Duisende Gautengse leerders nog nie geplaas

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Die Gautengse departement van onderwys het Dinsdag gesê slegs 2 565 leerders uit die minstens 31 000 gr.1- en gr.8-leerders wat aansoek gedoen het, is al vir die 2018 akademiese jaar by skole geplaas.

Dié getalle is tydens ʼn media-inligtingsessie deur Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, bekend gemaak.

“Ondanks ons pogings om alle ouers te kry om betyds aansoek te doen sodat ons ons beplanningsprosesse kan verbeter, was daar steeds sedert Saterdag 4 500 nuwe aansoeke wat ingekom het,” het Lesufi gesê.

Hy het bygevoeg dié getal leerders sal na verwagting styg soos ouers voortgaan om toelatingsentrums te besoek.

Volgens hom is alle werknemers van die departement ingespan om die finale aansoeke teen die einde van Februarie te probeer finaliseer.

Lesufi het gesê alles is egter in plek vir die onderrig van leerders van graad 2 tot 7 om voort te gaan aangesien dié leerders reeds van verlede jaar af in die departement se stelsel is.

Hy het bygevoeg hy sal Dinsdag met die ouers van die 55 Engelssprekende studente vergader om hul opsies te bespreek ná die Noord-Gautengse hooggeregshof Maandag beslis het dat Hoërskool Overvaal nie dié studente hoef toe te laat nie.

“Ons is inderdaad baie teleurgesteld deur die uitspraak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eish ·

Ek is verheug oor die uitspraak veral aangesien daar onderduimse optrede van hooggeplaastes plaasgevind het om die hof onder n wanindruk te bring.
Indien Lesufi minder die politieke agenda dryf en hom op sy taak toespits, sal daar nie die chaos gewees het met graad 1 nie.

PJC ·

Ek kan raai hoekom hierdie leerlinge nog nie geplaas is nie. Panyasa Lesufi soek nog na Afrikaanse skole waar hy hulle kan probeer indruk.

Sak ·

Dit kan tog nie moontlik wees nie. Slegs 8% van die leerders geplaas? Mr Lesufi, is jy weer besig om n politieke speelbal te skep???

Dinarie ·

As Mnr Lesufi hom toegespits het om sy Konstitisionele mandaat na.behire uit voer en te sorg dat daar genoeg skole gebou word dan sou hietdie situasie hom waarskynlik nie voorgedoen het nie.
In plaas daarvan om toe te sien oor voorsirning van voldoende skole het hy “sardietjie”manipuleerder probeer wees en om politiek te bedryf om die Afrikaanse skole se goeie funksionering te venadeel.

G ·

Daar word vermeerder teen ‘n spoed! Die groot meneer het seker nog nie daaraan begin dink om nuwe skole te laat bou nie. Dat daar nog nie besef is dat die aarde nie die bevolkingsontploffings elke jaar kan hanteer nie, gaan my verstand te bowe.

Saartjie ·

Juistement, G, daardie GROOT ‘olifant in die sitkamer op die rusbank met niemand wil oogkontak maak nie … wat nog te sê, ‘n gesprek mee voer …

zoom zoom ·

Die man gaan nie rus voordat hy nir alle Afrikaanse skole dual medium gemaak het nie. Hoekom? want hy het geld vir hofsake wat uit ons belasting kom om te mors. Plaad bou hulle skole. Maar ja net soos hulle almal het hy vasgehaak aan rassisme.

Lollal ·

Ja, probeer uit die howe bly vir jou dom vendettas teen Afrikaners, dalk kry jy jou werk gedoen en leer jy iets van “tyd-bestuur” en “prioriteits-bestuur”. Ag jy kan buitendien nie eens jouself bestuur nie mnr kastigge Onderwys Departement!

Mmm ·

Mr.Lesufi doen jou werk en kry skole vir di kinders en hou op jag maak op Afrikaanse skole,dis siek,regtig

Carin ·

Wat is die doel dan as almal Mei verlede jaar al aansoek moes doen en net 2565 van die 31 000 leerders is geplaas? Hul het mos genoeg tyd gehad om die probleem te vermy. Die meerderheid ouers het hul plig gedoen om betyds aansoek te doen en die Departement het soos gewoonlik als tot op 99 gelos. As Mnr. Lesufi bekwaam was vir sy pos sou daar nie elke jaar die probleem gewees het nie.

