snaaks, verlede week was reen voorspel vir Saterdag!! Se maar net.

Pine ·

Yankee:- Dis algemene kennis dat reënvoorspelling ‘n raai raai wetenskap is. Snaaks dat Angus maande gelede die datum “reggeraai” het toe die byeenkoms gereël was. Ek glo nie hy het geraai nie.

Anna ·

Kyk verby Angus, ASSEBLIEF! Hou op om hom aan te val, te kritiseer, die werk wat God deur hom doen af te breek en hom te veroordeel. Die Heilige Woord leer dat elkeen in die mate wat hy/sy hier gesaai (kritiek, aanvalle, dood spreek, veroordeling) het, sal hy/sy maai. Laat ons eerder lewe spreek. Maartmaand is in elk geval nog nie ons reënseisoen nie, want dis nog herfs. Ons val in die winterreënvalgebied. Dus, DANK God. Dank Hom vir elke SIEL wat aangeraak is deur die werk van die Heilige Gees en wat tot redding gekom het. Dank God vir elke persoon se herverbintenis met Hom wat was, wat is en sal wees. Dank God vir die ware Lewe wat hieruit sal voorvloei en wees JY gereed om diensbaar te wees om hulle wat nou tot redding gekom het of jonk in die geloof is, in liefde by te staan met onderwysing en lering. Dank God dat HY VERHEERLIK word; dat daar VRUG sal wees wat uit Hom kom sal voorvloei en dat BLYDSKAP (ware Blydskap) in Sy kinders sal wees en daar ook blydskap in die hemele is vir een enkele bekering. Moenie vaskyk na die helikopter en goed nie … die oë is horisontaal in plaas van vertikaal – OP GOD GERIG! Loof die Drie-Enige God; Prys Sy Heilige Naam en sê AMEN. Shalom aan julle in die Naam van Y’shua Hamashiach.

Jannie van Vuuren ·

Oom Ertappel het twee maande gelede “geprofeteer” dat die Kaap se damme in MAART sou vol wees en dat die droogte gebreek sou wees!!! Hy het nog net tot volgende Saterdag om sy profesie te bewaarheid!!!

Frank ·

Angus het in di parlement gese hy het n vrou uit die dood opgewek. Maroela…vra hom wie sy is en waar is sy,,,,,die man walg my

jaco ·

Vir HERlewing om te gebeur, moet daar darem eers net gewone “lewing” wees. Ek sien nie eens dit in meeste kerke nie.

pbotha ·

Ek is definitief nie n Angus aanhanger nie…maar laat God toe om sy Gees in mense deur mense te laat werk. Van die opmerkings hier bo is skrikwekkend. Te veel van ons mense is “Godplayers”… Waar mense in Sy Naam bymekaarkom, is nie vir God n spel nie. Dis Sy opdrag. Respekteer dit en bid vir almal

Paul ·

Maroela, die mense sal dit in konteks sien wat ek geplaas het as julle ook my vorige kommentaar oor Angus wat sy klere uitgedeel het, plaas. Dit simboliseer die breek van die brode en uitdeel van die visse deur Jesus. Dit is nie reg nie, hy neem daardeur Jesus se plek in, simboliseer Jesus, sien homself in daardie lig. Dis hoekom ek die gedeeltes oor Paulus en Andreas geplaas het.

Arno ·

Dalk nét wat die bendeleiers nodig gehad het…miskien fisies, maar veral geestelik. Dalk is hulle harte vanaand geseënd en gelukkig in die Here, veel meer as wat sommige van ons met ons sarkasme kan sê.

jakes ·

Die Liewe Heer sal laat dit reën wanneer dit Sy wil is….

Willem ·

Die Antichris?

Die Bybel sê regtig nie enigiets spesifieks oor waarvandaan die Antichris sal kom nie. Baie spekuleer dat hy van ‘n konfederasie van tien nasies en/of ‘n wedergebore Romeinse Keiserryk sal kom (Dan 7:24-25; Open 17:5). Ander sien hom as ‘n Jood wat voorgee dat hy die Messias is. Dit is alles slegs spekulasie, aangesien die Bybel nie praat van waar hy kom of wat sy ras is nie. Eendag sal die Antichris openbaar word. 2 Tess 2:3-4 vertel hoe ons die Antichris sal herken, “Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.”

