Duisende hoenders dood in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Duisende hoenders is dood nadat ʼn vragmotor, wat hulle vervoer het, naby Rustenburg in Noordwes omgeslaan het, het die DBV Dinsdag gesê.

“Die vragmotor het ongeveer 13 600 hoenders van Rainbow Chicken vervoer,” het Andries Venter, woordvoerder vir die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), gesê. “Die ongeluk het Maandagmiddag op die R52 tussen Koster en Rustenburg plaasgevind.”

Duisende hoenders was reeds dood toe inspekteurs by die toneel opgedaag het en ʼn paar duisend is ernstig beseer.

Die bestuurder van die Unitrans-vragmotor het glo beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan.

Rainbow Chicken het Unitrans gekontrakteer om die voëls na ʼn Rainbow-abattoir in Rustenburg te neem. “Die hoenders wat ernstig beseer is, is na ʼn abattoir geneem om geslag te word. Inspekteurs het deur die aand tot vroeg Dinsdagoggend gewerk om 3 476 hoenders te slag om hulle lyding te beëindig,” het Venter bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.