Duisende eis ‘rassistiese woordvoerder’ se kop

Esethu Hasane. Foto: Facebook

Esethu Hasane. Foto: Facebook

Nagenoeg 2 500 mense het in een dag hul stemme by AfriForum gevoeg in ʼn beroep op minister Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, om sy woordvoerder af te dank ná ʼn “rassistiese” uitlating op sosiale media.

Maroela Media het Dinsdag berig AfriForum het ʼn brief aan Mbalula gerig, waarin die onmiddellike ontslag van sy woordvoerder, Esethu Hasane, geëis word.

Hasane het Maandagoggend op sy Twitter- en Facebook-rekening gesê: “Only Western Cape still has dry dams. Please God, we have black people there, choose another way of punishing white people.” [Net die Wes-Kaap het nog droë damme. Asseblief, Here, ons het swart mense daar, kies ʼn ander manier om wit mense te straf.]

Die Wes-Kaap ervaar tans ʼn waterkrisis, met damvlakke wat net omtrent 33% water het. In Kaapstad is slegs genoeg bruikbare water vir 121 dae oor.

Hasane se opmerking was teen Dinsdagmiddag nog op Facebook en Twitter, maar is intussen van albei platforms verwyder. Hy het ook talle ander plasings met ʼn rasse-ondertoon van albei platforms verwyder.

AfriForum het Dinsdag ook ʼn webwerf geskep waar lede van die publiek Hasane se afdanking kan eis, deur hul name by ʼn brief te voeg wat outomaties na Mbalula se kantoor gestuur word.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Woensdag aan Maroela Media bevestig meer as 2 500 mense het Hasane se afdanking deur dié platform geëis.

Hasane kon sedert Dinsdagmiddag nie vir kommentaar bereik word nie. Hy het ook nog nie op ʼn e-posnavraag reageer nie.

Hy het Dinsdagmiddag wel op Twitter reageer met ʼn boodskap vol hartseer emotikon-gesiggies en gesê AfriForum eis dat hy afgedank word.

Hasane het Woensdag weer met hartseer gesiggies getwiet hy het sowat “1 000” e-posse “van AfriForum” gekry, wat eis dat hy bedank.

Kriel het aan Maroela Media gesê AfriForum het nog geen terugvoer van Mbalula ontvang nie. “Maar volgens die publiek se reaksie en Hasane se optrede, het die boodskap hard en duidelik oorgekom,” het Kriel gesê.

“Ons wag nou net om te sien wat die minister se reaksie gaan wees voordat ons volgende stappe doen, wat onder meer ʼn klag by die Menseregtekommissie sal wees. Ons gaan dit beslis nie net hier los nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Simon ·

As Fike.Mbalule nie nou daar werklik optree nie verloor hy nog die klein bietjie respek wat hy.onder die publiek het geheel en al.
Dan sal hy nerens.meer gerespekteer word nie.
Respek moet VERDIEN word deur daar werklike optrede.

Willie Henning ·

Dit is net rassisme as ‘n whit persoon iets sê. Baie hartseer vir almal in SA

AL ·

Teken in op die webwerf in artikel. Genoeg is genoeg! Sy rassisme is onaanvaarbaar!

Adam Boshoff ·

Nee wat daar Sal niks van kom Is mos n swarte wat die uitlating gemaak het Dit raak werklik ongemaklik om sulke uutsprake o beantwoord te laat

Lynette ·

Ek het n baie erger plasing in my besit
Kan julle asb die adres waarheen ek dit kan stuur vir my deurgee

Janie Monsieur ·

Dagsê Lynette,

Dankie vir jou kommentaar. Stuur dit gerus aan [email protected], hulle het ‘n sisteem in plek om hierdie tipe voorvalle te hanteer.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Andre Cornelissen ·

Gaan advokaat Gerrie Nel hierdie sake namens Afriforum hanteer

Di ·

Hoop daar word ‘n voorbeeld van hom gemaak. Sal hulle leer om 2 keer te dink voor hulle met rassistiese aanmerkings kom want hulle gewoond om weg te kom daarmee!!

Belinda ·

Dankie Liewe Jesus vir al die reën – dit is voorwaarlik ‘n seën en beslis nie ‘n straf nie. Mag U lewende water ook in die Kaapse damme vol maak. Amen!