Rupert Ashford ·

Se jy nou Oom Angus is die Antichris? “A long bow” soos die Engelsman se. Hy mag baie foute he en ook baie maak, maar hy is verseker nie die Antichris nie.

jaco ·

Amper elke voorspelling van reën in die kaap is uiteindelik waar, maar dan is dit so ‘n halfuur se sagte motreën. En dis presies wat geval het terwyl oom Angus geprreek het. Nie juis ‘n antwoord op gebed nie. MAAR ek moet byvoeg: hierdie biddag is 2 maande gelede al gereël. Daars geen manier wat die organiseerders 2 maande terug van vandag se reën sou geweet het nie.
Dis net na 9 die aand in Milnerton terwyl ek dié kommentaar tik en die reën stroom al langer as ‘n halfuur hier buite…

Klein van geloof ·

Daar is baie negatiewe opmerkings teenoor Angus en dit wat hy doen gemaak. Hy kry mense om saam te bid en hierdie eenvoudige taak word veroordeel. Is dit nie ook hoe die mense op Noag se taak om ñ ark te bou reageer het nie? Is ñ ark in die tyd wat dit nog nooit gereën het nie, nie vreemder as saam bid nie? Noag het na God geluister en nie al die negatiewe kommentaar van die mense nie. Sy gehoorsaamheid het hom en sy familie gered. Ons moet terug draai na God en hom volg en vetrou soos geslagte voor ons. Ons het ñ monument wat wys hoe God al in die verlede die gehelp het wat Sy naam aangeroep het.

Hopelose spul ·

Dis baie waar ! Almal het vir Noag gelag….en wat gebeur toe ?

Jurie Vermeulen ·

Geen probleem as dit eerlik is nie, maar in sy geval geld.

Yankee ·

God is great!! Dit verg egter veel meer as gebed en vra!! Kan ek bid vir n woning as ek dit nie kan koop nie? Nee! Kan ek bid om n jackpot te wen oormore? Nee! Kan ek bid vir genesing van kanker, en siedaar als okay? Nee!!

magda ·

Mens sal nie se al die mense wat sulke negatiewe kritiek geskryf het het die dagstukkie gelees nie…..dalk moes van julle die bid dag bygewoon het om ook tot bekering te kom….maroela is vir die woord vir vandag en nie om kritiek te lewer nie….Jesus is lief vir oom Angus se vyande ook

Hopelose spul ·

Nee wat….as ek al die suurknolle hier se negatiewe kommentaar lees, verbaas dit my gladnie dat dit met ons en SA gaan soos wat dit nou gaan …. ons het n afvallige volk geword

Ina ·

Presies. Ons het nie ore aan ons koppe om te hoor wanneer God met ons praat deur droogte en allerhande erge dinge wat oor ons pad kom nie. Ons weet beter as Hy, ons Skepper, en ons lewe soos ons wil, nié volgens Sy Woord en Sy wil nie. Ons stap ons eie pad soos skape wat moedswillig wegloop van hulle herder af. Dan vreet die wolwe ons en ons pyn! Maar dan het ons steeds ons groot monde vol as ‘n opregte man van God vir ons durf sê om terug te gaan na ons Herder. Dan wil ons hom kruisig. In dié geval moet die wolwe ons maar vreet totdat ons opgevreet is. Iemand het eenmaal gesê dat ‘n herder dit soms nodig vind om ‘n halstarrige skaap se been te breek sodat hy kan leer om gehoorsaam te wees aan sy herder…vir sy eie beswil en veiligheid. In die verlede het God ons beskerm, want Hy is toe nog grootliks geëer in SA. Die Bybel was bykans in elke huis en hand. Baie water het intussen in die see geloop. Vormgodsdiens het grootliks verval. Afrikaners, ons moet kies, elkeen vir homself, of ons God nog wil dien of nie. As jy kies om God te dien, gehoorsaam Hom dan met jou hele wese. As jy kies om Hom nié te dien nie, besef dan dat jy kies om onder Sy seën en beskerming uit te gaan. Dis jou goeie reg.

