Duisende grondeise nog uitstaande

Argieffoto

Die grondeisehof gaan voortaan spertye vir die afhandeling van grondeise instel. Dit nadat ’n verslag deur die kommissie vir die herstel van grondregte daarop dui dat daar teen Junie verlede jaar meer as 7 000 uitstaande grondeise was.

Luidens die verslag is maar 81 van 7 049 eise sedert 28 Julie 2016 na die grondeisehof verwys – die datum waarop die kommissie deur die Konstitusionele Hof gelas is om aan die hof verslag te doen oor die kwessie van uitstaande eise.

Regter Yasmin Shenaz Meer van die grondeisehof het Dinsdag in ’n verklaring gesê die hof het ʼn projek van stapel gestuur om grondeise te bespoedig. Die grondeisehof doen voorts ʼn beroep op alle partye wat betrokke is by die verwerking van grondeise om aan sy projek deel te neem sodat uitstaande eise vinnig afgehandel kan word.

Volgens Meer het die hof dit goed gedink om voortaan direktiewe uit te reik en spertye aan alle partye én die kommissie te stel.

“Die hof sien uit na die samewerking en die hernieude verbintenis van alle belanghebbendes om alle uitstaande eise spoedig af te handel en die doelstellings van die wetgewing vinnig en regverdig in belang van alle betrokkenes te behaal,” sê Meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Ek vermoed die regering het die eise opsetlik vertraag. Hulle wag dat die wetgewing rakende onteiening sonder vergoeding in werking tree – dan sal hul spoed optel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.