Duisende by optog in Pta-middestad

Foto: ANC/Twitter

Foto: ANC/Twitter

Verkeer in die Pretoriase middestad is Vrydagmiddag tot ʼn stilstand gebring deur duisende ANC-ondersteuners wat ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria gehou het.

Volgens die ANC is die optog gehou vir “eenheid en nie-rassigheid”. Talle ondersteuners het geel ANC-hemde aangehad met onder meer die woorde “Hande van Zuma af” en “Stem ANC” daarop.  Ondersteuners is met busse na Burgerspark in die middestad vervoer voordat die optog na die Uniegebou begin het.

ʼn Hoë veiligheidsheining het ondersteuners geskei van die party se leierskap, wat talle ministers en die burgemeester van die Tshwane-metro, ingesluit het. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag gesê die optog word nie uit protes gehou nie, maar behels die mobilisering van die gemeenskap teen rassisme.

“Die ANC doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om nie rassisme bloot as ʼn volgehoue uitdaging te sien om te verenig in aksie nie, maar om dit saam met al die ander vorme van diskriminasie uit te wis,” het Mantashe gesê.

“Ons mense was op dieselfde manier verenig teen apartheid. Die ANC beoog om alle Suid-Afrikaners, swart en wit, te mobiliseer om by te dra tot die voortgesette transformasie van ons land.”

Die Tshwane-metro het gesê talle strate in die middestad en omgewing sal tot 16:00 geraak word deur die optog. “Die optog beweeg van Burgerspark na die Uniegebou, via Lilian Ngoyi- en Madibastraat. Die strate wat met dié strate kruis, sal tydelik gesluit en heropen word soos die optog voortbeweeg,” het sr. supt. Isaac Mahamba gesê. “Jeff Masemola- en Thabo Sehume-straat sal ook gesluit wees. Tshwane-metrobeamptes sal al die betrokke strate monitor. Motoriste word aangeraai om die middestad te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Michael ·

Die wit mense sal maar min wees by die optog want ons kultuur is om te werk en op te bou en ons kinders op te voed so ons het nie tyd vir om optogte by te woon vir iets waarin ons ons nie skuldig maak nie.

Johan ·

Die ANC wil rassisme ‘n kriminele oortreding maak. Ek het nie beswaar daarteen nie mits die wet alle groepe teiken. Dit sal fyn beskryf moet word sodat korrupte mense nie kritiek teen hulle werkswyse as rassisties afwys nie. Die grootste enkele rassistiese praktyk in SA sal moet afgeskaf word – naamlik die permanente “regstellende” aksie. Maak dit ook ‘n kriminele oortreding

MJL ·

Goed. ‘n Goeie begin sal wees as Zuma om verskoning vra vir al sy rassistiese opmerkings!

Joh. 3:16 ·

MJL. Dis baie nou kritiek belangrik dat die woord ‘rassisme’ gedefnieer word. Vir ‘n Christen beteken dit ‘haat teenoor ander rasse’. Vir ‘n liberalis beteken dit ‘om verskille tussen rasse te erken’. Vandaar dat hulle kleurblindheid aanmoedig. Vir opgesweepte swart mense is rassisme gelykaan witmense. Dit gee nuwe koers aan die iitdrukking ‘rassisme moet uitgeroei word.’ Die vraag is dus: Wat word bedoel met ‘rassisme’?

Ken ·

RERIG???? Teen-rassisme optog my voet! Dis bloot ANC propaganda hierdie en ‘n verkiesingsveldtog vir hulle. Kyk net die t-shirts, gemerkte karre ens…… Niks met anti-rassisme te doen nie.

m ·

Ai ma die mense het darem ma tyd vir allerande strooi. En so vergaan die land met al hierdie getoi toi.

kobus ·

Dis maar n munisipale verkiesings propaganda-optog. Wonder wie finansier dit.

broos ·

werk die mense dan nooit nie? of is hulle employer “rent a crowd”???