Yankee ·

Arkbouer, i do believe in God, yes i do!! And he is great!! Yet so much more on this earth of us to try and fix everything with a prayer. You guys prayed to stop farmmurders, and did this happen? No, it intensified!! Wake-up, and do the right thing God want you to do. Get the hell out of that God forsaken country of yours!!

Spikkels ·

God het gebede geantwoord ons sien dit net nie raak nie. Die wereld is besig om wakker te skrik en gee uitkoms aan die witmens Afrikaans of Engels om te kan emigreer na Australia of ander plekke toe wat ons nooi om te emigreer vir n beter toekoms. Of ons dit gaan vat en doen is ander saak.

Arkbouer ·

Yankee, onder al die omstandighede het ek en my gesin nog nooit die begeerte gehad om te vlug nie. As ons sou land-uit, wat van almal wat agter bly. Almal kan nie oppak en gaan nie. Ek glo met my hele hart dat God almagtig is en dat Hy veel meer doen as wat ek aan kan dink of droom.
Blessings vir jou!

patat ·

mense mense-ons land is waar hy is deur al die kritiek wat daar altyd oor ander gesaai word…..wie is julle om klippe op te tel-God sê as jy GEEN SONDE het-dan mag jy daai klip optel. pleks staan ons saam en bid en glo eerder saam-maar nee-jul sal eerder kritiseer. onthou net een ding-as Anchus wel sy roeping volg en God werklik deur hom werk-WAT GAAN JY WAT SULKE NEGATIEWE UITLATINGS GEMAAK HET-DAN DOEN. Hou op klippe gooi….vat mekaar se Hande en begin saam staan-ons dien EEN GOD-Ń GOD VAN LIEFDE

Shane ·

Ek verstaan nie hoekom dit so swaar gaan in SA nie. As ek hier lees is almalgod want almal oordeel. As jy kan oordeel en dan so wys is gee ons die oplossing vir ons probleme in SA. Los Angus uit as hy reg is is hy reg as hy nie is nie laat God [ die regte God ] hom uitsort. Meeste van sy goed wat hy doen word geborg en al maak hy baie geld die God wat ek ken wil he ons moet goed doen. JER29:11 . Onthou net hy het ook n plaas wat goed doen lank vior hy gepreek het. So almal wat so oordeel kom los SA se probleme op !

marianna ·

Dit laasnag 4mm hier ons dorpie McGregor gereen en ek is so dankbaar daarvoor!

Lynne ·

As Evangeliste & Pastore begin om dooies op te wek, moet jy hardloop………

Pine ·

Lynne, dis wat die Jode gedoen het toe Jesus uit die dode opgewek was.

Annie ·

Hallelujah!!! Ons Koning kom! Mag elkeen van julle wat so geniepsig is onthou What would Jesus do? Mag julle reg wees as julle voor God se stoel staan! Wys net weer dat ñ mens nie die son sien skyn oor ander nie! Here wees die mense genadig want hulle weet nie wat hulle sê nie.

Mariaan ·

Om vir mense klere te gee wat jy gedra het, lyk vir my asof daar gedink word dat die Here se mag in klere opgesluit le. Kyk n bietjie na die derde gebod omie, jy misbruik die naam van die Here. God word nie deur mense gemanipuleer nie, al daag daar duisende op.

Christo ·

Geloof is geloof en nie ‘n wetenskap nie. Dit was ek het is uit genade. Nie uit verdienste nie. Netso is dit wat die Here aan ons voorsien uit sy liefde en genade vir ons. Netso is reën nie ‘ n reg nie, maar genade van bo. Ontvang die boodskap vir soos jy jouself goeddink. Die Here dwing Hom aan niemand op nie. Hy het almal lief soos ons is. Amen

Greta Grobler ·

Dit is altyd interessant om mense se kommentaar te lees na ‘n gebedsbyeenkoms. Want vir die van ons wat daar was, gaan dit oor God, om hom te aanbid, om Sy naam groot te maak, om nader aan God te beweeg. Vir ons gaan dit nie oor wie dit gereël het nie. Indien mense eerder sien en besef dat God groot gemaak word by sulke gebedsgeleentheid, sal die nydigheid en negatiwiteit oor sulke byeenkomste nie eers geuiter word nie. As jy glo, waarom mede-gelowiges kritiseer. En as jy nie glo nie, waarom jou enigsins verwerdig om iets te sê? Dit gaan jou mos nie aan nie.

