Duisende by biddag verwag

Christene, Jode, Moslems en Hindoes is van die geloofsgroepe wat Sondag in Johannesburg se FNB-stadion vir die Nasionale Biddag bymekaarkom.

Pres. Cyril Ramaphosa is een van die sprekers wat die skare sal toespreek, het die presidensie vroeër in ʼn persverklaring gesê.

Die biddag word aangebied deur die Motsepe-stigting in samewerking met 33 geloofs- en godsdienstige organisasies. Verlede jaar, toe dit die eerste keer aangebied is, het meer as 100 000 mense die geleentheid bygewoon.

Vanjaar word gebid vir goddelike leiding, leierskap en seën vir ʼn blink toekoms vir alle Suid-Afrikaners. Daar sal ook gebid word vir werkskepping, gelyke geleenthede en die voorsiening van gehalte-onderwys, ʼn einde aan armoede en misdaad, en eenheid onder Suid-Afrikaners, ondanks hul verskille.

Tussendeur sal vertonings met ʼn godsdienstige of geloofstema gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Werner ·

Wat n bespotting is dit nie dis nou n geval van gooi jou perels vir die varke hoop nie hulle verwag dat daar iets moet gebeur nie

Dereck Le Roux ·

Die Baalprofete het ook teenoor Elia gestaan en aan die einde van die dag toe die Here nie hulle geantwoord het met vuur nie is hulle almal geslag op die woord van Elia, hierdie is niks anders as ‘n politieke samekoms onder die vaandel as ‘n gebedsaksie nie, ek val nie daarvoor nie.

Lukie Carelsen ·

Hoe is dit moontlik dat christene saam met ander gelowe kan bid en dan verwag dat die Here die gebede moet sëën?
Dis 100% teenstrydig met die Woord!

Chris du preez ·

Maak nie saak saam met wie jy is nie . Die Here sal nog steeds luister na jou

Vita ·

Die Lewende God die God en die Vader van Ons Here Jesus Christus ons Verlosser deel sy eer met geen ander nie Hy is n jaloerse God en allen in die Naam van die Here Jesus Christus kan jy God nader en deur Hom alleen , God sal nooit sy eer deel nie, Hy sal luister en beantwoord die wat in Jesus se Naam Hom nader

jaco ·

My God is groot en Sy Woord ( Die Bybel) is waarheid. In die Woord word ons gewaarsku teen ander gode. My God is nr 1 in my lewe en ek siti my voete by so plek ni. Prys die Here vir kerke en oom Angus se byeenkomste.

Vita ·

Daar nie gelyke geleenthede as die by Ons Here Jesus kom nie,Hy deel nie sy eer nie

Robert ·

Die duiwel wil nie voorspoed hê nie so hoekom moslems en hindus daar hê.

Chris du preez ·

Dit is presies hy wat jou hierdie kommentaar laat skryf het

Chris du preez ·

Almal kom saam en aanbid. Dit is nie dat jy ander gode moet aanbid nie. En Rabes my saak is reg . Ek het geen vrees nie. Nie eers om die Here te aanbid met Moslems of Hindos om my nie. Ek dink julle wil maar net julle eie gewete sus deur te sê julle sal nie gaan nie omdat daar ander gelowe ook by is. Wie sê daar draai nie dalk n paar Moslems om na die Christin geloof nie

Gogga ·

Dit druis definitief teen my beginsels in om saam met Moslems en Hindoes te bid- my Bybel leer my anders!!

#?? ·

Hallo Gogga. Waar kty ek daardie gedeelte in die Bybel asseblief. Ek soek dit maar kry dit nie.

Seeskulp ·

Vergeet van alles waarvoor julle vra en bid eerder dat julle oë sal oopgaan om die waarheid raak te sien van die vrot kondisie van jul en julle leiers se eie harte. My God, Jahweh is verseker nie die een wie julle soek nie.

Johan H. ·

Wereld is op alle vlakke besig om te verbaster en te vermeng,dink nie dis n goeie ding nie.

Ekke ·

Dis hoekom die land uitmekaar val. Want die meerderheid aanbid nie die ware God nie.

Spook ·

Spookaanbidders – die 1 so mal soos die ander. En meerderwaardig want my spook is die beste en enigste.

