Duisende dalk werkloos oor waterkrisis

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Nagenoeg 17 000 werksgeleenthede in die landboubedryf is in gedrang weens die waterkrisis in die Wes-Kaap.

Beverley Schäfer, DA-LP en provinsiale voorsitter van die landbou- en toerismekomitee, het gesê die Wes-Kaap staan nou 30% van sy water aan Kaapstad af om te verseker dat mense water in hulle krane het.

“Volgens die jongste kwartaallikse opname van die arbeidsmag deur Statistieke Suid-Afrika is daar tans 250 000 mense in die Wes-Kaapse landboubedryf werksaam, dus sal dit verpletterend wees vir die provinsie om 17 000 werksgeleenthede af te staan.”

Schäfer het bygevoeg dat water ʼn basiese mensereg is en so uitgestip word in die Grondwet.

“Ons moet egter nuwe innoverende maniere vind om water op te gaar en spaarsamig te gebruik om seker te maak ons sit nie met ʼn katastrofe binne die volgende paar jaar nie. Die huidige waterbeperkings vir die Wes-Kaapse landboubedryf is dalk die regte ding om te doen in dié stadium, maar dit plaas baie druk op dié provinsie se grootste indiensnemingsektor.”

Schäfer het ook gesê die DA in die Wes-Kaap het reeds sy jaarlikse begroting vir droogteverligting bestee.

“Ons het meer ondersteuning van die nasionale regering nodig om te keer dat dié krisis ʼn permanente uitwerking op die landboubedryf het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

arie ·

Ek weet nie wat is dit met die ANC owerhede nie.
Die Grondwet maak dit DUIDELIK dat water n onvervreembare reg is vir.alle inwoners in die land.
Tog word water op byna alle tereine wanaangewend en behandel.
Tog is dit nie net die blankes wat daardeur benadeel word nie

Jackie ·

Die REGERING het mos ‘n saak as wit boere vermoor word, want dit ‘raak’ hulle nie direk nie, hulle het ‘n saak as die boere nie water het nie, want dit raak hulle nie, net totdat dit hulle VOLGERS gaan begin beinvloed en sonder werk laat, dan sal hulle seker wakkerskrik. Grondroof is mos nie vir hulle ‘n probleem nie, hulle dink net wittes word benadeel, wel wel, ons probeer die hele tyd vir julle verduidelik ALMAL gaan daardeur geraak word, maar julle bly plakkate rondswaai !

Johann ·

Paar bottels wyn minder sal niemand kwaad doen nie, inteendeel suiwer die wyn vir drinkwater

Liendempers ·

Wonder ek nou so vanaf 2009 al toe dit so droog in mosselbaai was. Is daar nie mense wat slim genoeg is om water uit die see te pomp, iets met die sout en sand te doen, wat dan gebruik kan word vir toilette spoel nie? Verder, wat van subsidies vir die installering van jojo tanks soos destyds met die sonpanele? Ons het reeds 2 tenks op wat of my tuin natmaak, of wanneer daar bv glad nie water is nie, oorgeswaai kan word na my huis. Ons drink nie daai water, maar kan darem due toilette aan due gang hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.