Duisende doen aanlyn aansoek vir IDs, paspoorte

Argieffoto

Argieffoto

Duisende mense het reeds aanlyn vir hul ID-slimkaarte en paspoorte aansoek gedoen nadat die departement van binnelandse se sake sy aanlynportaal in samewerking met vier van die land se grootste banke bekend gestel het.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Woensdag gesê sedert die aanlynstelsel verlede week bekend gestel is, het 4 088 landsburgers deur middel van die portaal geregistreer en 140 van die aanlynaansoeke is by die onderskeie banke afgehandel.

“Dit was nog stadig op die eerste dag met net 229 aansoeke, maar op die tweede dag was daar 1 687 aansoeke en weer meer as ʼn 1 000 op dag vyf,” het Apleni gesê. “Die minste aansoeke was Sondag.” Volgens Apleni is afsprake reeds vol bespreek tot einde April.

Die departement wil met hul nuwe aanlynstelsel dit vir mense moontlik maak om aansoek te doen vir amptelike dokumente vanaf hul huis of kantoor. Mense kan aanlyn aansoek doen en betaal en dan na die bank van hul keuse gaan om hul foto en vingerafdrukke te laat neem.

“Die stelsel is so wonderlik omdat mense nie in toue hoef te staan by die kantore van binnelandse sake nie. Die kantoorpersoneel is dan ook vry om ander kliënte vinniger te help en so is die dae van ‘die riller van binnelandse sake’ verby,” het Apleni gesê.

Die banke betrokke by die inisiatief is ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank. Die stelsel is tot dusver by 11 banktakke beskikbaar en kan vir eers net deur mense wat tussen 30 en 35 jaar oud is, gebruik word tydens die toetsfase. “Ons evaluering toon daar is ander ouderdomsgroepe wat ook baie in hierdie stelsel belangstel en daarom moedig ons mense in dié ouderdomsgroep aan om die geleentheid aan te gryp en aansoek te doen.”

Apleni het belowe die stelsel sal binnekort vir ander ouderdomsgroepe ook beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mariaan ·

i.s die id en paspoort document karate ek wil weet indien jou id gesteels kan jy ook aansoek aanlyn doen en moet jy n bestaande rekening by die bank he voordat jy aansoek kan doen ook waar vind ons uit watter take die is en paspoorte doen dankie

jacky ·

Eligibility Rules
Thank you for your interest. Please note that the registration service is initially only available to applicants ages 30 – 35.

Invitation to other categories will be announced soon. In the mean time you can visit any Home Affairs office close to you and they will assist you with your service request.

If you are already registered and have an existing eHomeAffairs profile you can capture your ID number and “logon” in the section below.

Pieter dp ·

En soo skyf die staat hul verandwoordelikhuid af op die prievaat sektor. Maar staan nog steeds bak hand uinde van die maand om sy selaris vir niks doen te ontvang.

Els ·

Ek dink dis goed en in lyn met wat die res van die wereld ook doen. Ja die staat vlop maar die kan werk vir almal en jy kan maar nog steedsin die tou gaan staan vir 2dae as jy wil. Elke uur wat ek nie werk nie ,is uur wat ek nie betaal word nie.

Eduan ·

Ek glo al die inligting sal aanlyn beskikbaar wees. Ek dink dis ‘n great initiatief. Werk vir my as ek nie in lang toue by binnelandse sake hoef te staan nie

m ·

Pieter dp, jy sit die pos mos ou maat. Hierdie is juis om die mense te help om vinniger hulle id’s en paspoorte te kan kry en so die lang toue by die kantore te verhoed. 9BETER DIENSLEWERING) Die banke het ingestem met hierdie inisiatief en niks is op niemand afgedwing nie.

Ruby ·

m, ek stem saam met Pieter dp.

Alleen kan binnelandse sake nie die mas opkom nie en moet gebruik maak van die private sektor net soos die verkeers department die poskantore inspan.

Dis ‘n wen wen resep vir almal want almal maak ‘n geldjie. Die departemente is veronderstel om self hulle werk te doen en minder te klets. “Tea time & lunch” is die order van die dag met ‘n houding wat stink.

neelsie ·

Wees dankbaar vir diens wat banke lewer.
Ons het n saterdag vanaf 06h00 tot 11h00 by binnelandse sake spandeer vir nuwe kaarte.

Zena ·

Dankie vir die banke wat ingestem het om dit te doen. Ek wil net weet, ons huidige groen “barcoded” ID’s is permanent en nou met die kaart ID moet ons dit mos nou elke 5 jaar hernu. Ek wonder net hoekom ons iets wat veronderstel is om permanent te he, elke 5jaar weer moet hernu en natuurlik weer n stewige bedrag elke keer moet betaal. wonder maar net oor die nuwe ID kaarte……

Frederik ·

Toe die OVK(As hul so genoem kan word) ons gesin se addresse na 16 jaar verloor het en ons weer basies gaan oorregistreer het as kiesers, het hul so ‘n wit strokie in ons ID boekies geplak. Gaan hul dit volgende keer op die ID kaart plak as hul weer die addresse verloor?
Die ANC het klaar bewys dat hul die komende munisipale verkiesing gaan steel, dus noem ek weer, ‘n elektroniese kiesstelsel is die enigste werkbare oplossing.

EMK ·

Hoop die toetsfase gaan gou verby, ek is lankal verby 35 en het nuwe dokumente nodig en is nie lus om in ‘n tou in ‘n vuil Binnelandse Sake kantoor te gaan staan en wag en wag en wag nie.

Marietjie Erasmus ·

Ek stem….. Hoekom in sie eerste plek nie oopstel vir alle ouderdomme nie?

Ben ·

Ek is 67-jaar oud met ‘n pynlike rug en been en ek wag al ‘n jaar vir my bank ENB om te begin hiermeë soos hulle belowe het. Nou kom hulle met hierdie ‘vroeë ouderdom alleenlik’ snert! Waar los dit my, want my groen ID-boekie is verloor? Ek sal maar net nie gaan stem nie, want my rybewys is oral anders goed genoeg. Nelspruit.

Marietjie Erasmus ·

Hoekom die diskriminasie sal ek ook graag wil weet!

Henry ·

Sou vir my beter gewees het om gestremde mense en pensionarisse eerste te help as hulle dan nou moet diskrimineer………….Ouer mense wat self nie aanlyn kan gaan het sekerlik iemand om hulle by te staan en te help?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.