Andre ·

Klink vir my na n politieke byeenkoms. Hoe kan jy na dieselfde plek gaan vir aanbidding met n president wat nie eens die tiengebooie nakom met betrekking tot diefstal nie ?

Tersia ·

Ek stem 100% saam!! Ons bid nie tot dieselfde God as d Moslems en Hi does nie!! God sal nie daar teenwoordig wees nie!!! Mense is vas aan d slaap . Gaan lees weer d gelykenis vd 10 maagde…..

Chris du preez ·

Ons bid tot dieselfde God as Moslems. Doen so bietjie huiswerk.

ZAR ·

Nee Chris ons doen nie. Die koran het baie goed van die bybel, maar dis oordat mohammed wel bekend was met die christen geloof. Sy woord is egter nie die woord van God nie.

Jollie Jacqueline ·

Shoe, Chris. Ek dink eerder jy moet jou huiswerk doen.

Geregtigheid ·

Hierdie is One World Order waar alle gelowe dieselfde is. Dit is teenstrydig met God se Woord. Daar is net EEN GOD nie verskillende gode nie. Hierdie is niks anders as n politieke byeenkoms nie. God sal nie daarna luister nie.

Geregtigheid ·

Alle gelowe is nie gelyk nie. Daar is net EEN GOD en EEN GELOOF

Alberta ·

Chris die bybel sê dit pertinet dat jy jou moet weerhou van dit wat vandag daar gebeur. Daar kan geen seën daar wees nie.

Jollie Jacqueline ·

Hi Chris, lees die Bybel – Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

II KORINTHIËRS 6:14‭-‬17 AFR53

Piet Piet ·

Hoe kan jy ‘n Christen wees maar jy erken ander gode. Indien jy nie ander gode verwerp nie het jy n probleem. Ons en die Jode aanbid dieselfde God nl die Vader van Abraham, Isak en Jakob. Hulle het wel Sy Seun verwerp maar sal Hom erken en aanvaar met Sy tweede koms.

Spook ·

Ja laat daai een/enigste nou n slag sy verskyning maak of at least skype!

Estelle ·

Christene se eie “geloof” is so vervleg met pagan afgodsdiens dat hulle self nie eers meer die ware Vader dien nie.

TB ·

Daar word n biddag gereel om te bid vir werk en misdaad en en en maar solank as wat die ANC regeer sal daar altyd misdaad , werkloosheid, korrupsie wees.

Vita ·

wat God wel sal doen deur sy genade en liefde is om daar sy Naam te verheerlik,dat ander kan sien dat daar net 1 lewende God is en net 1 Verlosser Jesus Christus Onse Here en God,,Hy sal iemand stuur wat gehoorsaam is

Adam ·

Dirkie soek nog siele man-die getalle raak min en die koffers leeg!

Marie van Heerden ·

Bid verniet niks gaan verander die plundery en stelery sal nog voortgaan Hierdie is weer ‘n politieke saamtrek

Wiehan ·

Dit is nie Christene wat dit reel nie maar die anti-Chris. Die Bybel sê hy sal him voordoen as die ware Christen

Wilma ·

Alles wat die regering aanpak word n politieke vergadering. Ons muni die ander gelowe so vinnig veroordeel ni. Dis seker moontlik dat God dit vandag toelaat en dat van die ander gelowe dalk hulself na God kan keer. Nix is onmoontlik nie. Dis maar net my beskeie mening

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek lees nou Maroelamedia so vir omtrent ‘n jaar. Hier was al duisende indien nie miljoene “kommin”-tare waar almal smeek vir een of ander god se ingryping, verlossing of redding. Hoeveel keer is hier nie gesê dat die “nuwe Suid Afrika” ‘n straf is omdat die mense weggedraai het van hulle god af, of een of ander antieke gelofte nie gestand doen nie, ens. ens. ens. Nou word hier ‘n biddag gereël……..Gaan staan daar en bid tot jou god…en wys vir die ander gelowe hoe magtig jou god is……maar doen julle dit? NOPE…..Nou spring almal weer op met “MY bybel” sê ek moenie saam ander gelowiges bid nie….en tog is daar baie voorbeelde in die christen bybel waar gelowiges nie net hulle geloof gedemonstreer het nie, maar ook daarop aangedring het dat hulle ‘n “lewende god” aanbid wat na hulle gebede luister? As ek hier bo lees sien ek nie iemand wat bereid is om in ‘n skare op te staan vir “sy god” nie……..maar eerder net verskonings te gooi om nie op te daag nie? Shame man….