Theresa ·

Hasane moet liewers nie eers dat mens begin noem wat als as straf gesien kan word as mens dan nou moet nie. Hy MOET hieroor voor stok gekry word. Soveel eensydige kastyding is verregaande en die meneertjie kan gerus ‘n voorbeeld wees van hoe hul prober “regverdig” maak wees. Daar staan in die Woord daar sal reën oor die goeies en die kwade. Nou ja, elkeen kan homself maar bluf met hoe en wat hy wil verstaan. Maar om wit te noem teenoor swart – siestog – hoop jy word ‘n les geleer deur die leiers wat op die regte staan.

Alicia ·

Eish, en weet iemand – wat het van die saak geword van die ou wat Joost se naam gebruik het. Kamstig sou hy vervolg geword het?

Johann ·

Gelukkig is die verskonings, soos die opmerkings, gewoonlik dieselfde. Eensydige toepassing van “rassisme”; is gefrustreerd; is benadeel; buite kinteks aangehaal; of lieg bloot blatant…i dirint say that!

AL ·

Ek neem die Minister van Sport kwalik dat ons nou n massaklag moet le teenoor die arrogante haantjie. Was dit nie eerstens die Minister se verantwoordelikheid om op te tree teen die man se getwiet en gekraai nie?
Sou ons waag in ons werk om so n uitlating te maak, was ons al laankal voor teetyd vanoggend op straat!

Whoeversowandersthere ·

Not very respectful towards God, was he? – If Hasane’s remark is regarded as racist, wonder what God thinks of his remark……. I can read in his remark that he doesn’t realize how great and powerful God actually is. A person doesn’t just go ahead and say what you want to God. He is bigger than us, but then I guess poor Hasane doesn’t realize that.
Racism, Oh racism – which ever way it will go and which ever way it will end, SA might just become a ruinous heap and there will be nothing left anyway………

Verwonderd ·

As witmense so verwerplik is, hoekom dra hy hulle klere en ry hy in hulle karre rond, en voel dan soo geseënd? ‘n Mens mag in die geval seker ook vra, wie die “god” is wat hy aanbid? Klink soos voorvader aanbidding, ‘n oproep om mense te toor.

Yster74 ·

Die Here sal soveel reen gee dat hy in Transvaal verspoel. Arme ding tree soos n sot op. Doen julle julle werk en maak geld.
In sy arme koppie sien hy net witmense voor hom en geen vrede in sy hart. Hy het al die kanse in die wereld maar verkies om in sy eie wese n gevangene te wees.
Arme siel.

andrea van vuren ·

Yster 74, die arme siel is so gebreinspoel en kruip vir aandag van sy minister van sport. Hy nog te jonk om te weet waaroor alles gaan. Ek voel eintlik jammer vir hom! Voor hy nog sy oë kan knip is hy ‘gefire’!

Duineboer ·

Dank die idioot af. Vat hom of toe. Wat het met arme Penny Sparrow gebeut?

Kaspaas ·

En die DA is doodstil, wys maar net weer hulle ware kleure. Hoop die mense se oë gaan oop nou

Mike de Beer ·

Hy moet nie net afgedank word nie. Hy moet betaal soos wat Penny Sparrow en vele ander “rassiste” of is dit “realiste” betaal het.

Eddie de Jager ·

Ons kan enige iets van God vra, maar Sy oordeel bly Sy eie. Daaraan kan die mensdom niks doen nie. Ek kry die persoon jammer. Ek sukkel om God in sy woorde te sien. In daardie geval sukkel ek om dit te sien in enige kommentaar wat wraak, haat en geweld in God se naam oor iemand uitspreek. Ek kan net bid dat die persoon ‘n lewende verhouding met God sal hê deur die Gees wat sy hart verander. Mense in top posisies moet weet dat God jou dieselfde as enige ‘normale’ persoon ag, jy is nie gevrywaar van Sy oordeel nie. Pas op wat jy kwytraak in God se naam. Sien julle 22 April 2017

L. van Greunen ·

Hy moet beslis vervolg word en betaal. Of geld dit net vir witmense?

Link ·

Moenie worry nie, die wiel draai, en wanneer daai wiel gedraai het gaan die ANC en EFF nie weet of dit Dinsdagmiddag of Timbaktoo Noord is nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.