Hans ·

Presies, Greta! Ek stem so saam met jou!
Ek was daar en mens kan NIE die ervaring in woorde beskryf NIE!

Vermeendes ·

Ek maak nie vir Angus voorspraak nie maar so n byeenkoms reel jy nie in n week nie, die logestiek is net te groot. Dit is beter om enige byeenkoms op n Saterdag te hou want dan is die meeste mense af. Ek het nuus vir julle, dit reen op Sarerdae ook. Angus se klere is sy eie om te maak daarmee soos hy goed dink.
Koue in die winter is nie n wonderwerk nie en ook nie reen in n reenseisoen nie, wat wel n wonderwerk is, is as daai droogte in die laaste paar dae gebreek word soos hy geprofeteer het.
Julle moet net onthou, God se wil saL geskiet en Sy wil is los van mense reëls.

Daai mense het hulp nodig maar ek volg hierdie oompie uit Zim nie, sy bediening kan edel wees maar gaan oor die getatalle, hierdie is volgens my n popelistiese bediening en volksvreemd.

Pine ·

Vermeendes, Jesus se bediening was vir die Jode ook popelisties en volksvreemd.

DHK ·

Pine, Angus is nie Jesus nie. Jou vergelyking is uiters onvanpas.

Ander Annie ·

Ek wens ek kon daar wees. Dit moes wonderlik gewees het. Ek onthou baie bid dae vir reën toe ek opgegroei het. Hierdie is die dieselfde. Mag ons Hemelse Vader elke gebed, waar maak. Dankie aan elkeen wat daar was. Die verwysing na Noag en die ark is treffend. Noag is gespot en uitgejou toe hy gesê het die Here het vir hom gesê dit gaan baie reën. Waar jy ookal is, jou gebed maak saak. Indien jy nie glo in gebed nie, geen probleem. Ons maak elkeen ons eie keuse.

Andrew ·

Dit breek my hart om te sien hoe mense wat hulself Christene noem omgaan met geloof, hoe hul mense oordeel en fout vind met alles.

Dit gaan nie oor Angus nie, dit gaan oor God en Sy genade. As jul dan so teen sy prediking is, waar is julle in die hele saak? Waar is julle om die opdrag uit te voer om vissers van mense te wees?

Ons land staan midde in ‘n krisis, maar ons mense is steeds eerder bereid om pak uit te deel en te veroordeel eerder as om te glo, op te staan vir Jesus en Hom toe te laat om dinge te verander. Dit het die daaglikse gebruik in ons land geword om mense te oordeel en te veroordeel sonder om na ons eie foute te kyk. Baie van die kommentaar hier is gebasseer op een vers uit die Bybel. Dit gaan oor die opdrag van God aan ons.

Mense, vergewe, staan op vir Jesus en glo dat ding positief kan verander. Ons almal is immers sondaars en elkeen van ons het die genade om ons lewens om te keer en die ewige lewe te onvang.

Pine ·

Andrew. Ek stem volkome saam met jou . Dit kan verwag en verklaar word deur:- II TIMÓTHEÜS 3:12-17 AFR 53

12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Die kritisi weet dit dalk nie, maar hulle kommentaar bevestig dat Angus ‘n gehoorsame dienaar van die Meester is.

Cornelia ·

Job 12:15 ” Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los en hulle keer die aarde om. Dankie vir medebroers en susters in die liggaam van Christus wat opreg en Godvresend met liefde en lankmoedigheid, sonder spot en ligsinnigheid, vriendelik en ernstig vermaan, teregwys en biddend intree en optree. U sal u self ken in die spieël van die Heilige Gees. Hou aan om te volhard in gebed en geloof en Waarheid. Weerlê en wys tereg in alle geduld en eerbied en liefde. Want so het ons Christus as ‘n vaste fondament en voorbeeld. Die Here self skei die kaf van die korrels.