Karel ·

Ag, Sopbeen, swyg liewer. Duidelik verstaan jy nie mooi waaroor dit gaan nie. Bepaal jou maar by die politiek waarvan jy bietjie meer weet.

ZAR ·

Gemaskerde sopbeen ek verstaan wat jy probeer sê, maar hierdie is nie elke geloof wat sy brandhout daar het nie, hierdie is ‘n mengsel van alles vir een doel. Dis nie hoe God Sy goedheid sal wys nie, want dan sal valse gode ook erkenning kry. Maar IK hierbo het die regte stuk in die bybel aangehaal 2kor6:14-18

Dries du Toit ·

Ek het regtig nie n antwoord hierop nie. Ons is al so deurmekaar en vuisvoos oor die stand van sake in die land dat enige gebed en poging tot beterskap net gesien wil word as hoop.

Sann ·

Ai Dries, moenie moed verloor nie. Die aanslag van die vyand druk swaar op ons. Ek wens ek kan jou vandag weer Hoop gee. Daar’s so baie om op al hierdie dinge te sê, maar by gebrek aan woordspasie: Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
2 KORINTIËRS 12:9

PieterJohannes ·

Die mense wat nie na It’s Time toe wou gaan nie, sal seker na die byeenkoms toe gaan? Nou kan ons duidelike onderskeid tref. It’s Time was uit en uit ‘n byeenkoms wat in gehoorsaamheid gedoen is aan die Enigste, Waaragtige, Drie-enige God en in ootmoed en in diepe afhanklikheid van Hom. Ons nr 1 was genooi, maar ja soos baie ander genooides wou hy ook nie gaan nie. Hy het toe reeds geweet van die een wat oppad is. Hy wou nie gaan nie omdat hy nie toegelaat sou word om sy politieke toespraak te lewer nie. Ander wou bloot nie gaan nie uit hoogmoed. Party mense lewe mos vêr in die verlede en besef nie dat hulle hulle heerskappy verloor het nie. As ons wil eerlik wees, moet ons erken dat die vorige bedeling ons hoogmoed veroorsaak het. So as Angus Buchan ander toelaat en nooi, dan is hy sleg. Praat maar met boere uit Zim wat net met hulle klere daar uitgekom het. Dan sien jy wat ware nederigheid is en dat baie van hulle se lewens gered is deur swart Christene.

Estelle ·

Christene se eie “geloof” is so vervleg met pagan afgodsdiens dat hulle self nie eers meer die ware Vader dien nie.

Die drie enigheid is ñ Roomse / pagan konsep.

Dis waarvan ek praat, “christene” het self nie meer ñ idee wie / wat / hoe nie, want hul leen hul ore sondag na sondag vir die nar daar voor uit wat hulle moet sus in hul skein aanbidding

PieterJohannes ·

Estelle, ek stem gedeeltelik saam. Rome het Kersfees en baba besprenkeling ingebring, maar as jy nie die drie eenheid verstaan nie, het jy ‘n groot probleem. Lees gerus Johannes 1, en in Handelinge met die uitstorting van die Heilige Gees.

Geregtigheid ·

Na watter god toe gaan hulle bid? Yahweh, Allah, Hindoes se oor die 4000 gode, budah????

leser ·

@wiehan
100% met jou
die byeenkoms is net vir anc politiek werwing

Paul ·

Is dit geloof wat mense daarheen trek, Cyril, kospakkies, of net omdat hulle niks anders het om op die dag te doen nie?

GES ·

Dankie, maar nee dankie. Daar bestaan nie so iets soos ʼn intergelowe byeenkoms nie. Hierdie storie dat alle paaie na Rome lei is satanies. Jesus het pertinent gesê dat Hy die enigste weg en die waarheid is.
Niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Wat is daar wat nie verstaan word nie?

Spook ·

Wat nie verstaan word nie is hoe n spook met moses oor slawerny gepraat het en sederdien stom is.

GES ·

Spook, jy mis die punt en is waarskynlik nie ʼn Christen gelowige nie.

NICK ·

Daar gaan seker gratis KFC wees, bid vir hul voorvader geeste!!!!

