Duisende gevangenes vroeg op pad huis toe

Argieffoto bloot ter illustrasie van tronke. (Foto: Shutterstock)

Deur Ciaran Ryan, GroundUp

Meer as 24 000 gevangenes sal na verwagting binnekort vrygelaat word, onder wie 3 000 buitelandse burgers wat tans korttermynvonnisse uitdien en gedeporteer sal moet word, as deel van pres. Cyril Ramaphosa se splinternuwe spesiale program om kwytskelding aan nie-gewelddadige oortreders te gee.

Oudpres. Jacob Zuma, oënskynlik begunstigde nommer een van dié spesiale kwytskelding, is reeds tuis.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) se aankondiging van dié spesiale kwytskelding het verlede Vrydag gekom te midde van meer as 50 Zimbabwiese gevangenes in die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap se planne om aan ʼn eetstaking deel te neem uit protes teen lewensomstandighede, xenofobiese aanvalle en die weiering van parool.

Dié eetstaking is sedertdien afgelas nadat gevangenes die nuus oor die moontlikheid van vroeë vrylating ontvang het.

Die president se aankondiging het ook gekom enkele dae voordat die vereniging vir Zimbabwiese spesiale permithouers (Zepha) ʼn aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien het om die staat te dwing om ʼn besluit te neem oor die vrylating van Zimbabwiese gevangenes wat vir parool in aanmerking kom.

Die aansoek is toe nooit ingedien nie.

Adv. Simba Chitando (vir Zepha) sê duisende Zimbabwiërs in Suid-Afrikaanse tronke sal ingevolge die spesiale kwytskelding uiteindelik in aanmerking vir parool kom en is gretig om ná hul vrylating terug te keer na Zimbabwe.

Die spesiale kwytskelding van Ramaphosa is glo daarop gemik om oorbevolking in die land se 342 korrektiewe sentrums en 218 gemeenskapsentrums te verminder.

Daar is tans sowat 212 200 gevangenes onder wie 9 300 buitelandse burgers in Suid-Afrika se gevangenisse. Pollsmoor is die land se grootste tronk en een van die mees oorbevolkte gevangenisse.

Oortreders wat nie vir vroeë vrylating in aanmerking sal kom nie, sluit in diegene wat lewenslange vonnisse uitdien, seksoortreders, diegene wat daaraan skuldig bevind is dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het en diegene wat as gevaarlike misdadigers verklaar is.

Diegene wat skuldig bevind is aan nie-gewelddadige en nie-seksuele misdade sal wel in aanmerking kom vir 24 maande van kwytskelding, mits hulle ʼn “voorvrystelling-program en risikobepaling” voltooi en vingerafdrukke en DNS-monsters verskaf vir die polisie se databasis.

Soos GroundUP verstaan sal kwalifiserende gevangenes wat slegs twee jaar of minder van hul vonnis oor het vrygelaat sal word. Die publikasie kon egter nog geen duidelikheid hieroor van die departement kry nie.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning hier gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Janine ·

3 000 buitelandse burgers waarvoor die belastingbetalers moes sorg…..

Karoo ·

Hulle praat verder af in die artikel van 9300 buitelanders maar in totaal.
“Daar is tans sowat 212 200 gevangenes onder wie 9 300 buitelandse burgers in Suid-Afrika se gevangenisse”

Emily ·

Tipies, net in Suid Afrika kan jy dit kry. Die goed is miskien nie nou (nie-gewelddadig) nie, Maar wat van oor n maand of 2. Regtig, If you do the crime do the time. Ons regering is so vir misdadegers, dit is eintlik n grap.
Daar word nie voorbeelde gemaak van die goed nie, dis hoekom daar soveel misdaad is.
CR julle het mos baie geld dan nie, So bou meer tronke.

George ·

24000 kriminele weer terug in die samelewing en crime gaan weer seevier ????????

Mnr De Beer ·

En die publiek gaan niks doen daaraan nie. Dit is mos n gewoonte.

Vinny ·

Ja as jy eers in die universiteit van misdaad was, kan jy net erger daar uitkom.