Vermeendes ·

Ander Annie, jy is reg, almal se gebede is anders volgens hulle behoeftes, party bid en smeek vir geneesing oor hierdie land heel en harmonie tussen die reenboog nasie.
Ander soos ek bid en smeek weer vir velossing en reding uit hirdie heidense gemeenskap.
Wie se gebede sal dan verhoor word??

Ander Annie ·

@ Vermeendes, ons tyd is nie die Here se tyd nie. In gebed kan ons vra maar ons sê ook “U wil geskied”. Ons praat met ons Hemelse Vader in gebed. Ek weet ook dat daar krag is in gebed. Ek bid sommer so waar ek sit of ry. Dit is ook goed om saam met ander te bid. Gebed is my selfoon na die Hemel. Ons moet volhard in ons geloof. Ek is bietjie versigtig vir die woord christen, maar ek glo in God en wil veel eerder as ‘n gelowige gesien word. As ons dan as gelowiges saam bid en vra vir reën, dan moet ons ook glo dat die Here ons gebede sal verhoor en soos dit Sy Wil is ons sal seën met reën. Soms bid ons soos ongelowiges. As gelowiges moet ons ook weet dat nie almal ons geloof deel nie, nogtans moet ons mekaar respekteer.

Piet ·

Ek glo nie die mense veroordeel hom nie maar toets hom eerder volgens die toets in die bybel nl. As sy voorspelling tot waarheid kom is dit van ons Vader. Indien nie wat moet dan geglo word? Indien hy wel voorspel het dat die damme einde Maart vol sal wees en dit gebeur nie wat maak dit hom dan. Hy word eenvoudig getoets aan die woord van God self. Besluit maar self waar jy staan.

Cornelia ·

Andrew, elke vers uit die Bybel “is die Bybel”. En so lei die Heilige Gees elke ware gelowige om met ‘n toepaslike Skrifgedeelte te antwoord en te belig. Ek het baie geput en is self verkwik met elke teksvers. Dit beantwoord aan die Opdrag van God.

Piet ·

Dankie Cornelia! Mense dink te maklik met hul hart en nie met hul verstand nie. ….After all is done and said the heart still over rules the head….

JD ·

Die afgelope tyd kon ons letterlik honderde versoeke rondstuur om te bid vir reen. Nou het dit oor groot gebiede baie goed gereen en ons is STIL. Kom ons gee tog net aan HOM die eer met die volgende paar woorde soos Dawid sou se. “ONS WIL DIE HERE LOOF. MET ALLES WAT IN ONS IS WIL ONS SY HEILIGE NAAM LOOF. WANT DIT IS HY WAT VIR ONS SORG, WAT ONS VERHOOR HET, WAT ONS ONBAATSUGTIG LIEFHET EN WAT AL ONS SONDE VERGEWE. PRYS DIE HERE. AMEN.
Nou wanneer Angus vir ‘n danksegging dag of weet hy dat daar minder mense/Manne teenwoordig gaan wees.
Aan God al die eer en dank vir die reen.

Jack daniel ·

Wil net weet hkm net manne? Hoor die Here nie a vrou, moeder of a ouma se gebede en gepleit nie? Sien God nie a vrou se traan nie?
Vra maar net?

DHK ·

Dit blyk uit die kommentare dat daar vele anti-Angus en eweneens vele pro-Angus mense is. Enige ware wedergebore Christen besef dat ons in die doodsnikke van hierdie dispensasie leef, m.a.w in die laaste dae vlak voor die wederkoms van Jesus Christus. Die twee kampe is in konflik ten einde die eer of oneer van ‘n feilbare mens te verdedig of aan te val. In die proses verheerlik beide groepe die sielevyand se taktiek, naamlik om die kollig van Jesus weg te neem en tweespalt te saai. Neem eerder die Skrif, bestudeer dit en vra die Heilige Gees om onderskeidingsvermoë sodat u die ware bedoeling daarvan kan verstaan. Ten opsigte van die laaste dae is die Bybel duidelik. Daar gaan grootskaalse afvalligheid wees, nie herlewing nie. Bestudeer gerus 2 Timótheüs 3:1-17 in die 1933/53 Bybel. En wyl u dit doen hou u oog op Jesus Christus, die Leidsman en Voleinder. Sodoende sal u nie agter elke dwaling aan hardloop nie. Mense is áltyd feilbaar en teleurstellend, Christus nie.

