Duisende by vermoorde Tazné se begrafnis verwag

Tazné van Wyk (8).

Duisende mense, onder wie die minister van polisie, Bheki Cele, en verskeie top-polisiebeamptes, gaan na verwagting Saterdagoggend die begrafnisdiens van die vermoorde Tazné van Wyk (8) bywoon.

Die kind word vanoggend in Elsiesrivier begrawe.

Tazné se liggaam is vroeër vandeesmaand in ʼn stormwaterpyp buite Worcester in die Wes-Kaap aangetref nadat sy die vorige week as vermis aangemeld is.

Sy het by haar huis in Connaught Estate, Kaapstad, verdwyn en is ʼn week later dood gevind.

Moehydien Pangaker is sedertdien vir haar moord in hegtenis geneem en het reeds verskeie kere in die hof verskyn. Die saak teen hom is tot volgende maand uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Pangaker is voorheen altesaam 11 keer skuldig bevind en weer vrygelaat. Hy is vroeër aangekla van die besit van ʼn gesteelde voertuig, aanranding, moord, diefstal en huisbraak.

Gemeenskapslede drom saam gedurende Ramaphosa se besoek buite die vermoorde Tazné van Wyk se ouerhuis. (Foto: Courtney Africa, AP)

Hy is in 2008 gevonnis op aanklag van ontvoering, kindermishandeling en strafbare manslag en is tien jaar tronkstraf opgelê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Tazné se familie die afgelope week besoek en om verskoning gevra omdat die paroolstelsel die meisietjie in die steek gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Venter ·

Wat sê hierdie geval, soos ook ander uit die verlede van die polisiediens en wetstoepasser, hulle versaak die land en die gemeenskappe wat hulle juis veronderstel is om te dien. Wat nou vorentoe? Dan is sekerlik ook die presidensiële kwytskelding, jaarliks op versoeningsdag, van sekere gevangenis se tronkstraf ‘n groot bekommernis wat erg aangespreek en die meriete heroorweeg behoort te word.

Johan Venter ·

‘n Mens kan maar net bid en vertrou dat die ANC regering die oormag van maatskaplike probleme waarin die land hom bevind eendag sal oorwin.

Johan Venter ·

Laat ons vertrou Tazne se moord en Emaan se dood aan die hand van bendegeweld in Ocean View laat ‘n ongekende opstand in die land en bewuswording posvat wat ‘n jaar lank elke dag in almal se ore laat weerklink.

Jr ·

Nie een van hulle is ooit by n vermoorde boer se begrafnis. Nog Syrypy Cyril het nooit jammer gesê. Ek gee nie om hulle gaan na die begrafnis maar die feit dat hulle nooit na ń wit mens se begrafnis OOIT was spreek boekdele vir ons as wit mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.