Misky ·

Terwyl ek die berig lees, dink aan dadelik aan die vrou van PE wat op vrouedag vermoor is. Wat verstaan die regering nie? Ek besef elke dag meer en meer hoe opgetoffie ons land is!!!!!

Bolandse Nooi ·

Dis nie meer “ons” land nie. Dis nou “hulle” land. In die 90’s was daar (waar ek toe gewerk het) so ‘n ….e…. program om …e… die onbeteuelde aanteling van die massas bietjie in die bek te ruk (ek kan nie té veel inligting deel nie … sommige vroue kon eienaardiglik nadat hulle onder algemene narkose ‘n keisersnee moes kry, net die weer swanger raak nie …). Ons moes waarskynlik hierdie program op breër vlak bedryf het, dan was die land nie so oorbevolk nie.

Susan ·

Moord is ‘n gewelddadige misdaad. Die artikel is duidelik dat gewelddadige oortreders nie sal uitkom nie.

Misky ·

Daai moordenaar van die PE vrou was uit op parool en nie sy voorwaardes nagekom nie.

Stofdonkie ·

Die eetstaking is seker afgelas omdat hulle honger geraak het?

Juanita ·

Daar gaan nie werk vir hulle beskikbaar wees nie so hulle sal weer terugkeer na misdaad. Of nee, daar gaan nie werk vir wetstoepassers wees nie en hulle (Wat vrygelaat word) gaan in die parlement sit. Ons toekomstige leiers.

Juanita ·

As hulle uitkom is daar mos plek vir Zuma, dan kan hy sy vonnis uitdien en kwytskelding kry wanneer hy net twee jaar oor het?

Niklaas ·

Wat ‘n duidelike boodskap word nie nou gestuur aan gevangenis in tronke in SA . Om spoedig daardie verlangde parool of vrylating te bewerkstellig , soek net gou ‘n bottel parafien en vuurhoutjies en …siedaar , Vryheid ! Baie brande in tronke gaan nou aan die orde van die dag wees.

Piet ·

Ja. Die gevangenes in die gevangenis is duidelik baie tevrede hiermee.

Di ·

Net so! DIT is ook die rede dat hy immigrante van ander land hier verwelkom, hulle word met dokumentasie verskaf om ANC te stem

Karoo ·

Met die 24 000 vrylatings is daar seersekerlik dan nou mos plek vir Zuma en sy 23 999 vrouens, kinderser,beskeremers en knegte?

HPJ ·

Ziller is seker in haar nopies met die onwettig lot Haar stigting het mos met alles geveg om te keer dat die Zimbabwers nie uitgesit word nie Die DA is vir OOP GRENSE EN ONWETTIGE IMMIGRASIE

Vanessa ·

Baie gevangenisse gaan nou net meer ernstige oortredings kry omrede hulle nie buite kan funksioneer of oorleef nie. So ja maak gereed vir meer moord en verkragting sake. Ek noem dit maar net.

Nettie ·

Ja-nee, kom ons gooi die tronkdeure oop. Hoekom nie? Wat kan verkeerd loop?

Was daar nie ‘n visioen van Siener wat gesê het hy sien die tronkdeure staan oop nie?!

Atta ·

ʼn Makliker oplossing: Bou meer tronke. Dit los die oorbevolking in die tronke op terwyl dit duisende werksgeleenthede skep. Maar o wee, dan gee dit die tenderpreneur kaders seker nog ʼn soustrog om by aan te lê…

Karoo ·

Robben Eiland staan reeds gereed, daar is 2 toerisme skeepe wat hulle soontoe kan neem.

Claudette ·

Hoe gelukkig kan ou Zuma nie wees nie..nie 1 dag tronk toe nie. Nou is hy sommer vrygestel..bleddie korrupte land.

Eden ·

Nou wonder ek hoe die 24,000 hulself gaan besig hou? Seker ou tannies oor die pad help ens.

Papsak ·

Daars dit laat hulle vry dan gaan doen hulle dit net hierdie keer beter ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.