T N ·

Die weerkoms van jou bebaarde wonder kom nou al 4 , 5 biljoen jaar , nog 4 , 5 biljoen jaar is ver genoeg vir my en al my nageslagte .

Cornelia ·

DHK, uit die kommentare wat hier na vore gebring is, is bevestig dat God Sy Boodskappers/ evangelie bedienaars uitstuur om Sy Naam Groot te maak op wyses wat ons stereotipiese aanname bietjie skud, niks minder Goddelik is nie. As dit God verheerlik en siele oes vir die Koninkryk van God, dan is dit nét God. Jy kan verseker weet dat niemand Jesus Christus dien as hy of sy die boodskapper wat God se opdrag Bybelgetrou uitvoer, stenig deur verdagmakery nie. Lees gerus elke belydenis en lof en danksegging en voeg joune by.

DHK ·

Cornelia, ek dink die pennie van my kommentaar het nie deurgeval by jou nie. Miskien moet jy dit weer behoorlik deurlees, dalk sal jy dan verstaan wat ek gesê het.

sarel ·

kyk wie regeer oor die volk.net soos dit in noag se dae was so sal dit in die laaste dae wees.daar is geen hoop vir ons nou meer nie.Net die terug koms van Christus die koning kan ons nou red maar daar le swaar tye voor. hulle gaan ons laat swaar kry die volgende paar jare

Hennie ·

God is magtig….soos jy se die israelite het 40 jaar gevat om in die beloofte land te gaan….hoekom….dit was net n 11 dae reis….hulle was in ongeloof en bang….as hulle gehoorsaam was het hulle al daai leiding en swaarkry…vrygespring…ons doen vandag nog dieselfde ding….wees ons gebrek aan kennis en ware geloof….trek ons ook in ons eie lewenstyd al in die ronte en mis ons al God se blessings in ons lewe….oom Angus is maar net gehoorsaam….hy sit nie op sy plaas en verlekker hom aan ander se pyn en swaarkry nie….hy gaan waar God hom stuur….en michellplain was nogal n waagstuk….maar Hy was gehoorsaam….God is besig met Sy plan en Kaapstad gaan opstaan hierdie is maar net die begin van een massiewe herlewing…en oom Angus is gehoorsaam….as julle nie saamstem met hom nie hoor wat hy se en gaan self na jou binnekamer en le dit in diep gebed voor Vader….se vir Vader jy is negatief en krities oor oom Angus….en as jy n diep verhouding met Vader het en jou lewe dit getuig sal Vader julle die waarheid wys….ja daar is vals profete ons weet dit almal….maar Vader se Gees sal jou na die waarheid lei….

William ·

Amen God is groot sy dissipels was ook nie bekende of geleerde mense nie slegs volgelinge.

tamboti ·

Mense liewe mense: hierdie is ‘n wonderlike geleentheid – kom ons sê ‘n regte waterskyding!
Gaan dit reën dat al die damme vol word of nie! Wie gaan reg wees, die wat glo of die wat nie glo.
As dit nie reën nie wed ek my linker nier op wie gaan die skuld kry: die wat nie genoeg geloof het nie/of nie breek met hul sondes nie! Kom ons gee dit so 6maande ksns dan praat ons weer.