Alma ·

En so aanbid elkeen sy eie god. Tog is daar net een ware en waaragtige God en Skepper van hemel en aarde. Vraag is: Hoe welkom is Jesus Christus by daardie byeenkoms? Geen afgod het vir sy aanbidders gesterf nie. Jesus Christus het wel vir die sondes van die hele wêreld gesterf. Watter afgod kan enige mens van sonde verlos? Nie een nie. Slegs Jesus Christus, Seun van God, kan ons harte en gewetens reinig van alles wat sleg en vuil is. Ware kinders van God sal alle mense liefhê, maar kan en sal nié saam met hulle na hulle afgode roep nie. Onthou Elia op Karmel?

Jebus ·

Stry julle lekker oor wie se imaginary maatjie die regte een is? Klomp malkoppies.

Hans ·

Jebus, die dag wanneer jy sterf sal jy gewis uitvind watter een die regte Een was. En wens jy was ook mal genoeg om in Hom te glo… Jy kan probeer lewe sonder God, maar moenie sonder Hom sterf nie.

francois ·

Wys jou net…het hy eers gebother om by een van angus se biddae daar te wees…nee…hy voel n veer vir witmense man. Hy is te bang om the hoor hoe bid iemand vir die vrot regering

Johann M van Heerden ·

Die kommentare op die geleentheid wys een ding duidelik uit: hoe maklik godsdiens gekaap kan word deur politici vir eie gewin. ‘Gelowiges’ is baie liggelowig en gryp na strooihalms in moeilike tye uitgegooi deur siniese politici. Enigeen wat saam met die ANC gaan bid vir eenheid moet sy kop laat lees. Daagliks word ons mense fisiek en mondelings aangeval. Ons word duidelik laat verstaan ons nie welkom om te werk of iets te besit nie. Nou wil die mense saam bid. Liewe hemel.

Fanie ·

Ons dien n Almagtige God ,N God van liefde nAlenige God n jaloerse God wat nie sal toelaat dat Sy Eer gedeel word met heidine nie Alle eer aan die Vader Seun en Heilige Gees Die enigste God van die Alfa tot die Omega AMEN

DS ·

Jebus verewig is BAIE BAIE BAIE lank. Sterkte want eendag dan gaan my “imaginary maatjie” soos jy my God spot (GROOT FOUT) jou in die diepste donkertes werp waar ‘n geween en gekners van tande gaan wees en ek gaan by Hom wees vir altyd. Nee wat sterkte vir jou ou maat jy het nog tyd… besin mooi. Anders kry vir jou.

Ek dink ·

As Cyril Ramaphosa en die ander sprekers dit nog opreg bedoel het, kan mens dit seker verstaan, maar dis maar net om politieke punte te kry. As hy en die ander waarlik Christene is, sal hulle mos nie so rassisties en korrup wees nie. Die ANC is veronderstel om die leiers van n demokratiese land te wees, maar hulle is die grootste rassiste en krimenele. Nou wil hulle bid tot God wat hulle duidelik nie eer en aanbid nie en dalk nie eens in glo nie. Dis werklik skokkend.

SNEL ·

As ek mense soos die Gemaskerde Sopbeen en Spook se kommentare lees, dan besef ek eers hoe mense verblind kan wees. Dan dink ek ook aan Laserus en die ryk man en hoe sulkes wat nie glo in die Here nie en Hom wil verkleineer en n bespotting van Hom wil maak, eendag gaan uitskreeu en besef dis nou te laat, pleks het hulle maar eerder minder vinger gewys na God en wat Hy doen en nie doen nie en Sy bestaan en hoe kon dit en hoe kon dat in die Bybel gebeur het en hoe kon die Here vir Moses dit en dat gesê het en dat hulle eerder die Here moes aangeroep het en bid dat hulle Sy Woord kon verstaan en dat Hy hul oë kon oopgemaak het. Roep Hom aan terwyl Hy nog te vinde is en jul suurstof in jul longe het. Of julle glo of nie glo nie, gaan nie die Here se bestaan uitvee nie. God is nogsteeds op die Troon en in beheer, as elke liewe mens die liefde van God in hulle het, sal daar nie slawerny, moord of enige sulke goed wees nie, Hy het juis aan die kruis gesterf omdat ons in n gebroke wêreld lewe, sodat ons eendag in n volmaakte plek saam met Hom kan wees, as ons in Hom glo. So maklik en dis verniet en verander mens se hele lewe en so baie skop daarteen, so hartseer.