Pietman ·

Maroela, ek meen die T-hemde lees ‘hands off Zuma’ en ‘vote ANC’. Kan nie dink dat die optog-gangers in die gees van ‘versoening’ die onderdrukker se taal sal toelaat nie, sal hulle?

Realis ·

Dis reg anc. Gooi jou speelgoed uit die kot uit en in die proses brand sommer ‘n paar busse ook. ‘n Kind wat nie sy sin kry nie gooi vloermoere maar wee jou as jy jou hand lig. Menseregte en al die dinge is besig om moraliteit af te breek tot iets wat slegs deur die toilet geabsorbeer kan word.
Hulle kan nie morele waardes bestuur nie maar wil die wereld wys wat demokrasie behoort te wees en hoe dit gedoen moet word. “Ek slaan my oe op na die einde van hierdie sirkus en vra: Que vadis Suid Afrika?”

Sarie 2 ·

@ Realis. Jy & ek het min of meer dieselfde uitkyk op diè gedoente. Ek wens ons kon almal in vrede saamleef in my geliefde RSA, maar ek twyfel of dit òòit sal gebeur… Ek woder wàt nog als gaan gebeur voordat ek “lang- bome” toe moet verhuis? Ek bid.vir my kinders, klein- & agterkleinkinders, vir oorlewing. Mag God hulle behoede…

Fly ·

Dit is mos oor en oor gese dat swart mense nie rasisties kan wees nie. En ook dat mans nie sagoffers van seksime kan wees nie. Dus is hierdie net propoganda en opswepery. Die land se tyd raak min. Anarcy heers

tamboti ·

As Maroela my sal toelaat wil ek net se: Dan moet die regstellende aksie dadelik gestop word, want as een ras bo ander bevoordeel word is dit rassisme!
Daar moet ook ten minste 10% wit kinders in alle swart skole en ander instellings, ook regering top struktuur wees, en baie minder indiers en kleurlinge, wag dis kwotas en dis ook diskriminasie of rassisme.
Besef hulle wat hul oor betoog, moet hul nie eerder betoog “only whites can be racists” nie?

Riaan ·

Wat i sirkus, die grootste rassiste betoog teen rassisme, hoop hulle praat sommer ook van BEE en regstellende aksie ook,dit is mos ook rassisties,solank wat dit daar is bly ek n trotse rassis.

DPJ ·

Dink net wat kon alles vermag word met soveel hande arbei op ‘n dag. Pretoria se strate kan almal mooi skoon gemaak word.
Almal kan weer trots wees op Pretoria:
Leedigheid is die duiwel se oorkussing. Saam werk bring meelewing stussen mense.
Wys ons almal wat in saamwerk steek.

Gert ·

En daar stem hul alweer vd ANC en die land gaan onder. Hul huil, brand alles af en breek alles maar as dit kom by stem dan is die ANC die beste.

anna ·

daar gaan seker vir elkeen ‘n gaar hoender gegee word sodat hulle vir die anc moet stem.

Dewald ·

As hulle so gekant is teen rassisme, hoekom begin hulle nie met die afskaf van BEE en affirmative action nie? Dis niks anders as blatante rassisme nie!
Ons het almal teen die tyd al gesien watse negatiewe impak dit op die land gehad het oor die laaste 20 jaar, maar die cANCer hou blindelings voort daarmee.

Berhalet Beukes ·

Spul luiaards! Gaan werk ‘n slag en hou op toi toi!

Justa ·

Die ANC hou n optog teen rassisme maar die President vergader net met swart professionele en besigheidsmense vandag by die presidensiele gastehuis. Is dit nie ook rassisme nie? Vra maar net.