Piet ·

6 Maande? As iemand sê einde Maart moet dit mos einde Maart wees. Beslis nie 6 maande later nie!

Daan ·

Die Bybel is vir my bevestig deur hierdie kritiseerende beledigers, wat oom Angus en ander evangeliste en die Bybel so kritiseer en beledig. Want daar is 2000 jaar gelde reeds geskryf dat daar mense soos julle gaan wees, en woeps hier is julle so waar as waargtig, uiteindelik het julle opgedaag, NES! innie Bybel geskryf staan, en een van die eerste vervullings van die Bybelse profesiee. Nou vra ek hoe op dees aarde het die Bybel skrywers 2000 jr terug van julle geweet? Hahahahahahahahahaha!!!!!!!! ek glo nou nog kragtiger in dit wat innie Bybel geskryf staan, as ooit tevore, want ek het iets innie Bybel gesien, deur dit te lees, wat waar is en bestaan …. JY … KRITISEERDER ….. Wat het Christus julle genoem? Addergeslag!!!! ……. Oeeeeeehoe ….. gaan maak liewer baie gou vrede met God want as daai asempie van jou, jou lyfie verlaat het, dan is dit te laat, adders …. En niemand sal daai asempie weer terug in jou lyfie kry nie … oeeeehoe!!!! En jong daar is nog iets … Daar staan ook geskryf moenie aan my gesalfdes vat nie, as jy nie weet wat ‘n gesalfde is nie beter jy gou gaan navorsing doen en met kundiges praat, want jy gaan verseker met God van Israel in ‘n kop en kop botsing gaan, en jy, kritiseerder, jy gaan dit nie maak nie!!!! Amen.

Piet ·

Deuteronomy 18:
17“Then the LORD said to me, ‘What they have said is right. 18I will raise up a prophet like you from among their fellow Israelites. I will put my words in his mouth, and he will tell the people everything I command him. 19I will personally deal with anyone who will not listen to the messages the prophet proclaims on my behalf. 20But any prophet who falsely claims to speak in my name or who speaks in the name of another god must die.’
21“But you may wonder, ‘How will we know whether or not a prophecy is from the LORD?’ 22If the prophet speaks in the LORD’s name but his prediction does not happen or come true, you will know that the LORD did not give that message. That prophet has spoken without my authority and need not be feared.

Elize ·

Mense in my stad is daar ‘n groot kennisgewingbord met die volgende woorde “If there is no God I will be okey, but if I die and find out there is a God where will I stand?”. Hou op met klippe gooi en dink eerder aan eie saligheid. God is die een wat sal oordeel en straf uitdeel, hou aan om Hom te eer en te loof en Hy sal op sy eie tyd reën stuur vir die Wes-Kaap. Oom Angus is gehoorsaam om die evangelie te deel en daarom is hy voorspoedig met wat hy ookal doen.

tamboti ·

oeeeehoe Daan, kritiek sal daar wees Bybel profesie of nie my maat, dit is maar hoe die mensdom is. Ek wonder maar net hoekom soveel “gesalfdes” geslag word soos skape – of gaan jy beweer nie een was gesalf nie.
Die “proof” is in die “pudding”
Ek persoonlik wens die Kaap kry baie reen, en die hele verdroogte land kry soveel reen dat riviere vloed en damme oorloop, fonteine weer lewendig word en boorgate wat opgedroog het weer vol water word, maar soos die ouderling na die dominee se bid vir reen diens gese het; “jammer die wind waai nie reg nie”
Dis tyd dat gelowiges se: “God sal die land red ter wille van ons gelowiges en nie as die sondaars hul bekeer nie” Of is julle geloof te klein DAAN?

Cornelia ·

DHK, ek het jou pennie gelees. Ek volstaan by die antwoord.

Katryn ·

Ek dink nou aan Jesus se woorde – wat gaan dit jou aan volg jy My. Volg jy net die Here – en los die res van die mense uit wat iets vir die Here wil doen uit. Ons almal gaan voor ‘n Lewende God staan en rekenskap gee oor elke woord wat jy sê en elke letter wat jy skryf – dit wat jy skryf op die blad, raai wat, gaan jy voor verantwoordelikheid gee. Maak seker wat jy skryf is Jesus geinspereerd en nie self geinspereerd nie. Angus ek en jy gaan vir elke daad en woord verandwoordelikheid moet aanvaar. Dus wat gaan dit jou aan wat Angusy doen volg jy My.

Anoniem ·

Stem saam met Rina Coetzee

Dit was so so so ‘n lekker atmosfeer Bly ons was DAAR Baie geseënd huistoe gekom

Dankie Mitchell’s Plain se mense

God is Goed A L T Y D !!!!!!!

Denise ·

God alleen sal dit laat reen en op Sy tyd vetrou op Hom nie mense hulle stel jou teleur !!!

De Waal ·

Vir wat praat jy nou skielik Engels hier, Piet? Ons moedertaal is mos mooi duidelik vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.