Duisende by myn dalk hul werk kwyt

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Woensdag bevestig dat hy ʼn afleggingskennisgewing van die mynmaatskappy AngloGold Ashanti (AGA) ontvang het.

In die kennisgewing word gemeld dat sowat 8 500 werkers deur dié aflegging beïnvloed kan word.

Die vakbond het in ʼn verklaring gesê dat daar ʼn tendens van afleggings in die mynbedryf kan volg weens die negatiewe uitwerking wat die mynbouhandves op mynhuise gaan hê.

Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, is die aankondiging veral kommerwekkend in die lig daarvan dat AGA se werksmag onlangs tydens ʼn vorige afleggingsproses met ongeveer 990 poste verminder is.

“Die vakbond gaan nou intensief met die bestuur van AGA in gesprekke tree met die doel om oplossings te vind om soveel moontlik poste by die myn behoue te laat bly. Solidariteit sal natuurlik verheug wees oor elke pos wat moontlik gered kan word,” het Prinsloo gesê.

“Die 189-proses, soos deur die Wet op Arbeidsverhoudinge uiteengesit, moet egter eers begin waarna Solidariteit in die beste belang van sy lede sal kan optree,” het hy verduidelik. “Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gaan nou ʼn kommissaris as fasiliteerder aanwys waarna die proses sal begin en meer inligting beskikbaar sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Hierdie is net die begin van groot hartseer en skade wat kom as gevolg van die Mynbou-handves. Die Handves se doel is om politieke punte aan te teken en ‘n baie klein groepie van die kripvreter-garde te bevoordeel. Diegene wat benadeel gaan word is die mense wat sonder werk gaan sit.

Meraai ·

Stem met jou saam André. Nog ñ groot probleem met daling in produksie is BEE en mense in bestuursposisies agv ras en geslag. Ou hande werk liewer in Afrika waar hul kennis waardeer word.

Vryheid ·

Dié ding is al lankal aan die kom. AGA is maar net die eerste, daar gaan nog buitelandse maatskapye hulle self begin los maak van Suid Afrika . Dit is net nie meer winsgewend om hier te bele nie. Rommelstatus en n korupte regering is die wen resep vir die ondergang van n land.

hannes marais ·

siener van rensburg het gesien die myne staan doodstil

Anton ·

Juis Hannes. Ek glo dit wat Siener voorspel het is juis aan’t gebeur. Hy het ook gese Engeland sal seerkry…

Willie ·

Ek het nou op Kyknet gekyk waar hulle met Andile (BLF) president gepraat het. Die rassis beweer die afgradering en rissessie is deel van elke swart e se plant , om alle blankes alles te laat verloor en dan oor te vat. Hy stel dat plaas en mynwerkers ss slawe op plase werk vir min geld. Hulle mag nie meer vir n wit man werk . Hy soek beheer oor banke sodat swartmense sonder rentes geld kan leen. Hierdie man het vanaand bewys dat hy n nonsesprater net soos Terblanche gedoen het doen en niks bonusplan het nie. Dy koppie dink net tot by grants

CHRISTA ·

Dit spaar die mynwerkers nou die moeite om aan onwettige stakings deel te neem!! Nou kan hulle mos by die huis bly!!

Scalla ·

Nog n bewys dat ons eens pragtige land rommel status geniet danksy n korrupte regering.

Frikkie ·

Frikkie vermoed dat dit instrumenteel bewerk word om misdaad te laat floreer….om die behoeftige, moed-verlore massa’s te gebruik om chaos te saai….soos n’ laaaaaang tang wat voor almal die knypwerk doen maar nemand sien die hand aan die handvatsel nie…

marous ·

Maklik … nou kan dit weer verniet vir ‘n gabba gegee word. Als deel van die beplanning.

SARIE VAN HEERDEN ·

Willie, ek het na dieselfde uitsending gekyk en weet ek nie waarom mense wat so vol haat en nyd is toegelaat word om ander verder oor die lug op te sweep nie, Ek het na sy slonsige voorkoms gekyk en besef dit pas by sy arrogante en dom sieninge wat hy verkondig. Die siel is totaal kortsigtig! Miskien nog meer as Zuma!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.