Hanna ·

Ja mnr Lesufi, Rome brand terwyl jy n afgesaagde ou deuntjie op n stokou viool probeer tokkel. Jy moet mos geweet het hierdie situasie gaan hom herhaal: hierdie ouers is nie verantwoordelik nie. Hulle gaan tog net “demand” dat daar iewers plasing vir hul kinders gaan wees. Bou nog skole jou nar en los die funksionele skole met goeie beplanning vir n slag uit!

Grietjie ·

Miskien moet LUR minder bekommer oor 55 “engelssprekendes” en meer bekommer oor die duisende ander wat nie geplaas is nie.

Justice ·

Lesufi slaag glad nie die toets as effektiewe LUR vir onderwys nie – hy sal boonop alles sukkel om `n effektiewe skoolhoof te wees ,

Irene ·

Elke begin van die jaar dieselfde ding oor en oor dan kry die AFRIKAANSE skole fie skuld bou asb skole ens.

Manie ·

Hierdie man moet nie taal gebruik as kriteria vir die ANC se rassistiese ideologie

Diklizzy ·

Die finale verantwoordelikheid lê by die ouers om betyds aansoek te doen.

Thersia ·

En dit is hoekom geen reëls werk in ons land nie. Nou word daar rondghardloop om ouers (wat nie die reëls gevolg het om aansoek te doen toe hulle moes nie) te probeer akkomodeer. Los hulle sodat hulle nou self aansukkel. Hulle weet hoekom hulle kinders nog nie geplaas is nie….. want hulle het nie die reëls gevolg nie!!!!!

SjN ·

Lesufi, blykbaar weet jy waar die klok lui , maar weet nie waar is die bel nie.

Muffin ·

Grietjie jou woorde is waar. Nou kerm hulle oor 55 leerlinge en hofonkostes maar se niks oor die ander +- 29000 leerlinge nie. Ek dink die ouers het nie betyds aansoek gedoen nie en maar net aanvaar.

Sperweloog ·

Lees weer die tweedelaaste paragraaf, MM. Ook die laaste paragraaf: “Ons is…teleurgesteld deur die uitspraak.” Iets klink vreemd. Dalk net vir my.

Landi Slatter ·

Dagsê Sperweloog

Dankie vir jou kommentaar.Ons vra om verskoning vir die oorsig. ‘Vergadering’ moes lees ‘vergader’, die wysiging is reeds aangebring.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Vaalseun ·

Ouers en gemeenskappe moet die Dept v Onderwys goed laat verstaan dat hulle nie die krisis wat ontstaan deur onbeheerde immigrasie uit Afrika en die Dept se gebrek aan beplanning, op skole kan afskuif nie. Alle skole het ‘n baie beperkte begroting, fasiliteite, personeel en hulpbronne waarmee hulle binne een jaar elke leerling se vordering tot op die verwagte standaard moet bewerk. Dit is nie skole se taak om ook nog die makro onderwys probleme te bestuur nie. As sulke probleme toegelaat word om te ontwikkel, moet die Dept van Onderwys daarvoor pa staan en sy leierskap aanspreeklik gehou word.

John ·

Duidelik word Afrikaanse skole geteiken. Nou word die uitspraak oor die UV se taalbeleid aangewend om Afrikaanse skole ook te laat transformeer. Die aggressiewe geskree in die hofsaal na die uitspraak dui op die missie van die groep. Met goeie beskikbare Engelse skole om die draai sal die ouers eerder hul kinders skade aandoen en vandag by die huis laat sit om hul eie wil af te dwing. Hulle stel nie belang in opvoeding nie maar eerder in brute magvertoon met Engels as strydwa.

Kobus ·

Oplossing?Hoekom bou ons Afrikaans sprekendes nie ons eie skole nie? Dan het ons beheer en sal eie reëls geld en toegepas word.

Elvira Bothma ·

Elke jaar dieselfde ou storie
Hulle het verlede jaar mos al geweet die kinders moet Januarie na n skool toe gaan. Het hulle gedink die spoke gaan die kinders inskryf. Eks sooooo dik vir hierdie traagheid in mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.