Jenny Thom ·

Hi daar, ken julle hulle nog nie???? Enige verskoning om nie te werk nie. Solank daar net gepartie kan word. Hulle is soooo lief vir ‘n vergadering net verskoning is vir die grooooot eet!! Sabie is tot stilstand, hospitaal ontruim, geen voedsel ens, ens. Stuur my w-app dan stuur ek vir jou ‘n audio daarvan. (084 652 8513)
Sterk wees, oe alleen gevestig op ons Koning en ABBA Vader – ons redding is voor die deur!!!

Boomslang ·

Gratis T-Shirt en kos pakkie vir die dag en daar is support!!!!

Liewe heksie ·

Ek het nogals nou van my werk af huistoe n ” paar” van hulle teegekom o genande koue rilling teen my ruggraat af.Verwag enige oomblik n klip deur my venster Ja nee wonder waar vandaan is hulle aangery

Pietertjie ·

Die werklikheid is stadig maar seker besig om deur te dring: Rassis = Blanke = Rassis. Al die betogings en optogte en onluste het dus dieselfde boodskap: Raak ontslae van die Blankes! Wakker word, my ou Volkie!

philip ·

Net soos by US se studente die spul wat hier loop en betoog is n meeste uitlanders van iewers in Afrika, hulle ondervind dit wat in RSA gebeur baie beter as die hool waar hulle vandaan kom dus bied die anc vir hulle beter lewe, so hulle is die wat anc stemen eise stel. Ek sal waag en sê 95% is nie Suid Afrikaners nie!

Ouman ·

Die ANC sal die rassisme kaart aanhou speel want dit vat die aandag af van al die gemors wat die ANC aanjaag. Sekere van die sprekers het vir my geklink asof hulle goed weggele het aan die Johnny Walker

Oom Boer ·

Wat ‘n Grap” Mnr Mantashe, jou Transformasie beleid is diskriminasie en elke gebeurtenis daagliks en optredes, deur al dit het jul van my ‘n rassie gemaak wat ek nie voorheen was.

Flippie ·

Die optoggangers was so opgeweep dat blankes wat in n informele plakkerskamp langs die swart plakkerskamp Munseville woon, aangeval en uit hulle plakkershuise gejaag is.

Mense van sovêr as Parys het die wit mense te hulp gesnel om hulle te red. Die SAPS het geweier om in te meng.

Kaspaas ·

N optog van kontras. N rassistiese optog van n rassistiese party met n rassistiese agenda teen rassisme. Baie ironies

John ·

Die VSA, destyds ‘n voorbok in die sanksieveldtog om die sogenaamde SA-apartheidsregering tot ‘n val te bring, word nou beskuldig dat hulle weer ‘n ‘regime change’ aanhits. Daar is groot angs in die ANC-topbestuur veral omdat die VSA en Europa nie meer so ontvanklik is vir Afrika se stories nie. En beursies daar raak ook leeg weens probleme met die eise van die eie massas. Wat die ANC wil he is dat die 1e wereld hul lojaliteit aan die groep herbevestig deur die gelddromme vol te maak soos in die goeie ou dae toe daar teen die ‘wrede rassiste’ geveg is. So kan die verknorsing waarin die regering sit veral die ekonomiese probleme, tjop-tjop opgelos word, maar die wit regerings elders word nou self as rassiste uitgekryt en staan voor groot ekonomiese uitdagings terwyl wereldonrus prut en oorkook. In die ooste gaan dit ook broekskeur. Die wiel het gedraai en die speke het op die hobbelpad begin uitval. Ironies tog. Die ANC vra nou die samewerking van, vereis dit eintlik met hierdie betoging, van die ‘ander’ om saam bakhand te gaan staan by die 1e wereld. Dis wat die skielike samewerkingsidee eintlik beteken. Afgradering kan dalk net deur die wit gesigte gekeer word wat mooi luister vir die ANC.

Kaspaas ·

N optog vol kontras en Ironie. Gedoen deur rassiste wat n rassistiese party ondersteun die dood van wittes verkondig en dan sogenaamd teen rassisme n optog hou. Nog nooit was die haal die bslk uit jou eie oe nog meer van toepassing nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.