Weet regtig nie ·

Skuus, ek was nie bewus van die vorige saamtrek of geleentheid nie. Kan iemand dalk sê wat toe op die agenda of lys was waarvoor gebid was en ook hoeveel daarvan verhoor was na die tyd?

Stephanus ·

Kyk wat staan in 2Korintians 6 vers 14 – 18:

14Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? 15Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan ‘n gelowige dieselfde belange hê as ‘n ongelowige? 16Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:

“Ek sal onder hulle woon en wandel,

en Ek sal hulle God wees

en hulle sal my volk wees.”

17Daarom: “Gaan van hulle af weg

en sonder julle af,” sê die Here,

“en moenie wat onrein is, aanraak nie.”

“Dan sal Ek julle aanneem,

18en Ek sal vir julle ‘n Vader wees,

en julle sal vir My seuns en dogters wees,”

sê die Here, die Almagtige.

Erwee ·

Ai, Ai!! In die ou dae was dit sonde om op ‘n Sondag koerant te lees. Vandag lees “die christene” met die bakstene in die hand die digitale weergawe en gelukkig is dit nie sonde nie (want die voorvaders het nog nie van die digitale era geweet nie). Jy wonder seker wat is my punt? Wel, my punt is dat die “christene” van ouds en die van vandag steeds dieselfde karakter-eienskappe toon. Ons noem hulle “arm-chair-referees”. Hulle sit lekker in die gemaklikheid van hulle huis, lees ‘n storie wat so ‘n bietjie die emosie opwerk, spoel hulle mond uit daaroor en voel dan beter daaroor (het sy/haar deel nou gedoen, was ook vanoggend in die kerk. Dominee en die beheerliggaam voorsitter het my ook daar gesien)!! Lekker vleisie gebraai en sondag-middag-slapie gevat!! Ai, dis darem ‘n lekker lewe hier vanuit die “leunstoel”!! My vraag aan jou is eenvoudig: Het jy nadat jy jou kommentaar geplaas het na jou Skepper, met wie jy ‘n persoonlike verhouding het, gegaan? Het jy ingetree vir ons land EN sy mense dat ons ‘n ware ontmoeting met die almagtige GOD sal beleef wat ons land en sy mense radikaal tot inkeer sal bring? Wanneer dit gebeur is jy nie ‘n ” arm-chair-referee” nie, maar ‘n ware soldaat en lyk jou kommentaar ook dalk anders. ‘n Binnekamer gesprek met ABBA, verander soms ons woordkeuses. Kom ons vat hande in die binnekamer en vra vir ‘n deurbraak daar buite!! ABBA, vertoon Uself, in die naam van YESHUA!!!

San ·

Ek verwerp die Nasionale Biddag waarin al die godsdienste saam geklits word. Deur erkenning te gee aan al die ander afgode in ons land, stel jy die Almagtige Drie-enige God gelyk aan hulle. Die Hindoes aanbid meer as 30 miljoen afgode! Nee regtig. Eks teleurgesteld in die Christelike Kerke wat daaraan deelgeneem het. People pleasing behaag God nie.

Cherokee ·

Iemand anders sê die Hindoes aanbid meer as 400 gode en jy doen beter deur dit meer as 3o miljoen te maak. Ek het persoonlike vriende wat Hindoes is maar het hulle nog nie gevra nie.

Oom Willem ·

Daar is net een antwoord en dit kom uit die Woord van God. Dankie Stephanus.

Wolf Cilliers ·

Volgens ds. Cassie Carstens van Atlete of Sportmanne vir Christus faam het Motsepe by een of ander byeenkoms ‘n paar jaar gelede geld aan verskeie kerke en organisasies geskenk. Die eerste groot donasie was aan die NG Kerk want Motsepe het gesê dis omdat die NG Kerk sy mense na die Here gelei het. Gesien die groot donasie het die NG Kerk nou seker onder verpligting gevoel om die uitnodiging om hierdie byeenkoms by te woon.

Naomi ·

Hierdie byeenkoms was net n sirkus vertoning met “belangrike narre” om die wat siende blind is verder te mislei.
Dit het niks met godsdiens te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.